SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die kundigheid van die taalkundiges: By nagedagtenis aan Johan Combrink

Johann Rossouw

Gelewer as Johan Combrink-gedenklesing op uitnodiging van die Vriende van Afrikaans, Donderdag 9 Februarie 2006, Stellenbosch

Meneer die seremoniemeester, vriende, baie dankie vir die geleentheid om vanaand die sonderlinge figuur, Johan Combrink, saam met u te gedenk.

Laat ek begin deur te s dat ek Johan Combrink nie persoonlik geken het nie, maar daardeur bevind ek my sonder meer in die posisie van die meeste gedenksprekers, wat selde die gedenkte persoonlik geken het. Ek het wel iets van hom as jong laerskoolseun ervaar toe hy saam met Louis Eksteen en ander taalkundiges n weeklikse taalkundeprogram, waarvan ek nie meer die naam kan onthou nie, op die destydse Radio Suid-Afrika behartig het. Wat ek wel kan onthou, is die geestigheid en die gemeensaamheid waarmee die taalkenners oor taalsake gesels het: n skaars voorbeeld van Afrikaanse mans wat vriendskaplik rondom die fynere dinge van die gees verkeer. Na hierdie geestigheid en gemeensaamheid sal ek hieronder terugkeer.

Daar was ook n grappie oor n verdwaalde donkie wat een oggend met dagbreek die verdwaasde perde in die stalle weerskante van hom groet met die woorde, Mre, perde: oor en oor op luisteraarsversoek deur Louis Eksteen vertel, en ek wens iemand kon my dit weer vertel.

Wat ek wel kan onthou, is dat my ma my toegelaat het om na slaaptyd wakker te bly om die program te luister: dit was nog voor ek die vaagste benul had watter rol taal in my eie lewe sou speel, en moontlik het hierdie kenners se geestige, gemeensame omgang met taal verseker dat my eie beeld van die sorgsame taalgebruiker nooit sou klop met daardie aaklige ou paaiboelie wat deur elke reaksionre taalanargis as volverskrikker voorgehou word nie die taalpuris, daardie vreugdelose ou polisieman van die gees wat onsuiwerheid om elke hoek en draai sou arresteer en rooi in die gesig uitroep: Anglisisme! Woordorde! Spelling!, of wat ook al die nagmerriegeval.

Onmiddellik wil ek egter my toe-eiening van Johan Combrink soos ek hom onthou, kwalifiseer, want ofskoon die gedenkspreker sekerlik altyd een of ander band met die gedenkte vir sigself toe-eien, is daar niks so smaakloos soos die gedenkende wat op openbare wyse die gedenkte so toe-eien dat dit eintlik die gedenkende in plaas van die gedenkte is wat gedenk word nie. En tog kan n mens nie gedenk snder om toe te eien nie, selfs en miskien juis wanneer jy nie die gedenkte geken het nie.

Dit is dan by die beeld van die geestige, gemeensame taalkundige, oftewel Johan Combrink soos ek my hom voorstel, waarby ek hier wil stilstaan.

Pas het ek verwys na die paaiboelie, die taalpuris. Na Johan Combrink soos ek my hom voorstel, sal ek graag wil verwys as die taaltegnikus, wat teenoor sowel die taalpuris as die taalanargis staan, n tema waarna ek hier onder sal terugkeer.

As ek na die taaltegnikus verwys, dan is dit gedagtig aan die betekenisse van die Griekse grondwoord, tegn, waarvan ek enkele hier noem: kuns, vaardigheid, relmatige metode om n ding te maak , asook n kunswerk (Greek-English Lexicon, Liddell and Scott, Oxford: Oxford University Press, 1987, p 702; my vertaling).

Hierdie betekenisse van tegn wys na twee sleutelaspekte van die nering van die taaltegnikus, naamlik die estetiese en die praktiese. Die taaltegnikus is nie die taalvirtuoos nie, daardie figuur wat binne n bepaalde taaltradisie met sy estetiese gawes nuwe fasette van wees en werklikheid oopdek, ofskoon n taaltegnikus natuurlik ook soms n skrywer kan wees. Die taaltegnikus is ook nie die taaltoepasser nie, daardie figuur wat binne n bepaalde taal die taal daagliks op praktiese wyse inspan, van die medikus tot die regter, van die onderwyser tot die motorwerktuigkundige, ofskoon die taaltegnikus natuurlik ook allerlei praktyke buite sy nering kan beoefen. Kortom, die taaltegnikus beoefen die balans tussen estetika en praktyk.

