SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Notule van vergadering van NB-uitgewers en -skrywers, 6 Maart 2002, Sentrum vir die Boek, Kaapstad




Teenwoordig: George Weideman (koŲrdineerder van gespreksdokument)

Skrywers
Hannes van Zyl, Kerneels Breytenbach en individuele uitgewers in NB-Uitgewers (Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie, Kwela, Pharos, JL van Schaik, Metz en Sunbird)
Francois Smith (boekeredakteur: Die Burger)
Verskoning: Annari van der Merwe (Kwela)


Op ’n vraag van Etienne van Heerden oor die teenwoordigheid van die pers, wys HvZ daarop dat dit nie die beleid van Naspers is om finansiŽle resultate van afdelings bekend te maak nie, maar dat ander inligting nie vertroulik is nie. Daar word met algemene instemming besluit dat wat op die vergadering gesÍ word, nie vertroulik sal wees nie.

Sakelys

  • Outeursvergoeding
  • FinansiŽle resultate
  • Verdeling van inkomste
  • Kontrakte, prysberekening en beleggingsbesluite
  • Vrae en bespreking


    Hannes van Zyl: Outeursvergoeding, finansiŽle resultate, verdeling van inkomste

    Outeursvergoeding


    HvZ verduidelik dat outeurs oor die wÍreld heen op veral twee maniere vergoed word. Vergoeding kan:
    1. gebaseer word op die aanbevole uitgewersprys van ’n boek,
      of
    2. op netto ontvangste berus.


    Albei metodes word wyd erken en gebruik. In Suid-Afrika gebruik uitgewers soos Struik, Jonathan Ball en Random House vergoeding op grond van netto ontvangste al geruime tyd. Human & Rousseau het sedert 1998 algaande daarheen oorgeskakel. Die uitgewers in die Tafelberg-groepering het dit ’n ruk later begin doen. By Human & Rousseau het KB die oorskakeling geÔnisieer. In die Tafelberg-groepering het HvZ die uitgewers sterk aangemoedig om kontrakte op grond van netto ontvangste te sluit. Die individuele uitgewers het elkeen selfstandig na eie oordeel en teen eie tempo oorgeskakel.

    Die proses kon dalk beter — duideliker, helderder — gehanteer gewees het, sÍ HvZ. Dit is wel genoem in skrywersessies, skrywers is per brief ingelig en op die hoogte gehou van woelinge in die uitgewersbedryf; en kontrakte is met die betrokke skrywer(s) onderhandel.

    Om met alle skrywers gelyk te onderhandel is eenvoudig onmoontlik, sÍ HvZ. Baie en uiteenlopende kontrakte vereis dat met elke skrywer individueel gewerk word.

    Hy wys daarop dat die voorkeurstelsel van vergoeding nie noodwendig ’n laer inkomste as die eerste beteken nie. Die meeste skrywers kry weliswaar minder, maar party skrywers verdien op netto ontvangste meer as tevore. Dit hang af van die persentasie vergoeding wat betaal word.

    Piet Haasbroek wil weet of netto ontvangste geyk is, maw of dit vas is en of dit afhanklik is van aftrekkings, soos uitgawes.

    HvZ antwoord dat dit vas is. Dit is die bedrag wat uitgewers uit die handel kry, sonder dat enige uitgawes van uitgewers daarvan afgetrek word. Dit is die omset wat in uitgewers se state aangedui word. “Omset” op grond van aanbevole verkoopprys is ’n suiwer teoretiese omset: uitgewers sien nie daardie geld nie. Netto ontvangste is die omset wat uitgewers met verkope van boeke verdien.

    Piet Haasbroek vra of kontrakte onderhandelbaar is wat betref die soort kontrak en ook die persentasies waarop outeursvergoeding bereken word.

    HvZ sÍ dat kontrakte wel onderhandelbaar is, dat die uitgewers nog albei soorte kontrakte gebruik, hoewel met ’n besliste voorkeur vir netto ontvangste, en dat persentasies van skrywer tot skrywer verskil. Glyskale word ook toenemend gebruik om voorsiening te maak daarvoor dat ’n skrywer nie op ’n enkele persentasie vergoeding vasgepen is nie, maar ’n groter aandeel van die inkomste verdien wanneer ’n boek bo verwagting goed verkoop.

    Piet Haasbroek som op dat die skrywer hom dus moet klaar maak vir ’n volkome plooibare kontrak met die uitgewer — ’n benadering wat as ‘t ware “so wyd soos die Heer se genade” is?

