SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Merk gemaak onder ons bestes

Ampie Coetzee

Rachelle Greeff
Merke van die Nag

Die rugkant van die bruid (1990) en Onwaarskynlike engele (1993) is Rachelle Greeff se vorige twee kortverhaalbundels waarin sy duidelik toon dat sy die kortverhaal as kunsvorm vakkundig beheer. Haar onlangse bundel Merke van die nag (Tafelberg, R69,95) bevestig nie net diť reputasie nie, maar plaas haar langs ons bestes: Hennie Aucamp, Abraham H de Vries, Koos Prinsloo.

Die sleutel-woord van diť bundel van vyftien verhale is merke. Dit begin by die omslag-skildery (van Michael Pettit): ’n gesig met krapmerke op, op ’n swart agtergrond (nagmerke) — en in elke verhaal is daar verskillende soorte merke.

Ons sou hier kon praat van merke as ’n verspreiding van uitings wat ’n diskoers skep van verwonding, gekneusdheid, letsels.

Mens sou sistematies die merke in elke verhaal kon aandui, en uiteindelik klassifiseer as

  • diť wat te doen het met die fisieke/liggaamlike, soos byvoorbeeld ’n virus, ouderdomsproete, griep, bosluisbytkoors, verkragting, ouderdom, letsels aan ’n gesig

  • diť wat te doen het met ’n gemoedstoestand of die milieu: verdriet, begeerte, onttrekking, mal-wees, afwesigheid, stilte, verlies, diefstal, indringers, rowers, mis, tekens van die nuwe millenium

  • diť wat te doen het met kuns, skryf, musiek — en veral woorde: woorde as tekens.

    Op hierdie wyse is die bundel ’n eenheid, wat in die eerste plek vertel van die letsels van die mens: in vriendskapsverhoudings, huweliksverhoudings, ouer-kind-verhoudings; in verlies, passie, verlange, onbevredigde liefde; in Suid-Afrika, waar jy beroof word, indringers jou huis binnedring (in die verhaal “Hoe vlug mens ongemerk?” — on-gemerk, onaangeraak deur wat om jou en met jou gebeur).

    Maar dit verloop nie alles so lineÍr nie (die wins van die kortverhaal as kunsvorm: dit hoef nie teleologies te vertel nie).

    Merke word geproblematiseer, en mens sou selfs kon praat van die dialektiek van die merk, want nie alles is “van die nag” of negatief nie:

  • Die melaatses maak Hester se kinders nie bang nie — dis die wÍreld waarin hulle gebore is en waarin hulle veilig voel (Robben-eiland in die laat 19de eeu — die verhaal “Mis”).

  • Maria Dos Ramos maak haar pas-gestorwe man se oŽ toe en “(t)ydsaam en stil groet sy hom. Haar man, haar minnaar, haar maat ... Sy vertoef by elke moesie en sproet” van sy liggaam; en sy koester die klein versteende fetus wat na jare uit haar kom — en dit word gedoop (“SÍ vir hom dis nooit te laat nie”).

  • Die verteller, in haar huis vol kakkerlakke, onthou “’n verblinde ontmoeting met ’n man van ’n ver, ander streek ...” En sy romantiseer die liefde, dan kan sy en die kakkerlakke hulle “verslaaf ... aan die nag se talmsoet taal” (“Soetdoring”).

    Dis maar enkele voorbeelde.

    Vertelwyses wissel vanaf die byna konversionele intrige-verhaal (“Swart swaan”) en die lang kortverhaal wat eintlik ’n novelle wil word (“Mis”), tot die kort-kort, direkte vertelling van ’n insident (“Man van weinig woorde”), met groot drama gesuggereer in die slotwending (“Swartland”). Of met ’n slotwending wat jou asem wegslaan, soos die verhaal van Francis wat haar eerste seuntjie kort na geboorte verloor het, en eers jare daarna die graffie kon opspoor: “En nou, getroos, kan sy hom roep by sy naam soos bedien en beseŽl deur sy pa: Asempie” (“Asem”).

    En die kriptiese wending — so eie aan die poŽties-suggererende tegniek van die kortverhaal — bly ook nie uit nie (byvoorbeeld “Wesenlike werklikheid”).

    Binne die diskoers van die verwonding word daar op vele wyses vertel — die waarmerk van die goeie verteller.

    ’n Besonder opvallende, ironiserende verteltegniek is die verhaal van Maria dos Ramos. Dit begin met die inligting “Maria dos Ramos lewe saam met die afwesigheid soos met ’n liggaamsgebrek”, en dan volg ’n negatiewe narratief, rondom ’n vakuum as ‘t ware: nie ... geen ... geen — om te eindig met die seŽning vir ’n versteende fetus. Niks.

    Van vertel gepraat. Die postmoderne skrywer bedink gedurig die skeppingsproses en die verhouding van die letterkunde en die kuns tot die werklikheid. Rachelle Greeff slaag daarin om op ’n vernuftige wyse situasies binne verhale te transformeer tot indirekte of direkte bespiegeling oor die aard van representasie.

