SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die kunste of die politiek: wie doen die meeste om iets nuuts in Afrikaans aan te vang?

Kirby van der Merwe

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002


“The great thing about hanging out with the Republicans is that it’s very, very unhip for both of us. There’s kind of a parity of pain.”

Aan die woord is die 41-jarige Bono, hoofsanger van die Ierse groep U2 tydens ’n perskonferensie — by van alle plekke die pas afgelope World Economic Forum in New York. Hy was daar as delegaat, eregas, vir die vermaak.

Bono steals the limelight from politicians, berig The Cape Times van Maandag 4 Februarie 2002.

Hy het daar uitgestaan tussen die wÍreld se swaargewigsakemanne en -politici. Elke jaar is daar een persoon wat by die Forum deur die rykes en die media op die hande gedra word: Madeleine Albreight, Yasser Arafat, Bill Clinton and George Soros was almal by geleentheid eregaste. Maar hierdie jaar was dit Bono.

Inderdaad vreemde geselskap vir ’n sanger wat bekend geword het vir sy musiek waarin hy uitvaar teen Amerikaanse imperialisme en vingerwys na die Weste se verbruikerskultuur. En teen die Westerse geldmagte.

Maar hy was daar om sy saak, die afskryf van arm lande se skuld, of dan ten minste skuldverligting vir die arm Derde WÍreld-lande, te beding. As die voorste segsman vir die sogenaamde Drop the Debt-aksiegroep beywer hy hom ook vir die verslapping van handelsbeperkings waarmee ryk lande arm lande kniehalter om diť lande arm te hou.

Bono het ook gesprekke gevoer met drie ontvangers van die Nobel-Vredesprys: Desmond Tutu, Elie Wiesel and Kofi Anan. Toe trakteer hy die afgevaardigdes by ’n private konsert. Die volgende dag tree hy in debat met die US Treasury Secretary Paul O’Neill oor buitelandse hulp aan arm lande, daarna met Bill Gates in ’n nuuskonferensie oor Vigs in Afrika. Bill Gates beloof $50 miljoen vir sy anti-Vigs werk, en lande neem hulle voor om $40 miljard Derde WÍreld-skuld af te skryf. ( “Dis beter om met sakemanne te praat as met die pers,” het hy agterna gesÍ.)

Arundhati Roy, skrywer van The God of small things, wat ’n tyd terug gesÍ het sy skryf nie weer ’n roman nie, is weer in die nuus. Sy gooi wal teen die bou van nog damme in die Narmada-vallei in IndiŽ waar beplan word om honderde damme op een van IndiŽ se heiligste riviere bou. Oor dekades is reeds meer as 50 miljoen mense teen hulle sin verskuif om plek te maak vir die groot damme, sonder dat daar voldoende voorsiening vir hulle gemaak is. Roy, broos en weerloos, en ’n fees vir die oog, stel haar talent in diens van subtielgeskrewe artikels oor die gevolge wat die bou van die damme vir die mense inhou: die geskiedenis, ’n hele lewenswyse wat onder water gaan verdwyn. En die inwoners hang vir haar ruikers om die hals. Wie gaan die bouery finansier? vra sy. Die WÍreldbank? Maar sy is veilig, waar sy loop is die pers saam. As sy haar kaarte reg speel, ontvang sy ook binnekort die Nobelprys. Nie vir letterkunde nie, maar vir vrede!

Halle Berry wen die Oscar vir die beste aktrise, die eerste swart vrou wat die toekenning kry. Sy bars in trane uit, uiters teatraal. Maar met goeie rede besef ’n mens later. Sy dra haar Oscar op aan hulle: “Dorothy Dandridge, Lena Horne, Diahann Carroll,” sÍ sy. “It’s (die Oscar) for the women who stand beside me — Jada Pinkett, Angela Bassett, and it’s for every nameless, faceless woman of colour that now has a chance because this door tonight has been opened.” Verstaanbaar, want nie so lank terug nie het die Amerikaanse media nog na swart sangers, dansers, musikante en akteurs verwys as “black performers” of meer algemeen “black entertainers”, nooit maar nooit as “artists” nie. Vir hulle was daar ’n duidelike verskil — jou velkleur en nie jou talent nie het bepaal of jy artist” of “entertainer” is. (Oor die ding van entertainers later meer.)

Wat, kan julle nou vra, het diť drie mense met die onderwerp te make? Die kort antwoord is: alles.

