SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Bruin mense is moeg daarvoor om aanhou “Wolf!” te skreeu

Kupido Baron

Die grootste nadeel van apartheid behalwe ’n sosio-ekonomiese wanbalans tussen wit en anderskleuriges is seker die soeke na self. Die vermoŽ om jouself te kan identifiseer en met jou kop omhoog te kan sÍ: “Ek is dit of dat”, sonder ’n sweempie onsekerheid dat jy nie dalk die pot mis sit nie. Hoewel daar sommige is wat dit sal wil ontken, was apartheid baie suksesvol. Dit het rasseverskille soos ’n vrot vrug laat uitstaan.

En die ergste nog is dat dit ’n identiteitskrisis onder veral wit en bruin mense tot gevolg gehad het. Kyk maar na die sogenaamde Boeremag. Dit is ’n groep mense wat die geskiedenis van die Voortrekkers probeer herleef in ’n tydstip waar dit glad nie inpas by ’n politieke bestel wat eensgesindheid tussen rasse probeer nastreef nie. Ek kan self nie te veel kritiek teen diegene vel wat hulle aan Boeremag-bedrywighede skuldig maak nie, want is dit nie so dat mens identiteit kry in getalle nie?

Om as ’n groep ’n doel na te streef en opinies te deel plaas almal op dieselfde grondvlak wat die soeke na identiteit oorbrug. Jy kry identiteit in ander. Bowendien is dit moeilik om sonder die identiteit van “heersende ras” jouself te eien. Dink maar net aan die eenheid van ’n groep mense wat langs ’n sportveld ’n span ondersteun. Diť band is so sterk dat die vredeliewendste mens in ’n ommesientjie in ’n straatboef kan verander.

As bruin man besef ek maar te goed wat die soeke na identiteit en uiteindelik jouself is. In ’n groot mate was ons tydens die apartheidstelsel voorgetrek ten koste van swart mense. Helaas nie ekonomies nie, maar wel op ’n vlak wat ek by gebrek aan ’n beter term “‘sosiale vlak”‘ wil noem. Bruin mense het nie nodig gehad om die dompas te dra nie, en ons is selfs voorgesÍ dat ons beter as die swartes is. ’n Rede hiervoor kan wees dat ons moedertaal ook Afrikaans is en ons dus iets met die heersende Afrikaner gedeel het. In sekere gevalle het dit verdeeldheid onder bruin mense aangeblaas, want baie van ons voorgeslagte was swart mense. Dan het ons ook Khoi-bloed in ons are.

Dit het gelei tot ’n vervreemding van jou geletterde bruin man. Kyk maar hoe fluks bruin mense probeer wegbeweeg van Afrikaans en hul kinders grootmaak met Engels as moedertaal. Die laaste twee geslagte was dit veral in stedelike gebiede ’n soort rebellie. Op die platteland, waarvan ek self afkomstig is, is ouers meestal ongeletterd en glad nie Engels magtig nie. Die kultuur van die Afrikaanse bruin mense op die platteland het dus ongestoord voortgegaan. En ek moet byvoeg, die trots wat daarmee gepaardgaan, het nie agtergebly nie. Afrikaans se voortbestaan word nie hier gekniehalter nie, want Afrikaans is grootliks die taal van kommunikasie op die platteland.

Die groot uitdaging lÍ nou vir ons voor om diegene wat Engels “gedraai” het, weer aan te moedig om hulle terugkeer te maak. Sodoende kan ons ’n groter Afrikaanse mark verseker. Hoewel bruin mense veral op die platteland tog ook sterk voel dat die publieke uitsaaier, SAUK, tekort skiet met die beeldsending van Afrikaans, is ons ver verwyderd van publieke debatte van die Rapportryers en die Groep van 63. As ‘t ware wil ons nie betrokke wees by ’n volgehoue gekla oor Afrikaans terwyl die mense wat aan die woord is, van dieselfde kaliber is as diegene wat tydens apartheid aan die woord was nie.

