SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Dan Roodt en vryheid van spraak

Joan Hambidge

is 'n bekende digter, skrywer en dosent aan die Universiteit van Kaapstad.

Hoekom iemand verbied om aan 'n Woordfees deel te neem? Dit is tog duidelik dat die skrywer van Chevrolet & Sonneskyn en Moltrein nie gelyk is aan die aktivis/polemikus Dan Roodt nie.

In sy kreatiewe tekste ondermyn hy sy eie stellings.

Al verskil ek wesenlik met hom oor sommige van sy standpunte, dink ek nie dat 'n skrywer verbied moet word om by 'n letterkundige fees op te tree nie. 'n Mens kan tog nie 'n situasie hê waar net skrywers praat wat eensgesind dink nie. Dit klink dan al te veel na die ou Broederbond.

'n Mens sou steeds wou weet: Hoe het dit gekom dat die indertydse aweregse, anargistiese Dan Roodt met sy nul-uitsprake beweeg het na die aktivistiese, uitdagende taalaktivis met oeroutydse uitsprake oor die toekoms van Afrikaans en die Afrikaner? Hoe versoen hy hierdie teenstrydighede in sy denke? Van iemand wat DJ Opperman geparodieer het, JC Steyn aangevat het oor sy taalpolitiek, en waarskynlik die eerste postmodernistiese roman in Afrikaans geskryf het?

Wat dink hy van mense se uitsprake dat hy regs en ongenuanseerd is? Hoe lui die gesegde nou weer? Ek verskil van jou, maar ek sal jou reg om van my te verskil, tot die dood toe verdedig.

Hierdie oproep om 'n skrywer te verbied (hy is terloops as skrywer genooi en nie as aktivis nie; dit is 'n ander rol wat hy vertolk) vestig nou al die aandag op Roodt. Selfs in sy afwesigheid sal hy aanwesig wees.

Wat dink die beswaarmakers? Sien hulle dit as sensuur? Wat is hul mening oor vryheid van spraak en die gepaardgaande verantwoordelikhede van skryf wat jy wil?



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie debat? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.