SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die kunste of die politiek: wie doen die meeste om iets nuuts in Afrikaans aan te vang?

Max du Preez

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002

Die waardevolste ding wat ek as ’n baie lui student op universiteit geleer het, is dat as jy nie ’n vraag kan beantwoord nie, jou beste weg uit is om fout te soek met die vraag.

Ek moes eers verstaan wat die uitdrukking “iets nuuts in Afrikaans” in die formele titel van hierdie debat beteken voor ek verder daaroor kon nadink. “Iets” is eenvoudig die teenoorgestelde van “niks”, so ek neem aan dit suggereer ’n wesenlike handeling of proses. “Iets nuuts” is die teenoorgestelde van “iets ouds” of “iets bestaande”, so dit lyk my ons bedoel sů ’n wesenlike handeling of proses moet Šnders wees as wat dit wat was of is. So, selfs al pleeg die kunste of die politiek ’n bewysbare wesenlike handeling, as dit iets is wat al klaar gedoen is, dan tel dit nie in hierdie debat nie. Daar is ’n skeptiese stemmetjie in my wat sÍ dit beteken ek kan nou maar gaan sit, daar is niks meer te sÍ nie.

Dis effens moeiliker om te bepaal wat die woorde “in Afrikaans” wil hÍ ons oor moet praat. Dit klink vir my of dit onsinnig sou wees om byvoorbeeld in Amerika of Brittanje die vraag te vra: “Die kunste of die politiek, wie doen die meeste om iets in Engels aan te vang?” Die vraag verwys dus hier nie suiwer en alleen na die taal Afrikaans nie. Want dan sou ek sÍ die laaste politikus wat “iets nuuts” in die Afrikaanse taal aangevang het, was Hendrik Verwoerd, toe hy die woord “apartheid” die enigste herkenbare Afrikaanse woord in die internasionale gemeenskap gemaak het.

Hoe vanselfsprekend dit ook al is, ek dink ons behoort in ’n gesprek soos diť deurentyd te onthou dat ons ’n duidelike verskil moet maak tussen Afrikaans as ’n taal en die politieke en kulturele lewenservaring van diť mense wie se moedertaal dit is. Daar is Afrikaans die kommunikasiemedium wat deur ’n paar miljoen bruin en wit Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en NamibiŽ gepraat word, en dan is daar Afrikaans die simbool van “volkwees”, die simbool van die politieke vrese en drome van ’n etniese groep wat vir 40 jaar die land met gedwonge rasseskeiding geregeer het.

Taal is in sigself nie politiek nie. Dit is wel waar dat die regering van die dag politiek daarvan kan maak deur die status daarvan aan te tas. Politici kan politiek van taal maak deur dit as ’n strydpunt vir politieke mobilisasie te gebruik. Mense kan ook politieke houdings toeskryf aan groepe met ’n spesifieke moedertaal. Maar in sy wese is taal ’n kommunikasiemedium en wat daarmee saamgaan.

Politici wat Afrikaans praat, is nie noodwendig Afrikaner-politici nie. Daar is heelwat prominente politici met Afrikaans as huistaal wat in die verlede as “kleurling” geklassifiseer was en aanstoot neem as iemand hulle Afrikaners noem. In NamibiŽ is daar ’n etniese groep wat hulself Basters noem en Afrikaans as hul eie taal toe-eien. Die dominante taal onder die Khoi-afstammelinge in Suid-Afrika en NamibiŽ, veral die Nama en die Griekwa, is ook Afrikaans nadat hul eie taal tot ’n groot mate in onbruik geraak het.

Die term “Afrikaner” behoort ook nie sommer so as ’n politieke begrip beskou te word nie. Bram Fischer, Beyers Naude en ander soortgelyke figure uit die struggle was Afrikaners met wit velle, maar nie politieke Afrikaners nie. Ek sien myself as ’n Afrikaner met ’n passie vir my moedertaal, maar nie op enige oomblik in my volwasse lewe het ek myself as ’n politieke Afrikaner gesien of my met die hoofstroom van Afrikaner politieke denke vereenselwig nie. ’n Mens hoef nie deel van die sogenaamde Afrikanervolk te wees om ’n Afrikaner te wees nie. Afrikaner impliseer myns insiens nie ’n politieke dier van ’n sekere spesie nie, eerder bloot lidmaatskap van ’n etniese en miskien selfs kulturele groep met ’n partikuliere historiese erfenis. Dieselfde is waar van begrippe soos Zoeloe of Jood of Skot.