In sekere opsigte wil ek saamstem met van die argumente vervat in ’n onlangse forum-artikel in Die Burger oor Christian Martin van Jason Lloyd. Dit is waar dat bruin mense aan die kortste end trek. Tydens apartheid het ons tweede viool gespeel en nou weer met die ANC aan bewind. Die ANC voer nou aan dat eers diegene wat die swaarste onder apartheid deurgeloop het, voorkeur kry met projekte. Swart mense word dus uitgesonder.

Ek het heelwat stories in Missionvale in Port Elizabeth gedoen oor behuising. Hier word bruin mense oor die hoof gesien sodat swart mense, wat onder meer van Zwide en KwaNobuhle kom, voorkeur by behuisingsprojekte kry waar die mense bly. Hul reg op die grond word glad nie erken nie en hulle word talle kere met uitsetting gedreig deur onder meer die plaaslike munisipale raad. Die bruin mense van hier kry net so swaar, is meestal werkloos en het geen ander manier om behuising te bekom nie. Hulle is van die mense wat die ergste deur apartheid geraak is, maar die ANC sien dit nie so nie. Hierdie mense is ongeskoold en weens hulle armoede word hulle kinders ook nou benadeel. So erf die nuwe generasie en heel moontlik hulle kinders die bitter pil van armoede, want daar is geen manier dat jy ’n beter lewe vir jou kinders kan skep terwyl jy nooit seker is wanneer die regering jou plakkershut omstoot nie. So voltooi die spiraal van armoede onder bruin mense hom sonder enige verwikkeling. Hoewel apartheid nie deur die ANC-regering ingestel is nie, is dit hulle plig as die regering van die dag om verder te kyk as ras en bruin mense behulpsaam te wees.

As ’n professionele bruin man stem ek egter glad nie saam met Martin dat bruin mense moes wegbly van Sensus 2001, as ’n vorm van rebellie teen die ANC se marginalisering van bruin mense, nie. Hy was toe nog ’n UDM-lid in die Oos-Kaapse wetgewer. Waarskynlik het hy baie gou van standpunt verander, want Martin het onlangs weer na die ANC oorgeloop toe die oorloopklousule vir die nasionale en provinsiale regerings goedgekeur is. Isolasie is beslis nie ’n logiese denkrigting indien ons deel wil wees van ’n kompeterende samelewing nie.

Hoe kan ons ’n verskil in ons eie lewens maak as ons op ons eie in ’n hoekie wil gaan sit en tjank? Aan die einde van die dag sal so ’n radikale denkwyse ons net ’n kat in die sak bring. Martin het aanvanklik pad gevat UDM toe omdat die ANC volgens hom nie plek het vir bruin mense nie. Lloyd beskryf hom toe as “’n man met ’n droom”, wat beslis ’n bietjie te dik vir ’n daalder is. Sy terugkeer na die ANC kort na die verskyning van die artikel is ’n bewys van sy gebrek aan stabiliteit as politikus. Lloyd sit dus heeltemal die pot mis.

Hoewel daar definitiewe tekens is dat ons gemarginaliseer word, kan ons nie dieselfde pad wil loop as die voorstanders van ’n volkstaat nie. Bowenal glo ek vas bruin mense is moeg om aanhou wolf te skreeu. Ons wil nie aanhou kerm oor tekortkominge terwyl ons lewens dan tot stilstand kom nie. Ons wil die kans gegun word om onsself te bewys en op selfontwikkeling konsentreer.

Die stereotipe dat ons net op aarde is om kinders te maak en die meeste drank te drink moet ook nou end kry. Ons is trotse mense met inbors en talente wat net soos enigiemand anders ons brein gebruik om te redeneer en nie net om pick-up lines uit te dink nie.

Ek het lank reeds vrede gemaak dat die sterkste teenstand vir die ANC in die toekoms wag. Dit sal heel waarskynlik moet kom van sy alliansie-vennote, die SAKP en Cosatu, wat wegbreek om ’n party te stig en dienslewering een van hul grootste prioriteite te maak.

Kupido Baron is reeds sedert 1998 ’n joernalis van beroep. Hy is oorspronklik van die Koue Bokkeveld in die Wes-Kaap en waag soms sy hand ook aan kortverhale en gedigte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.