SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Bespreking van Christopher Heywood se A History of South African Literature

Ampie Coetzee

is 'n bekende resensent en akademikus, voorheen verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK).

Klik op die boek en om dit te koop
Titel: A History of South African Literature
Skrywer: Christopher Heywood
Uitgewer: Cambridge University Press
ISBN: 0521554853
Publikasiedatum: 2005
Pages: 310
Formaat: Hardeband

Dit moet 'n moedige, en optimistiese, navorser en letterkundige wees wat 'n geskiedenis van die hele Suid-Afrikaanse letterkunde skryf. Een, Michael Chapman, het al 'n 520-bladsy-opus geskryf (Southern African Literatures), met vele hiate. Dink net waarmee jy te doen gaan kry as jy so volledig moontlik binne 'n "nasionale" letterkunde die letterkundes in hierdie land wil beskryf? Daar is groter en kleiner letterkundige produksies in die volgende Suider-Afrikaanse tale (in alfabetiese volgorde): Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Suid-Ndebele, Setswana, (Ntuli en Swanepoel voeg Siswati by), Suid-Sotho, Tsonga, Venda, Xhosa, Zoeloe.

Die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde alleen - soos JC Kannemeyer se Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur - beslaan twee volumes van oor die 500 bladsye elk. Dis as mens deeglikheid aan lengte toets.

Nietemin. Die jongse literatuurgeskiedenis is diť van Christopher Heywood: A History of South African Literature, Cambridge University Press, 2004, 296 bladsye. Daarin betrek hy die volgende "literÍre tradisies": Khoisan (?), Nguni-Sotho, Afrikaans, Engels, en Indies (?).

Om by die metodologie van sy geskiedenis te kom.

In sy Inleiding is dit duidelik dat periodisering noodsaaklik is. Hy haal Arnold van Gennep se The Rites of Passage aan:

The universe itself is governed by a periodicity which has repercussions on human life, with stages and transitions, movements forward, and periods of relative inactivity.

Suid-Afrikaanse letterkunde kan dan volgens Heywood in twee fases ingedeel word: die eerste 'n wit-oorheerste letterkunde voor 1960, saam met die opkoms van swart self-ontdekking en literÍre prestasies; die tweede, die periode nŠ 1960, toe swart skrywers leidende rolle begin speel het. Vir hom is die hoof historiese baken Sharpeville, die konflik wat op 21 Maart 1960 begin het, gelei het tot 'n noodtoestand, die aaklige gesig van apartheid aan die wÍreld gewys het, en waarna die klein en geleidelike begin van politieke verandering gekom het. Dit lyk na 'n nuttige begrensing van periodes - ook as mens die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde in ag neem ten opsigte van die ontstaan van die "beweging" van Sestig.

Die Inleiding is komparatisties, verstrek belangrike gegewens, en getuig van 'n wye belesenheid. Daarna volg Deel I, Towards Sharpeville, en Deel II, Transformation. Binne hierdie twee dele is hoofstukke met afdelings binne hoofstukke. Uit hierdie afdelings kan mens sy klassifikasie van tekste vasstel. Om dit te probeer vasstel word 'n verkorte oorsig gegee, gelees van die afdeling-hofies.

Die Inleiding het afdelings oor Suid-Afrikaanse gemeenskappe, konflik en letterkunde, ideologie, mťtissage (hy verkies die woord kreolisering), en geskiedenis en letterkunde. Hoofsaaklik dan die sosiale en ideologiese.

Deel I begin dan.

Hoofstuk 2: Poetry before Sharpeville: singing, protest, writing.
Hier word ingedeel in poŽtika, reaksies op oorlog voor 1939, die terugvind van die verlede (hoofsaaklik by Afrika-skrywers); dan weer oor reaksies op oorlog, met Sharpeville daarby; dan literÍre rigtings soos romantisisme, simbolisme en satire. Die hoofstuk eindig, konserwatief en konvensioneel, met Women's Voices. Samevattend dan, indelings gebaseer op temas en skryfwyses.

Hoofstuk 3: Theatre before Fugard.
Teater. Koloniale teater, teater in Engels. Die pad na 'n nasionale en populÍre teater. Dus genre-gebonde indelings.