As ek s dat sowel die estetiese as die praktiese in die taaltegnikus beliggaam word, dan het dit ook ander onmiddellike implikasies. Wat die estetiese betref, is een van die implikasies dat die taaltegnikus verstaan dat goeie, nee voortreflike, taalgebruik die konvensionele met die verbeeldingryke versoen. Anders gestel, die taaltegnikus verstaan dat voortreflike taalgebruik daar voorkom waar die konvensie verl word om die onkonvensionele aan te dui, die oue as voorwaarde van die nuwe.

Hierdie kort opmerkings oor die estetiese kant van die taaltegnikus gee reeds vir ons leidrade oor sy praktiese kant, waarmee ek nie net verwys na die doen van dinge nie, maar veral na h die dinge gedoen word, en hkom dit so gedoen word, oftewel h ons praat en skryf en hkom ons so praat en skryf. n Praktyk is n manier van doen wat oor tyd heen in n sekere plek deur n bepaalde gemeenskap gevestig is. Hoe ons dinge doen, s iets van hoe ons is, van wie ons is. n Praktyk is dus allesbehalwe n program wat klakkeloos van elders oorgeneem en plaaslik toegepas word, iets waarrondom daar vandag n hele waansinnige bedryf bestaan wat aan die bestuurswese sy bestaansreg verleen.

Maar om sinvol te wees moet hierdie omskrywing van n praktyk nouer verbind word aan die taaltegnikus. Hierdie verbinding bestaan juis in taal, taal wat verstaan kan word as die somtotaal van praktyke wat n gemeenskap in staat stel om ons te s. In Rome, so weet ons, het n mens soos die Romeine gemaak.

Een van die probleme van ons tyd is natuurlik dat Rome en die Romeine al hoe verder uiteenloop: hoe verder die verlaging van alle dinge tot die ekonomiese toeneem, hoe meer word die plaaslike praktyke verdring deur ingevoerde programme, oftewel die wreldwye toename in ondoeltreffendheid in die naam van groter doeltreffendheid, ook bekend as die neoliberale vorm van globalisering. In die naam van groter doeltreffendheid word die voortreflike verdring deur die middelmatige en die gemaklike.

Johan Combrink het natuurlik sy nering as taaltegnikus beoefen in die tyd toe Rome en die Romeine nog op dieselfde plek was, toe die taal waarmee hy hom besig gehou het en die plek waar die taal gepraat is, saamgeval het. Dit was die era van die hoogbloei en verval van Afrikanernasionalisme, en nasionalisme is natuurlik die strewe dat taal, gemeenskap en plek moet saamval. Ongetwyfeld het die suksesse en vergrype van Afrikanernasionalisme die sameval van taal, plek en gemeenskap in die geval van Afrikaans buitengewoon lank laat aanhou in vergelyking met die res van die wreld se gestandaardiseerde tale.

Maar laat ek my verhaal nie te vinnig vooruitloop nie en eers weer die draad van die definisie optel om oor taal nog by te voeg: taal is nie net die somtotaal van n gemeenskap se praktyke nie, maar ook die fyn weefwerk wat n gemeenskap weef, en waardeur die gemeenskap homself weef. Om met taal besig te wees, is om met ons besig te wees.

Soos onder andere die werk van Rgis Debray aantoon, kan daar geen sprake van ons wees sonder n transendente nie, een of ander hor beginsel waarrondom ons as ons gestig word. Vir Christene is die transendente die Drie-Enige God, vir nasionaliste die volk, en so meer.

Daar is egter nog n derde onderdeel tussen die kollektief en sy transendente nodig, naamlik die bemiddelingsinstelling, dit wat die brug tussen hierdie kant en die ander kant, die immanente en die transendente slaan. Vir Christene is hierdie instansie die kerk, soos wat dit vir nasionaliste die nasiestaat is.

Taal self is ook presies so n bemiddelende instansie. Om die waarheid te s, is taal die omvattendste van alle bemiddelings, juis omdat dit alle ander bemiddelings saambundel.

Ek gee voorbeelde: in n taal ontmoet die universele die besondere, word die voorafgaande in die hede gedra, verwoord ons die goeie, die skone, die ware, ensovoorts.

