SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Waar’s die nuwe stemme in ons letterkunde?

Hein Willemse

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002


Ek bied hierdie voordrag in drie stadiums aan:

  • Eerstens, ’n ondersoekende kyk na die vraag van hierdie sessie. Ek gaan ’n paar vrae vra sonder om dit te probeer beantwoord, want die vraagstelling as sodanig is vir my noodsaaklik sodat die reikwydte van ’n paar terme geÔdentifiseer kan word.

  • Tweedens, ’n kort bespreking oor die verwagte onderwerp wat my gespreksgenote waarskynlik vollediger sal bespreek.

  • Laastens, ’n paragraaf of twee oor geletterdheid in Suid-Afrika.

    Ek reken dat al hierdie kwessies wat ek moedswillig gaan oopkrap, al trillende met die hoofvraag resoneer.

    1
    Die vraag, “Waar’s die nuwe stemme in ons letterkunde?” is op die oog af eenvoudig. Die doelstelling van die vraag is, hoe kan die oŽnskynlike tekort aan Afrikaanse skrywers verklaar word, veral na die opbloei van die Afrikaanse letterkunde in die verlede? Eenvoudig, maar ek reken dat dit ’n bedrieglike eenvoud is. Hierdie oop vraagstelling het soveel vermeende voorveronderstellings dat mens eers klaarheid oor die huiwerende aannames moet kry voordat die vraag beantwoord kan word.

    Die vraag laat heelwat ongesÍ en onvoltooid. Wat is byvoorbeeld “nuwe stemme”? Is dit ’n nuwe geslag skrywers, met die klem op geslagtelikheid, daardie eeue-oue merk van onderskeid, die manlikes, die vroulikes, trans-, hetero- en homoseksuele as skrywendes? Veronderstel die vraag die aanwesigheid of afwesigheid van ’n nuwe groep skrywers, nou omskryf in polities-sosiale terme? Is dit daardie klomp wat voorheen met alle mag uitgesluit en afgekamp is en nou met dieselfde ywer ingekamp moet word? Of vertrek die vraag van die veronderstelling dat die nuwe stemme tot ’n uitgelese kring toegelaat moet word? Daardie Letterkunde-kring (met die klem op die hoofletter L) wat die hekwagters van onoortreflike en historiese literÍre standaarde met besielende leiding beskerm, verdedig en oordra.

    “Ons letterkunde?” Hoeveel onse is in hierdie pond? Wie staan binne en wie fladder buite soos brommers om ’n kadawer? In ’n land soos Suid-Afrika is “ons”, die besitsbegrip — die genitief — een wat met omsigtigheid hanteer moet word. Vandag, na byna agt jaar van ’n demokratiese bestel, is daar steeds diegene wat die woorde “ons” soos in “ons Springbok-span” of “ons krieketspan” moeisaam oor hulle lippe laat kom. Vir ander stol die woorde “ons president” in hulle kele en kom slegs die heersende sinoniem vir gebrekkigheid oor hulle lippe.

    Dat mense Afrikaanssprekend is, beteken nie noodwendig dat hulle die Afrikaanse letterkunde eien nie. Die gekanoniseerde Afrikaanse letterkunde het vir die grootste deel van sy geskiedenis tot ťťn deel van die Afrikaans-sprekende bevolking gespreek, terwyl dit mense wat nie tot die hoofmiddelklasstroom behoort het, uitgesluit, bespotlik gemaak of gewoon geÔgnoreer het.

    Spreek die “ons” in “ons letterkunde” net tot Afrikaanssprekendes, of brei ons die begrip uit na die Suid-Afrikaanse konteks soos in “ons Suid-Afrikaanse letterkunde”, of met ’n enorme denksprong na kontinentale solidariteit, waar ons “ons” versoen met “ons Afrika-letterkunde”?

    Selfs die begrip “letterkunde” moet aan dieselfde vraagstelling onderwerp word. Letterkunde is alles behalwe ’n neutrale, waardevrye begrip. Letter-kunde, as belles lettre, is wesenlik ’n konstruk wat heel dikwels met ’n vermenging van sogenaamde literÍre, sosiale en historiese standaarde as die universele norm voorgestel word. Daarmee sluit ons per implikasie ’n magdom ander geskrifte uit, byvoorbeeld tekste wat dikwels beskryf word as populÍre literatuur, of in Afrikaans met ’n omhaal van woorde as “goeie, gewilde prosa”. Net so sluit ons, dikwels doelbewus, die nuwere ontwikkelinge in massamedia van die begrip “letterkunde” uit.

    Terloops, as ek agterdogtig was, sou ek verder kon wonder of die vraag nie verband hou met die verlammende wanhoopsdebatte wat die afgelope dekade of wat in wit geledere so vaardig was/is nie? Die uitstaande kenmerke van die debatte is ’n terughunkering na ’n vorige bestel toe dit “beter” gegaan het, en “ons” in beheer was, of ’n uitryg van derms oor waarom wat gebeur wel gebeur het of ’n soektog na ’n messiaanse uitkoms om ons uit ’n onverkwiklike toestand te red.