    HvZ bevestig dat dit so is, hoewel uitgewers nietemin by sekere riglyne probeer hou.

    Piet Haasbroek stel voor dat waar glyskale gebruik word, daar sterk interne riglyne moet wees. As dit tť willekeurig gebruik word, kan dit tot chaos lei.


    FinansiŽle resultate

    Oor die laaste vier jaar het die omset van die uitgewers in die NB-groepering sterk gegroei.

    omsetgroei





    Diť stewige groei is behaal in ’n besonder klein mark wat niť gegroei het nie. In die algemene boekemark in Suid-Afrika, wat staties gebly het, het NB-Uitgewers binne vier jaar daarin geslaag om verkope byna te verdubbel. Diť sukses het ’n beduidende rol gespeel in die uitwis van die vorige jare se groot verliese, wat in ’n stadium byna R1 miljoen per maand beloop het.

    In die voorafgaande sewe jaar, vůůr die laaste vier jaar, het die omset deurlopend gedaal. In die afgelope elf jaar was daar dus eers ’n standhoudende daling, oor sewe jaar, gevolg deur die standhoudende styging, oor die afgelope vier jaar.

    wins


    Danksy die groei in verkope en die sny van uitgawes is die groot verliese van die afgelope jare, sedert die ineenstorting van die voorgeskrewe mark, nou uitgewis. NB-Uitgewers verwag om in die lopende boekjaar, wat einde Maart eindig, ’n marginale klein wins te maak.

    Johan Bakkes sÍ hy begryp dat uitgewers nie outeursvergoeding kan betaal op geld wat hulle nooit sien nie, maar wil weet waarom die winsmarge so laag is.

    HvZ antwoord: Die wins is laag omdat daar nog baie literÍre werk uitgegee word wat nie winsgewend is nie, en omdat daar nie meer, soos in die verlede, op die voorgeskrewe mark staatgemaak kan word nie. Tradisioneel is byvoorbeeld slegs 30% van die boeke wat Tafelberg uitgegee het, aan die algemene handel gelewer; 70% van sy inkomste het gekom uit verkope, teen ’n hoŽr marge, aan die staat, skole, ensovoorts. Van 87% van die boeke wat in diť tyd verskyn het, is minder as 2 000 eksemplare verkoop. Dit was aanvaarbaar, omdat die orige 13% in groot hoeveelhede deur staatsinstellings aangekoop is.

    Sedertdien het staatsteun op alle vlakke drasties gekrimp. Verkope aan skole het in 1998 plotseling met 70% gedaal. Boekaankope deur biblioteke is minder as 20% van wat dit al tevore was. Staatsdepartemente koop al minder. Die getal studente wat Afrikaans aan universiteite bestudeer, het min of meer gehalveer.

    In die algemene boekemark, waar voorheen slegs 30% van NB se boeke verkoop is, word nou al sterker met oorsese uitgewers meegeding.

    In Afrika het slegs Suid-Afrika ’n algemene boekemark — die res van Afrika se boeke kom uit Europa en die VSA.

    NŠ 1994 het ’n oper Suid-Afrika dit makliker gemaak vir oorsese uitgewers om (Engelse) boeke die land in te bring. Uit elke vier boeke wat in die algemene handel verkoop word, kom — omsetgewys — drie uit Londen. Uit die kleinhandelmark se jaarlikse omset van meer as R600 miljoen kry plaaslike uitgewers slegs sowat R150 miljoen, en Afrikaanse boeke minder as R50 miljoen. As tien winkels in Suid-Afrika meer Afrikaanse boeke as Engelse boeke verkoop, sÍ HvZ, is dit baie. As ons nie effektief kan meeding nie, verloor ons markruimte.

    Johan Bakkes vra hoekom so ’n hoŽ korting aan boekhandelaars toegestaan word.

    HvZ sÍ die magsbalans in die bedryf is in die guns van handelaars. Dit is wÍreldwyd so, maar te meer nog in Suid-Afrika, waar drie handelaars sowat 70% van die mark beheer en waar daar ’n ooraanbod van titels is, veral titels wat sedert 1994 in toenemende mate teen baie aantreklike terme deur oorsese uitgewers vir handelaars aangebied word. KB sÍ dit kom selfs neer op storting (“dumping”), sonder dat daar hulp van die owerhede is om so ’n praktyk te beperk.