Die verskynsel dat kunstenaars deur hulle aansien die openbare terrein, die wÍreld politieke verhoog betree om sosiale en maatskaplike veranderinge te bepleit, het sover my kennis strek by nog ’n Ier, Bob Geldof, begin. Teen 1992 het Band Aid Trust onder sy aanvoering $140 miljoen vir armoede-verligting ingesamel. Vir hierdie kunstenaars is die wÍreld waarlik een groot verhoog. En hulle speel op die proscenium.

Diť mense laat jou besef van hoe die wese van die kunstenaarskap verander het. Dit begin al meer blyk dat kunstenaarskap sonder ’n soort sosiaal-maatskaplike gewete en ’n goeie skoot groen gevoeligheid ietwat verdag voorkom vir die massas. Kyk maar na die werk van Antjie Krog hier te lande. Was Kole Omotoso se voorbehoud teen JMCoetzee se Disgrace dan nie juis dŪt nie? As daar van finansiŽle instellings verwag word om “terug te ploeg”, kan ’n mens met reg vra: Wat vang die Potter-vrou met al haar geld aan?

Van die groot verhoog ťn van die veranderde aard van kunstenaarskap gepraat: Hoe laat mens die Suid-Afrikaner Mark Shuttleworth uit die prentjie? Baie, baie moeilik natuurlik. Shuttleworth verskuif willens en wetens grense. Oor hom gaan die besinnende opstelle geskryf word. Die feit dat hy die eerste man van diť bodem, Afrika, is wat in die ruimte gaan wentel; hierdie is ook ’n geval van “the Empire strikes back” (met groot geld). Of Doctor Livingstone en Mungo Park op hulle koppe gekeer — die wit man van Afrika reis na die Noorde om namens homself — of ons dan — die nuwe ruimte te gaan verken.

Oor sy soort gaan die digters binnekort gedigte skryf, en hulle in sy kop en liggaam indink; die dramaturge hom woorde in die mond lÍ. Die kantoorstoel-reisigers deur die kuberruimte in op weg na die buitenste ruimte. Want in weerwil van wat ’n klomp kunstenaars hier te lande dink en doen, is die Shuttleworths die werklike kunstenaars. Die nuwe kunstenaar, die mens met die wyer visie ... wat die wÍreld letterlik van buite sal bekyk. Wat bloot uit nuuskierigheid, of wildewragtigheid ’n droom najaag.

Ja, die aard en die definisie van wat ’n kunstenaar is, soos ek dit verstaan het, het skielik — of was dit mettertyd? — verander. Was die kunstenaars (in teenstelling met die artieste, die ambagslui, gildebroers en susters) dan nie veronderstel om diť verhewe wesens te wees nie? Skeppers van die woord en beeld wat verbyster met hulle vermoŽ tot versiendheid en heldersiendheid nie?

Helaas: 11 September 2001 het gekom. Daarna is daar geskarrel om te sien wie en waar die orakels is, hoekom daar nie op hulle ag geslaan is nie. Maar die orakels was, blyk dit toe, salig aan die slaap. Toe skrik ’n klomp wakker, steier orent te midde van die stof van die ingetuimelde gebou en skarrel om gediggies in die dagpers te kry — na aanleiding van mediaberigte, persfoto’s, hoorsÍ. So asof hulle probeer het om saktyd voor te spring. Net om dan terug te sit met genoegdoening: kan julle sien, wÍreld, die digters voel die menslike kondisie akuut aan. Kyk en bewonder ons sonnette van skok en pyn. Ai, die digters darem.

Wat dit wel gewys het, is dat dinge nie in isolasie plaasvind nie. Dat die Afrikaanse mens/kunstenaar miskien meer deur gebeure in die buiteland beÔnvloed word as deur dinge wat in die naam van die Taal deur sogenaamde kunstenaars en politici in Afrikaans aangevang word. Eksterne gebeure het groter impak op die rigting waarin die kunste/denkrigtings hier die loop neem.

Ons leef in vreemde tye — waar die swart Amerikaners jare lank gesukkel het om as kunstenaars erken te word. Dit het meer as ’n eeu geneem om die skaduwee van die Minstrel Shows en die golliwog agter te laat.

Hier by ons word enige persoon wat voorbarig genoeg is om agter ’n mikrofoon in te skuif en ’n kitaar te staan en tokkel, te maklik ’n kunstenaar genoem. Miskien ontbreek dit in Afrikaans bloot aan woorde wat die verskille kort en saaklik aandui. As jy nie ’n kunstenaar is nie, is jy ’n vermaaklikheidster.

In vergelyking met die uitvoerings van Noot vir Noot se gaskunstenaars verkry die Shuttleworth-ekspedisie verhewe konnotasies en interpretasies; word Spoetnik, Pioneer en Apollo, die hele 2001, A Space Odyssey-ding gereaktiveer. Dit klink.

