SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kan wit en swart saam ’n toekoms bou?

Hermann Giliomee

(Hierdie lesing het deel uitgemaak van die afgelope Aardklop-kunstefees se Sol Plaatje-diskoersreeks.)


1 Die gebrek aan ’n ideologie vir samewerking

Daar is ’n ontstellende gebrek aan rasionele debat tussen swart en wit in die land. Die Parlement sit natuurlik nog steeds, die vrye pers lewer kommentaar, en by wyse van hoŽ uitsondering vind daar ’n indringende debat op ’n stasie van ’n toenemend slaafse SABC plaas. Maar wit en swart en bruin en wit praat ontstellend by mekaar verby.

Behalwe in die heel hoogste kringe van die sakesektor is daar min aanduidings van debatte oor hoe wit en swart saam ’n toekoms kan bou. Hoe transformasie en gelyke geleenthede, nierassigheid en Afrikanisering met mekaar versoen kan word. Daar is weinig pogings om mekaar se geskiedenis en toekomsverwagtings te verstaan. Te dikwels speel swartes die rassekaart en verkies wittes om die verlede te vergeet.

Myns insiens het die WVK (Waarheid- en Versoeningskommissie) met sy volkome vereenselwiging met die ANC se aanklag teen apartheid as “a crime against humanity”, en die Kommissie se onvermoŽ om die gebeure behoorlik te kontektualiseer, meer gedoen om ons te verdeel as om ons te versoen.

Dit het sekerlik nie gedeelde oortuigings oor die verlede laat posvat nie. ’n Onlangse studie van die Institute for Reconciliation and Justice, wat gestig is om die werk van die WVK voort te sit, het gevind dat 40 persent van die bevolking saamstem met die stelling dat apartheid op goeie idees berus het, alhoewel daar vergrype was, sewe persent was onseker en net meer as 50 persent het verskil.[1]

Die harde waarheid is dat ons in Suid-Afrika geen samehangende ideologie of kompeterende ideologieŽ het wat ’n verwysingsraamwerk vir ’n debat kan bied nie. Daar is inderdaad ’n groot behoefte aan ’n wit-swart-debat, veral een binne die raamwerk van kompeterende ideologieŽ. Selfs binne die groepe en gemeenskappe is daar nie debat nie. Binne wit geledere is daar nie indringende gesprekke oor verskillende vorme van liberalisme nie en ek dink nie die swart intelligentsia maak hulle moeg om die wesenlike verskil tussen Afrika-nasionalisme en nierassigheid uit te pluis nie. Die baie newelagtige konsep van nierassigheid verhoed inderdaad debat, want die regering gee voor dat daar geen botsing tussen Afrika-nasionalisme en nierassigheid is nie. Pres Thabo Mbeki se konsep van ’n ryk, wit nasie versus ’n swart, arm nasie wil waarskynlik eerder debat verhoed as uitlok. Regstellende aksie, wat kinders van die nuwe regerende elite bevoordeel, maak al minder sin as hulle voorregte geniet het wat arm swart of wit kinders nie gehad het nie. Maar ek kom nie juis agter dat die swart intelligentsia bereid is om daarvoor ’n uitgewerkte ideologiese regverdiging te gee nie.

Ian Buruma het onlangs in die New York Review of Books in ’n artikel getitel “The Joys and Perils of Victimhood” geskryf dat ideologie al baie lyding teweeggebring het, veral waar dit met geweld (soos apartheid is) afgedwing is. Maar om sonder ’n ideologie of ideologieŽ te wees, is net so skadelik. Buruma merk op:

Without ideology, political debate becomes incoherent, and politicians appeal to sentiment instead of ideas. And this can easily result in authoritarianism, for you cannot argue with feelings. Those who try are not denounced for being wrong, but for being unfeeling, uncaring and thus bad people who don’t deserve to be heard.

Laat ek ’n voorbeeld gee.

Anthea Jeffery’s se boek The Truth about the Truth Commission wat onlangs verskyn het, is vanuit die hoek van ’n liberale demokraat geskryf, met die klem op rasionaliteit en getoetste getuienis om die waarheid vas te stel en gevolgtrekkings te maak.

Die reaksie in ongunstige resensies was nie dat sy slegte argumente in haar kritiek op die WVK gehad het nie, maar dat sy ’n ongevoelige persoon is. Zubeida Jaffer het in die Cape Times geskryf:

Life is not just about legal rules as defined by a courtroom. It is about emotions, about pain, about experience.

Maar Jefferey se punt was dat die WVK moes hou by die reŽls van die wet wat dit in die lewe geroep het en dat dit nie lukraak getuienis kon verontagsaam wat die howe aanvaar het nie. In die howe word immers vaste reŽls gebruik om die waarheid vas te stel, wat kruisverhoor insluit. Die WVK het, behalwe in sekere gevalle, nie kruisverhoor toegelaat nie en die Kommissie se omgaan met die waarheid het nie altyd baie vertroue ingeboesem nie.