    HvZ sÍ uitgewersarbeid by NB-Uitgewers is in die bemarking van boeke primÍr gerig op die lÍ van ’n grondslag om in die volgende vyf tot tien jaar die Afrikaanse boek — ťn ander inheemse boeke — te laat oorleef. Dit word gedoen deur onder meer en verŠl te sorg dat die boeke wat ons uitgee, in groot boekwinkels rakruimte behou. As ons standhoudend aandeel in rakruimte verloor, word dit al moeiliker om dit weer terug te wen en kan dit gebeur dat veral Afrikaanse boeke hul toegang tot die vernaamste afsetpunte vir boeke verloor en dus tot afsondering, ’n soort ghetto of laer, beperk word.

    Daar word op die oomblik, nog goed daarin geslaag om rakruimte vir Afrikaanse en vir inheemse boeke te behou, teenoor die baie sterk mededinging van oorsese uitgewers. NB-Uitgewers het byvoorbeeld die vorige week van die CNA ’n toekenning vir diens en bemarkingsinisiatief ontvang. Net een ander uitgewer het beter as NB gevaar.

    Daar word ook hard gewerk om boeke geplaas te kry by afsetpunte wat nie normaalweg boeke verkoop nie, maar dit gaan bars. Ondanks hoŽ kortings bly verspreiding aan boekwinkels die doeltreffendste, goedkoopste manier om boeke te verkoop.

    In een van die grootste navorsingsprojekte nůg oor boekverkope (in Duitsland, deur die Mohn-stigting), is ’n algemene stelreŽl vir uitgewers bevestig, naamlik dat gehalte-rakruimte — vůůr in die winkel — van 60 rolspelende faktore die belangrikste is vir optimale boekverkope.

    Die korrelasie tussen dekking in die media en boekverkope is veel laer as die korrelasie tussen rakruimte en verkope.

    Boekbekendstellings en skrywers se optrede by leesgroepe het ’n nog veel laer korrelasie met verkope.

    NB-Uitgewers werk nietemin hard om kontak met leesgroepe oor die land te behou en om die skrywers met lesers in aanraking te bring.

    Maar die uitgewer kan nie self handelaar word nie. Dit is twee verskillende rolle. Hoe meer die uitgewer handelaar word, hoe minder bly die uitgewer uitnemend ’n uitgewer.

    In NB-Uitgewers (met ’n totale personeel van minder as 60 — onder wie slegs ’n handjievol uitgewers/redakteurs) verskyn gemiddeld vier boeke per week (die pennevrug van meer as 200 skrywers per jaar). Die groot taak is om diť manuskripte taalkundig so goed moontlik te versorg, die inhoud so keurig en so goedkoop moontlik te laat verpak, en inligting oor die boeke en hul skrywers by die media en veral by boekhandelaars te kry.

    Die omset het onder meer gestyg omdat veel meer boeke as in die verlede aan boekwinkels verkoop is. Maar slegs ’n klein klompie titels vaar werklik goed. Die lae verkoopsyfer van te veel titels is ’n wesenlike knelpunt. As ’n boek nie vanself deur boekwinkels opgeneem word nie, hoe swakker dit verkoop, hoe meer spesiale (tydrowende en duur) aandag moet daaraan bestee word.

    HvZ sÍ dat die verskil tussen inkomste vir skrywers en vir aandeelhouers uit NB-Uitgewers die afgelope vier jaar R41 miljoen is. Hy noem diť inligting spesifiek op versoek van ’n verteenwoordiger van die aandeelhouers.

    Piet Haasbroek sÍ dit is nie ’n haalbare vergelyking nie. Wanneer ’n onderneming byvoorbeeld kruiptrekkers invoer, is die onderneming se wins meesal kleiner as die bedrag wat aan die vervaardiger van die kruiptrekkers oorbetaal word.

    HvZ sÍ ’n onderneming kan ophou om kruiptrekkers in te voer wanneer dit nie haalbaar is nie, maar dat die uitgewers voortgaan om literÍre werk uit te gee, selfs al weet hulle dat dit nie winsgewend is nie.

