SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Is Oudtshoorn rassisties? En die Afrikaner?

Jason Lloyd

Is Oudtshoorn rassisties? En so ook die Afrikaner? En eis hulle die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vir hulself op? En so ook Afrikaans? En is hulle lojaal teenoor die nuwe Suid-Afrika? En stel hulle hoegenaamd belang in nasionale versoening?

Dit is die vraag wat by ’n mens opkom na aanleiding van die naderende KKNK op Oudtshoorn. En dit kom nog sterker op veral as jy aanhoudend bel om verblyf vir diť fees te bespreek. En telkemale hoor jy ’n stem aan die anderkant van die foonlyn: “Jammer, maar ons het net akkommodasie vir blankes.”

En by verlede jaar se KKNK het die opskrif “Bruin man feeshuis verbied” in die feeskoerant, Krit, ons weer eens daaraan herinner dat daar inderdaad baie Suid-Afrikaners is wat nog nie vrede met die nuwe Suid-Afrika gemaak het nie.

Dit is reeds bogenoemde kwessies wat gemaak het dat mense soos die oudjoernalis Heindrich Wyngaard en die kulturele terroris Zebulon Dread besluit het dat hulle nie — soos Adam Small geskryf het — gaan “mompel tussen die spreekwoordelike vier mure oor dinge wat ten hemele roep om gesÍ te word” nie.

En in hulle reeds gepubliseerde talle skryfsels oor die KKNK mompel Wyngaard en Dread glad nie, al het Small gedig: “Ö in hierdie land is die waarheid mos doodsonde.”

En baie keer spring Dan Roodt, selfaangestelde aktivis van Afrikanerregte, op sy agterpote en beskuldig Wyngaard en Dread dat hulle kwansuis bitter is.

Ja-jis, dit is nou so dat ek as vryskutjoernalis by Krit gaan werk. En dit is ook so dat ek bruin is. Selfs kleurling, as dit dan moet; selfs nieblank, as jy wil. En Afrikaanssprekende, maar asseblief tog nie Afrikaner nie. Nooit, daarvoor is ek nie te vinde nie.

En dit is ook so dat ek reeds weens bogenoemde nie kan blyplek vind nie. En dit nogal in my vaderland. En as gevolg van mense wat my “volksgenote” nogal vra om saam met hulle in die kryt te klim vir Afrikaans. Deur mense wat hulle selfs Christene noem.

En dit is nou so dat die Afrikaners ’n mens telkemale baie kwaad maak. En dit is ook so dat ’n mens hulle baie keer vergewe. Dan kom hulle weer en krap die wonde van die verlede oop. Maar dan is dit reeds die Afrikaner wat sÍ, “Okei, vergeet apartheid en kom ons beweeg vorentoe.”

Maar hoe ernstig en hoe lojaal is die Afrikaner teenoor die nuwe Suid-Afrika? Hulle herinner my baie kere daaraan hoe my oorle ouma as meid haar kranklik vir hulle gewerk het. Hoe sy op haar knieŽ by meer as een plaasopstal elke dag vir ’n karige loon gewerk het. Hoe sy uit ’n blikbeker haar koffie moes drink — as minderwaardige, omdat sy nie uit hulle koppies kon drink nie. Hoe sy buitekant (in die warm son of reŽn) haar apart-gekookte kos in ’n papierbord moes eet — of “vreet”, soos die “baas of mies” altyd gesÍ het. En hoe my oupa en ouma deur die “baas en mies” geslaan was net wanneer hulle lus het.

Dit is reeds hierdie selfde Afrikaner wat vir meer as 300 jaar die voorregte geniet het in ’n land waar die meerderheid nieblank is. En belangrik: nog steeds daardie voorregte geniet. En nog meer belangrik: wat nie bereid is om die voorregte met hulle bruin, swart en IndiŽr-broers te deel nie.

Dit is dieselfde Afrikaners wat sÍ dit gaan sleg met Suid-Afrika. Hulle vertrou nie ’n swart regering nie. Of sal ons sÍ, hulle sÍ swart mense kan nie ’n land regeer nie. Of om in die kol te wees: hulle sÍ swart mense is minderwaardig.

En kom dit by Afrikaans, dan speel hulle ook baas. Hulle vra jou snaakse vrae soos: “Waar het jy Afrikaans geleer?” “Het jy Afrikaans opgegroei of het jy die taal langs die pad aangeleer?” En wanneer jy jou as bruin spreker uitdruk in jou eie taalpotjiekos, dan word jy gekorrigeer, want jy moet soos hulle praat. Maar hulle vergeet (soos Annemarie van Niekerk in ’n resensie in Die Burger geskryf het): “die bruin spreker se Afrikaans het saam met sy moedersmelk gekom — die taal gee aan hom gestalte en daarsonder is hy stom, maar dieselfde taal is ’n idioom waarin hy ‘gedegradeer is tot minder as mens.’”

Maar dit sal ook verkeerd wees van ons wat onder die stelsel gely het, om die “Afrikaners wat ook uiteindelik van die albatros van apartheid bevry is, vir altyd die slawe van hķl geskiedenis te hou en daarom tot stilswye te snoer,” laat weet Johann Rossouw uit Frankryk.

Want daar is Afrikaners “wat weggeloop het (as verlore broer of suster) van die huis af agter apartheid aan en nou besig is om terug te kom,” het Small reeds in 1993 gesÍ. En dit is reeds Afrikaners soos ’n Helize van Vuuren wat gestalte gee aan die titel van die roman van Jeanne Goosen, Ons almal is nie so nie.

En dan is daar diegene wat nog steeds vasklou aan, “Ons sal altyd so wees.” Vir hulle moet ’n mens vra: Hoe nou? Waarheen nou? En dit is net hulle wat die vrae sal kan beantwoord. My raad sal wees: BLY OF GLY, of REG of WEG!!!

Jason Lloyd is ’n vryskutjoernalis, kortverhaalskrywer en ontembare woordtoordokter. Hy woon op Uitenhage in die Oos-Kaap; studeer aan die Port Elizabethse Technikon en aan die Universiteit van Suid-Afrika; en sy e-adres is toeka22@yahoo.com of jason@pentech.ac.za.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.