Dieselfde ding gebeur in die debat oor “transformasie” en die aandrang dat die rasseprofiel van die arbeidsmark of sportspanne verteenwoordigend van die demografie moet wees. Die pleidooi is in werklikheid nie ’n argument wat deur teenargumente beantwoord kan word nie. Dit is ’n dreigment. Soos pres Mbeki dit stel: as transformasie nie vinnig plaasvind nie, sal daar ’n opstand van die armes wees. Hoe antwoord ’n mens daarop?

Die arm swartes is skouspelagtig afwesig in die openbare debat oor sake soos werkloosheid. Vergelykende studies wys uit dat “ethnic riots” soos die een in MaleisiŽ in 1969 gewoonlik deur ongeduldige elites aangehits word.

Effektiewe ideologieŽ moet kan argumenteer dat ’n beleid nie net die aanhangers van ’n bepaalde party of klas sal bevoordeel nie, maar ook ander groepe en klasse in die samelewing. Hoe kan die regering dit aan die armer blankes en swartes verduidelik dat regstellende aksie en transformasie ook tot hķl voordeel is?

Ons kort ’n nuwe visie. Ons kan slegter doen as om te kyk na die werk van ’n swart aktivis en ’n swart akademikus in die VSA, Stokeley Carmichael and Charles Hamilton. Hulle beklemtoon die noodsaak van lewensvatbare bondgenootskappe tussen wit en swart wat mekaar as gelyke vennote beskou en ewe sterk glo dat daar sekere waardes is wat nierassig is wat uitgeleef en beskerm moet word.

Ek het pas ’n geskiedenis van die Afrikaners voltooi. Die vraag wat ek na afloop daarvan vir myself gevra het, is: Wat is daar in die geskiedenis wat vandag vir die Afrikaners waardevol is met die oog op wit-swart-samewerking? Kan die Afrikaners hulself so her-”verbeel” in die sin van Benedict Anderson se Imagined Communities dat hulle wit en swart as volle vennote in die opbou van die nuwe Suid-Afrika sien?

2 Die storie van twee StockenstrŲms
Daar is die storie van die twee StockenstrŲms wat in die eerste helfte van die negetiende eeu openbare figure was, wat vandag nog ter sake is.

a. Die storie van Anders StockenstrŲm: geen vreedsame wit-swart-saambestaan
In 1810 het Anders Stockenstrom, landdros van Graaff-Reinet, die konflik tussen wit en swart aan die Oosgrensgebied tussen die Sondagsrivier en die Visrvier ontleed. Hy is uit die hoŽr stand in Swede gebore en het ’n goeie opvoeding gekry. Hy het waarskynlik weens skuld gevlug en aangesluit by die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, wat hom na sy Kaapse nedersetting gestuur het. Hy het hier aan die Kaap getrou en in 1804 landdros van die uitgestrekte distrik Graaff-Reinet geword.

StockenstrŲm het die botsings tussen wit en swart in die Oosgrensgebied beskryf en toe tot hierdie gevolgtrekking gekom: “Daar kan nie vrede of vriendskap wees tussen die koloniste en die swartes terwyl albei dieselfde grondgebied bewoon nie.” Die oorsake, het hy gesÍ, is “verweef met die karakter van die swartes, die karakter van die koloniste en die karakter van die land”.

Iets meer as ’n jaar later het ’n afdeling Xhosa-krygers StockenstrŲm en sy geselskap van agt mense oorrompel en doodgemaak tewyl hy besig was met onderhandelings om ’n grensoorlog te voorkom.

b. Die storie van Andries StockenstrŲm: saam oorleef deur gelykberegtiging
In 1815 het Anders se seun, die jong Andries, landdros van Graaff-Reinet geword op die ouderdom van slegs 23 jaar. Hy was een van die heel eerste persone in die Kaapsgebore regerende elite wat homself as ’n Afrikaner en ’n Boer bestempel het.

Net voor sy vader se tragiese dood het Andries StockenstrŲm ’n vergadering bygewoon waar die sendelinge Johannes van der Kemp en James Read die landdros van Uitenhage, Jacob Cuyler, beskuldig het dat hy die blanke koloniste bo die Khoikhoi bevoordeel.

By diť geleentheid het StockenstrŲm, toe 18 jaar oud, vir die eerste keer die oortuiging uitgespreek dat wit en swart wel onder sekere voorwaardes vreedsaam kon saambestaan. “Streng en gelyke geregtigheid teen alle koste is die enigste veilige weg,” het hy by geleentheid opgemerk.