    Abraham de Vries merk op dat die moeite en onkoste van die uitgewer in berekening gebring word, maar dat die moeite en onkoste van die skrywer buite rekening gelaat word

    HvZ wys op ’n vorige vraag van Abraham de Vries dat skrywers se inkomste by NB-Uitgewers oor die laaste vier jaar met 70% toegeneem het. Die personeelrekening het met net 5% gestyg. Dit is ’n aanduiding dat die uitgewery nie ’n omgewing is waarheen knap jong talent met goeie loopbaanvooruitsigte gelok kan word nie. Dit is hartseer dat skrywers weens die klein mark nouliks ’n behoorlike bestaan kan maak en dat uitgewers hul in ’n soortgelyke posisie bevind. Dit voorspel nie goed vir die bedryf dat daar weinig ruimte vir nuwe personeel en vir mededingende loopbaanvooruitsigte is nie.

    Danksy die saamsnoer van afdelings vir finansiŽle administrasie, bedryfsbestuur, produksie, bemarking en verkope, asook voorraadvermindering en meetbare verbeterings in doeltreffendheid is NB-Uitgewers vir die boekjaar 2001/2002 waarskynlik winsgewend.

    Maar die wins is gering.

    Daarby moet in gedagte gehou word dat in die nuwe boekjaar sonder die inkomste uit die Dorling Kindersley-agentskap (’n stewige wins) klaargekom moet word.

    Tevore wŠs daar nie agentskappe in Nasboek nie. Dorling Kindersley was ’n stewige aanwins, en sy oorname deur Penguin skielik en onvoorsien. Dit was die laaste groot agentskap buite die Jonathan Ball-stal en kan nie vervang word nie. Dit is ’n aansienlike verlies.

    Maar die grootste probleem — selfs neteliger as wins — is kontant.

    Dekades lank was Naspers die uitgewers se bank. Vyftig jaar gelede was Nasboek in belangrike opsigte die grootste afdeling in Naspers. Vandag is Nasboek se omset net 6% van die totale omset in die groep. NB-Uitgewers se omset is sowat 1% van groepomset. NŠ notering in 1994 moes Naspers waarde ontsluit en kontant genereer. Van 1998 af is in nuwe groeipunte belÍ en vanaf 1999 ’n groter verspreiding van aandeelhouers bewerkstellig.

    Nasboek is sedert 2000 ’n selfstandige eenheid wat self kontant moet skep. Ook die uitgewers moet nou vir die skep van kontant beplan. Omdat beduidende voorraad van veral literÍre werk oor jare gedra word, is dit nou ’n nuwe vaardigheid waaroor uitgewers moet beskik om te kan oorleef. Die geweegde gemiddelde behoefte vir kontant vir NB-Uitgewers in die nuwe boekjaar is R23 miljoen.

    HvZ sÍ dat die uitgewer op ’n dun grens lÍ tussen eise en behoeftes van skrywers en die letterkunde, enersyds, en aandeelhouers, andersyds. Aandeelhouers verwag ’n opbrengs op die geld wat hulle belÍ het. Omdat die algemene uitgewers so ’n klein gedeelte van die groep is, is dit ook nie noodwendig so dat alle aandeelhouers ’n spesiale ruimte skep vir boeke, of dalk selfs bewus is dat hulle in boeke belÍ wanneer hulle ’n belegging in ’n mediagroep doen nie.

    Piet Haasbroek vra: Word alle boeke wat moontlik swak of teen ’n verlies kan verkoop, voortaan uitgeskakel? Is dŪt die benadering? Sodat baie potensieel knap skrywers nooit die geleentheid sal kry om die mark te betree nie, omdat die risiko vanuit die perspektief van die aandeelhouer te groot is?

    HvZ antwoord dat dit vir die oorlewing van inheemse boeke en inheemse letterkunde noodsaaklik is dat finansiŽle selfstandigheid deur plaaslike uitgewers verkry word. Gesonde sakebeginsels is dus belangrik, maar is nie die enigste oorweging nie. Die uitgewers is vasbeslote om ook boeke van gehalte uit te gee, selfs al is dit duidelik nie kommersieel nie. Om te kan voortgaan om goeie werk uit te gee, is dit noodsaaklik dat daar in ander gedeeltes van die onderneming geld geskep word. Maar dit beteken nie dat as die uitgewer sÍ wins is belangrik, dit vertolk moet word as dat wins die enigste maatstaf is of sal wees nie.

    Piet Haasbroek: Ons kan dus opsom dat saaklike oorwegings sal geld, maar met ’n bietjie genade?

    HvZ: Dit is ’n baie mooi, netjiese opsomming.

    Joan Hambidge: Dis soos in die ou dae. Party van ons kry ons boek in hardeband, en ander in sagteband.

