SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Verdraagsaamheid vereis dat ons ook luister na goed waarvan ons nie hou nie

Amanda Gouws

is professor van Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch en die boek waarvan sy mede-outeur is, Overcoming Intolerance in South Africa: Experiments in Democratic Persuasion (Cambridge University Press), het in 2003 verskyn.

Verdraagsaamheid is 'n kernwaarde van enige demokrasie. Dit beteken dat as ons vryheid van spraak vir onsself toe-eien, ons dit ook aan ander sal gee. In Engels praat ons van "to put up with ideas we disagree with". As ons absolutisties oor die vryheid van spraak wil wees, kan ons argumenteer dat enige idees, hoe verfoeilik ook, in die vryemark van idees bespreek en beredeneer kan word. Die Suid-Afrikaanse grondwet plaas egter 'n beperking op sekere idees wat as haatspraak geklassifiseer kan word.

Die vraag oor Dan Roodt se skrywe "Adapt and Die" is dus of sy uitsprake van so 'n aard is dat ons dit in die vryemark van idees kan beredeneer en of dit haatspraak is wat gesensureer kan word. Verder moet ons vra of rassisme per definisie haatspraak is.

In 'n onlangse debat oor misdaadsyfers het president Mbeki in sy nuusbrief ANC Today geargumenteer dat wit mense wat amptelike misdaadstatistiek oor byvoorbeeld verkragting betwyfel, dink dat alle swart mans potensiële verkragters is. Ek wil nie op die rassistiese aannames van hierdie uitsprake ingaan nie, maar wat ek wel wil sê, is dat Dan Roodt se skrywe hierdie persepsie oor wit mense versterk en dat die debat dan 'n rassekleur aanneem eerder as dat ons op 'n konstruktiewe manier kan debatteer oor wat aan misdaad gedoen kan word in samelewings in oorgang, waarvan ons een is. Daar is net soveel swart mense wat die slagoffers van misdaad is, maar Roodt verkies om voor te gee dat net wit mense slagoffers is.

Roodt is rassisties en hy span statistiek in om sy eie standpunte te steun, nie om wetenskaplik daarmee om te gaan nie. Maar is dit haatspraak? Ek sou dink dat ons op 'n glibberige glybaan is as ons alle uitsprake wat rassisties is, as haatspraak begin afmaak, want soos die vraag in hierdie debat lui: Waar trek ons die streep? Ek glo dat dit beter is om mense se standpunte aan te hoor sodat hulle hulself as totaal onnosel en absurd kan uitwys. Dan hoef ons dit nie namens hulle te doen nie. Roodt doen dit vir homself.

Die probleem met sensuur is dat dit dikwels lei tot selfsensuur by ander mense wat soortgelyke idees het (en glo my, daar is sekerlik mense wat Roodt ondersteun en dink hy het nog nie ver genoeg gegaan nie) en hierdie idees, wat liewer in die openbare sfeer bespreek moet word, dan ondergrond dryf. Hierdie "spiraal van stilte" is definitief nie goed vir demokrasie nie. Praat liewer oor iets voordat dit in ons gesig ontplof.

My persoonlike mening oor baie van Dan Roodt se skrywes is dat ons hopeloos te veel aandag daaraan gee. Ignoreer dit eerder met die minagting wat dit verdien. Om Roodt soveel ruimte in die media te gee wakker net sy absurde skrywes verder aan.

So, my voorstel is dat sy uitnodiging na die Woordfees wel gestand gedoen word, maar dat niemand van ons na hom gaan luister nie (net jammer vir die ander paneellede). Dit behoort hom 'n idee te gee van presies hoeveel ons van sy idees dink. Hier verskil ek van Jaco Botha, wat dink ons moet hom aanvat. Dit sal net die debat laat eskaleer in 'n baie onsmaaklike rigting. Roodt is nie oop vir oortuiging nie.



LitNet: 22 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.