In 1816 het StockenstrŲm geoordeel dat die groot meerderheid van die Afrikaanse grensboere nie gekant was teen “gelyke geregtigheid” tussen wit en swart nie. In Engels het hy dit “equal justice” genoem; vandag noem ons dit gelykberegtiging

In 1825 het StockenstrŲm, toe 33 jaar oud, met die sendeling dr John Philip, nog ’n ander sendeling en ’n liberale Britse setlaar vir ’n week lank aan sy huis die kwessie van wit-swart-saambestaan en blanke oorlewing aan die grens gedebatteer.

Vir Philip en kollegas het die hele klem geval op die onreg wat die blankes teenoor swartes (Khoikhoi en Xhosas) in die verlede gepleeg het en nog steeds pleeg. Hulle het dit bevraagteken of blankes wel die morele reg het op ’n bestaan aan die Oosgrens.

Vir StockenstrŲm was daar vir die blanke koloniste drie opsies:

— “Ons kan weghardloop.” (Vandag sal ons sÍ “emigreer”, maar vir StockenstrŲm was die uitwaartse beweging wat historici later die Groot Trek sou noem, ook weghardloop.)

— “Ons kan stil sit en wag tot ons kele afgesny word.”

— “Ons kan verdedig wat ons het.”

Hy het met minagting die opvatting verwerp dat die koloniste nie die reg het om hulself te verdedig nie. Vir hom was “verdedig wat ons het” nooit die verdediging van voorregte nie. Hy wou hÍ dat die grensboere, net soos mense elders, daardie dinge moes kon verdedig wat vir hulle belangrik is: lewe, eiendom en die reg om deur verteenwoordigers inspraak te hÍ in die administrasie van die land.

Maar op watter wyse en watter gronde kon die koloniste hierdie dinge verdedig? Vir StockenstrŲm was daar twee beginsels ter sprake: waarheid en gelykberegtiging.

Die waarheid moes onbevange in die gesig gestaar word en daardie waarheid het ingesluit dat die koloniste in die verlede groot onreg teenoor swartes gepleeg het en ook dat die lone wat op plase betaal is, baie swak was. Die ander beginsel was “equal justice” - gelyke geregtigheid of gelykberegtiging:

Injustice to whites, English or Dutch, or to blacks, Kaffir, Hottentot or Bushman, I will still consider injustice and deal with it accordingly.

By ’n ander geleentheid het hy verklaar:

But I am not called upon to please either party [white colonists or blacks]. I have the cause of truth to serve. I am to call “murder murder” and “plunder plunder”, whatever the color of the perpetrator’s skin.

Om die konflikte tussen wit en swart op die grens te besleg, het hy ’n verdragstel bepleit wat op die beginsel van die gelyke soewereiniteit van die swart en wit owerhede aan weerskante van die grens berus het.

Philip en die ander gaste het “’n mate van redelikheid” in hierdie argument gevind, maar was skepties of die teelaarde geskik was waarin geregtigheid en gematigdheid kon gedy.

StockenstrŲm het groot steun onder die burgers gehad. In die grensoorlog van 1846 het die burgers geweier om sonder hom as leier van die kommando uit te gaan, en in die agitasie vir ’n Kaapse Parlement was hy die leier van die PopulÍre Party in die oostelike distrikte, wat die Afrikaners amper deur die bank gesteun het.

Afrikaner-nasionalistiese geskiedskrywers het nooit vir Andries StockenstrŲm as ’n Afrikaner uitgebeeld nie, en geensins as een van die Afrikaner-grotes nie. StockenstrŲm het min simpatie met die Voortrekkers gehad en kon nie verstaan, soos hy teenoor Piet Retief opgemerk het, dat die Voortrekkers bereid was om die Britse gesag en beskerming vir diť van Dingane en Mzilikazi te verruil nie.

Maar die werklike rede was dat die nasionalistiese historici die Andries StockenstrŲm-beginsel van nierassige gelykberegtiging verwerp het. Hulle het, anders as hy, blanke dominasie en geen gelykstelling tussen swart en wit bepleit en geargumenteer dat slegs so ’n beleid “vrede” sou kon bewerkstellig.

3 Strukture, instellings en wit-swart-samewerking
In die eerste eeu na die ontdekking van goud het politici van die veronderstelling van die ouer StockenstrŲm uitgegaan. Hy sou waarskynlik gebiedskeiding verkies het, maar in die twintigste eeu was dit nie meer moontlik nie. Die opsie van blanke dominasie is gekies in die geloof dat wit en swart nie in ’n vrye bestel vreedsaam kon saambestaan nie. By die grootste deel van die kieserskorps was daar ’n algehele verwerping van gelykstelling tussen wit en swart.

Die liberale opposisie het die beginsels van die jonger StockenstrŲm gepropageer. As ons kyk na sy drie opsies, was daar wel diegene onder hulle wat gevlug het deur te emigreer, maar daar was ook ander wat eiendomsreg, meriete en standaarde verdedig het, maar ook na mense buite die blanke gemeenskap wou uitreik en die ideaal wou voorhou van wit en swart wat saamwerk om Suid-Afrika te laat slaag.

