SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoekom haal die kinders van apartheid hulle skouers op?

Deur Kirby van der Merwe
Gelewer te KKNK
31 Maart 2000
Die Burger se lesingreeks

In haar outobiografiese roman A Feather on the breath of God maak die skrywer Sigrid Nunez hierdie opmerking: `Here are some lines from Virginia Woolf: ď… there is nothing to take the place of childhood. A leaf of mint brings it back: or a cup with a blue ringĒ.í Natuurlik het Woolf dit hier oor ín gelukkige kindertyd. Háár kindertyd. Nunez vertel dan ook van ín ander skrywer, sommige van wie se familielede slagoffers van die Nazi-konsentrasiekampe was: hoe hy jare later, getref en aangedaan was toe hy deur ín boek blaai waarin daar fotoís van Hitler was. Aangedaan omdat dit (die fotoís van Hitler) by hom herinneringe van sy kinderjare opgewek het. En so ook haar ma: ĎNazi Germany was the only Germany my mother knew. Her whole youth had been lived under the sign of the swastika. She never said it, but it had to be true: When she saw the swastika, she thought of home.í

Die ander dag het ek juis dieselfde ondervinding gehad oor hoe ín voorwerp, of ín woord of ín klank onwillekeurig ín hele wêreld kan oproep, kinderdae in ín oogwink kan optower. Dis toe ek ín voertuig waaroor ek van kleintyd ín fassinasie gehad het, te siene gekry het. Die een ding wat seker die grootste indruk op my as kind gemaak het. ín Voertuig wat nie sloot of donga ontsien het nie. “Ja,” sê die verkoopsman, toe ek hom vra, “dis die Saracentenk.” Te koop vir R45 000 indien ek sou belangstel. En ín kinderdroom word waar: ek sit agter die stuur van die 60ís se gevreesde pantserkar. Veel kleiner as wat ek my voorgestel het, platterig, maar nog net so hardegat en skoorsoekerig. En ek is weer verplaas na een van my vroegste herinneringe van kindertyd, die grys wêreld tussen werklikheid en hoorsê, van onthou en verbeel…1960. Die rook van konkas vuil motorolie wat aan die brand gesteek is. Van skemerte en van mans wat hardloop tussen strate, oor ons erf, met polisiemanne agterna. Heroïsme: van klipgooi en weghardloop oor drade en tussen sinkplate deur, en hoe daar cowboys en crooks met die polisie gespeel is. Maar ook ander stories: Noodtoestand en die klokreël. Enigiemand wat dit in die strate sou waag, is summier gearresteer. My pa wat in sy bakkie klim om Korrie, ín welsynskind wat gestuur is om ín kruiwa vol tuinvullis te gaan stort en toe nie teruggekom het nie, by die polisiestasie te gaan haal na hy deur die polisie in die straat voor die huis opgetel is. En my pa se dilemma: moet hy die risiko loop wetende dat hy geskep gaan word? Maar hy is soontoe en tot almal se verligting, en seker syne ook, en bewondering kom hy met die mannetjie terug. Of my ma, en ander vrouens, te voet in die grondpaaie af om hulle kinders by die skool te gaan haal. Dáár het ek besef dat ín vrou deur die kake van die dood sal gaan vir haar kinders, ongeag van persoonlike gevaar. Selfs hulle vrees vir die Saracen wat die strate gepatroleer het en vir die polisiemanne binne-in.

En toe ek die ander dag onverwags die Saracen te siene kry, toe is dit met die opgewondenheid van ín kind, die lekkerte van onthou.

Maar ook om elke keer as jy ín foto van Hendrik Verwoerd sien, te onthou hoe hartseer ek as ín kind was oor sy dood. Bloot oor die grafiese aard van die fotoís van die sterwensoomblikke van ín mens. Die staatsbegrafnis, die dodemars. Die vlaggedrapeerde doodskis. Die tragedie en die somberheid van die okkasie. Die lengte van die lem.

Natuurlik het ek daarna geleer wat daar te leer was oor Apartheid op sy hoogtepunt. Dit in 1976 letterlik aan my bas gevoel. Oor kleurling- en naturelle- (60ís terminologie) onmag om dinge binne die land te verander. En oor ín gewaande vrede en kalmte wat oor die land neergedaal het. Stabiliteit, en ekonomiese welvaart. Die Pax Africana. (Afrikaner bevoorregting op alle terreine, van die kunste tot die ekonomie; destabilisering buite die grense.) Dít terwyl hulle broers en susters in die res van Afrika onafhanklikheid begin kry het.

