SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die literatuur van ons diaspora

Frederik de Jager

Trips
Manie de Waal

140 bladsye, sagteband
R89,95
Human & Rousseau

Bestel hierSedert die verskyning van Irvine Welsh se roman Trainspotting in 1993, en die veelbesproke film daarna, sien sommige van ons uit na ’n Afrikaanse werk wat op ’n soortgelyke manier kyk na ’n soortgelyke węreld (van jong mense in die wye węreld, duiselig van vryheid en van drugs). Nie omdat daar die een of ander onderwerpsplig rus op die Gideonsbende Afrikaanse skrywers nie, maar omdat die taal, sy letterkunde en sy lesers net kan baat by die beroering wat so ’n boek kan veroorsaak, soos Marlene van Niekerk se Triomf laas nog. Maar veral ook omdat daar so ’n węreld bestaan.

Met sy debuut Trips arriveer Manie de Waal pens en pootjies in daardie węreld, en in hierdie geval is dit Londen. Onder die soveel honderdduisende jong Suid-Afrikaners in Londen met ’n tweejaarwerksvergunning tel Chris, die verteller, sy vriende Mossie en Priester, en ’n hele verskuiwende groep aankomelinge en vertrokkenes in die huis iewers in die buitewyke van die stad waar op elke beskikbare plat vlak geslaap en verder hoog en laag gelewe word.

Waaroor dit vir hulle gaan, is werk soek, oorleef, verlang, warmte soek, liefde soek-maak-vind-verloor — en verskeie vorme van chemiese verhewiging of verdowing van hierdie aandoenings. (En as woorde soos splifs, lyne, getjoef of deal vir jou duister is, hou hierdie boek vir jou ’n paar ligte skokkies in.) Chris, pas uit Bali aangekom, probeer hom aanpas by die feit dat sy geliefde nou ’n Australiese kęrel het. Weldra verskyn Aimee egter op die toneel, ’n Kanadese meisie van Suid-Afrikaanse oorsprong. Dit word ’n liefdesverhaal met die tema: Kan jy twee mense liefhę?

Londen, die so gesogte toevlug vir derduisende jong Suid-Afrikaners, is nie die paradys wat die toeristepropaganda beloof nie. Dit word trouens die matriks vir wat hierdie boek wil uitbeeld: dat hemel en hel een plek is, die paradys en die verderf onskeibaar. Vanuit ’n harde, ongenaakbare, bevreemdende en koue Londen flits die roman in sy karakters se gedagtes weg na sonniger plekke — Bali, maar veral Afrika, waarvan een sterk merker van die paradyslike sy dagga (“da numba one”) is. Vir Chris en Mossie bereik hulle voorstelling daarvan idealistiese proporsies wanneer ’n branderryvakansie in die Transkei byvoorbeeld soos volg onthou word: “Surf till you drop and then wander through your own dope field” (p 34).

Hoewel da numba one nie iets is wat hulle twee met hul tolerante maar onthoudende vriend Priester deel nie, het hulle wel ’n passie vir branderry gemeen. Priester, ’n enigmatiese figuur en so ver ons kan sien suiwer van hart en van hand, talm nog eers in sy paradys van branders ry en mense help iewers in Mosambiek voordat hy hom by die ander in Londen aansluit. Waar dit dikwels beklemtoon word dat jy nie kan surf nie en waar hulle die hele tyd oorhoops is met groot, nuttelose branderplanke oral in die pad in die klein huisie: lomp geworde herinnerings aan die een suiwer ding in hul lewens.

Branderry word van binne uit beleef en beskryf hier, en nie net die fisieke ekstase wat jy binne-in ’n pyp beleef nie, maar as ‘t ware die siel van die brander self. In hierdie gedeeltes leef hierdie boek werklik. Maar ook daardie paradys het sy bedorwenheidsbeginsel, want dis al of die beste branders in die węreld die gevaarlikstes is, en Chris het genoeg besering en dood in die see gesien om nie meer aan onbedorwe saligheid te glo nie.