    Abraham de Vries vra: Word in gedagte gehou dat van romans meer verkoop as kortverhale, van kortverhale meer as poŽsie? Wat word van ’n werklik talentvolle — groot — digter as van sy of haar eerste, tweede, derde bundel minder as 500 eksemplare verkoop, soos dit soms in Nederland die geval is? Een van die kenmerke van ’n belangrike digter, sÍ AdV, is dat hy aanvanklik nie erken word nie. Is diť digters en skrywers, van wie die nuwe geslag aandeelhouers niks wil weet nie, nog vir die uitgewer belangrik? Word daar nog vir hulle voorsiening gemaak? Verdien hulle dan nie kruissubsidiŽring nie?

    HvZ wys daarop dat daar in Nederland en Frankryk regeringsteun vir literÍre publikasies is. Skrywers word vir optredes voor erkende kultuurverenigings vergoed. Subsidies vir digbundels, ens. is volop. Dit is nie die geval in Suid-Afrika nie. Bowendien is die mark in Suid-Afrika klein. Op besoeke aan Nederlandse uitgewers is telkemale gehoor dat hulle oor hul klein mark kla, selfs ondanks die goeie steun wat hul van owerhede het. Hulle het groot verkopers nodig om dit vir hulle moontlik te maak om ’n wye verskeidenheid literÍre werke uit te gee. Maar omdat die topverkope in die Nederlandse mark ongeveer 300 000 eksemplare van ’n boek is, voel hulle dat hulle in ’n dwangbuis is, vergeleke met uitgewers in buurlande soos Frankryk, Duitsland en Engeland, waar topverkopers by die miljoene verkoop.

    Die situasie in Suid-Afrika is uniek. Die Suid-Afrikaanse skrywers wat die beste verkoop, soos Wilbur Smith en JM Coetzee, gee hul werk in Londen uit. Ook Afrikaanse skrywers wat in Engels vertaal kan word, verkies meesal dat ’n uitgewer in Londen dit doen, eerder as ’n plaaslike uitgewer. Dit is die skrywers se goeie reg: dit is wesenlik ’n verpligting op die skrywer om uit te gee waar die meeste lesers bereik kan word. Die implikasie is dat die plaaslike mark verder beperk word en dat dit nog moeiliker is om onbekende skrywers op die rug van suksesvolle skrywers uit te gee. Uit Europese perspektief beskou, is die plaaslike boekemark byna negeerbaar klein.

    As dit die toedrag is, sÍ George Weideman, dan het ’n krisis in die letterkunde ontstaan, wat ook ’n krisis is vir Afrikaans.

    Abraham de Vries: Dan is die prentjie donker. Watter toekoms is daar vir jong beginnerskrywers en vir jong mense wat die uitgewerswese wil betree?

    HvZ antwoord: Het aspirantskrywers of -uitgewers suiwer materiŽle oorwegings, sou hy hulle waarskynlik afraai om vandag in Suid-Afrika ’n loopbaan as skrywer of uitgewer aan te pak. Maar hy beklemtoon dat daar gelukkig by baie nog die passie is om kreatief te wees, die wil om te skryf, die idealisme om uitgewer te wil wees.

    Swak verkopers word niť voor die voet uitgeskakel nie. KruissubsidiŽring vind wel plaas. Daar word voortgegaan om digbundels en baie ander boeke uit te gee, wel wetende dat daar geen kans is dat diť boeke goed sal verkoop nie. Geld is niť die enigste oorweging nie. Daar sal altyd uitsonderings gemaak word vir werk van meriete.

    Abraham de Vries sÍ in die lig van die feit dat NB-Uitgewers weens goeie bestuur nou winsgewend is, hoef daar dus nie meer ’n vrees te wees dat aandeelhouers ontevrede kan wees nie. Daar hoef dus nie meer so ’n nadruk op aandeelhouers se behoeftes te wees nie.

    Deon Meyer sÍ dis te verwagte dat daar in die sakewÍreld min begrip vir diť benadering sal wees.