Dit is nie vergesog nie om in die optrede van die liberale opposisie sedert 1910 iets van ’n soeke te sien na maniere waarop die StockenstrŲm-beginsel van gelykberegtiging aan die kieserskorps verkoop kon word.

Ons Grondwet en Konstitusionele Hof probeer konflikte vreedsaam besleg, maar op hul eie kan hulle nie wit-swart-samewerking bevorder nie.

Laat ons kyk na die belangrikste strukure wat samewerking kan bevorder of in die wiele ry.

a. Regeringsvorm
Die eerste is die regeringsvorm en meer spesifiek die manier waarop die kabinet gevorm word. Die ANC het, by monde van Nelson Mandela, van die begin daarop aangedring dat na apartheid afgeskaf is, Suid-Afrika al meer ’n gewone samelewing sal word en dat die land dus, in sy woorde, “an ordinary democracy” moet kry. Die regte van groepe moet dus nie beskerm word nie, net die regte van individue.

Ons het in 1994 wat genoem word ’n “majoritarian system” gekry. Die veiligheidsmeganisme in sulke stelsels is die gereelde verwisseling van die regerende party nŠ ’n nederlaag by die stembus. By ons is die kanse daarvoor skraal. Daar is dus die groot risiko van ’n onverdraagsame eenpartydominante stelsel.[2]

Ons “majoritarian democracy” in ’n diepverdeelde samelewing druis teen die internasionale praktyk in. In diepverdeelde samelewings soos diť van ons, is die algemene tendens dat daar probeer word om in die Grondwet vir samewerking tussen die meerderheid en die minderheid voorsiening te maak.

Donald Horowitz stel dit so:

For these societies, special sets of institutions seem to be required to insure that minorities who might be excluded by majoritarian systems be included in the decision-making process and that inter-ethnic compromise and accommodation be fostered rather than impeded.[3]


Horowitz wys egter ook daarop dat daar internasionaal geen eenstemmigheid bestaan oor die mees wenslike instellings nie en dat konsosiasie of magsdeling, wat sekere kenners (Arend Lijphart) sterk vir Suid-Afrika gepropageer het, nooit juis veel kans sou hÍ om deur die ANC of die wÍreldmening aanvaar te word nie

Tog hou die gebrek aan magsdelingsmeganismes, die afwesigheid van federalisme en die onwaarskynlikheid van ’n magsverwisseling gevare in op die kort tot medium termyn. ’n Erkende kenner, Vernon Bogdanor, skryf:

Divided societies that have attained stability have all adopted a model of government whose essence is the sharing of power. Some kind of power-sharing has been a feature of governments in all societies that have successfully overcome their divisions.[4]

’n Wit opstand lyk al meer onwaarskynlik, maar die moontlikheid van ’n klein maar doeltreffende terreurbeweging oor tien jaar of meer kan nie heeltemal uitgesluit word nie. Die grootste onmiddellike gevaar is egter die toenemende apatie van kiesers, wat natuurlik eweseer op rekening van die regerende party as op diť van die Demokratiese Alliansie met sy onlangse onverkwiklike skeuring geskryf kan word.

b. Kiesstelsel
Saam met die regeringsvorm is die kiesstelsel die belangrikste meganisme wat samewerking bevorder. Die hele persdebat die laaste 12 tot 13 jaar gaan van Nelson Mandela se veronderstelling uit dat ons gou ’n normale samelewing sal word. Gevolglik word verwag dat mense toenemend ooreenkomstig hul klassebelange eerder as hul identiteit gaan stem. Dat dit nie elders in diepverdeelde samelewings gebeur nie, noop kenners nie om hul opvattings te wysig nie. Hulle is veel eerder geneig om die opposisiepartye te blameer dat hulle nie vernuftig genoeg is nie.

Die feit is egter dat ons PR-lys-stelsel dit ’n party soos die ANC loon om sy steun steun onder die grootste bevolkingsgroep te konsolideer. Dit hoef dus nie iets te doen om minderhede te versoen of hul stemme te werf nie. Daar is natuurlik lede van die minderhede op sy lys, maar waarskynlik sal geen witmens ’n plaaslike verkiesing in ’n oorwegend wit kiesafdeling onder die ANC-vaandel kan wen nie. Die witmense in die ANC kan kwalik as verteenwoordigend van die blanke kiesers beskou word.

