SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Afrikaans: Kombuis, paleis, kerkhof?*

Leon Rousseau

was in 1959 medestigter van Human & Rousseau. Sy bekendste werk is Die Groot Verlange (1974), die verhaal van Eugne Marais.

Eugne Marais het 100 jaar gelede die 10 rels van Winternag geskryf en daarmee gewys dat Afrikaans die vermo het om soos Aspoestertjie uit die kombuis te kom en n prinses te word.

Daarvoor het sy Marais beloon deur om sy skouers n prinslike mantel te hang waarvan niks hom kon beroof nie.

Marais was tuis in Engels en het Nederlands goed geken. Wat het hy werklik van Afrikaans gedink? Kry ons die antwoord in die sterk vereenvoudigde Nederlands, feitlik al Afrikaans, van hierdie hoofartikel in Land & Volk in 1891?

  die vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners mense so lag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel as jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemener dan Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal die taal door sy vaders gesproke verag.

Gelaaide woorde, veral as jy onthou dat dit regstreeks van toepassing was op party van Marais se eie familie.

Miskien het hy so gedink en so bly dink. Hy was maar twintig jaar oud, te jonk om n wag voor sy mond te plaas.

Hier is nog n geskrif oor taal. Dit is meer as n week gelede aan my gegee deur n bron wat anoniem wil bly. Na bewering is dit saam met ander stukke in n possak gevind, so asof dit n onafgelewerde brief van n eeu gelede is. Op die fotostaat wat aan my gegee is, verskyn geen datum nie. Die anonieme bron se vraag was: Is die brief in Marais se skrif?

Helaas nie. Manuskripte deur Marais sowel voor as na 1902 lyk heeltemal anders.

Dat die handskrif anders lyk, beteken tog nie die brief is 'n feik nie. Dit kan n transkripsie van n werklike brief wees. As dit eg is, is dit n brief van Marais aan Gustav Preller, wat die laaste maande van die Anglo-Boere-oorlog in n Britse krygsgevangenekamp in Indi deurgebring het.

Ek haal net enkele sinne aan:

Hier by ons lyk dinge glad nie goed nie. Jy sal geskok wees om die gevolge van die oorlog op ons mense te sien  n Daadwerklike poging om ons unieke kultuur op te voed en aan die lewe te hou is nodig, veral ons taal.

Party van Marais se stellings herinner aan 2005.

Jy sal geskok wees om die gevolge van die oorlog op ons mense te sien.

Watter oorlog, in 2005? Die oorlog op Afrikaans. En net soos vroeg in die 20ste eeu is n daadwerklike poging weer vandag nodig om dit aan die lewe te hou. Van die 6 000 tale wat vandag gepraat word, sal net 600 na verwagting oor n eeu nog leef. Nege uit tien sal sterf. Afrikaans kan maklik een van die 5 400 gesneuweldes wees.

David van Reybrouck, n Vlaming wat groot waardering vir Afrikaans het, glo my nie. Hy en sy tydgenote sit veilig agter Belgi se Taalgrens, waarvoor n vorige generasie veel moes opoffer en hard moes stry. Sy taalregte is gewaarborg. Hy woon in Brussel se Brandhoutkaai. Niemand gaan die historiese Vlaamse naam van sy straat verander nie. Hy is n dosent aan die Universiteit van Leuven. Niemand gaan die naam Leuven verbied nie.

Op sy eerste besoek aan die Kaap byna vyf jaar gelede het David Afrikaans by my gehoor, en toe n ander, vreemde taal in n Langstraatse badhuis. Die vreemde taal was ook Afrikaans, maar die Kaapse vorm daarvan. Dit was Kaaps. David s as Afrikaans so vitaal is, so in die volksmond leef, is sy toekoms verseker.

Moet op prinse en die noodlot nie vertrou nie. Jiddisj was van die vitaalste tale van die 20ste eeu. Jiddisje woorde en wendinge het Amerikaanse Engels meer benvloed as enige ander taal.