Hoofstuk 4: Prose classics: Schreiner to Mofolo.
Die afdelings is: Khoisan-kontakte: Schreiner en Millin; Nguni-Sotho: Mofolo, Plaatje. Dan diť eienaardige indeling: trek, preek, mynbou, oorlog. Die etniese word hier behou met die verskeie Afrikaner-aktiwiteite en sosiale houdings. 'n Afdeling oor die Karoo volg, met Perceval Gibbon en Pauline Smith, en die "klassieke" in Engels. Dis moeilik om hier 'n patroon van indeling vas te stel: individuele skrywers, geskiedenis, die etniese, die weerspieŽlende.

Hoofstuk 5: Fiction of resistance and protest: Bosman to Mphahlele.
'n Proloog oor protes as inleiding; oorloŽ; satire en profesie; stad en platteland. Dan "selferkenning", selfontdekking, waar veral baie aandag gegee word aan Herman Charles Bosman (byna net soveel as aan Nadine Gordimer later). Ook hier is die temas gevarieerd, en dis moeilik om 'n spesifieke navorsingsrigting vas te stel.

Nou volg Deel II.

Hoofstuk 6: Poetry after Sharpeville.
Die krisis, Sharpeville (oorsigtelik), en dan die effek daarvan, veral ten opsigte van skryf en politieke betrokkenheid. Dan na 1970 en die emigrasie, of selfmoord, van 'n geslag skrywers in Engels gedurende die sestigerjare (onder andere Abrahams, Brutus, Head, La Guma, Mphahlele, Nakasa). Daar word verwys na die 1974-poŽsiekonferensie by die Universiteit van Kaapstad, wat die aanloop was tot 'n dekade van verandering. Hier sou Heywood ook kon noem die dramatiese Sestigerskrywerskonferensie van 1973 (ook by UK), en veral Breyten Breytenbach se "Blik van buite". Sy indeling bevat verder Nuwe Stemme. Hierdie hoofstuk is meer gefokus op die een tema: transformasie. Dit slaag dus in terme van klassifikasie.

Hoofstuk 7: Theatre: Fugard to Mda.
Dit begin met 'n inleiding tot die teater, dan 'n afdeling: van realisme tot ekspressionisme (maar nie veel oor ekspressionisme nie). Satire word bespreek - met PG du Plessis en Pieter-Dirk Uys. Die koms van "People's Theatre". Diť afdeling is dus genre- spesifiek binne 'n bepaalde tydperk.

Hoofstuk 8: Novels and stories after 1960.
Inleidend is daar 'n proloog oor outobiografie wat fiksie word. Dan "selferkenning" binne die maatskappy (met veral Gordimer, La Guma, Etienne Leroux en 'n bietjie Karel Schoeman). Dis nie heeltemal duidelik wat hierdie selferkenning is nie, en dis ook nie hier 'n deurlopende tema nie. Eintlik gaan dit net oor individuele skrywers. Verdere temas is oor die liggaam en liefde, met onder andere Lionel Abrahams, Jack Cope, Andrť P Brink. Die hoofstuk eindig met 'n lang samevattende stuk oor die pad na 'n bevryde hede. Hoofsaaklik nŠ apartheid - en die hooffiguur hier is JM Coetzee - en ook "Indiese" skrywers (Achmat Dangor, Ahmed Essop ens).

Om saam te vat oor die metodiek van periodisering en klassifikasie van tekste:

Daar is nie 'n definitiewe onderliggende teorie nie. Periodisering is taamlik konsekwent en op verskeie wyses gemarkeer: Sharpeville, spesifieke skrywers as bakens, en betekenisvolle literÍre datums (soos sestig). Groepering volgens temas, tegnieke, en sosiale omstandighede is minder skerp.

Oor die beskrywings - meestal opsommend van die inhoud - van die werk van die belangrikste skrywers in Engels kan mens geen beswaar hÍ nie. DŪt is Heywood se gebied. Mens sou wel kon verskil van sy hoofbeswaar teen JM Coetzee se werk, nl dat hy 'n neiging sou hÍ om te skryf oor wÍrelde waarvan hy min direkte ervaring het, dat hy soms nie "outentiek" genoeg is nie ("... a lack of the fire and authenticity of La Guma, Matthews, and others ..."). Later praat hy weer van 'n "... shortage of authenticity ..." en van "comparable impossibilites". Hy neem dus nie in ag dat Coetzee baie naby aan die simboliese werk nie - soms byna by die allegoriese uitkom.

