SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die wisselspel van die kuberruim

Naomi Maartens

’n Tydjie gelede het ek toe nooit die Impressionistiese uitstalling in Dublin se Nasionale Kunsgalery besoek nie. Ek het nie die nodige tien euro toegangsfooi in my beursie gehad nie. Maar ek het ’n dowwe afdruk van een van Monet se bekendste skilderye in die Event Guide op straat gesien en na my rekenaar in die Strand verlang. Die een met die Impressionistiese spikkels as screensaver.

Van die uitstalling het ek vergeet — tot ek soos ’n ware toeris op ’n Ierse trein Ulysses probeer lees het. Eers Anthony Burgess se voorwoord. Die gedeelte waarin hy die leser voorberei dat Joyce in hierdie boek poog om die omvang van die menslike kondisie in woorde daar te stel. En etlike minute later, in die boek se lyf, onthou ek weer van die uitstalling waar ek nooit was nie.

As iemand wat gebore is ’n geruime tyd na die modernisme, vind ek Ulysses moeilik om te lees. Tog vind ek dit nie buitensporig ongewoon om beskrywings van gemeenskaplike menslike belewenisse in ’n boek (of elders) aan te tref nie. Dis al byna vanselfsprekend om te skryf oor voedselinname, ekskresie, fornikasie, masturbasie, sintuiglike gewaarwordings aangaande ’n roetbesmeerde stad, opstand teen vorige bedelings, ens. Die boek prikkel my weens sy aanslag, tot my skok nie noodwendig weens die baanbrekerswerk van sy inhoud nie. Bittermin mense sou Joyce die bewussynstroomtegniek op sy unieke manier kon nadoen, maar baie probeer daagliks die werklikheid deur middel van konkrete taal orden. En analogies hiertoe val die Impressionistiese skilderye eerder vir my sag op die oog as wat die kleurkombinasies vir my uitstaan as ongewoon. Ek ht al hierdie verskillende skakerings en tinte gesamentlik in gebruik gesien. Ek ms al; ek kan nie anders nie. Ek leef immers op die rand van die postmodernistiese tyd. Alles deug.

Die idee van hierdie vertelling is nie om geforseerd die postmodernistiese veelheid van werklikhede te weerspiel nie. Ofskoon laasgenoemde uiters relevant tot die vleis van hierdie skrywe is. Ek het naamlik in my minitesis oor SNet vir Freud (nog ’n modernis!) aangehaal wat besin oor drome/skrywes as manifestasies van die mens se ongeordende gees. Die impulse van die psige wat laag op laag geberg word om onverwags te herleef.

Ene Castells gebruik karaoke (na-singery) as illustrasie van intertekstualiteit in die postmodernistiese samelewing: ’n vreemdeling sing ’n gewilde lied in ’n openbare plek, maar die toehoorders is reeds so bekend met die oorspronklike melodie, dat die vertolking daarvan deur ’n onbekende nie die oorspronklike lied se bestaan skade aandoen nie. (Dit is duidelik dat intertekstualiteit wat op hierdie wyse beskryf word, ook noue verband hou met die parodie.) Intertekstualiteit vind plaas omdat die liedjie se fopweergawe ooreenstem met die oorspronklike vertolking wat reeds in die postmodernistiese psige gentegreer is.

En Hilfer gebruik ’n minder gesaniteerde beeld: die gees van die postmodernis word inderwaarheid ’n snippermandjie.

Binne die Web, waar rekenaar met rekenaar verbind is, word die postmodernis dus as ‘t ware die “recycle bin” wat as ikon op die rekenaarskerm aangedui word. Die vullisdrom van die kollektiewe psige bevat in hierdie fase van die wreldgeskiedenis al soveel algemene kennis dat briefskrywers op ’n ruimte soos SNet begrippe en name so argeloos in hul briewe gebruik dat hulle parodieer en elke vorige impuls op die webruimte as interteks gebruik.

Soos genoem, het ek gedurende my tydperk as webmeester van die SNet-ruimte ’n miniskripsie afgehandel met die titel: LitNet se SNet as postmodernistiese, achroniese gespreksruimte: ’n ontleding van die tydperk Januarie 1999 tot Oktober 2001.