Maar wat gebeur het, skud jy nie so maklik af nie. Dit is bagasie wat jy vir die res van jou lewe saamkarwei. Vir sommige Afrikaners is die pyn en lyding van die Anglo-Boereoorlog nog net so skerp soos gister. En hulle sal nie en wil dit nie vergeet nie. (Hulle liefde vir die Britse koningshuis ten spyt.)

En ironies genoeg, dink ek die Afrikaner, en veral ons, die skaamkinders van Apartheid, besef steeds nie hoe gestremd ons as gevolg van Apartheid gelaat is nie. Vir die meeste is die hele storie oor Apartheid passé en klaar deurgewroeg. Deesdae gaan dit oor Die Taal en ín gehaarklowery oor dié se stand en kanse op dié se voortbestaan. Oor globalisering. Die Afrikaner praat en besin oor Afrikanerskap.

Daar is nie nou tyd of plek vir die polities agtergelate en verontregtes om oor die gevolge van Apartheid op hulle hare te kloof nie. Oor húlle posisie in die nuwe Suid Afrika, of oor hulle identiteit en oor die identiteitskrisis waarin hulle hulle bevind nie. Hulle, die wit skrywers, het klaar die Apartheidstema in romans, die poësie en die teater deurgewroeg. Hulle skuld bely. Die toekennings gekry. Daar is nie nou tyd vir mense wat ou koeie uit die sloot wil grawe nie. 1994 het gekom, so there! Ruk julle reg, stof julle af! Nou is alle taalgenote nodig om skouer aan die wiel te sit (vir watter duistere motiewe ook al.) Ons het knegte nodig, touleiers, agterryers. Die wa moet deur die drif getrek word.

Aikôna. Maar dis hier waar ek my skouers ophaal. Ek het met julle taalstryd bôggerol te doen.

Waaroor ek nie my skouers kan ophaal nie, is dit:

Ek, my tydgenote, die voorheen gemarginaliseerdes, die agtergeblewenes, agtergelatenes, ons van die voorheen versweë of swygende gemeenskap, soos een resensent ons noem, die nuwe toetreders tot die Afrikaanse skrywerswêreld, ín ander een, ons het eers baie onverwerkte dingetjies om met onsself uit te klaar. Daar is spoke, drogbeelde en belemmeringe wat ons op die naam moet noem. En deur die noem besit.

En hier noem ek die grootste spook, die grootste belemmering: Ontkenning. Ons ontkenning van wie ons is, van waar ons kom. Van die taal wat ons praat. Is dit omdat ons sulke goeie stoere Afrikaner Nasionaliste gemaak is deur skool en kerk, deur Dagbreek en Landstem en Rapport en Die Burger? Dat daar by ons ín soort kollektiewe amnesia ingetree het oor wie ons is en waarvandaan ons kom?

Of het ons ín byna genetiese ingeteeldheid om pyn en miskenning te internaliseer? Ons brom onderlangs ja, maar die hêppie en djollie gesig word voorgehou. Die vermoë om te maak of niks ons raak nie. Dat ons vere voel selfs terwyl ons in die nuwe geskiedskrywing irrelevant gemaak word.

Is ons breine, denke so gekoloniseer dat ons skaamkwaad is vir onsself oor ons die vermetelheid kan hê dat ons durf lewe?

As daar wel oor bruin identiteit gepraat word, is dit hoe die saak buitelanders raak, of hoe húlle die saak sien. Maar die mense oor wie daar bespiegel en bespreek word, dié se opinie word nie gevra nie. Miskien sal daar in die verre toekoms weer daaroor gepraat word, weer eens deur ín buitelander. Buitelanders wat opgehemel word en vir ons kom vertel wat dit is om van gemengde afkoms te wees, hoe dit moet voel of veronderstel is om te voel. En aangeprys word.

Het ons, my mense, dan niks te sê nie? Uit wit geledere hoor mens dikwels die selfvoldane verwyt: “Hulle kla so baie, oor alles, maar wat doen hulle? Waarom skryf hulle nie. Waarom moet ons hulle stories vir hulle skryf?”