In vergelyking met Bono, Roy, Berry (om net die drie te noem) herinner die Suid-Afrikaanse kultuurtent en kunstewÍreld op ’n paar uitsonderings na aan PT Barnum se The Greatest Show on Earth. Want dis ’n mengelmoes van showmanship, showgirls, cowgirls cum entrepreneurs. Freaks, Arty Farty-aanhangers en ander amusanthede.

Is daar nog ’n land in die wÍreld waar kunstenaars as ‘t ware in diens van die Taal staan? Dit begin al meer lyk asof alles wat gedoen en gepleeg word, eers aan die taal en aan jou produk se Afrikaansheid gemeet word.

Persoonlikhede het hier meer belangrik as die produk geword. Daar word gewoeker en gewoel en die taal word handig as ’n verkoop- en bemarkingfoefie bygesleep. En die enigste kriterium is, blykbaar, hoeveel CD’s jy verkoop, hoeveel sitplekke jy gevul kan kry — en die towerwoord is “Afrikaans” (en die ander een is “Aids”).

En die pers doen mee: ellelange artikels, van die kunstenaars word bekyk, wat hulle eet, wat hulle dink, wat hulle krismis gaan doen.

(Mei 2000) Soli Philander, die nimlike hy, en Dowwe Dolla, vat hulle tweetjies se doen en late in ’n artikel in die tydskrif Insig raak saam:

SÍ Soli: “Ek het aan my eie gat gevoel Afrikaanse mense is educated, en hulle purste is glad nie leeg nie.”

Beaam Margit: “Ja, as ek wat 90% van die tyd in Afrikaans werk, na my bankbalans kyk, weet ek Afrikaanse mense ondersteun teater. Hulle is baie lojaal, koop graag CD’s en word maklik groupies.”

Inderdaad?

Maar siende dat die Buro vir Marknavorsing en ander navorsingsinstansies sÍ (2000) Afrikaanssprekendes beskik oor die grootste besteebare inkomste van alle taalgroepe in die land, en om weer die Insig-artikel aan te haal, “... (daar) groot geld onder Afrikaanssprekendes rondlÍ wat wag om ‘belÍ’ te word.” Waar geld rondlÍ kan mens verwag dat Jan Rap en sy maat gaan kom optel.

Die Kunstenaars pose en preen, woel en werskaf en maak ’n lewe uit die kunste. Sommige is serieus, ander vol self-importance. Ander is joviaal-snaaks. Maar as die werk, die produk onder die vergrootglas geplaas word, as die sogenaamde blinde “groupie”-lojaliteit eenkant geskuif word, dan sien jy PT Barnum is alive and well, en die sogenaamde sucker word nog elke dag gebore. Soos ’n bekende teaterkenner en resensent die ander dag opgemerk het: “Ons word vir ’n ride gevat.”

Diť geld wat rondlÍ, versterk blykbaar sekere kunstenaars in hulle kwaad. Of hits ander aan om tot die verhoog toe te tree. Asof daar nie al genoeg van dieselfde is nie. Die argitipes: die dumb blond, die sekspop met die oop mond, Pappa se soet dogtertjie. Die Laurikas. Die Kose, die Kramers, die Rip van Winkel. Die Griekse boertjie, die Boere-porra, die Zoeloe-boertjie, die Engelse boertjie ... En voeg daarby die afskuwelike gedrog: die professional coloured. Hulle spring op en af en stoei soos bedorwe brokkies: “Haai kyk, kyk ek is ’n coloured!!” “Kyk, ek is ook eienaardig, ek is ’n Griek maar ek sing Afrikaans! Kom gooi vir my geld!” Ö Dis amper soos die bedelaar wat deur een of ander fisieke aardigheid ’n lewe maak.

Amusant! Kunstenaars in Suid-Afrika is mense wat, voor hulle sing of uit hulle werk voorlees, eers ’n lang verduideliking gee waar die goddelike ingewing hulle te binne geskiet het, hoe lank die bevalling was en wat hulle eintlik bedoel. En hulle hedge sommer al hulle bets: “My CD is in die foyer beskikbaar. Ek het vir almal ge-cater, ’n paar Engelse liedjies, ’n paar Afrikaanses (ons toer baie op die platteland, jy weet. En ons is pro-Afrikaans.) ’n Paar boeretechno en ’n bietjie gospel. Alles vir die price of one.”

Maar alles is nie verlore nie. Nee. Ons Afrikaanssprekendes het ook ons wagters op die mure. Die brandwagbobbejaan bo teen die krans. Hy hou dop vir enige verdagte bewegings doer in die verte. Hy tuur, en by die geringste stoffie skree hy boggom. Maar intussen hits hy die trop aan: gaan sukkel met oom Thys.