Nou is dit ook waar dat die kollektief, sy transendente en sy bemiddelingsinstansies, waarvan taal die omvattendste is, ten diepste deur sy tegniese omgewing benvloed word, om nou verder by Rgis Debray te leen. Afrikaans het in die afgelope 150 jaar deur drie groot tegniese omgewings beweeg, naamlik die era van die gesproke woord (die logosfeer) tot en met 1875, die era van die gedrukte woord (die grafosfeer) vanaf 1875 tot 1975, en die era van die oudiovisuele woord (die videosfeer) vanaf 1975 met die koms van televisie.

In die koers van 1875, op die vooraand van die oorgang na die gedrukte woord, het SJ du Toit ges: Ons skryf soos ons praat. Teen die 1950s, toe die grafosfeer sy hoogbloei beleef het, was die lakmoestoets van goeie Afrikaans nie hoe jy dit gepraat het nie, maar hoe jy dit skryf. Vandag, in die era van die videosfeer, wil ons praat en skryf soos ons lyk, oftewel sexy en cool.

Afrikaans se oorgang van die gesproke woord na die gedrukte woord het heelwat verreikende implikasies gehad, waarby ek nou kortliks vertoef.

Die eerste implikasie was dat Afrikaans naas bemiddelingsinstansie ook die status van n transendente self gekry het: binne 50 jaar na 1875 het Afrikaans naas die Christelike geloof en n blanke velkleur die derde merker van die ons genaamd Afrikaners geword. Die gedrukte woord standaardiseer, en dit maak dat ons tyd as n reguit lyn verstaan, met n gister, vandag en mre, waarop die volk as omskryfbare entiteit vorentoe beweeg (Benedict Anderson). Een van die ongelukkige neweprodukte van die oorgang na die gedrukte woord is die opkoms van rassisme.

Die geskiedenis van Suid-Afrika kan onder meer verstaan word as die botsing tussen n ingevoerde tegniese stelsel en n verskeidenheid inheemse tegniese stelsels. Dit word onder meer gellustreer deur die wyse waarop vroe Afrikaners lank voor 1875 hulle van ander inheemse gemeenskappe onderskei het deur hulle nominale geletterdheid en aanhang van die Christelike geloof, wat dan ook verklaar waarom veral op die Oosgrens die Britse sendelinge se pogings om die ander inheemse gemeenskappe te kersten en geletterd te maak, met soveel argwaan deur die Afrikaners in daardie geweste bejen is.

Teen hierdie spannende agtergrond is een van die grootste ironie in die geskiedenis van Afrikaans die volgende: ofskoon die Genootskap van Regte Afrikaners se aanvanklike poging om van Afrikaans n taal van die gedrukte woord te maak, veral ingegee is deur n begeerte om bruin Afrikaanssprekendes toegang tot die Evangelie te gee, het die ander belangrike dryfveer agter die beweging, naamlik antikoloniale verset teen die Britte uiteindelik so belangrik geword dat waar Afrikaners oor die volgende vyftig jaar toegang tot die gedrukte woord en werklike geletterdheid gekry het, dit juis nie met bruinmense gebeur het nie. Dit is moontlik die sleutel om te verstaan waarom Afrikaans vandag vir meer middelklas Afrikaners as middelklas bruin mense steeds die status van n transendente het, anders as by die bruin werkersklas, vir wie dit hulle toegang tot die wreld is, maar van wie ons niks hoor nie en wat oor feitlik geen instellings beskik nie.

Let gerus ook op hoeveel van die bruin intellektuele wat vandag wel n sterk Afrikaanse standpunt huldig, universiteitsopleiding en n beroepslewe in Afrikaans gehad het, en/of gewortel is in die tradisie van die Morawiese sendingstasies, waar hulle toegang tot die gedrukte woord gekry het.

Op sy beurt moet daar dus deeglik van kennis geneem word dat die poging om slegs rondom Afrikaans n nuwe gemeenskap van bruin en wit te stig, waarskynlik voor te n groot historiese werklikheid stuit. Dit wil nie s dat hierdie ideaal nie steeds en veral nagestreef moet word nie, maar miskien l die antwoord juis in twee selfbewuste gemeenskappe, Afrikaners en bruinmense, wat mekaar in Afrikaans ontmoet in n Afrika van selfrespekterende gemeenskappe.