Maar diť skeiding wat ek bepleit, is ongelukkig nie altyd so klinkklaar in die praktyk nie en daar is soms nogal heelwat grys tussenin. Dit is deels so weens nie-Afrikaners se partykeer erg skewe projeksies oor Afrikaans en Afrikaners. Ek self het nog nooit juis as ’n landsburger baie wit en manlik en Afrikaans gevoel nie, maar die politieke kultuur van die huidige regime van Thabo Mbeki dwing my daagliks in daardie boksie in.

Maar die grys gebied bestaan ook weens Afrikaanstaliges se eie verwarring, doelbewus asook onbewustelik, tussen die verskillende begrippe. Die somtyds oordrewe selfgelding (Engels “over-assertiveness”) van dele van die huidige swart elite laat witmense onveilig en ontuis voel, en hul eerste reaksie is om na ’n simbool te gryp en daaraan vas te hou. Vir Afrikaanssprekendes is daardie simbool meestal die Afrikaanse taal. Veral middeljarige wit mans wat geŽmaskuleer voel weens die verlies van mag, status en bevoorregting in die post-94-bedeling, gryp terug na volk en taal uit nostalgie vir wit dominansie. Dit is verstaanbaar dat dit kan gebeur, maar ons moet dit altyd raaksien vir wat dit is.

Om terug te kom by die vraag van vanoggend se debat: Die kunste of die politiek: wie doen die meeste om iets nuuts in Afrikaans aan te vang? As Afrikaans hier suiwer as taal bedoel word, kan daar nie veel van ’n debat wees nie, want die politiek bemoei hom met mag, met regering en opposisie, met regte en met jurisdiksies — nie met taalkunde nie. So ek sal vir die doeleindes van die debat my noodgedwonge in die grys gebied moet waag en die “Afrikaans” in die vraag sien as nie net taal nie, maar ook die vergestalting van die kulturele en politieke dinamika van diegene wat hulself as Afrikaanspraters sien.

Kom ons kyk dan na die twee mededingers in vanoggend se debat: die kunste en die politiek.

Filosowe soos Schelling het die mens beskryf as verspiritualiseerde materie, met die natuur of die kosmos dan latente spiritualiteit. Die doel van alle progressiewe ontwikkeling in die kosmos, het Schelling en ander gesÍ, is die bereiking van self-kennis (“self-awareness”). Dit word meestal bereik in die hoogste aktiwiteite van die spesie homo sapiens. Die deel van die menslike lewe waar die hoogste vlakke van self-kennis bereik word, insluitende ’n volledige begrip van die essensiŽle een-wees van homo sapiens met alles om ons, is die kunste. Die filosoof Arthur Schopenhauer het verklaar dit is die spesifieke funksie van die kunste om diepsinnige en unieke insigte oor te dra wat ontoeganklik is deur konsepsuele kommunikasie.

Hoe kragtiger ’n ervaring is, hoe dieper ’n emosie is, hoe meer voel ons die noodsaak om ’n metafoor te gebruik om dit bevredigend uit te druk. Metafoor gaan veel dieper as letterlike spraak. Dit is hoekom die poŽsie dieptes kan bereik wat ontoeganklik is vir prosa. Die meeste groot filosowe het mites geskep, of dan poŽtiese metafore, wat oor die eeue bly staan het. Dink maar aan Plato se mites oor die Skepping, Heraklitus en die rivier waar jy nooit jou voete in dieselfde water kan sit nie, aan Pythagoras en ander.

Kuns is metafoor. Dit is waarom dit die kragtigste instrument is vir vernuwing, vir oorspronklikheid, vir nuwe en kritiese denke, vir meer fundamentele begrip van alle soorte waarhede is — selfs die Uiteindelike Waarheid, as daar so iets is.

Dit wil dus voorkom asof die kunste weens die aard daarvan ’n voorsprong het bo ander menslike aktiwiteite, soos die politiek of die georganiseerde godsdiens, om iets oorspronkliks en innoverend in enige gemeenskap, ook die Afrikaanse gemeenskap, te ontlok.