Oor die volledigheid van die oorsig van die werk van skrywers in ander Afrika-tale kan mens geen uitspraak gee sonder genoegsame kennis nie. 'n Vergelyking met DB Ntule en CF Swanpoel se Southern African Literature in African Languages toon dat daar redelik baie skrywers is wat nie hier betrek word nie. Maar dit kan ook wees omdat hulle werk nie verteenwoordigend genoeg is nie.

Dis natuurlik te betwyfel of Heywood al diť tale ken. As mens kyk na sy oorsig van die Afrikaanse letterkunde, wonder jy hoe goed hy Afrikaans ken. Hy verwys telkens na die feit dat 'n werk vertaal is - wat natuurlik kan impliseer dat hy van vertaalde tekste gewerk het. Dit is nie verkeerd nie, behalwe dat jy dan nie by alles kan uitkom nie, en daar is bitter min Afrikaanse poŽsie vertaal - veral die onvertaalbare gedigte, soos Breyten s'n, byvoorbeeld.

Dis nodig om te wys op die leemtes ten opsigte van die Afrikaanse letterkunde in hierdie literatuurgeskiedenis - al sal dit natuurlik weer lyk na 'n geval van die Afrikaanse letterkunde wat wil spog met die "modest achievements" daarvan, wat JM Coetzee so gegrief het.

Alhoewel Heywood hier en daar na Kannemeyer se literatuurgeskiedenis verwys, is dit duidelik dat hy nie veel ag geslaan het op die hooffigure daarin nie. 'n Mens sou verwag dat 'n literatuurgeskiedskrywer kennis sal neem van gekanoniseerde tekste soos hulle deur die jare ontwikkel het.

Die volgende foute is aangeteken: die Celliers van Jan het Cilliers geword (41). Die titel van Opperman se gedig is nie Die Joernaal van Jorik nie (50). Adam Small het nie Kaaps ontwikkel nie, Peter Blum (nie hier genoem nie) het daarmee begin. Die eerste plaasromans van Van Bruggen en Van den Heever het voor die Carnegie-verslag verskyn. Dit sou eerder die verslag aangehelp het (121). Dis te betwyfel of Jonker se gedig "Korreltjie sand" 'n "recasting" van Blake se "heaven in a grain of sand" is. Skryt, Breyten se verbode digbundel, vertaal nie as Stride nie (158; die etimologie daarvan is volgens Heywood van Nederlands schrijten en Afrikaans skyt. Miskien moet iemand hom sÍ dit kom van die kombinasie skryf, skyt, stryd). Antjie Krog is nie 'n "recently published" digter nie (175): haar eerste bundel het reeds in 1970 verskyn. Die vertaling van "Ons sal nou vrek van die ordentlikheid" uit PG du Plessis se Seder is nie "Oh Lord, respectability will get us to kick te bucket" (188) nie. Magersfontein was nie Leroux se laaste roman voor sy dood nie, en hy is nie in 1977 oorlede nie! (208).

'n Mens sou ook sommige aksente en interpretasies vreemd, selfs lagwekkend, vind. Enkele voorbeelde: die verskyning van Gert Garies in Magersfontein is 'n "klimaks" in die storie (16); "kriptiese" verwysings, soos in Raka en Joernaal van Jorik, is gedoen "under conditions of secrecy imposed by wartime and post-war tensions" (19). Verdere interpretasies oor diť twee gedigte: in Raka druk Van Wyk Louw sy skok uit oor die inval in Holland tydens die oorlog; Joernaal is geskryf in "light-hearted quatrains"; die naam Jorik, buiten die verwysing na Opperman se naam, kan ook afgelei word van York en jok (50). Buiten Raka word geen ander gedig van Van Wyk Louw genoem nie, net 'n paar dramas en 'n opstelbundel (78). Die Meulenaar van Malherbe toon allegoriese trekke, en verder is dit 'n voorstelling van die dubbelsinnige van verlange en verwerping van Europa, ens (120).

