SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Vryheid van spraak is 'n absolute reg

Johan Pienaar

is 'n netwerkingenieur wat homself in Stellenbosch bevind. Hy skryf al jare oor 'n verskeidenheid onderwerpe wat hom interesseer.

If mankind minus one were of one opinion, then mankind is no more justified in silencing the one than the one - if he had the power - would be justified in silencing mankind.

- John Stuart Mill

I am not aware that any community has a right to force another to be civilized.

- John Stuart Mill

Vryheid van spraak is 'n absolute reg. Soos die reg op lewe is dit 'n reg wat net sinvol is indien dit nie afgewater word nie. Dis net so sinloos om die reg op vryheid van spraak te temper met 'n bietjie sensuur as om die reg op lewe te temper met 'n bietjie moord.

Waar sou mens in elk geval die sensuurstreep trek? Wat Dan sê, is nie uniek nie. Elemente van wat hy sê is te vinde in die Sondagkoerantrubrieke van Koos Kombuis. Niemand stuur egter petisies rond en vra dat Koos ('n medetagtiger) die kampus verbied moet word nie.

Onderliggend aan die oproep tot sensuur is dieselfde faktore wat onderliggend is aan alle oproepe tot sensuur.

Eerstens is mense wat ander wil sensureer, dikwels meer ongelukkig oor hóé goed gesê is as oor wát gesê is. Hulle wil mense sensureer oor hulle 'n gevoel het dat hulle ongeskik is - hulle wil hê ander mense moet maniere hê.

Tweedens sukkel hulle om die ander mense se argumente te antwoord en in die impotensie van hulle eie redevoering is die maklikste uitweg om hulle eerder stil te maak as om met hulle in debat te tree. Miskien is die woorde van Oscar Wilde hier van toepassing: "Arguments are to be avoided; they are always vulgar and often convincing."

Die blote gedagte dat mense van liberale oortuiging kan saamspan om ander mense hulle vryheid van spraak te ontneem, skok my. Om die waarheid te sê, as jy van mening is dat Dan Roodt se vryheid van spraak ingeperk moet word, kan jy jouself nie 'n liberaal noem nie. Christene gaan nie na 'n moskee nie, en liberale ontneem nie ander die reg om te sê wat hulle wil nie.

Die teenargument hier sou natuurlik wees dat niemand Dan keer om te sê wat hy wil nie - hy moet dit net nie by die Woordfees doen of by enige funksie wat deur die universiteit gesanksioneer word nie.

Hierdie argument faal jammerlik wanneer mens in ag neem dat dit nie die Woordfees-organiseerders is wat hom van die program wil skrap nie, maar buitepartye. Hier is dus nie sprake van redaksionele standaarde nie. Watter waarborg het ek dat die partye Dan nie môre Stellenbosch sal wil verbied nie? En wat as ek môre iets sê waarvan hulle nie gaan hou nie?

Tweedens moet mens kyk na die Woordfees se rol binne die samelewing. Kuns, en dan kunstefeeste in die breë, se rol is altyd om 'n refleksie te wees van die samelewing. Dit beteken nie dat sodanige refleksie altyd positief moet wees nie. Negatiewe refleksie is dikwels juis varser en meer relevant. Die Woordfees as eerlike aanbieder van so 'n refleksie is dus, as hulle die Tagtigers as tema het, nie net daarop geregtig om Dan (as Tagtiger van belang) te nooi om aan die fees deel te neem nie, hulle is verplig om dit te doen. As hulle dit nie doen nie, bied hulle aan die samelewing 'n weerkaatsing van homself met swart gate in die weerkaatsing. Dit herinner sterk aan 'n tyd in Suid-Afrika se geskiedenis toe koerante eers met wit gate en toe swart blokke gepubliseer is.

Hiermee gepaard gaan die rol van 'n universiteit, wat eweneens homself moet oopstel vir alle menings, veral dié wat ons ongemaklik laat voel. Die hemele behoed ons dat ons weer 'n tyd sal beleef dat by tersiêre instellings in die land, denkers soos Nietzsche geïgnoreer word omdat hy nie 'n Christen was nie. Los liefs daardie tipe van intelligentsia vir die ATKV.

Vryheid van spraak gaan met verantwoordelikheid gepaard. Ek kan sê wat ek wil wanneer ek wil, maar ek moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gevolge van wat ek sê. As ek ander belaster, gaan daar teen my opgetree word. Ek gaan die skade van my woorde moet vergoed.

Ons konstitusie maak voorsiening vir wat ek sien as aksie teen diegene wat "lasterlike" uitsprake maak teen groepe1. Die sogenaamde haatspraak-klousule skep 'n meganisme waardeur verontregte groepe aksie kan neem teen dié wat hulle verontreg.

Afrikaners het die meganisme suksesvol benut om die veelbesproke "Kill the Boer, kill the farmer"-slagspreuk te beveg. Reeds vroeg laasjaar het ek in 'n artikel op LitNet (http://www.litnet.co.za/seminaar/jproodt.asp) uitgewys dat ek nie dink dat Dan Roodt se denke niks anders as goeie outydse rassisme is nie. Ek is ook van mening dat mens by die lees van sy skrywes ook nie tot 'n ander gevolgtrekking kan kom as om te besef dat hy besig is om mense aan te hits nie.

So my gevoel is dat Dan toegelaat moet word om te sê wat hy wil, waar hy wil en dat geen forum hom ontsê moet word nie, hetsy deur direkte aksie of deur indirekte aksie, maar dis tyd dat hy pa staan vir die dinge wat jy kwytraak.

Nooi Dan Woordfees toe, luister na wat hy sê, en as hy weer uitsprake maak wat teen die grein van die konstitusie inloop, kla hom summier van haatspraak aan.

Dit is wat die klaers behoort te doen en dit sal 'n kragtige daad van rekonsiliasie en vooruitgang wees as Afrikaners hulle eie mense tot orde begin roep.

Om eerlik te wees, hoekom wag vir die Woordfees?





1
16. (1) Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is -
(a) die vryheid van die pers en ander media;
(b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra;
(c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en
(d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.

(2) Die reg in subartikel (1) omvat nie -
(a) propaganda vir oorlog nie;
(b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of
(c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.





LitNet: 21 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.