    George Weideman gee toe dat die letterkunde moontlik vir die afsienbare toekoms nog van ’n redelik veilige bestaan verseker is; maar vir skrywers, sÍ hy, is die prentjie minder rooskleurig. Hoe lyk die pad vorentoe vir gevestigde skrywers? Lojale skrywers wat oor jare met die uitgewer saamkom en voortgaan om gehaltewerk te lewer. Goeie skrywers wat in ’n groot mate afhanklik kan wees van “koestering” deur die uitgewer. Kry hierdie skrywers hul verdiende loon? Baie dinge krap, sÍ GW. Hy was geskok om op die afgelope Woordfees te sien dat uitgewers nie party voorlesings van skrywers bygewoon het nie (hoewel hy agterna verneem het dat van hulle by ander voorlesings was). En waarom ontvang hy e-posse van eens lojale, nou ontnugterde en verbitterde skrywers? Hoe word oordele oor gehalte en bemarkbaarheid gevel? Hoeveel foute word begaan? Het die tyd nie aangebreek dat ook — dalk liewer — na kleiner uitgewerye gekyk moet word nie?

    HvZ antwoord dat almal soms foute maak, dat terminologie dikwels misverstaan word, dat verhoudings as gevolg daarvan soms onnodig versuur, dat dit uiters jammer is dat dit gebeur. Hy sÍ gesprekke soos diť is nodig en noodsaaklik om misverstande uit die weg te ruim.

    Vir NB-Uitgewers is sy skrywers nog net so belangrik soos altyd, maar die uitgewersomgewing het onherroeplik verander. Dit is die werklikheid.

    Piet Haasbroek noem die moontlikheid dat sommige skrywers geen ander keuse sal hÍ nie as om self hul werk uit te gee.

    HvZ beklemtoon dat wanneer ’n klein uitgewerspan vier boeke per week moet uitgee, dit ongelukkig nie menslik moontlik is om altyd op die verlangde tydstip aan elke individuele skrywer gelyke aandag te gee nie.

    Daar Ūs ruimte vir kleiner uitgewerye en ook vir skrywers wat self wil uitgee. Vir die inheemse letterkunde hou dit voordele in. Trouens, dit is oral in die wÍreld ’n neiging dat klein uitgewerye in getalle toeneem. Dit is moontlik, selfs noodsaaklik, vir ’n gesonde boekkultuur. Daar is boeke wat ’n beter tuiste het by ’n klein uitgewery of by ’n skrywer wat verkies om self uit te gee. Op die nuwe NB-webwerf, wat in Julie bekend gestel sal word, sal inligting en wenke geplaas word vir skrywers wat self hul werk wil publiseer. Dit sluit in ’n databank van kundiges wat vryskut gebruik kan word om te help met proeflees, ontwerp, tegniese afronding, bemarking en so meer.

    In samewerking met die Sentrum vir die Boek is onlangs ’n trustfonds gestig om skrywers en gemeenskappe te help om self boeke uit te gee. Redakteurs en uitgewers van die groep tree as mentors op en gekeurde skrywers en gemeenskappe word met raad en daad bygestaan. As 80% van die oplaag wat deur die Sentrum befonds is, verkoop, kan aanspraak gemaak word op hulp vir ’n volgende projek.

    Abraham de Vries vra of dit die Burger se boekeblad, wat deur NB-Uitgewers geborg word, vry staan om spasie aan nie-Nasboek-uitgewers af te staan. Is daar, met ander woorde, enige voorwaardes aan die borgskap gekoppel?

    HvZ en KB sÍ albei dat geen voorwaardes gestel is nie.

    Francois Smith beaam dit. Hy sÍ hy laat boeke resenseer en plaas resensies wat hy belangrik ag, ongeag wie die uitgewer is.

    Dit is belangrik, sÍ HvZ, dat daar plek is vir klein uitgewerye en vir skrywers wat self wil uitgee. Dit verryk die omgewing vir boeke en vir lesers. Dit is jammer dat universiteite in Suid-Afrika nie universiteitsuitgewerye het, soos oorsee die geval is nie.

    Eweneens jammer, sÍ Marianna Brandt, is dat biblioteke boeke gratis uitleen.

    Dit is ’n droom, sÍ HvZ, dat hy eendag die aandeelhouers sal oortuig dat minstens een uitgewer ’n tak in Londen behoort te hÍ om ook uit diť mark te put.

    Die belangrikste projek bly egter om plaaslik ’n al beter omgewing vir inheemse boeke te skep. Voorleggings word gedoen om die regering te probeer oortuig om ’n vaste beleid daar te stel wat veral die inheemse boek sal steun en bevorder — in geen land ter wÍreld oorleef inheemse boeke hiersonder nie.

    In die huidige proses van verandering kom die uitgewer alkante onder skoot. Met soms oŽnskynlik min begrip en ondersteuning word hard gewerk en al die moontlike gedoen om die bestaan van die uitgewersgroep te regverdig, om oplossings vir oorlewing te vind.

