SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Dan Roodt se woorde by die Woordfees

Anton van Niekerk

is professor in Filosofie en direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die US. Hy is ook 'n lid van die US-Raad en voorsitter van die US se Taalkomitee.

Ek reageer huiwerig (omdat ek beter dinge het om te doen) op die versoek van LitNet om iets kwyt te raak oor die vraag of Dan Roodt uitgenooi behoort te word na die Woordfees in die lig van, veral, sy stuk "Adapt and die - SA's new motto".

Ek het Dan Roodt se stuk gelees - met spyt. As dit nie haatspraak is nie, weet ek nie wat is haatspraak nie. Wat hy probeer sê, is duidelik: moord is endemies aan (veral jong) swart mense. Swart mense is, veral in hierdie opsig, dieselfde die wêreld oor; vandaar die beweerde soortgelyke situasie in die VSA. Ek haal slegs die volgende gedeeltes aan. Roodt begin met die skynbare toegewing:

Of course, it would be preposterous to say that all young black men are prone to violence.

Wat hy daarna sê, is egter duidelik afgestem op presies die aanspraak dat swart mense soveel meer as wit mense neig tot gewelddadige misdaad:

Judging from our daily experiences in crime-torn South Africa, however, a sub-section of that population, large enough to cause more havoc than even a well-equipped guerrilla army of a few thousand men, has taken up practices such as heists, hold-ups, murders, sexual violence exacted upon women and children, and so on ... There is a whole nature/nurture debate around black violence, except that no adherent of the "nature" side would publicly admit to being one, for fear of being branded a racist. Even though mainstream American cancer research has conclusively shown that black men have higher levels of testosterone than their white counterparts, few would hazard the notion that this might be linked to their greater propensity for violent crime ... If by some miracle all serious criminals in the country had to be caught and imprisoned, the prison population would surely treble or quadruple from the present 200 000, which is already high by world standards. Not only is such an improvement inconceivable under current conditions, but it would also be politically unpopular with the ruling ANC who would be incarcerating large numbers of young black males who are mostly its own supporters at the polls. Few whites, if any, commit violent crime and there are only 3 900 of them in prison, mostly for white-collar offences such as fraud or insider trading on the stock exchange ... The media are celebrating youth, dance, colour, being black and exuberant - as opposed to the quiet studiousness of middle-aged and elderly whites, the bearers of knowledge and understanding. Are these learned whites who are being killed in exuberant, paradisiacal outbreaks of violence simply the remnants of a civilisation that is being eradicated in the name of decolonisation? No government spokesman has ever condemned such killings; so we may assume that the present regime is completely indifferent to them, where such killings do not enjoy their tacit support.

Ek sou met hierdie aanhalings kon voortgaan, maar sal die lesers dit nie aandoen nie; dit maak 'n mens amper fisies siek. Hierdie man bedryf haatspraak, en dit is geen wonder dat hy geen respektabele publikasie kon vind om sy opruiende idees te publiseer nie.

Moet hy Stellenbosch toe genooi word? Feit is: hy is reeds na die Woordfees genooi - waarskynlik sonder dat die organiseerders bewus was van hierdie geskrif van hom.

Ek glo in akademiese vryheid en die vryheid van spraak. Dan Roodt is dit beswaarlik werd om daardie belangrike beginsel in die gedrang mee te bring. Om nou sy uitnodiging te kanselleer, sal boonop swak maniere wees, en ja, ek glo 'n mens moet goeie maniere hê, ook teenoor iemand wie se optrede dit nie altyd maklik uitlok nie. In die lig van wat ons toenemend van Roodt weet, sou ek, as ek die organiseerder was, hom nie ligtelik wéér nooi nie.

Maar as hy dan op die oomblik reeds genooi is - "let it be". Terselfdertyd doen ek 'n beroep op die breë publiek om kennis te neem van die inhoud van "Adapt and die - SA's new motto" en om, in die lig daarvan, eenvoudig met hulle voete te stem oor die vraag of hy 'n gehoor werd is. My advies aan almal wat glo in beskaafde waardes in Suid-Afrika, is eenvoudig: laat hom kom praat, maar laat hom praat met leë stoele. Hy en sy soort idees verdien niks meer nie.



LitNet: 21 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.