Horowitz beveel die Alternatiewe Stem aan, waaronder kandidate beloon word as hulle ook buite hul etniese groep steun kan trek. Die Van Zyl Slabbert-kommissie het ’n interessante kombinasie van kiesstelsels voorgestel wat ’n groot verbetering op die huidige een sal wees. Die regering is baie teensinnig om enige wysiging te aanvaar, omdat die huidige een die ANC-leierskap met sy neiging tot magskonsentrasie so goed pas. Tog sal dit waarskynlik al meer besef dat waar die proporsionele stem met ’n geslote lys goed is vir die vestiging van ’n demokrasie, dit baie swak vaar in die konsolidasie van ’n demokrasie. Daar is al meer tekens van wat kenners noem die “suspended state”, ver verwyderd van kiesers op die grondvlak as gevolg van die gebrek aan ’n bande tussen ’n parlementslid en ’n kiesafdeling. Die kiesstelsel wat ons tans het, werk wit-swart-samewerking teen en skep slegs die illusie van etniese verskeidenheid in die drie grootste partye se parlementÍre koukusse.

c. ’n Liberale ekonomie
Laastens het ons die kapitalistiese stelsel wat beslissend inwerk op wit-swart-samewerking en konflik. Die konflik-element is sterk, want kapitalisme floreer op kompetisie en die uitdryf van die swakkere. Ons kapitalistiese ideologie het sy oorsprong in 19-eeuse Brittanje en die credo’s van vryhandel en laissez faire.

Lewis Gann beskryf dit soos volg:

There is a kind of necessary underlying harmony, a sort of “invisible hand making for the good.” All conflicts are ultimately due to misconception of interest. Provided certain economic, social and political institutions founded in reason itself can be enforced, and provided men can be made to realize their “true” interests, universal happiness must result.[5]


Dit is baie moeilik vir Westerse liberales om te aanvaar dat die vrye mark en die vrye demokratiese stelsel saam nie altyd werk nie. Dit is wat in gevorderde demokrasieŽ in ontwikkelde lande gebeur, maar dit is nie die geskiedenis van ontwikkelende lande met etniese verdelings in AsiŽ en Afrika nie. Hier gaan ’n liberale demokrasie en ’n vrye mark moeilik saam. Die rede is dat mense nie, soos wat liberales glo, op individuele basis kompeteer nie, maar op ’n groepsbasis. Daar is geen onderliggende harmonie in die vrye mark nie; dit beloon nie net sekere persone nie maar ook sekere etniese groepe. Die etniese groepe wat histories deur die mark bevoordeel is, is in baie lande in Afrika en AsiŽ nie dieselfde etniese groepe as wat deur “majoritarianism” bevoordeel word nie.

Amy Chua stel dit so nŠ haar omvattende studie van markte, demokrasie en etnisiteit in ontwikkelende lande in postkoloniale Suidoos-AsiŽ:

In the developing world democracy characteristically pits a politically powerful but impoverished “indigenous” majority against an economically dominant ethnic minority. From these simple premises, a number of profound implications follow. First, far from having the civilizing effect that Montesquieu envisioned marketization in the developing world is often destabilizing, fomenting ethnic envy and hatred among (often chronically) poor majorities. Second, in most developing countries democracy can only proceed in deep tension with markets. Rather than reinforcing the market’s efficiency and wealth-producing effects, democratisation ordinarily will lead to powerful ethnonationalist anti-market pressures. Third, ethnic division and the developing world cannot be regarded as just another aspect of underdevelopment curable by the universal prescription of free market democracy. On the contrary, the combined pursuit of marketization in the developing world is likely to catalyze ethnic tensions with potentially catastrophic effects, including the subversion of both markets and democracy Ö[6]

Sy besluit:

This phenomenon in the developing world is potentially very destabilizing, yet it is uniformly disregarded by lawyers and scholars in marketization. This neglect is due partly to western akwardness with potentially invidious ethnic generalizations.[7]

In die Suid-Afrikaanse konteks som Van Zyl Slabbert die probleem bondig op:

By choosing to pursue both democracy and growth at the same time, South Africa as a developing country is continually caught up in the tension between the imperatives for a successful market economy and the promises of a liberal democracy.[8]

In die geskiedenis van Suid-Afrika was dit eers die Engelssprekende minderheid wat die mark totaal oorheers het. Hulle het heel eerste verstedelik en in die staatsdiens en industriŽle ekonomie ingekom, die taal van die mark gepraat en op noue bande met die koloniale moondheid gesteun. Hulle het baie min simpatie jeens die Afrikaners op die kapitalistiese rand betoon. Daarna het die Afrikaners ingekom en met moeite en regeringsinmenging ’n plek in die industriŽle ekonomie uitgekerf. Nou is dit die swartes se kans en hulle is verstaanbaar ongeduldig.