Daarom ook dat ons in Londen by herhaling in die Underground by die vertrek of aankoms van ’n trein oor die luidsprekers hoor: “Mind the gap.” Die lewe self het ’n gat in. Chris noem homself en die mense om hom meer as een keer stukkende mense. Suid-Afrika, waarna soveel verlang word, is vir die meeste van hierdie expats ’n verlore paradys, bederf deur misdaad, korrupsie, vals verwagtings, of deur meer persoonlike ervarings soos ’n gebroke ouerhuis.

’n Reeks terugkerende nagmerries van Chris wat elke keer bloed, hare en ’n meisie tot tema het, gee ons ’n traumatiese gebeurtenis in sy verlede te kenne, en jy vermoed dit het iets met Bali te doen. Die boek begin betekenisvol genoeg op daardie eilandparadys, en deur terugflitse word daar voortdurend daarheen teruggekeer, maar asof met ’n sydelingse blik, onvolledig en sku, wat mens laat vermoed daar lę iets agter wat die storie so in sy mineursleutel hou.

Dis nie verniet dat die twee jaar dat hierdie jong mense in Londen gaan werk, in die boek sardonies as twee jaar diensplig beskryf word nie. In die jare sewentig en tagtig was grensliteratuur, verwysend na Suid-Afrikaanse soldate aan die toenmalige Suidwes-Afrika se grens met Angola, die enkele grootste beweging in die Afrikaanse letterkunde. Wat op hierdie oomblik in Brittanje en elders gebeur met al die jong Suid-Afrikaners daar, is niks anders en niks minder nie as ’n grenservaring.

Hoog tyd, dan, dat dit in ons letterkunde uitdrukking vind, en dalk word Trips, saam met ’n (heel anderse) roman soos Eben Venter se Ek stamel ek sterwe, ’n herout van so ’n nuwe beweging: die literatuur van ons diaspora. De Waal stel in ieder geval die toneel daarvoor mooi op, kompleet met nomenklatuur (Souties, Japies), leefwyse (werk soek, geld maak, drugs), leefwęreld (benieuwende huise, die Underground, die weer) en karakters.

Die name Chris, Mossie en Priester mag klink soos Blikkies, Dawie en Rooie in die Trompie-stories, maar daardie seuns is helaas nou groot, hulle het die groot węreld ingevaar en hulle is lank reeds nie meer onskuldig of onaangetas nie. Ditto die dogters van Maasdorp.

Van Manie de Waal kan jy maar verwagtings koester. Waar hy ook al so skielik vandaan gekom het, hy begin as ’n vakman. Sy prosa is styf gespan. Hy mors nie met versierings nie en suggereer meer dikwels as wat hy uitspel. Hy is suinig met dialoog, of vrygewig, soos en waar dit nodig is, en hy het ’n skaars talent om mense op skrif te laat klink soos regte mense.

Hy is, met ander woorde, in eerste instansie ’n woordkunstenaar, en ek persoonlik hoop al die wannabe’s wat dink jy kan ’n boek sommerso uit jou mou skud as jy dink jy het ’n storie beet, let op en leer.

Tog glo ek sy uitgewers het hom te gou uitgegee. Daar is aspekte van hierdie boek wat nog moes gegroei het. Daar lę nog onontginde materiaal in die ander karakters, veral Mossie die wellewende, vloekende rassis wat net “die Taal gooi”, en Priester, die onverstoorbare beach bum predikant. Waar kom hulle vandaan en waar gaan hulle heen? Ons weet nie. Die boek, wat dit nodig vind om homself op sy omslag “roman” te noem, makeer intrige en lyf. Dit geld veral ook die liefdesintrige, wat sommerso tjoef-tjaf oor sy eerste versperring spring en dan kom alles reg. Daardie gegewe van twee gelyklopende liefdes vra om veel meer ontginning. Mens het hierdie verwagtings omdat die skrywer duidelik wys dat hy kan skryf, maar ook omdat jy voel jy sit hier met ’n groot doek voor jou maar net ’n klein stukkie daarvan is beskilder.

Hopelik beloon Manie de Waal ons volgende keer met ’n lekker dik boek, substansieel in meer as net bladsytelling. Inmiddels is Trips nietemin hoogs aan te bevele en ’n aangename kennismaking.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.