Daar is baie groepe. Verskeie wat hulle beywer vir die voortbestaan van die taal.

Dan het ons ook die groep wat staatkunde en wÍreldpolitiek hulle bemoeienis maak. Hulle maak seker dat die Afrikaanse stem op die wÍreldverhoog bly klink. Ons geŽerde Sondagkoerant berig dat die Groep van 63 van wÍreldleiers eis dat pres Thabo Mbeki en ander Afrika-leiers van pres Robert Mugabe ontslae raak as voorwaarde vir hulp vir die nuwe vennootskap vir ontwikkeling in Afrika (Nepad). Volgens die berig het die Groep pas ’n brief aan sewe staat- en regeringshoofde geskryf waarin hy die optrede van Afrika-leiers en veral diť van Mbeki betreur. In die brief word gevra dat die Suid-Afrikaanse regering ook waarborge verskaf dat hy sy minderhede met “sorg en respek” sal behandel. Die brief is gestuur aan pres George W Bush van Amerika, pres Jacques Chirac van Frankryk, mnr Jean Chrťtien, eerste minister van Kanada, me Helen Clark, eerste minister van Nieu-Seeland, mnr John Howard, eerste minister van AustraliŽ, mnr Gerhard SchrŲder, kanselier van Duitsland, en mnr Tony Blair, premier van Brittanje — in Afrikaans.

En om te dink al wat die Derde WÍreld nodig gehad het, was een ou met ’n blou wrap-around sonbril om vir hulle skuldverligting te kry. En sommer ook hulle Aids-projekte van die grond af te kry.

Bono — dis mos ’n man van statuur. Roy keer die bou van damme en red kultuur en lewensruimte van miljoene mense. Dit is mos die nuwe gesig van kulturele en sosiale aktivisme. En politieke aktivisme. Daar is ’n dun lyn tussen kreatiewe aktivisme en ’n sideshow te word van “The Greatest Show on Earth.”

Hier te lande het ons blykbaar gestol, gefreeze by die kultuurterroris. Daardie eienaardige spesie kom in verskillende gedaantes: van die vuilbekke wat wil skok met hulle vulgÍre optrede en kleredrag tot die ietwat temerige mummy’s boy.
Maar almal mense wie se harte blykbaar warm en suiwer klop vir die taal. Iewers is Breyten Breytenbach ’n kultuuurterroris genoem en sover my kennis strek het hy nie kapsie gemaak teen die benaming nie.

Baie van die voormalige politieke en kultuuraktiviste sit in die parlement. En daar is weinig, amper geen kunstenaar nie, wat by hulle kan kers vashou — nie in eksentriekhede nie. Leefstyl, luukse rygoed, stommiteite nie.

Een van hulle is nie bang om self die kitaar te vat en vir die poorest of the poor ’n koortjie te sing, ’n gebed te doen en sommer I did it my way te sing nie. Of dat jan en alleman hulle op die voornaam noem nie.

Met die politici het ek nie ’n probleem nie. Ek weet mos jy kan hulle nie vertrou nie, Hulle is daar om hulleself te verryk en na hulle eie en familiebelange om te sien. Of hoe? Die politici is sonder pretensie, want hulle doen wat hulle veronderstel is om te doen (weet ons almal dan nie dat ’n dag in die politiek ’n lang tyd is nie?).

Maar feit is: die politici se doen en late is vir sommige/die meeste kunstenaars die enigste bron vir boeke en dramas. ’n Byna onuitputbare bron. Die politici het vir baie skrywers en dramaturge ’n roemryke loopbane besorg.

Al wat die kunstenaar ’n paar jaar gelede hier hoef te gedoen het, was om die politici na praat, na te aap en op te stuur.

Eienaardig: Die politici is deesdae die werklike teŽpraters, en die agiteerders. Hulle is domastrant en moedswillig. Hulle laat hulle nie voorsÍ nie, nie eers deur die President nie, en hy weet dit.

Wie is die hedendaagse werfbobbejaan-kunstenaar?

Om saam te vat: Vir dinge om werklik in Afrikaans te gebeur en vir leiers om met gesag te praat, in Afrikaans, is dit getallesteun wat die deurslag gee. Die getalle-oorwig. Of jy politikus of kunstenaar is, is dit die getal lojale ondersteuners wat jou statuur bepaal. En natuurlik die getalle op jou bankstaat. Wat die taal nodig het is ’n Bono, Roy, Shuttleworth, Tutu ...


Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.