SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Van Wyk Louw II

Liewe KA Kombuisie

Soos jy kan aflei, ken ek ook my klassiekers.

Man, het ek geskrik toe ek nou die dag sien dat jy jou verwerdig het om oor my persoontjie te skryf. Hoekom die eer? Jy is ’n bekende Afrikaner (of watter term verkies jy: “Afrikaanssprekende”, “Afrikaanse” of “sogenaamde Afrikaner”?) en jy ken my dan nie eers nie, afgesien van die paar reŽltjies wat ek oor ’n vorige boek van jou geskryf het. Ek wil graag daarvoor apologie aanteken. Ek het rÍrig nie geweet nie dat jy ’n aanhanger in die Lae Lande het wat jou perfek op die hoogte hou van alles wat hier oor jou geskryf word (dit kan nie baie wees nie). Dit lyk amper soos die sekuriteitspolisie uit die ou dae. Trouens, ek het ook nie kon vermoed nie dat iemand ooit my jaaroorsig van die Afrikaanse prosa in die Snoecks-jaarboek sou lees nie (daar is mos al die foto’s van kaal meisies en ander aanloklikhede).

Nou vind ek dat jy tog ’n bietjie moedswillig is: jy skryf dat ek jou boek aan flarde skeur, maar jy laat jou lesers in die onwetendheid oor die inhoud van my kwaai bespreking. Laat ek dit hier woordeliks afdruk, maar eers al die mense wat reeds so smoorkwaad vir my is, ernstig waarsku dat die lees van die volgende woorde heel moontlik hulle bloeddruk sterk kan laat styg, tot ’n aanval van hipertensie kan lei, of verborge hartkwale aan die lig kan bring. Ek haal vir myself aan:


In zijn autobiografie heeft Koos Kombuis het vooral over zichzelf: over zijn psychische problemen, zijn liederlijk leven met seks en drugs als voornaamste ingrediŽnten en zijn afkickperiode. Het boek beschrijft zijn groei naar volwassenheid. Koos Kombuis ontpopt zich uiteindelijk tot een gezapig burgermannetje, getrouwd en met kind op komst. Het is moeilijk in te denken dat deze boetvaardige “doorsneechristen”, zoals hij zichzelf typeert, ooit het Afrikaner establishment zo tegen zich in het harnas heeft weten te jagen.

Over zijn politieke geschiedenis wordt nauwelijks gerept, afgezien van enkele verwijzingen naar de Alternatiewe Afrikaans Beweging en de beruchte VoŽlvry-concerttoer van 1990. Naar de impact van zijn leefwijze, literair werk en muziek op de Afrikaner jeugd verwijst hij niet. Koos Kombuis licht zijn drijfveren, doelstellingen of idealen niet toe. De humoristische saus waarmee het geheel overgoten wordt kan het gebrek aan substantie niet vergoeden. Dat het boek desondanks een voltreffer is, wijst erop dat Koos Kombuis heel wat verstokte fans heeft. (Snoecks 2002)

Dit was tog nie sů erg nie, of hoe? Maar van ’n Engels- of Nederlandstalige uitgawe van jou biografie sou ek inderdaad voorlopig maar vergeet. As Herman Brusselmans skielik in Afrikaans vertaal sou word, sou ek ook nie baie gelukkig daaroor voel nie.

Dieselfde moedswilligheid meen ek waar te neem in jou bespreking van my teks oor Van Wyk Louw se dramas. Die probleem wat ek daarmee het, is nie dat jy dit volledig afwys nie, maar wel dat jy nie een enkele inhoudelike argument gebruik nie. Gemaklikheidshalwe skaar jy jouself aan die kant van wat jy “gerespekteerde Afrikaner-intellektuele” noem. Hulle kan mos nie verkeerd wees nie! Jou gebruik van ’n gesagsargument en veral van die woord gerespekteerde stel my baie teleur. Dit klink vir my na slaafse volgsaamheid. Is dit omdat die Afrikaner-intellektuele waarna jy verwys, ’n bepaalde status het binne die Afrikaner-gemeenskap dat hulle woord outomaties wet is? Ek het ook van hulle maar min substansiŽle reaksies gelees.