    Joan Hambidge merk op: Aandeelhouers is besorg oor die sakebedryf; skrywers is bekommerd oor die letterkunde. Dis met reg so. En NB-Uitgewers het teenoor albei partye verpligtinge wat hy nie kan of wil ontduik nie.

    Johnita le Roux sÍ uitgewers moet met ’n groot stuk genade markgerigte besluite te neem wat sowel die aandeelhouer as die skrywer tevrede sal stel.

    George Weideman het die gesprekskrif wat onder skrywers sirkuleer, aan LitNet gestuur, waar skrywers, uitgewers en ander belangstellendes genooi word om op SÍNet op die stellings in die dokument te reageer.

    Die gesprek sal met belangstelling dopgehou word. Dit is belangrik dat elke skrywer die geleentheid moet kry om te sÍ wat hy of sy op die hart het — ook diegene wat niť toegang tot die internet het nie.
    HvZ verduidelik dat die volle uitgewerspan by NB-Uitgewers die gespreksdokument bestudeer en gesamentlik bespreek het. Dit was nie vir hulle moontlik om op elke punt in die dokument te antwoord nie. Hulle weet nie wanneer na hulle verwys word en wanneer daar dalk ander uitgewers ter sprake is nie. Om op van die punte te antwoord, sal ’n mens meer inligting moet hÍ, omdat dit oor baie spesifieke gevalle en omstandighede gaan. Vanaand se gesprek is ’n poging om so goed as moontlik antwoorde te gee, maar meer inligting is nodig as die gespreksdokument punt vir punt bespreek moet word.

    GW sÍ dat as hy meer inligting moet gee, hy eers sal moet teruggaan na die skrywers wat inligting vir hom aangestuur het.

    HvZ stel voor dat die gesprek toegelaat word om op LitNet te ontplooi. Die notule van die aand se gesprek, waarin die uitgewers so goed as moontlik antwoorde probeer gee het, is ook beskikbaar.

    NB-Uitgewers se deur staan oop. In vergaderings en gesprekke met skrywers — gesamentlik en afsonderlik — sal die onderskeie uitgewers hul bes doen om op duidelik-geformuleerde vrae en stellings duidelik-geformuleerde antwoorde te verskaf, sodat die knelpunte wat bestaan en die dinge wat krap, tot almal se bevrediging uit die weg geruim kan word.



    Voorleggings



    1. Kerneels Breytenbach: Kontrakte en beleggingsbesluite

    KB sluit aan by die gespreksdokument en spesifiek die deurlopende tema wat daarin te vind is, naamlik bekommernis oor kontrakte en die basis waarop tantiŤme bereken word. Hy sÍ daar is ’n verskil tussen ’n ooreenkoms en ’n kontrak. ’n Ooreenkoms is iets soos die afspraak wat die outeurs het om die aand saam met NB-Uitgewers deur te bring, terwyl ’n kontrak ’n ooreenkoms is met regsgeldigheid.

    Die kontrakte of ooreenkomste wat NB-Uitgewers met skrywers sluit, definieer die rol van die outeur en die uitgewer.

    Daar is twee partye in ’n kontrak:

  • die outeur, wat die skeppende werk — die rou materiaal — lewer,
    en
  • die uitgewer, wat besluit of hy ’n belegging moet maak in ’n bemarkbare werk.

    Die versweŽ deel van die kontrak is dat die outeur in samewerking en konsultasie met die uitgewer die rou materiaal sal verbeter, terwyl aanvaar word dat die tweede party — die uitgewer — die vier P’s van bemarking sal versorg, naamlik Produk, Plek, Promosie en Prys.

    KB verwys na die “die rou materiaal”: Die uitgewer laat normaalweg ’n manuskrip keur — indien nie binnenshuis nie, dan buitenshuis. Redaksionele versorging vind plaas en daar word gekyk na die bemarkbaarheid van die titel.

    Wat die bemarkingsmengsel betref (die vier P’s van bemarking), verwys KB na die volgende:

    Produk: Volgens aanvaarde (literÍre) standaarde; formaat en voorkoms; verkoopbaarheid.

    Plek: Voorraad, verspreidingskanale, verkope aan die handel.

    Promosie: Advertensies, reklame, verkoopspromosies en direkte verkope.

    Prys: Verdienste op belegging, kortings, kredietterme, terugsendings, en so meer.