As ek in hierdie aanname korrek is, verstout ek my om te s dat bruin intellektuele wat toegewyde Afrikaners se gemeenskapsbewustheid vandag hardnekkig of moedswillig met nasionalisme verwar, uiteindelik met n fundamenteel reaksionre politiek besig is, terwyl hulle die Afrikaanse gesprek dalk veel meer sal help deur eerder aan bruin identiteit n nuwe inhoud te gee, soos wat Afrikaners vandag stoei om aan die woord Afrikaner n nuwe inhoud te gee. So moet ons elkeen maar met apartheid probeer afreken.

Die tweede implikasie van die oorgang na die gedrukte woord is die verskyning van die taaltegnikus. Die Middeleeuse kloosters het natuurlik hulle retorici en grammatici gehad, maar die taaltegnikus se werk word eers werklik bemoontlik met die veel groter verskeidenheid bronne waartoe hy met die boek toegang het. Met die registrering en standaardisering van die taal wat ons praat, kan die taaltegnikus soveel beter insig in die konvensies daarvan verwerf, soos ook in die geskiedenis van hoe en hoekom ons praat en skryf soos ons praat en skryf.

Na die donker kant van die Afrikaanse oorgang na die gedrukte woord het ek reeds hier bo verwys, maar daar was ook n ligte kant, een wat die taaltegnikus in die hart van die gemeenskap geplaas het, naamlik die standaardisering van Afrikaans as n kollektiewe, transenderende daad van gemeenskapsdeelname deur Afrikaners. In weerwil van die versinsel dat Afrikaans sy posisie in die vorige bedeling veral aan staatsondersteuning te danke had, verwys ek natuurlik hier na die historiese feit van die jare 1915 tot 1935, toe lesers van oor die hele land veral via Die Burger bygedra het tot die uitbreiding en vestiging van Standaardafrikaans. Hierdie voorstaatlike fase van gedrukte Afrikaans was by uitstek die jare toe die taal as sowel transendente as bemiddelingsinstansie vir Afrikaners gefunksioneer het, en waardeur hulle hulself as n ons by wyse van hulle deelname gekonstitueer het.

Dit is in hierdie fase dat die taalkundiges natuurlik veral as rekordhouers, as skribas, hulle rol in die gemeenskap vervul het. Vir Afrikaners was dit die goue jare van Afrikaans, Afrikaans as kollektiewe verbeelding, waarin die taalkundiges n sentrale rol gespeel het, en waarby n naam soos di van JJ Smith hom aanmeld.

In die afgelope jare se Afrikaanse debat is dit al male sonder tal beklemtoon dat n taal nie sonder instellings kan bestaan nie bemiddelende instansies tussen die gemeenskap en sy transendentes plekke soos skole, universiteite, kerke, howe, en so meer.

In die geskiedenis van Afrikaans was die instelling wat ongetwyfeld die mees noodlottige rol gespeel het, die koloniale staat wat die Afrikaners in 1948 verower het. Dit is hopelik teen hierdie tyd duidelik dat die verhouding tussen die kollektief en sy transendente, tussen die gemeenskap en dit wat hom gemeenskap maak, ten nouste saamhang met die aard van die betrokke bemiddelingsinstansies. Die ramp van 1948 was dat die koloniale staat wat die Afrikaners oorgeneem het, juis by uitstek n n bemiddelende instelling was nie. Die Suid-Afrikaanse staat en dit sien ons ook toenemend onder die huidige bedeling is een wat n absolute monopolie op bemiddeling opeis, en in die proses uiteindelik die verhouding tussen die transendente en die immanente, tussen die gemeenskap en dit wat hom gemeenskap maak, vernietig.

Hierdie grimmige waarheid word duidelik in die geskiedenis van Afrikaners na 1948 gedemonstreer. Al daardie lewenskragtige, bemiddelende instellings wat Afrikaners oor dekades teen 1948 opgebou het, en wat die Nasionale Party, die kerke, skole, universiteite en kultuurorganisasies ingesluit het, is binne die bestek van twintig jaar volledig onder die absolute tirannie van die staat ingebind. Die Party het Afrikaners in stemvee verander; die kerke het die rol van sedelike polisieman opgeneem; die skole en die universiteite moes gehoorsame, inskiklike individue skep; en die kultuurorganisasies moes kultuur van alle potiese energie stroop om dit in n keurslyf van begeertelose eenselwigheid te verander. Dit is ook nie vreemd nie dat die sin van die transendente in daardie jare veral deur Jan Rabie en die Sestigers lewend gehou is, en n werk soos Rabie se Ons, die Afgod al voorsien het dat die Afrikaner weens die vernietiging van die band met die transendente in die jare van verstaatliking uiteindelik self God sou speel met al die fatale gevolge wat vandag nog sigbaar is.