Heywood sorg ook dat die politieke kant van tekste, veral ten opsigte van die Afrikaner, na vore kom. Byvoorbeeld: die literÍre vennootskap tussen Elsa Joubert se Poppie en Die swerfjare van Poppie Nongena saam met die Soweto-opstand het die einde van apartheid meegebring (18). Later dieselfde: "... the collaboration of two seemingly innocuous females brought apartheid to its knees" (186). Die enigste noem van DaniŽl Hugo se naam is omdat hy 'n politieke gedig of twee weggelaat het uit die seleksie wat hy gemaak het van PJ Philander se poŽsie (67). Die impak van die Sharpeville-skietery en die opstande "... appeared openly in Rook en Oker" van Ingrid Jonker (153). Maar daar is net die een politieke gedig in ("Die kind wat doodgeskiet is ..."). Die vertaling in PG du Plessis se Seder van die grappige stukkie dialoog "is Aferkaners nou volk" as "d' you mean to say Afrikaners are people?" is ook veelseggend (187).

Sekere skrywers word afgeskeep in terme van ruimte aan hulle afgestaan, en sommiges kry meer as wat hulle eintlik werd is, vergelykenderwys. Byvoorbeeld: CM van den Heever word twee keer genoem. Ina Rousseau kry byna net soveel aandag as Elisabeth Eybers. Net Boerneef se plaasprosa word genoem, sonder titels. Van Breyten word genoem die bloemlesing And Death White as Words wat jare gelede hier verbied is, en nie eers Suid-Afrika bereik het nie. Die Ysterkoei moet sweet het "umKhonto we Sizwe" gesteun en bevryding deur geweld voorgestaan. Dan noem hy Skryt en haal enkele reŽls aan. Breyten en Van Wyk Louw kry bitter min ruimte. Karel Schoeman - "... one of South Africa's most prolific and scholarly writers ..." - kry 'n redelik goeie bespreking van Promised Land, maar dis al. En Etienne van Heerden se Toorberg word saamgegooi met WA de Klerk se The Thirstland, met John Philip se Researches in South Africa, en met Geoffrey Haresnape se Testimony.

Die ergste is egter die uitlatings oor toonaangewende Afrikaanse skrywers. Mens kan verstaan as minder invloedryke skrywers uitgelaat word in 'n internasionale publikasie, alhoewel hulle natuurlik die spektrum van 'n letterkunde volmaak.

Die volgende skrywers word nie eens genoem nie: Langenhoven, Sangiro, Toon van den Heever (Heywood moes sy sosialistiese kortverhaal "Werkstaking by die kleigat" gelees het), Keet, Wassenaar, Visser, WEG Louw, FA Venter, Ernst van Heerden, SJ Pretorius, Peter Blum, Anna M Louw, Jan Rabie, John Miles (en sy Kroniek uit die Doofpot is al in 1996 vertaal as Deafening Silence, en verfilm - en gaan een van die dae finaal gekanoniseer wees wanneer dit een van die "klassieke" van die Afrikaanse prosa word), Chris Barnard, Abraham H de Vries, Hennie Aucamp, Wilma StockenstrŲm (en haar novelle Die kremetartekspedisie is nogal vertaal deur die Nobelpryswenner JM Coetzee), Rachelle Greeff; Haasbroek, en Strachan en Etienne van Heerden se grensverhale word nÍrens genoem nie (die bloedige verhale oor jong Afrikaners wat vir apartheid geveg het. Ideologiese skietgoed!)

Tussendeur al die weglatings en die min aandag gegee aan die belangrike digters (omdat Heywood nie Afrikaans goed genoeg ken om die poŽsie daarin te waardeer nie?) word aandag gegee aan die "abundant output" van Joan Hambidge, maar net van een bundel (Interne verhuising) geskryf, terwyl daar nou al 16 bundels van haar verskyn het . Een gedig van elf reŽls daaruit bespreek hy. En Hambidge het self nie eens daardie gedig, "Interne weerstand", ingesluit in haar onlangse bloemlesing Die buigsaamheid van verdriet (2004) nie.

Daar kan weinig beswaar wees teen Heywood se literatuurgeskiedenis van dit wat in Engels geskryf is. Maar wanneer dit kom by skrywers in inheemse tale, dan skiet sy werk ernstig tekort. Miskien het hy dit besef toe hy die eindsin van sy Erkennings geskryf het: "It should be needless to add that all the opinions, and any errors and omissions in this book, are my own."



LitNet: 21 Februarie 2005


Wil jy reageer op hierdie resensie? Neem deel in die debat. Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.