Die groot gevaar vandag in ons land is egter nie die ongeduld van die armes nie. Dit is die nuwe middestand wat haastig en ongeduldig is. Dit is hulle wat die beskuldigings van rassisme en selfsug slinger. Hulle steur hulle min aan die lot van die armes. Soos in ander lande is dit die middestand wat hul eie belange en veel beter toegang tot die regering as die armes het.[9]

In baie lande het hierdie prosesse die demokrasie uitgehol sodat net ’n dop oorbly. Dan funksioneer vrywillige emigrasie as ’n veiligheidsklep vir die bolaag van die minderheid. Die sentralistiese neigings van die ANC kan groot wrywing laat ontstaan as hulle dokters wil voorsÍ waar om te praktiseer en ouers wil vertel hoe hulle ekstra vergoeding aan knap onderwysers mag betaal.

Die Mbeki-rewolusie
Ek is daarvan oortuig dat daardie Afrikaners wat in die vroeŽ 1990’s ’n skikking voorgestaan het, dit in die eerste plek wou hÍ sodat dat daar dringend na die benarde posisie van die swart en bruin armes omgesien sou word.

Wanneer pres Thabo Mbeki om swart-wit-samewerking vra, is dit eerstens ’n versoek om die nood van die armes te help verlig. Toe hy in Julie 1999 die Afrikanerbond besoek het, was sy belangrikste versoek dat die Bond swartes moet help met armoedeverligting, werkskepping en landelike ontwikkeling. “The Afrikaners,” het hy gesÍ, “have vast experience in these areas and we challenge everyone today to come into partnership with government and make this programme a success.”

Dit is wel so dat die Afrikaners ervaring op die gebied het, maar die omvang van die probleem is totaal anders. In die geval van die Afrikaners in die 1930’s was tussen ’n kwart en ’n derde van die Afrikaners baie arm; in die geval van die swartes is dit twee derdes: syfergewys was dit tussen 300 000 en 400 000 mense, teenoor tussen 17 en 20 miljoen mense.

Die Bond het ’n paar skemas van armoedeverligting vir swartes, en daar is die waardevolle werk van organisasies soos Kindersorg. Die meer welgestelde boere kap ’n nuwe pad oop deur aansporingskemas aan werkers te bied en selfs winsdeling in te stel. Dit moet verwelkom word.

Op groot skaal is daar egter nie veel wat landelike blankes kan doen om armoede te verlig nie. Wetgewing het boere aangespoor om hul arbeidsmag te verminder en selfs huise te sloop. In die stede en dorpe is daar werkgewers wat waarskynlik heelwat meer mense teen laer lone in diens sou neem, maar wat deur die arbeidswetgewing afgeskrik word. Die Afrikaner-armes van die 1930’s was nie wesenlik deur arbeidswetgewing gekortwiek nie. Die staat het in die eerste helfte van die 1930’s ’n besonder hoŽ proporsie van die begroting (in een jaar so hoog as 15 persent) op die verligting van blanke armoede en noodbystand aan boere bestee, maar met vandag se finansiŽle dissipline is so iets seker nie moontlik nie.

Blankes wat in die vroeŽ 1990’s ’n skikking voorgestaan het, kon hulle nie indink dat blankes vinnig en op groot skaal uit die staatsdiens uit gedruk sou word nie. Tussen Mei 1994 en die einde van 1997 is 60 000 mense in die hoŽr range van die staatsdiens uitgerangeer. Daar word tans ewe groot druk uitgeoefen om ook die hoŽr range van die private sektor ooreenkomstig die demografiese profiel te transformeer.

Waar teen 1993 blankes en veral blanke mans die senior vlakke in die sentrale staatsdiens en tweede- en derdevlakregerings, staatskorporasies en die private sektor oorheers het, lyk die posisie tans so: In senior bestuursposte in die staatsdiens is 56% swart, 8% AsiŽrs, 10% bruin en 26% wit; en amper ’n kwart is vroue. In die staatsbeheerde korporasies se senior bestuur is 57% blank en 43% swart, en in private maatskappye se senior bestuur is 11% swart en 79% wit.

In die staatsdiens is daar talle blankes in hoŽ poste wat baie graag die land wil help opbou, maar wat met ’n knaende onsekerheid oor hul werksekuriteit rondloop. In die private sektor kan dit nie juis verwag word dat blankes swartes entoesiasties sal help as dit beteken dat hulle hulself uit ’n werk moet werk nie.

Mbeki laat geen twyfel nie dat totdat “demografiese verteenwoordiging” bereik is, diskriminasie geregverdig sal wees. Nierassigheid en stabiliteit sal volgens hom eers bereik word as al die vlakke van die arbeidsmark die bevolkingsamestelling weerspieŽl. As woorde betekenis het, is die realiteit dat blankes moet verwag om teruggedruk te word tot tien persent van die bestuurs- en ander uitvoerende poste. Dieselfde geld vir nasionale en provinsiale sportspanne.

Desnieteenstaande spreek Mbeki die hoop uit dat daar ’n wen-wen-situasie sal wees - daar moet volgens hom sowel regstellende aksie as “geleenthede vir al ons mense” wees. Hy het aangedui dat die regering gewillig is om te kyk na die voorstel van die vakbond Solidariteit dat ’n gelykheidsakkoord oor regstellende aksie gesluit word. Maar ’n mens weet nie of hierdie woorde maar net ’n gepaai is nie. Daar is geen ideologiese raamwerk waarbinne sy woorde oor kwotas en transformasie beoordeel kan word nie.