Dit is presies in hierdie era dat die paaiboelie van die taalpuris na vore tree. Ek wil beweer dat die taalpuris daardie persoon is wat teen die agtergrond van die vernietiging van die band met die transendente, self God oor taal begin speel, maar dan n God van konvensie, van die verbeeldinglose en die geykte. Soos wat dit in die kwarteeu tussen 1950 en 1975 duidelik geword het dat die verstaatliking van die Afrikaner sy verhaal van lewe na dood gedraai het, het die taalpuris as lewende dooie taal as doodse grootheid, Afrikaans as Latyn, probeer hanteer.

Dit is eers na die volgende groot tegniese oorgang wat Afrikaans gemaak het, naamlik vanaf die gedrukte woord na die oudiovisuele woord met die koms van televisie in 1975, dat die taalanargiste van die Volvrybeweging, insluitend Vrye Weekblad, hulle kans gekry het. Met Afrikaans nou lank reeds afgesny van die transendente, het die taalanargiste die valse god van die taalpuris verkeerdelik vir God aangesien, en met hulle cool, sexy Afrikaans, Standaardafrikaans self aangeval, oftewel die band met die transendente nog verder afgesny, n patroon wat sedertdien in Afrikaanse pop en rock voortgesit is, met uitsondering van Afrikaanse musikante soos Piet Botha en Laurinda Hofmeyr wat behoorlik in literre en musikale tradisies onderl is.

Wat Johan Combrink en sy generasie klassieke taalkundiges onderskei het, is dat hulle ook die band met die transendente en die gemeenskap lewend gehou het. Dit is waarom ek hulle geestigheid en gemeensaamheid reg aan die begin van hierdie herdenking uitgelig het. Hulle het die konvensies wat die taalpuriste verabsoluteer het, en die onkonvensionele wat die taalanargiste verabsoluteer het, ewe soepel hanteer. Dit kon hulle doen omdat hulle geworteldheid in die ander gemeenskap as die een van verstaatlikte Afrikanernasionalisme hulle naby die praktiese en die estetiese gehou het.

Maar soos ons almal weet, is Combrink, Spies, Eksteen en Links vandag almal oorlede of stil. Ons is nou in die era van die oudiovisuele woord, en daarom kan die ons, die transendente, die bemiddelingsinstansies en die taal self ook nie lyk soos in die vorige era nie. Ook die taalkundiges het nou n ander posisie.

Laat ek ter afsluiting probeer verduidelik. Nog een van Rgis Debray se insigte is dat wat die religie vir die gesproke woord is, is die politiek vir die gedrukte woord, en die ekonomie vir die oudiovisuele woord. Met hierdie onderskeiding raak ons reeds aan die kern van die krisis van taal en gemeenskap, wat besonder akuut in Afrikaans manifesteer.

Die rede hiervoor is dat waar die religie en die politiek die verhouding tussen die transendente en die immanente bemiddel, die ekonomie dit juis nie doen nie. In die religie en die politiek word my en jou verhouding bepaal deur dit waarin ons saam glo en wat ons saam doen, en dit gaan ons altyd te bowe. In die ekonomie word daardie verhouding bepaal deur dit wat ons kan ruil.

Die kritieke oorgang wat plaasvind met die oorgang na die oudiovisuele woord, of die neoliberale ekonomie, is dat God of die volk nie meer die maatstaf van die alle waardes is nie, maar dat alle waardes nou slegs ekonomies is of nie bestaan nie. Wat verkoop kan word, het waarde, en wat nie verkoop kan word nie, is waardeloos. Dit is waarom ons era een van die diepste nihilisme is, die era van cool, sexy liggame wat eintlik lewende lyke is.

Die ekonomie waarin ons ons nou bevind, vernietig alle bemiddelende instansies, en wil van mense verbruikende, onnadenkende individue maak aan wie regstreeks verkoop word. In die proses word alle individualiteit vernietig, en word hierdie vernietiging vermom met die advertensiewese se verheerliking van die individu wat self kies: jou koerant, jou wreld, jou nuus, jou sportspan, jou taal, jou God. Buite instellings en gemeenskapsverband word mense klei in die hande van die mark, tot op die punt waar die mark homself moet verslind, want as begeertes van alle mense uitgeput is, wat bly oor om te verhandel en wie sal droom?