En jou vergelyking met die kritiek wat Jane Austen gekry het omdat sy net oor die Britse hoŽr middelstand geskryf het, loop volledig mank. Ek het juis wel probeer skryf oor die inhoud van die dramas en hoorspele van Van Wyk Louw, met ’n bietjie kommentaar by die gebreke van die dramatiese tekste en ’n poging tot verklaring van die leemtes daarin.

En daar is ’n paar probleme wat ek met Van Wyk Louw se dramas en hoorspele het. Net om jou geheue weer op te fris, lys ek hulle gou sodat jy nie weer my hele teks hoef te lees nie en my dalk weer verkeerd begryp:

  1. ’n Aantal van Van Wyk Louw se dramas is vanuit ’n Afrikaner-nasionalistiese inspirasie geskryf. Wat hulle tot swak dramas maak, is nie dat hulle oor Afrikaner-nasionalisme handel nie, maar dat die nasionalistiese oortuiging wat daarin aan die orde is, ’n dramatiese konflik onmoontlik maak. Deur hul eensydigheid ontbreek spankrag en raak hulle propagandisties.

  2. Van Wyk Louw gee in sy dramatiese tekste teenstrydige antwoorde op dieselfde vrae.

  3. Die nasionalistiese perspektief perk die dramatiese tekste in. Van Wyk Louw het uitsluitlik vir die Afrikaner-gemeenskap geskryf.

    Die groter Suid-Afrikaanse werklikheid is nie in sy dramatiese tekste betrek nie.

VanweŽ die swak dramatisering en die ideologiese bagasie kan ek nie sien dat Van Wyk Louw se dramas nog opvoerbaar is nie. Wie wil nog na verse luister soos: “Ö bestaan ’n volk onsterflik/ solank hy daardie bloed wil suiwer hou/ bo wins en ydel woorde en medely” (Die dieper reg, 1938) of reŽls soos: “Ö as daardie mag [dis nou die Engelse] finaal wen, dan sal elkeen in hierdie land, blank, bruin en swart die slawerny voel toesak. ”ns [dis nou die Afrikaners] is maar die dyk teen die vloedgolf” (Die pluimsaad waai ver, 1972)?

Natuurlik as mens die nasionalistiese oortuiging wat in Van Wyk Louw se dramatiese tekste uitgespreek word, nog altyd deel, dan is dit ’n ander storie. Nee, ek verkies vir Saartjie Botha enige tyd. Dit beteken natuurlik ook weer nie dat die dramatiese tekste van Van Wyk Louw oninteressant sou wees nie, maar net as hulle as produkte van ’n bepaalde tydsgees gelees word. Ek wil wel graag toegee dat Dias en Germanicus beter dramas is.

Ek hoop ek het jou nie te veel verveel met my uiteensetting nie. Jy hoef natuurlik glad nie met my saam te stem nie en ek spreek ook maar net my eie opinie uit. Dis alles in die belang van die oop gesprek. (Ek loop nou al ’n hele tyd en wonder of oop gesprek nie ’n toutologie is nie; is ’n gesprek wat nie “oop” is nie, nog ’n gesprek? En is lojale verset nie ’n contradictio in terminis nie? Kan verset wat lojaal is, nog enigsins verset wees?)

Ek het net nog twee klein vragies vir jou.

  1. Is jy ernstig as jy sÍ Van Wyk Louw se lojale verset is amper so geniaal soos Gandhi se passiewe weerstand? (Ek weet nie altyd wanneer jy ernstig is of net ’n grap maak nie.)

  2. Sou jy vir my kon sÍ hoekom almal so opgewonde raak as ene Van Wyk Louw ’n bietjie kritiek kry?

En miskien nog dit. Lees tog asseblief weer ’n slag vir Raka en laat vir my weet wat jy daarvan dink. Kry jy ook ’n nogal ongemaklike krieweling as jy daai storietjie oor die monsteragtige swart gevaar lees?

Groetnis en sukses met al jou dinge.

Luc Renders

Ns
1. Dink jy ek sal nog ooit genooi word om oor Van Wyk Louw se poŽsie of sy beskoulike werk te kom praat?

2. Ek hou nogal van party van jou songs.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.