SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoe lank nog, president Mbeki?

Ivor Price

(Hierdie bydrae het aanvanklik as 'n "Van alle kante"-rubriek in Die Burger verskyn op 29 Oktober 2004.)

Geagte mnr Mbeki

Ek het nog nooit die voorreg gehad om u te ontmoet nie, maar ek wil tog vandag aan u 'n skrywe rig. Vergeef my as dit effens familir en voorbarig oorkom. Dit is beslis nie die bedoeling nie.

My ouers het my - op my ma se aandrang - amper 25 jaar gelede "Ivor" gedoop. Die naam het nie juis enige sentimentele waarde nie, buiten dat my ma dit langer as twee dekades gelede iewers gehoor en dit vir haar mooi geklink het.

Ivor. Net dit. Sonder 'n tweede naam. (Nie ek of my broer of my twee susters het tweede name nie.)

My van is Price, maar met die bietjie wat ek al van ons familiegeskiedenis te wete gekom het, het ek 'n idee ons van was nie altyd s nie.

Op my wyle oupa se persoonskaart - soos hy dit self genoem het - staan ons opgeteken as "Prys". Daardie bewys van identiteit het ek al met my eie twee o gesien, eendag toe ek in my pa se goed rondgesnuffel het.

My pa s dis 'n aspriste fout. Die regering van die dag het glo daarop aangedring om ons van te verafrikaans.

Hoe dit ook al sy, van wat ek later jare op die internet kon agterkom, het ek 'n Russiese naam en 'n Walliese van, of dit nou Prys of Price is. En eintlik is ek so pleinweg Afrikaans as kan kom.

My ma se wyle predikantpa (op sy dag 'n grootkop in politieke en onderwyskringe) is die enigste een aan albei kante van ons familie wat Engels grootgeword het.

Die res van ons het oor die geslagte heen net n taal by die huis gepraat, hoewel ons ook Engels goed magtig was.

O ja, en ek is bruin. Soos my ouderdom, vergeet ek soms weke lank watter velkleur en ras-identiteit my lewe lank nog aan my gekoppel word ... totdat iemand (nie net van 'n spesifieke velkleur nie) my vriendelik daaraan herinner.

En ek vergeet ook in die beroepswreld is ek weens regstellende aksie vir baie mense niks anders as "bruin" of "lid van die aangewese groepe" nie, ondanks deeglike werkervaring en bewese vaardighede.

Wat het jy anders verwag? sal sommige mense dalk vra. Ons bly immers in Suid-Afrika - 'n land wat daarna streef om diversiteit in al sy vorme te koester. Ook in die werkplek. Wat anders verwag jy van 'n land met meer as 'n handvol amptelike tale en kultuurgroepe en 'n land wat spog met 'n grondwet wat alles en almal se belange op die hart dra?

Ditt bring my by die eintlike rede waarom ek vandag aan u skryf: regstellende aksie. Hoe lank nog gaan dit vir maatskappye nodig wees om mense aan te stel bloot op grond van velkleur en nie op meriete nie?

Ek verstaan en deel die behoefte aan en strewe na die daarstelling van 'n land waar gelyke geleenthede vir almal geskep word, maar daardie twee woorde laat die laaste ruk bietjie van 'n nasmaak in my mond.

Kom ek verduidelik. Dit het al gebeur dat wanneer ek om 'n pos aansoek doen, mense met die mooiste bedoelings (ek's seker) s die aansoek behoort nie te moeilik te gaan nie, ek's immers bruin.

'n (Wit) Vriend van my, daarenteen , was al moeiliker daaraan toe. Want toe hy onlangs om 'n werk aansoek gedoen het, het talle mense hom bang gepraat met die woorde "regstellende aksie", "rassekwotas", "diensbillikheid" en "gelyke geleenthede".

Die ironie van die saak, mnr. Mbeki, is dat ons albei myns insiens ewe geskik is. Die enigste verskil is die kleurverskil en dit maak in die werkplek 'n grt verskil.

U sou skaam wees om te hoor van al die werkaanbiedings wat mense soos ek kry bloot op grond van velkleur. Was dit nie vir 'n behoefte om op my eie pas in my loopbaan te vorder nie, was ek waarskynlik vandag al 'n hoogs betaalde bruin vertoonstuk iewers in die korporatiewe wreld.

Ek vra u, is dit verkeerd van my om tog nooit, ooit 'n pos te wil beklee omdat ek bruin is nie?

Beste wense
Ivor Price



LitNet: 26 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.