En dis die vraag wat ek ook myself afvra: Hoekom het hierdie donker dae, met pateties enkele uitsonderings, geen grootse kuns opgelewer nie? Net ín paar haas onbekende struggle-helde. En ín groep digters, na wie neerhalend verwys is as sonbesiedigters (en moet ek saamstem oor die eentonigheid van die versetverse, die retoriek, die slagspreuke.)

Hoe is dit dat in al die lande van die wêreld waar onderdrukking, armoede, slawerny voorgekom het, kreatiwiteit gedy het? Negro spirituals in die donker dae van slawerny, Jazz, Blues. Langston Hughs en die skrywers van die Harlem Renaissance. Later Toni Morrison Nobelpryswenner, Richard Wright, James Baldwin, Alice Walker, Maya Angelou en andere.

Of in Latyns-Amerika waar daar ook kolonisasie was, ook politieke onstabiliteit en onderdrukking, maar hoeveel Nobelpryswenners vir letterkunde! In dié lande is iets unieks voortgebring: skrywers met vrymoedigheid. Dapperheid en onbeskroomdheid om met taal en storie om te gaan. In hulle moedertaal: Marquez, Fuentes, Vargas Llosa, Neruda, Allende, (ironies genoeg is byna al die genoemdes kommuniste) en talle navolgers in ander lande. En die kuns? Nie veel beter nie. Geen Frida Kahlos of Diego Riveras nie. Nie van dié wat binne die land gebly het nie, ook nie van dié wat geëmigreer of buiteland toe ontsnap het nie. (Hier Willie Bester en andere uitgesonder.)

Mense het al in tronke op vuurhoutjiedosies en op velletjies toiletpapier kuns geskep. Maar wat gaan hier aan? Of wat gaan nie hier aan nie? Dis wat ons ons moet afvra. Hoekom is ons so bang, so beskroomd? Want om die een of ander rede het ons kreatiwiteit omgekom, of lê dit onder lae belemmeringe.

Wat is verkeerd? Wat is die belemmeringe wat ons verhoed om net om hemelswil boeke te skryf en boeke te publiseer? Ons eie boekebedryf op die been te bring? Hoekom kry ek die ongemaklike gevoel dat ons na gevestigde uitgewerye (lees wit) kyk om na ons om te sien? Dat ons ons net kan uitleef, of definieer deur die kopknik van ín hoofstroomuitgewer? Is ons afhanklik van witmense se goodwill en hulle goedkeuring? Nie dat die hoofstroomuitgewers te onthef is van en dit hulle morele plig is om reg te stel nie. Nie na al die jare se voorgeskrewe werk wat op ons afgesmeer is, of aan hulle aandeel aan die stand van sake nie.

Tog kry mens ook die idee dat voorheen uitgesluite skrywers moontlik die versugting, selfs die verwagting gekoester het dat na í94 die wit establishment uitgewers verplig is om hulle werk uit te gee. ín Soort van you owe us. Regstellende aksie.

Lê dáár nie juis ook iets problematies in nie: Is die witmense vir ons verantwoordelik? Dan vra ek myself af: Dwing ons paternalisme af? Eis ons onsself ín selfopgelegde voogdyskap toe? Is dit nie miskien wat ons wil hê nie, onwetend? Dalk onbewustelik? Dat ons dan ontevrede is as ons dit nie kry nie. Is al die bravade en politiekery en astrante, opstandige uitsprake bloot lippetaal? Want as ons nie daarop bedag is nie, is ons miskien self besig om die stereotipe aan die lewe te hou dat ons hulpbehoewende kleingoed is. Dat ons Ďfathering and motheringí nodig het.

Want kom ons vergelyk 300 jaar aan die suidpunt van Afrika, met 300 jaar aan die suidpunt van die Amerikas. Dieselfde gegewe: koloniseerder en gekoloniseerde: Selfs in die VSA. (en ek verwys na swart skrywers, musikante, of alle kunstenaars).