Teen die millenniumwisseling was Jiddisj op sterwe na dood. In Montreal het Mark Abbey gaan gesels met Chava Rosenfarb, een van die laaste van die belangrikste Jiddisje skryfsters. Haar boeke verskyn in oplae van n duisend baie soos party Afrikaanse boeke vandag. My readers are all scattered, s sy, all over the world. I dont have many readers anymore. Its not for pleasure I write.

Dit was nie die holokos wat Jiddisj uitgeroei het nie. Ondanks die volksmoord kon dit vandag die taal van Israel gewees het. Dit is om ideologiese redes nek omgedraai. Baie simplisties gestel, Jiddisj is n ironiese taal vol subtiele selfspot. In Israel wou hulle liewer n manlike, veglustiger, meer selfversekerde taal h. Hiervoor is Hebreeus feitlik uit die dood gewek.

Ook Afrikaans word deur ideologie bedreig, al is dit ideologie van n heeltemal ander soort.

Voor 1994 het baie van ons seker gedink Afrikaans is veilig: dit staan so sterk. Naef, miskien. Min mense het die ANC se sluwe set van elf ampstale voorsien glo die breinkind van die kommunis Joe Slovo. In die praktyk het Engels daardeur die primre taal geword en Afrikaans saam met nege ander die sekondre tale.

Om redes wat seker saamhang met Winternag en die daaropvolgende Tweede Taalbeweging, kyk Afrikanis vandag met ander o na hul taal as wat n Xhosa na Xhosa kyk. Dit is al afleiding wat ek kan maak uit wat ons die afgelope 10 jaar aanskou het.

Mark Abley van flus is die skrywer van Spoken Here travels among threatened languages (2003). Hy konstateer dat Engels in n beduidende deel van die wreld as n killer language beskou word, n rooftaal. Waar is Iers vandag? Waar is die taal van Skotland? Waar is Wallies? Hulle is deur Engels vermoor. Hulle is onder die tale in Abley se boek, want die sukses van pogings om hulle te laat herleef is ver van seker.

Met ander woorde, as jy n lam soos Afrikaans saam met n wolf soos Engels in n hok sit, kos dit min vernuf om te voorspel wie opgevreet gaan word. Dieselfde geld Xhosa, Zoeloe en al die ander.

The dark soft languages are being silenced
Mothertongue Mothertongue Mothertongue
Falling one by one back in to the moon

So skryf Margaret Atwood. Dit is dus iets anders as enge eksklusiwiteit wat my noop om te s ons moet minstens twee volledig Afrikaanse universiteite h (minder as 10 persent van die totaal), en duisende volledig Afrikaanse skole. Om net een aspek van ons taalstryd te noem. Dit is ons morele en grondwetlike reg en ons moet daarop aandring.

Piet Erasmus van Kommetjie het onlangs n uitstekende brief in Die Burger gehad. Ek brei n bietjie op sy gedagtes uit deur te s: sodra n Afrikaanse fees rens gehou word, sodra Afrikaans presteer, skop n voorspelbare groepie n hengse lawaai op. Enige tema is vir hulle goed genoeg solank hulle daarmee Afrikaans en die Afrikanis kan bykom.

Daar was baie sprekers van Jiddisj wat Jiddisj wou dood h. Hulle het dit reggekry. Ons moet sorg dat mense wat Afrikaans wil doodh, dit nie regkry nie.

Ons is ouer as 20. Ons het die reg om te dink soos Eugne Marais in 1891 geskryf het, maar dit is takties ongerade om dit in hierdie stadium te s.

Voorlopig kan ons ons nog op onpartydige regters en op die grondwet beroep. Eers as dit faal, kan ons ander stappe oorweeg.

Wyle As van Straten van Pendoring-faam, n dierbare mens, het my eens ges die droefste posie wat hy ooit gelees het, was di van n Walliese digter wat die dood van sy taal betreur het en dit in Engels moes doen.

Moenie toelaat en ek praat ook met die mense wat nog sal leef wanneer ek daarmee heen is moenie toelaat dat ons agterkleinkinders die dood van Afrikaans in Engels betreur nie.



* n Verkorte weergawe van hierdie artikel het verlede Saterdag in Die Burger se bylae BY verskyn.



LitNet: 8 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.