Die vraag is op watter gronde so ’n drastiese inmenging in die arbeidsmark in ’n liberale demokrasie geregverdig kan word. Mbeki probeer dit regverdig deur te sÍ dat die Grondwet dit noodsaak, maar hierdie stelling is tendensieus. Artikel 195 verklaar dat in die publieke sektor die administrasie “breedweg” verteenwoordigend van die bevolking moet wees, maar kwalifiseer dit deur te sÍ dat “vermoŽns, objektiwiteit en billikheid” ook in ag geneem moet word. Niemand sou op grond van hierdie klousule kon voorspel dat “bevolkingskwotas” ’n doelwit sou word wat soos in die laaste tyd in die staatsdiens met die grootste spoed nagejaag moet word ten koste van dienslewering nie.

Mbeki se tweede regverdiging is die geskiedenis van apartheid. Dit is so dat apartheid, soos sy voorganger segregasie, net blankes in senior poste in die sentrale regering aangestel het. Daar het dus ’n verwringing plaasgevind wat reggestel moet word.

Maar enigiemand wat die literatuur ken, weet dat apartheid nie die enigste verklaring vir ons land se arbeidsprofiel is nie. In BrasiliŽ, byvoorbeeld, was daar oor die laaste sewentig jaar geen formele rassediskriminasie nie, maar tog bestaan dieselfde inkomste-ongelykhede as in Suid-Afrika en beset blankes disproporsioneel baie bestuursposte.

Ten derde verwys Mbeki na MaleisiŽ as ’n voorbeeld wat die ANC bestudeer het toe dit die wetgewing ingestel het. Maar soos die vakbond Solidariteit aangetoon het, wys MaleisiŽ in baie opsigte hoe verkeerd die beleid tans hier toegepas word. In Suid-Afrika neem die beleid amper die vorm van dekolonisasie aan as mens kyk na die spoed waarteen blankes die staatsdiens en die staatskorporasies nŠ 1994 moes ontruim. Regstellende aksie in MaleisiŽ was veral op die private sektor gemik, wat deur die veel meer welvarende Chinese oorheers is. Maar die basiese beginsel was die stimulering van hoŽ groei - die land het tussen 1957 en 1985 teen 4,1% en in die volgende tien jaar teen 5,6% gegroei.

Daardie Chinese wat weens regstellende aksie vervang is, het na ander, beter werksgeleenthede beweeg. Regstellende aksie is agterweŽ gehou wanneer groei verlangsaam en min nuwe werksgeleenthede geskep is. Die posisie van die armste MaleisiŽrs het dramaties verbeter, maar dieselfde was waar van die Chinese. Armoede op die vlak van honger ly is feitlik uitgewis.

In Suid-Afrika is alles omtrent net mooi omgekeerd. Groei is onder 3%. Die arbeidsmark is so rigied dat die Economist Intelligence Unit vir Suid-Afrika laaste uit 60 lande plaas. Werkskepping is swak en die proporsie baie arm swartes het die laaste sewe jaar van 41% tot 49% gestyg.

‘‘’n Beter lewe vir almal”
In sy Sol Plaatje-Gedenklesing by Aardklop 2003 het Van Zyl Slabbert ’n samehangende raamwerk voorgestel vir ’n debat oor ’n stabiele en vooruitstrewende land teen die jaar 2014. Binne hierdie raamwerk is daar drie doelwitte waarmee die meeste mense hulself kan vereenselwig: (1) ’n liberale demokrasie, (2) ’n markgerigte ekonomie en (3) ’n vrye burgerlike samelewing.

Wat die eerste waarde betref: Soos ek hom verstaan, het ons nie tans ’n liberale demokrasie nie, maar moet ons daarvoor werk.

Myns insiens skiet Suid-Afrika tans tekort op die volgende gebiede:

— Die regering beskou die staatsdiens feitlik as die verlengstuk van die party. In liberale demokrasieŽ is daar ’n duidelike onderskeid tussen die regerende party en die staatsdiens. Die neutraliteit van die staatsdiens word baie hoog geag as ’n liberaal-demokratiese waarde.

— Ewe problematies is die regerende party se neiging om homself as die soloskepper van die demokrasie in 1994 te sien en die parlementÍre opposisie te brandmerk as dislojale opposisie wat dit verdag maak omdat dit durf waag om die “bevryders” te kritiseer.