In my hoedanigheid as webmeester het ek die vraag oor die aard en wese van hierdie webwerf binne die opset van die wreldwye web gestel. Die soeklig het derhalwe geval op die rol van die webmeester en terselfdertyd op die identiteit van die virtuele deelnemers: elke briefskrywer.

Objektiwiteit en volkome kliniese afstand was byna onmoontlik. Daarvoor was navorser en subjek daagliks te nou verweef. Daarvoor was ambivalensie jeens die ruimte te voelbaar, emosie op die blad te sigbaar. Die navorser van die studie — ekself — was interaktief betrokke by situasies soos die wisselspel tussen skrywer en leser, die versplintering van identiteit, die vraagstuk rondom skuilname.

Die bevindinge waartoe ek in hierdie ontleding kom, is veelvoudig: dat die postmodernistiese briefskrywer geobsedeerd met taal in sy veelheid omgaan binne die taal van die rekenaarwreld, en dat die wrywing tussen oerteks en die eie waarheid op die ruimte hoogty vier. Ek identifiseer kwessies rondom die kanon op die ruimte en die Internet, opstand as ’n rel by die SNet-briefskrywer, en deurlopende metakommentaar. Ek sien die intertekstuele verband tussen die plek van die webruimte binne die Web, die rolspelers betrokke by die ruimte en die aard en wese van gesprekvoering. Die navorsing bevestig dat SNet as interaktiewe Internetruimte unieke eienskappe vertoon. En dat die wisselspel tussen kommentaar op die groter geheel en kommentaar op die self binne ’n postmodernistiese konteks lank nie afgehandel is nie.

Die virtuele werklikheid van ’n kreatiewe plek soos SNet het my verder persoonlik gefassineer. Voeg by hierdie anonieme ruimte die begeerte van ’n mens om haarself kunstig in woorde uit te druk — en ’n soort waansin ontstaan.

Dan is daar die biologie van woorde, wat elkeen plotseling en onkant betrap. Eers kom hulle toevallig van ’n vroulike of manlike persoon; skielik kry hul lyf. Genderpolitiek betree die arena, sonder dat iemand daarna vra. En mense het ’n hunkering daarna om mekaar te leer ken — di eienaars van die strottehoof en glottis en keel en lippe waaruit die woorde sou kom wat nou op die skerm voor hulle staan. Die grande histoire maak nie meer soveel saak nie; dis die petite histoire waarom alles wentel. Ds die sjarme van die gereelde besoeker aan die ruimte: die besoeker weet wat hy te wagte gaan wees wanneer hy op die betrokkene se (skuil-) naam kliek.

En nou laat die briefskrywer haar woorde slap soos wilgers in die poele van ’n wildvreemdeling se primordiale dieptes hang. Dit word so werklik soos die virtuele werklikheid wat elkeen se brein daagliks skep, interpreteer en op die doek van die lewe gooi: kyk, hierdie ronde voorwerp is ’n bal op die sand; voel, ek skop dit na die seuntjie terug; hoor hoe hy lag; kyk, daardie verbyganger se borshare loop soos ’n rifrughond s’n tussen sy ribbes af; ens ad infinitum ...

Die ruimte word so werklik en so onwerklik soos die woorde op die skerm. Dis dreinerend, dis uitmergelend. Dit noop die briefskrywer om telkens te onttrek, soos haar eie woorde haarself binnenooi en met die eb en vloed op die strand uitspoeg. Tot sy weer terugkeer. Want, om Van Gogh te parafraseer: “Of dit nou hoog- of laaggety is, die see bly die see.”

En dt is, myns insiens, dalk eerder die grootste weersin en afkeer wat teenoor ’n ruimte soos SNet opgebou kan word, ook vir die bewoner van hierdie omgewing. Buite die ruimte heers die snobistiese debat: “Wat is kuns? Wat is ’n intellektuele debat?” Binne die mure van hierdie kamer wat nie bestaan nie, is daar soms net die groot onbevrediging. Dit lyk soos ware publisiteit; dit is dit nie. Dit lyk soos mense van vlees en bloed; hulle is elkeen van swart kolletjies aanmekaargesit.