Maar nou is dit ongelukkig so dat die sosiale omgewing waarin Afrikaans en die Afrikaanstalige gemeenskappe staan, sterk beÔnvloed word deur die staatkunde of dan die politiek. Die politici maak die wette wat vir ons voorskryf hoe ons moet optree. Die politici kan vir ons regte en vryhede gee of ons van ons regte en vryhede ontneem. Dit was die politiek wat die stand van Afrikaans en die posisie van Afrikaanssprekers in die breŽr gemeenskap ingrypend verander het nŠ 1948 en weer nŠ 1994. ’n Ewe interessante variasie van ons debatsvraag sou wees: het die kunste ’n groter invloed op die politiek as wat die politiek het op die kunste?

Die politiek het natuurlik ook ander voordele bo die kunste: dit is populisties en onsubtiel, en in ’n gepolitiseerde gemeenskap soos ons s’n oorheers dit die media.

Maar in die politiek van die 21ste eeu is daar ook diepgaande gebreke. Die belangrikste foutlyn van die hedendaagse politiek is dat dit ’n vulgÍre aktwiteit van gewoonlik kriminele persoonlikheidstipes geword het wat bloot ingestel is op materiŽle selfverryking en persoonlike mag en status. Hedendaagse politici, hier en elders, is parasiete op hulle slegste, aasdiere op hulle beste. En dan praat ek van politici in lande met sogenaamd demokratiese bedelings soos onsself, Noord-Amerika en Europa, ek praat nie eens van eenpartystate en diktature nie.

Op papier is ons regeringstelsel hier in Suid-Afrika ’n uitstekende voorbeeld van ’n liberale demokrasie: ons het ’n pragtige grondwet met ’n voorbeeldige handves van menseregte, ons het vryheid van spraak en ’n onafhanklike regstelsel. Maar in die praktyk is byna elke faset van ons politieke lewe so deurspek met ’n rasbeheptheid dat ons dit eerder ’n rassokrasie moet noem. Dit is deels die gevolg van ons rasbehepte verlede onder kolonialisme en apartheid, maar veral op die oomblik die resultaat van ’n naakte, brutale rassepolitiek wat deur die ANC-regering onder president Thabo Mbeki gevoer word. Soveel belangrike besluite, soos die houdings jeens die gebeure in Zimbabwe en jeens die Vigsepidemie, word geneem met ’n oorheersende rasse-oorweging. Daar is kwalik nie meer ’n oorweging van wat goed of kwaad, wat reg of verkeerd of wat in of teen die belange van Suid-Afrika is nie. ’n Oorweldigende sin van rasse-insekuriteit en dus oordrewe selfgelding lÍ vlak onder die oppervlak van te veel beleidsbesluite en regeringshandelinge. As jy ’n swart politikus wil diskrediteer, soos wat Thabo Mbeki nou blykbaar met Nelson Mandela wil doen, dan sÍ jy nie hy is dom of skelm nie, jy sÍ: hy hou te veel van witmense.

Maar net voor ons in genoegdoening agteroor sit en sÍ aha, daar is die probleem, moet ons ook daarvan kennis neem dat dit weer ’n gereelde beskuldiging geword het wat uit Afrikanerkant geslinger word na mede-Afrikaners wat nie saam op die taalossewa wil spring, die minderheidsregte-perd wil ry of die oranje, blanje blou vlag wil hys nie: hy hou te veel van die swartes; hy kruip gat by die ANC.

Kom ons wees eerlik: ’n groot aantal van die nuwe Afrikaanse taalaktiviste en advokate vir minderheidsregte is net so behep met ras en is eweveel lyers aan rasse-insekuriteit as Mbeki en sy geesgenote. Gaan lees gerus die debatte en briefwisseling op webwerwe soos diť van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep. Gegewe ons geskiedenis is dit effens moeiliker om vir hulle simpatie te hÍ as vir swart rasbeheptes.

Dis deur hierdie dubbele rassemoeras wat ons moet navigeer as ons iets wil doen aan die heil van Afrikaans en hulle wat dit praat. Dalk is dit wat die formuleerders van vandag se debatsvraag eintlik wou weet: Op wie moet ons ons hoop sit om Afrikaans en Afrikaners na ’n veiliger hawe te navigeer, die politici of die kunstenaars?

Die oorheersing van ras in ons politiek het diepgaande implikasies vir die opposisiepolitiek. Selfs al was Tony Leon die wysste, mees charismatiese leier en sy party se beleid klinkklaar in die beste belang van die land se meerderheid, sal hy in die huidige omstandighede nooit ’n ernstige duik in ’n verkiesing maak nie — bloot omdat hy wit is en sy party ’n wit geskiedenis het. Ons politieke partye gaan vir die afsienbare toekoms rigied op ’n rassebasis opereer. Enigiemand wat ’n beter bedeling vir Afrikaans en Afrikaanses wil beding, sal hiermee rekening moet hou.