    Hy noem dat mense dikwels na bemarking verwys en dan slegs advertensies, reklame en promosies in gedagte het, terwyl die begrip veel breŽr is.

    Die uitgewers se kliŽnte is die handelaars. NB-Uitgewers probeer ’n sensitiwiteit kweek jeens handelaars se omstandighede en behoeftes. Die uitgewer vra hom voortdurend af hoe hy dit vir die handelaar makliker kan maak om sy boeke te verkoop. Daarbenewens probeer hy gereeld krities kyk na die gehalte van die diens wat hy verskaf — byvoorbeeld voordat boeke gelewer word en nadat boeke gelewer is.

    KB keer terug na die kontrak en sÍ dat ’n kontrak die wyse en die basis is waarop die outeur vir sy materiaal vergoed word. Hy erken dat daar gevalle is waar geen kontrak bestaan nie, hetsy deur nalatigheid van die outeur of uitgewer, of weens die feit dat die outeur nooit die kontrak geteken het en aan die uitgewer teruggestuur het nie. In sulke gevalle lui die wet dat as geen kontrak bestaan nie, maar daar wel verkope van ’n boek was, en die outeur tantiŤme daarvoor ontvang het en dit nie bevraagteken het nie, daar wel ’n regsbindende ooreenkoms tussen die twee partye is. In gevalle waar ’n kontrak aan die outeur gegee is en hy dit nie geteken het of terugbesorg het nie, en ook geen vrae gestel het oor die tantiŤme wat aan hom betaal is nie, word aangeneem dat hy die terme van die kontrak verstaan en dit vir lief neem.

    Die beleggingsbesluit, sÍ KB, is een van die belangrikste stadiums is in die uitgeeproses. Dit is die punt waar gekyk word na die meriete van die werk, dit opgeweeg word tov bemarkbaarheid, en bereken word hoe winsgewend die boek kan wees indien dit gepubliseer sou word.

    Wat die wins betref, probeer uitgewers uit beleggingsvorms aflei wat die beste manier van vergoeding is.

    Daar is twee basisse: Volgens die een word die outeursaandeel bereken op die verkoopprys (hier is die gebruik gewoonlik 12%, hoewel dit op- of afwaarts aangepas kan word); volgens die ander metode word tantiŤme bereken op netto ontvangste (waar 15% die gebruik is).

    KB bespreek ’n middelmoot-roman as voorbeeld.


    middelmoot



    Op die beleggingsvorm kan gesien word hoe groot die oplaag is, hoe die verkope gelyk het, wat die outeursaandeel sou gewees het as die basis die verkoopprys was, en wat die outeursaandeel sou gewees het as die basis netto ontvangste was.

    Daar word op gewys dat daar in die aanvanklike berekenings gekyk word na die winsmarge onder ideale omstandighede, dws wanneer die volledige oplaag uitverkoop is (hier: 9% en 17%). Dit word vergelyk met die verliese wat gely is deur die betrokke titel en die implikasies in randwaarde (hier: -66% en -58%). Hierdeur word aangetoon dat dit vir die uitgewers finansieel die sinvolste was om tantiŤme op die basis van netto ontvangste te betaal.

    Aan die hand van verskeie ander prysberekenings — vir onder meer ’n literÍre roman, twee literÍre romans wat in groot getalle verkoop het, ’n digbundel, ’n debuut-kortverhaalbundel, ’n bundel jeugverhale, ’n jeugroman en ’n kookboek (sien hier onder) — word die aandag van die teenwoordiges gevestig op maniere waarop gedifferensieerde outeursaandeelpersentasies sowel die uitgewer as outeurs raak.

    In elke geval word aangedui wat die potensiŽle wins was, wat die werklike wins of verlies was en wat die sinvolste basis vir tantiŤmebetalings sou wees.



    gevolgtrekkings

  • In die huidige omstandighede is dit wenslik vir die uitgewer om outeursaandele te betaal slegs op inkomste wat werklik ontvang is, dws met netto ontvangste as basis.
  • Dit het nodig geword om strenger maatstawwe by publikasiebesluite aan te lÍ.
  • KB gee toe dat uitgewers in die verlede dikwels in gebreke gebly het om kontrakte spoedeisend af te handel en hy onderneem dat kontrakte in die toekoms in ’n vroeŽ stadium aan outeurs gestuur sal word.
  • Hy noem dat NB-Uitgewers voortaan glyskale sal aanbied.



    2. Hannes van Zyl



    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.