    In “Merke van begeerte” gaan dit oor die verhouding tussen die verteller en haar man: “ ... die een met wie sy woon tussen begeerte en nood”. Sy wens sy kan skryf soos die digter wie se bundel sy lees: oor begeerte, soos die begeerte na die liggaamlike in haar opstoot wanneer haar man slaap. Dan skryf sy eerder aan haar minnaar, op haar woordverwerker, waarvan naam en nommer noukeurig gegee word: die apparaat wat woorde reproduseer en deur die kuberruim stuur. Sy het nog nie gereageer op die selfportrette wat hy — as kunstenaar — aan haar gestuur het nie: portrette met letsels aan die gesig, dus onvolmaak. Sy begin skryf in die woorde van die digter (mooi woorde: “You are that mystery / which is this lust in me”, en ook woorde van letsels). Nie haar eie woorde nie — dus onvoldoende. Op haar rekenaar (en hier eindig die verhaal) “beken sy en haar kuberminnaar mekaar in die bedrieglike ruimtes tussen die halfmane, stippels en merke wat woorde maak” — dus onbevredigd, en in woorde wat slegs stippels en merke is.

    ’n Botaniese illustreerder vind ’n indringer in haar huis — skadeloos, maar tog het sy haar doodgeskrik. Nadat hy weg is (hulle kan geen saak teen hom maak nie: hy het niks gevat nie; nie ingebreek nie; kon net sowel nie daar gewees het nie), kyk sy na die skildery van die gladiolus waarmee sy besig was. Op die heldergroen stam sit ’n geel spinnekop wat sy nie op geverf het nie. Of het sy vergeet, of het dit iets met die indringer te doen? ’n Merk op haar tekening — duidelik later geverf en nog nie heeltemal droog nie. Toe beweeg dit — dus ’n werklike spinnekop. Die merk — die indringer — is die werklikheid, die skildery is die representasie. En die ander indringer is ook die werklikheid, ’n politieke werklikheid: wat die illustreerder doen, is om die werklikheid mooi na te maak. Die kuns, en die werklikheid.

    Hierdie verhale waarin werklikheid en herskepping van werklikheid vertel word, is voorafspieŽlings vir die laaste, postmoderne, verhaal, “Wat bly, is die musiek”. Hier gaan dit oor twee liefdesverhale, twee liefdesverhoudings wat hervertel word. Maar van die begin af sÍ die skrywer, die hoofkarakter, die eerstepersoonverteller — ’n selfbewuste verteller van ’n self-bevraagtekenende verhaal — dat sy gelieg het; en dis waarom die twee stories, twee “weergawes”, nie gewerk het nie. Maar fiksie is natuurlik ook nie die waarheid nie. Nou, op reis, oordink sy die feite en die verbeelding wat aanleiding gegee het tot die verhaal. Nou ontstaan verskeie verhale, almal met musiek as motief; en die verhale wat herskryf word, is verwikkeld en onvoltooid, en sonder sluiting. Representasie is weer ’n obsessie: her-representasie van verhale van die verlede, en musiekinstrumente wat representasies van die menseliggaam is. Maar dit blyk dat die enigste konstante musiek is — veral tjello-musiek. Daar word aangehaal uit ’n biografie van Schumann, oor sy Cello Concerto (genoem “the voluptuousness of despair” — weer ’n gemerktheid). Die musiek kan nie gereproduseer word nie, net woorde daaroor. Musiek is soos die werklikheid: nie weerspieŽlbaar nie. Dis al wat bly, maar ons kan dit nie in ’n teks ervaar nie. Want ’n teks, woorde, skryf, is slegs teken.

    Dit is uiteindelik die eerlikheid van die poŽsie: dat dit die tekenwaarde van die woord erken as slegs teken,wat in die teken-wees daarvan waarde moet kry. Rachelle Greeff is bewus daarvan; daarom is hierdie kortverhaalbundel van haar so vol poŽtiese stelwyses. Mens kan ’n bloemlesing daarvan opstel. Hier is enkeles.

  • Met die dubbelsinnige woord: ’n vrou haal ’n mansbroek van ’n rak af, “druk haar gesig teen die gulp wat niks meer is nie as metaal en lap en naaisel”.

  • Die meerduidige van die beeld: “Die storie het soos ’n lugspieŽling deur die dor landskap beweeg.” Of Mario se sterwe: “Dis dan soos dit is: eenvoudig, asof Mario by die agterdeur van sy eie oŽ uitgeglip het.”

  • Die narratiewe metafoor: “Christine en haar pa, man van weinig woorde wat verse timmer op sy Remington, loop apart oor ’n afgeskilde landskap van waternood en wolke wat insuur teen die kim tot niks.”

  • Dan talle beskrywende passasies, nie direk werklikheidweerspieŽlend nie: ůf komies, ůf poŽties, ůf ironiserend.

  • En doodgewoon lofsingende “mooiskryf”, veral wanneer dit by die sensuele kom: “Saam met hom word my asem ’n eie orgaan. My tong en lippe draai by elke variant van soen, knabbel liefkosend eers op en dan af, tot by die bossie wat anders ruik. Sy glans proe presies nes elke oog se binnehoek. Son- en soutgespoel, mollusk uit die see.”

    Hierdie verhale is noukeurig gestruktureer, presies geskryf, en die deurlopende diskoers van die mens en sy belemmerings word juis deur die aard van die kortverhaal gedurigdeur gekwalifiseer. Dis omdat hier verskillende kortverhale is, wat vanuit verskillende situasies, deur verskillende karakters, deur ’n diversiteit van narratiewe tegnieke aangebied is, dat die een droewige lewensfeit van ons bestaan oor en oor beklemtoon word. Maar ook met ’n sin vir die ironiese: dat die woord ook merke het — en slegs teken kan wees.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.