Hierdie selfde proses is besig om Afrikaans met vernietigende gevolge te tref. Afrikaners het die oorgang van nasionalisme na ekonomisme in groot getalle gemaak, en Afrikaans self verander in n cool, sexy besigheid. Dit verklaar dan ook waarom Afrikaners oor die algemeen geen begrip van die absolute noodsaak van instellings vertoon nie, en waarom daardie Afrikaners wat nog in beheer van gemeenskapsinstellings is, almal agter die Fluitspeler van Hameln, oftewel die Bestuurder, aanwals en die instellings verander in blote dienspunte.

Miskien is die grootste ironie van die huidige Afrikaanse toneel dat daardie sakelui wat Afrikaans as n besigheid bedryf, eweneens jou werklikwaar die hoop op Afrikaans as die gom van n nuwe gemeenskap vestig. Anders gestel, terwyl hulle Afrikaans as transendente net verder vernietig, vestig hulle hul hoop op Afrikaans as transendente. Kan iemand asseblief my sakeplan aangee?

Dit hoef ons ook nie te verbaas dat die Afrikaanse kinders van televisie, wit en bruin, oor die algemeen n verwarde of onsekere band met hul moedertaal het nie, dat Afrikaans vir hulle dikwels sentimenteel maar nie transendenteel is nie, dat hulle maklik na Engels migreer, indien nie na Engeland en sy vorige kolonies nie. Soos alle geslagte, is hulle produkte van hulle tyd, maar ook van wat hulle ouers en hulle tegniese milieu aan hulle oorgedra het.

Ter afsluiting, en om hopelik te verhoed dat vele van u u nie vanaand wanhopig aan die kaas en wyn vergryp en ons vannag dronkverdriet in oom Jannie Marais se skaduwee het nie, dink ek tog daar is hoop vir n ander Afrikaans, vir n Afrikaans met meer as een gemeenskap. Sulke spore l juis in die manier waarop Johan Combrink en sy vakgenote hulle nering beoefen het, in die gevoeligheid vir die taal en die ons wat groter as ons almal is, maar ook vir die instellings waarsonder ons nie kan bestaan nie.

Soos wat die staat n dubbelsinnige geskenk aan Afrikaans was, so is ook die neoliberale ekonomie dit vandag. As ons spore van n ander manier van Afrikaans wees, soek, dan l dit in die eerste plek by n terugkeer na die Afrikaans wat oor 350 jaar as kollektiewe nierassige prestasie (in Jan Rabie se woorde) tot stand gebring is. Dit l in n Afrikaans wat ons nie almal staatkundig of ekonomies eenvormig wou maak nie, of apart hou nie.

In hierdie ander Afrikaans is die taaltegnikus, die taalkundige, se rol absoluut sentraal. Hier praat ek ook nie van die sosiolinguiste nie, want so belangrik as wat hulle bydrae was en is, is die uitgangspunt om taal tot die moe postmoderne reduksie van magsverhoudinge te beperk, net om die band met die transendente op n ander manier deur te sny.

Jare gelede het my goeie vriend, die filosoof Pieter Duvenage, op n dag gevra hoeveel klassieke taalkundiges daar nog in Afrikaansdepartemente gevorm word. Daarmee het hy iets raakgevat van die taaltegnikus wat in die hart van sy gemeenskap sowel die praktyke as die estetiese, die konvensionele en die potiese, saamvat.

As die taaltegnikus van die era van die gedrukte woord n versamelaar en n skriba was, dan is die taaltegnikus van die oudiovisuele era met sy absolute verval, nihilisme en transendensieloosheid, eerder te vergelyk met die Christelike monnike van die Westerse Middeleeue, hulle wat die Westerse kultuur na die val van die Romeinse Ryk bewaar en vernuwe het. Ook hulle het verstaan dat jy nie God n Mammon kan dien nie, net soos wat Afrikaans se heil nog in die totalitre ekonomiese orde l. Nee, saam met die taaltegnikus as monnik is die uitdaging vandag om in ons religieuse, politieke en ekonomiese omgang met die onskatbare besig te wees. Die Afrikaans wat tussen hierdie dinge bemiddel, is die een waarmee ons besig moet wees. En daarom is een van die ou spreuke oor Afrikaans opnuut vanpas: Afrikaans, ons prel van groot waarde.




LitNet: 21 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.