Hoe is laasgenoemde moontlik? Was kolonisasie – ek sien Apartheid nie net as die tydperk na 1948 nie. Nee, vir my is dit net die onbeskaamde openlike, statutêre implimentering van eeue se kolonisering en slawerny in alle vorme – en spesifiek Apartheidsideologie se toepassing so effektief dat geen noemenswaardige letterkunde, of vrug van die verbeelding geskep is nie? Het dit gesorg dat ons verval het, of vasgeval het in blote prentjiesmaak en skryfseltjies skryf? Want waar is die stories, die manuskripte, hoekom is die oes so skraal?

Dat, na al die ontberinge, ons kunstenaars deesdae agteroorbuig vir die toeristemark, of vir die kitchmark. En doodgelukkig en tevrede is daarmee? Miskien het ons nog nie genoeg gesuffer nie.

Dit terwyl mens met ontsteltenis sien dat dié wat vroeër die onderdrukkers was, dié wat gebaat het by die onderdrukking en Apartheid, wat bemagtig is, byna obsessief die stories waaroor ons nou nog broei, of nog nie broei nie, (in ons One Hundred Years Of Solitude) voor ons neuse wegraap. Hoe hulle hulle in ons stories, ons verdriet en swaarkry indink, verbeel, en die stories skryf. Soos hulle voorouers in hulle diamand- en goudstormlope, die rykdom ontgin het. En ons met weinig gelos het.

Daar is iets oneties daaraan, hoor ek obseen?

ín Herhaling van die geskiedenis? Adding insult to injury? Soos iemand uitgeroep het: “Hoekom loop skryf hulle nie stories oor die Nasionale Party wat hulle al die jare ondersteun het nie? Dis aanmatigend om uit die onregte van onderdrukking en slawerny van slawe en die Khoisanvolke munt te slaan. Mens stik aan bemarkingsfoefies waar die term Khoisan gebruik word, ook name en rotstekening-motiewe, deur almal behalwe die Khoisanvolke self of hulle afstammelinge. En ander weer die miljoene maak. Dat die uitbuiting volstoom voortgaan.

En hier is die vraag: Het enigiets regtig verander? En hieroor kan mens, ek ook nie, die skouers ophaal nie, nie ek of enigeen van die groot groep wat insluit die Khoisanvolke, die afstammelinge van die slawe, almal wat deur bloedvermenging van watter oord ook al duskant die draad geland het. Of buite die laer gelos is. Of uit die laer gedryf is. Ons moet ons erfenis tot ons eie voordeel benut, ons stories self vertel. Onbeskaamd, onbeskroomd.

En sonder politieke gedienstigheid of gedienstigheid aan ín saak: Want kyk wat kry ons van gedienstigheid: Nazi-kuns, fascistiese kuns. Of die eksentrieke en bisarre belaglikheid van Bokassa, keiser van die Central African Republic, se adelaartroon van soliede goud. Ja, selfs sonbesiepoësie.

En nou hier in Suid Afrika, die nuwe politiek korrekte kuns, musiek, teater. Vroeër was alles in navolging van iets Europees, nou gedienstig aan die flavour of the day, Afrika-elemente, kom wat wil. Die eerste vulgêre teken dat ons die pad byster kan raak, is sekerlik die standbeeld van Steve Biko wat in Bisho (Oos-London?) opgerig is.

Ons, die skugter kinders van Apartheid staan by ín grens. Ons bedryf ín nuwe soort grensliteratuur: Ons het dapper mense nodig, wat ín plek in die literatuurwêreld afbaken, want ons het die stories om te vertel. Ons moet voorbrand maak. Ons moet met die Saracen en die Casspir oor die vlakte aangedonder kom om stereotipes, verromantiserings en wanvoorstelling onder die stof te loop. Ons het verpligtings, teenoor onsself, teenoor die geskiedenis omdat ons kollektief die geheue van honderde jare se lewe en lye in ons onderbewuste saamdra. Ons moet rolmodelle vir die nuwe geslag wees. Boodskappers, rigtingwysers, gewetenswakkermakers. Ons moet ons geïnternaliseerde woede, ons sinisme en pessimisme omskep in ín kreatiewe krag. En met oortuiging kan sê: Ons is geen reggesteldes nie, of kwota dit of kwota dat nie. Of touleier en agterryer nie. Ons sit agter die stuur van ons eie ryding. Ons het nie die T-hemp gekoop nie. Ons het die letsels wat bewys dat ons daar was. Dat ons daardeur is.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.