En hierdie oorvereenvoudigde opsomming voer ek my antieke laptop op Sondag, 16 Junie 2002. ’n Dag van feesviering in Suid-Afrika sowel as in Ierland. In die suide van Afrika ’n vakansiedag wat oorspoel na die Maandag. In Ierland geen formele staking van koop en verkoop nie, maar tog ’n (literr) besonderse dag. Dis naamlik Bloomsday: die herdenking van Harold Bloom van Ulysses se denkbeeldige bedrywighede in die stad Dublin op hierdie datum. (Dit was egter terselfdertyd ’n dag waarop die mees geharde [buitelandse] rooikop in ’n oomblik van kollektiewe opsweping oorweeg om ’n groen haardos aan te neem, ter betuiging van meegevoel vir hierdie eiland wat ’n sokkerwedstryd teen Spanje verloor het.)

En ek besef opnuut: Joyce skryf oor die Dublin van sy kop, hy skep ’n eie werklikheid. Hoe anders word verklaar dat hy gedurende die twaalf jaar wat hy nie meer hier gewoon het nie, oor geen ander stad kon skryf as juis hierdie plek nie?

Ierland huisves inderdaad die stereotipes: dronke Paddy, rooikop Sinead wat nie meer vandag nodig het om op die lande aartappels uit te trek nie, maar as substituut in tacky kantoorblokke haar daaglikse brood verdien. Ierland is terselfdertyd die plek waar sakemanne met grys skoene woon wat jaarliks in verskillende stede van die wreld vergader en in elkeen van daardie omgewings geld spandeer op die betrokke land se boonste laag room: wyne, skilderye, musiek, voorlesings, voordragte, edelgesteentes. Hierdie mense bring ander kontinente se tasbare en immaterile goed saam met hulle huis toe.

Dublin is ’n stad waar niks swart en wit is nie: daar woon musikante wat met penregop re in die orkes sit. Hul ken die note van hul bladmusiek uit hul kop, maar hulle sal nooit in hulle lewe musiek maak nie. Daar woon ook prokureurs wat in rankerige geboue tussen twee kroe werk. Regsgeleerdes wat so passievol oor die reg raak dat die toehoorder voel om gedigte by kerslig (dis goedkoper) te skryf oor eiendomsoordragtransaksies.

Noord van Dublin woon James Maguire met sy melkery. Die are op sy koeie se uiers laat my gril. Maar dalk is dit James se koei wat die melk voorsien het — die “Sandycove milk” — in Harold Bloom se ontbyt op 16 Junie. En dis die land waaruit Enya haar inspirasie put, waar ’n mens per ongeluk oor murasies van kloosters struikel in die nag. Dis hier waar Bono geld verdien (as hy nie, amper asof Amerikaans, aan Afrika aalmoese gaan uitdeel nie). Dis die land van Sinead O’Connor en haar broer, die skrywer, Joseph O’Connor. Dis hier waar mense soos Anne Enright surrealisties skryf, waar iemand met die naam Mighrad Medbh die woord erotika nuwe betekenis gee, waar Mary Robinson vroeg in die 90’s ’n wending vir die vrou in die Ierse samelewing beloof het, waar Yeats liries kon raak oor Sligo, en die geboorteplek van Oscar Wilde, Jonathan Swift, John Banville, Dermot Bolger, Roddy Doyle, Seamus Heaney, Colm Tibn en George Bernard Shaw. Dis ook die land van Westlife. Trouens, om een of ander rede ontspring boy bands geredelik op Ierse bodem.

In Ierland is daar laat saans studente van Zimbabwe in die biblioteek. Seuntjies wat sokker speel in die binnehof van ’n afgetakelde woonstelblok. Die village idiot wat met almal gesels terwyl hulle vir die bus wag. Kranse wat in die dieptes aftuimel, en mense wat op hulle mage l om daarna te kyk. ’n Magpie op die vensterbank en langs die treinspoor. ’n Vuurtoring in die middel van die see. Paartjies wat hande vashou in die straat.

En hier raak ek nostalgies oor my eie land — en heropen ek opnuut die tema van die kuberruim.

Die nostalgie vorm deel van ’n onwerklike realiteit — ’n virtuele realiteit — omdat dit die mens laat staatmaak op die geheue van dit wat nie noodwendig was nie. Om nostalgies te wees het ’n verheerliking van die verlede tot gevolg — soveel so, dat die valse geheue die mens wysmaak dat dinge plaasgevind het wat inderwaarheid nooit bestaan het nie.