Die tweede waarde is ’n markgerigte ekonomie. Die probleem hier is dat die ANC die prioriteit van transformasie bo die Grondwet stel in sy eise van demografiese verteenwoordigendheid. Die Grondwet stel ’n balans voor; die ANC wil kyk hoe ver hy kan gaan sonder om die mark te knak. Maar daar moet goed besef word dat geld wat aan transformasie en bemagtiging bestee word, geld wegvat wat aan vaste belegging en werkskepping bestee sou kon word. En die soort elite pakte wat die Brenthurt-inisiatief voorstel, sal liberale demokrasie ondermyn eerder as bevorder.[10]

Laastens is daar ’n vrye burgerlike samelewing waarna ons moet strewe. Dit is wel so dat die Konstitusionele Hof veronderstel is om as beskermer op te tree. Maar dit wil in die laaste tyd voorkom of die Hof eerder die meerderheid as etniese minderhede wil beskerm. En dit lyk of dit die belange van die meerderheidsparty bo diť van die opposisiepartye wil bevorder. Die onlangse besluit om oorlopery in die Parlement goed te keur, is onverstaanbaar, veral aangesien ’n soortgelyke versoek in 1996 in ’n regbank waarop baie van dieselfde regters was, afgekeur is.

’n Woordvoerder van Solidariteit het onlangs verklaar dat daar wel regte in die Grondwet is waarop die vakbond homself sal kan beroep, maar dat die openbare klimaat baie negatief is teenoor enige aksie van ’n voorheen bevoordeelde minderheid.

Oor taalregte is die regering baie traag om aan die Grondwet se voorskrifte te voldoen of om ampsdraers wat dit minag, in die bek te ruk. Onlangs het ’n DA-lid in die stadsraad van Port Elizabeth al die regulasies nagekom voordat hy die raad in Afrikaans toegespreek het. Die burgemeester was ontstig en het dit ’n daad van “political provocation” genoem.[11] Solank hierdie houding aanwesig is, loop Suid-Afrika die weg wat die Kanadese filosoof Charles Taylor “democratic exclusion”[12] noem. Die heeserende elite gebruik neutrale terme soos access of representivity om enige vorm van pluralisme of minderheidsaansprake te troef.

Die swak staat wat ons het, en die omvang van misdaad en korrupsie, werk ook teen ’n gesonde burgerlike gemeenskap in. As mense meer en meer hulpbronne moet aanwend om die dinge te doen waarvoor die staat te swak is, is daar al meer die neiging om net seksionele belange eerder as die algemene welsyn te bevorder.

Die skikking van die 1990’s los die probleem van wit-swart-gelykberegtiging nie op nie, maar maak dit moontlik om sinvol daaroor te argumenteer. Die dae van geen gelykstelling tussen wit en swart is finaal verby en daar is vandag gelykheid tussen wit en swart, maar wat sal gelykberegtiging behels? Ons moet begin praat oor Andries StockenstrŲm se beginsel van gelykberegtiging - “equal justice” - tussen wit en swart as die voorvereiste vir suksesvolle wit-swart-samewerking in die opbou van die land. Dit kan die sleutelelement van ’n stabiliserende opvolgskikking wees.[13]


[1] Die opname is gepubliseer in my The Afrikaners: Biography of a People, Kaapstad: Tafelberg, 2003, p 655.
[2] Vir ’n verdere bespreking sien Hermann Giliomee and Charles Simkins (reds), The Awkward Embrace: One-party Domination and Democracy, Kaapstad, Tafelberg 1999.
[3] Donald Horowitz, “Constitutional Design: An Oxymoron?” in Ian Shapiro and Stephen Macedo (reds), Designing Democratic Institutions, New York: New York University Press, 2000, p 253.
[4] Vernon Bogdanor, “Forms of Autonmy and the Protection of Minorities”, Daedalus, 126.2 (1997), p 66.
[5] LH Gann, “Liberal interpretations of South African history”, Rhodes-Livingstone Journal, 25 (1959), pp 46-47.
[6] Amy Chua, “Markets, Democracy and Ethnicity”, The Yale Law Journal, 108.1 (1998), pp 3-4.
[7] Amy Chua, “Markets, Democracy and Ethnicity”, p 96.
[8] F.van Zyl Slabbert, “South Africa 2004-2014: The Future is not what it used to be”, Sol Plaatje Memorial Lecture, Aardklop, 2003.
[9] Donald Horowitz, Ethnic Groups in Conflict, Berkeley: University of California Press, 1985, pp 95-140.
[10] Lawrence Schlemmer, “The Brenthurst Initiative”, Focus, 31.3 (2003), pp28-30.
[11] EP Herald, 19 September 2003.
[12] Charles Taylor, “The Dynamics of Democratic Exclusion”, Journal of Democracy, 9.4 (1998), pp 143-156.
[13] Pierre du Toit verskaf ’n goeie raamwerk vir debatte oor ’n opvolgskikking in sy “Why Post-Settlement Settlements?”, Journal of Democracy, 14.3 (2003), pp 105-118.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.