Die een opsie vir wit en Afrikaanssprekende politici is om in te koop in die rassedoktrine en self net te probeer om wit en bruin te verteenwoordig en vir hul belange te baklei. Dit is min of meer die pad wat sedert 1994 geloop is. Dit perpetueer bloot die doktrine en beteken dat hul groeipotensiaal beperk is, want waarom sal ’n swart kieser hom of haar by ’n party skaar wat wit en bruin belange vooropstel?

Oudredakteur en deesdae politieke kommentator Ken Owen het die ander dag voorgestel dat partye soos die Demokratiese Alliansie en die Nuwe Nasionale Party swart leiers moet vind om hulle uit hierdie dilemma te neem. Dit is seker ’n opsie, maar dit klink vir my erger as rassekwotas in sport. Dit is oneerlik, en sal so deur die kiesers gesien word, as ons token swart leiers aanstel met ’n wit leier agter hulle wat die toutjies trek. En totdat ’n wesenlike deel van die swart elite hulle by die DA of NNP skaar, kan daar nie ’n voedingsbron vir die natuurlike leierskap van diť partye wees nie.

Marthinus van Schalkwyk en die NNP se ooreenkoms met die ANC kan gesien word as ’n dapper stap om diť rasseverdeling te versag. Onder die presidentskap van Nelson Mandela, of selfs iemand soos Cyril Ramaphosa, sou dit waarskynlik goed gewerk het. Maar met die Mbeki-administrasie wat van die een na die ander krisis struikel, gaan enige koalisie-vennoot dit moeilik vind om sy geloofwaardigheid as ’n politieke party te behou en terselfdertyd so nou en dan iets moois van die president en die regerende party te sÍ. Mbeki en sy senior kabinetslede het waarskynlik te veel van ’n wrewel teen witmense vir die NNP om ’n sinryke vennootsrol te kan speel.

Ek is bevrees ons sal eers ’n basiese herrangskikking van politieke magte moet kry voor ons kan dink aan nierassige nasionale politiek. Cosatu en die Kommunisteparty sal eers van die ANC-hoofstroom moet wegbreek en ’n sterk opposisieparty vorm voor dit kan gebeur. Dan sal die ANC self ’n party van die middel moet word wat aktief vir die wit en bruin stem sal moet baklei. Dan sal geloofwaardige politici soos Patricia de Lille ook ’n groter hoofstroom-opposisierol kan speel.

Tot dit gebeur, glo ek, moet wit en bruin politici maar net aanhou probeer om so ver moontlik weg te kom van die openbare beeld dat hulle net vir die regte van die wit en bruin minderhede omgee.

In hierdie klimaat is dit bitter moeilik vir politici om voete te stamp en by die regering aan te dring vir ’n meer verskanste posisie van Afrikaans en Afrikaanse belange. Om die waarheid te sÍ, ek dink dit is teenproduktief. Hoe langer wit politici gesien word as dat hulle baklei vir wat die swart meerderheid as beskerming van minderheidsbelange sien, hoe langer gaan die swart vooroordeel teen witmense voortduur.

Terselfdertyd sal dit dwaas wees om agteroor te sit en toe te laat dat regeringspolitici en amptenare die grondwetlike regte van Afrikaans vertrap. Maar daarvoor het ons ’n gerespekteerde regstelsel sowel as ’n konstitusionele hof wat behoorlik werk, en daarvan moet gebruik gemaak word.

Maar ek glo daar is ’n heeltemal ander strategie wat gevolg behoort te word om die aansien van Afrikaans en Afrikaanse gemeenskappe in ons huidige gemeenskap te verhoog: ons moet met ons toegewydheid en lojaliteit teenoor ons land, ons vasteland en al ons medeburgers die wind uit die seile van ons kritici neem. Ek sien die houding al klaar by sekere plaaslike gemeenskappe en groepe soos Agri SA, wat sÍ: ons gaan help om die land te maak werk, dis die een ding wat ons weet hoe om te doen.