My Kaapstad lyk nie soos die een in ’n huidige musiekvideo van Ian van Dahl op MTV nie. Vir my was die Rhodes-monument op eerste besoek ’n tempel. Die magtige leeus aan die voet daarvan beelde wat hoort in Ayn Rand se Fountainhead. Die sangeres in Van Dahl se video ry hier met ’n sonbril op haar kop verby Kirstenbosch ... (okay, ek sal nie omgee om haar lyf te h nie); sy sing met Kaapstad onder op die grond vanaf Tafelberg (maar nie haar tan nie, dis fake); sy gee ’n paar tre in die Bo-Kaap (maar net vinnig, want dis mos gevaarlik). Dis ’n stad met name soos Buitengracht, Seepunt, Muizenberg, Kayelitsha, Langa. En dis my stad, soos Stef Bos sing. Ek het nog nooit binne-in die hart van Kaapstad gebly nie. Hier in Ierland gebruik ek egter ongetwyfeld ’n besitlike voornaamwoord wanneer ek daarna verwys.

My Suid-Afrika is die plek van Afrikaanse sangers soos Amanda Strydom, Valiant Swart, Paul Riekert, Anton Goosen, Laurinda Hofmeyr, Steve Hofmeyr, Johannes Kerkorrel, Karen Zoid. Dis die plek waar niemand opera sing soos Sibongile Khumalo nie. Dis die land van Etienne Leroux, van JM Coetzee, van Andr Brink. Dis die land van Vlam, dis die land van Elias Nel. Dis die land van Jana Cilliers en Sandra Prinsloo. Dis die land van die Sterrewagteater. Dis die land van Gert Vlok Nel, van Koos Kombuis. Dis die geboorteplek van Ingrid Jonker, van Antjie Krog, van Joan Hambidge, van Eben Venter, van Dirk Opperman, van NP van Wyk Louw.

Dis die plek waar iemand ’n goeie vyftien jaar gelede eendag in ’n tweedehandse boekwinkel ’n bundel kortverhale staan en deurblaai, en gretig vasval in die vertelling van ’n fotograaf wat op die platteland aandoen. Jare later handel genoemde leser ’n minitesis oor ’n meningsruimte op die Internet by die skrywer van die kortverhaal — sowel as die skepper van die Internetwerf — af.

My Afrika is ’n wreld van motors: blink, nuut en Duits (met kragstuur en lugverkoeling), tweedehandse studentemotors, taxi’s met baie passasiers, omgeboude karre met getinte ruite en harde musiek. Die see daar is koud met wilde branders. Die see daar is wild met le duine. Daar is springbokkies wat oor die vlaktes huppel. Daar is kakkerlakke in die wasbak. Daar is rekenaars wat met ander rekenaars gesels. En groot, plastiese winkelsentrums in die middel van nrens.

My eie fragmentariese impulse omtrent twee lande op aarde. En dit terwyl leser en (brief-) skrywer op SNet — ruimte gebou deur dekonstruksie — byna elke dag vir langer as drie jaar aan veelvoudige weergawes van die menslike belewenis timmer. Irrelevant of dit kuns is, of dit waarde het, of dit Suid-Afrikaans bly.

Joyce skryf sewe jaar lank aan sy groot meesterstuk. Hy skryf oor ’n stad waar hy nie meer woon nie. Hy gun homself tyd en hy verkry onafwendbaar afstand. Hy wend taal op alle vlakke aan.

Die ruimte waar elke mens daagliks voortskryf aan ’n betrokke hoofstuk in die eie lewe, is die plek waar skrywer en leser voortdurend rolle ruil: tasbaar, sowel as virtueel. Die twee wesens wat gespleet-persoonlik binne elkeen leef, se vingers is inmekaar gevleg. Albei partye — die een wat lf en die een wat waarneem — interpreteer net soveel soos wat hulle asemhaal en skep.

Ek sien hierdie wisselspel steeds op SNet, vier maande vandat ek die vertrek slegs van buite beskou.

LitNet se SNet skryf ’n eiesoortige Ulysses.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.