As Afrikaanse mense goeie, produktiewe burgers is wat hul Afrikaans-wees positief uitleef binne die res van die Suid-Afrikaanse nasie — die KKNK is ’n goeie voorbeeld — sonder om nydig, selfsugtig en oorsensitief te wees, gaan dit al moeiliker wees om ’n wrewel in hulle te hÍ.

Een opsie vir witmense en Afrikaners is om al hul ervaring en steun onder die meer gegoede deel van die bevolking te gebruik om ’n ambisieuse plan vir werkskepping, die bou van skole en sorg vir die armstes van die armes te loods. ’n Soort van Nuwe Helpmekaarfonds. Die swart meerderheid het dade nodig om hul vooroordele teen witmense ongedaan te maak, nie nog mooi woorde nie.

So wie gaan ons uit die woestyn te lei, die kunste of die politiek?

Myns insiens was dit nie die politici wat die wit en die Afrikaner-gemeenskappe losgemaak het uit die ideologiese kloue van die apartheidsbewind nie. Diť werk het met die Sestigers begin, mense soos Etienne le Roux, Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Chris Barnard, Andrť Brink. Dit is voortgesit deur ’n opeenvolging van digters, skrywers en dramaturge, mense soos Antjie Krog, Reza de Wet, Pieter-Dirk Uys. Ek dink die VoŽlvry-beweging van die laat tagtigs, mense soos Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis, Bernoldus Niemand, is geregtig op meer erkenning vir die fundamentele verandering in die koppe van Afrikaners wat 1994 moontlik gemaak het as politici soos FW de Klerk, wat graag die erkenning opeis.

Toe die menslike spesie nog jonk was, was die konings en die hoofmanne baie magtig. Maar dit was die digters, die liedmakers, die dansmakers, die maskermakers en die totemmakers wat die houdings en die standpunte en swakhede van die regeerders vir die volk interpreteer en/of geprys of belaglik gemaak het.

In ons eie land was die shamans van die Boesmans die kunstenaars wie se kuns ons vandag nog op ons rotse sien. Amptelik was die jagmeesters en die ouer manne en vroue die leiers, maar die shamans en hul kuns was die mense wat regtig bepaal het hoe die stam dink.

Die KKNK is ’n voorbeeld daarvan dat ons skrywers, sangers, dramaturge, akteurs en ander kunstenaars vandag nog ons shamans is. Die feit dat die KKNK een van die grootste kultuurfeeste ter wÍreld is, is ’n gereelde herinnering vir Afrikaanse mense wat tot swartgalligheid neig oor wit wees in Afrika, dat ons oorgenoeg ruimte het om ons kultuur en taal met groot geesdrif uit te leef. Hoe meer lewenskragtig die Afrikaanse kunste is, hoe gesonder en sterker sal die Afrikaanse gemeenskappe wees en hoe makliker sal hulle aanslae kan oorleef.

Vir die huidige lÍ ons heil myns insiens nie primÍr in die politiek nie. Die Afrikaanse gemeenskappe moet sover as moontlik hul politiek as gewone burgers beoefen eerder as om dit as lede van ’n taal- of kulturele groep te doen. As individue word ons wel deeglik deur die grondwet en die regstelsel beskerm. Witmense, bruinmense, Afrikaners moet sonder apologie aan enigiemand en sonder om ’n duim vir enigiemand terug te staan, hul volledige Suid-Afrikanerskap en Afrikaansskap opeis. Dit kan jy nie doen as jy die hele tyd slagoffer speel nie.

In die tyd sedert 1948 het die Afrikanerpolitici aan hul mense valshede verkoop en beloftes gemaak wat nie op die lange duur nagekom kon word nie. Gewone mense kan met reg diť politici verkwalik vir die posisie waarin Afrikaans en Afrikaanssprekendes nou is. Die huidige groep Afrikaanse politici dra swaar aan daardie las van diskrediet. Die nuwe gier, om minderheidsregte en taalbevoorregting te beskryf as ’n “nuwe internasionale progressiwiteit” en om jou etniese politiek en konserwatisme te verberg as ’n soort “neolinksheid”, is maar net nog een van die leuens en foefies soos wat Afrikanerpolitici nog altyd gepleeg het. Nie die swart gemeenskap of die internasionale gemeenskap koop dit nie.

As ek ’n dokter was en die Afrikaner het as pasiŽnt my raad kom vra, sou ek gesÍ het: Sing, praat, dans, dig, skryf, leef uit wat jy is met eerlikheid en sonder om ander te na te kom, en jy sal gesond bly.


Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.