    2
    In aansluiting by my laaste stelling is dit inderdaad waar dat die hoogbloei van gekanoniseerde Afrikaanse letterkunde gerugsteun is deur ’n goedontwikkelde uitgewersbedryf , ’n simpatieke boekindustrie — vanaf elegante boekrubrieke in koerante tot voordelige biblioteekbegrotings en falankse literatore. Selfs vorige apartheidsregerings het ’n stamverbonde deernis met die Afrikaanse letterkunde gehad, al het prominente Afrikaanse skrywers hulself in opposisie gestel. Die algemene persepsie bly dat Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde in ’n groter mate bevoordeel is as ander Suid-Afrikaanse tale of skrywers — ’n kwessie van bloed wat kruip waar dit nie kan loop nie. Vandag bevind die Afrikaanse letterkunde hom in ’n drukgang, omdat Afrikaans aan bande gelÍ word deur ’n veelvoud van faktore, waaronder die belangrikste die afskaling van die taal in die openbare en onderwyssektore is, en gepaardgaande daarmee die verlies aan amptelike koestering.

    Die openbare ruimte vir Afrikaanse skrywers, die geleenthede vir skepping in voorheen gesanksioneerde omgewings het verminder of in sommige gevalle opgedroog. Byvoorbeeld, in die middel van die vorige eeu het ’n toe nuwe genre soos die radiodrama relatief vinnig ontwikkel omdat ’n geslag Afrikaanse skrywers toegang tot die radiobedryf gekry het. Vandag, onder die druk van aanpassinge in die uitsaaibedryf, is sulke moontlikhede op die primÍre Afrikaanse radiostasie afgeskaal tot ’n paar enkeldramas, ’n enkele vervolgverhaal en een of twee geleentheidstukke per jaar.

    Soos die radiodrama onder markdruk moes aanpas, verkeer ook die Afrikaanse letterkunde, as gekanoniseerde teksproduksie, onder druk. Die voorgeskrewe skool- en universiteitsboekmark is besig om sienderoŽ in duie te stort, enersyds omdat daar ’n vermindering in boekaankope is, en andersyds, in die geval van tersiÍre opleiding, omdat daar jaarliks minder studente is wat hulle inskryf vir gevorderde Afrikaanse letter- en taalkundige studie. Vir die skrywer en uitgewer wat produkte vir hierdie markte moet skep, word die uitdaging om in Afrikaans te produseer minder en minder betalend, nie net omdat die skool- en gevorderde Afrikaanse boekmark kleiner word nie, maar omdat — ten spyte van Kalahari.net, die internet-boekwinkel — toegang tot Afrikaanse boeke vir die breŽr leserspubliek beperk bly.

    Tog, ten spyte van die afgeskaalde omgewing waarin Afrikaanse letterkunde vandag geproduseer word, meen ek dat, oorhoofs gesien, dit ’n distorsie is om “nuwe stemme” te probeer identifiseer op dieselfde manier as wat Afrikaanse literatore dit voorheen gedoen het. Die vraag van hierdie sessie duik juis op omdat die gekanoniseerde Afrikaanse letterkunde, na analogie van die Nederlandse Tagtigers in die negentiende eeu, bykans deterministies in elke dekade die volgende groot Afrikaanse skrywer of ’n nuwe kuns- of skryfrigting moes identifiseer.

    Die nuwe geslag(te) Afrikaanse skrywers is daar. Die Afrikaanse letterkunde bly een van die vibrantste in Suider-Afrika, met steeds van die beste infrastrukture, al is dit afgeskaal, en jaar na jaar word meer fiksie in die taal gepubliseer as in enige ander Suid-Afrikaanse taal. Dit is in diť voordeliger omgewing dat die “nuwe stemme” van die Afrikaanse letterkunde na vore sal kom, sonder dat hulle ryp gedruk moet word.

    Gegee die omgewing waarin gepubliseer word, sal ons ons definisie van die nuwe skrywer, die nuwe stem, moet verbreed. Afrikaanse populÍre tydskrifte het byvoorbeeld ’n lang verhaaltradisie met ouer en jonger skrywers wat, net soos die skrywers van populÍre romans en avontuurverhale, onbesonge jaar na jaar groot plesier aan derduisende lesers verskaf. Dieselfde sou gesÍ kon word van die nuwe geslag draaiboekskrywers wat die elektroniese omgewing ontdek en met ’n verskeidenheid interessante tekste na vore kom. Al is die ruimte en moontlikheid vir grootskaalse deelname beperk, word ’n nuwe geslag skrywers tog bekendgestel aan die moontlikhede van moderne tegnologie. Soos nooit voorheen nie, bied die kunstefees-industrie vir Afrikaanse skrywers die ruimte om te eksperimenteer, dramas en ander produkte te skep, te herskryf of aan te pas. Die kunstefees-industrie skep omgewings wat getuig van kreatiewe energie wat voorheen nooit op ’n soortgelyke manier tot uiting gekom het nie.

    Die opbloei van letterkunde in die algemeen gedy in samehang met breŽr sosiale ontwikkelinge: die introduksie van geletterdheid, die dekolonisering van state, die legitimering van nasionalismes, mense in stryd om politieke, sosiale of identiteitserkenning of die intellektuele verbreding wat reis en ballingskap meebring.

    Byvoorbeeld: op hierdie kontinent het die eerste vlaag Afrika-skrywers soos Thomas Mafolo of Sol Plaatje en later Leopold Senghor en Amos Tutuola begin skryf met die instelling van sendingskole in hul lande of die ontdekking van hul wesenlike Afrika-identiteit. Met die dekolonisering van Afrika in die jare vyftig het skrywers soos Chinua Achebe en Ngugi wa Thiongo na vore gekom en dikwels skerp gereageer op die wanpraktyke van die eerste geslag leiers van onafhanklike Afrika-state.

    Die voorbereidende rol wat militante Swart Bewussyn in die VSA gespeel het, het dit vir skrywers soos Leroi Baraka, Ismail Reed, Maya Angelou, Gwendolyn Brooks, Nikki Giovanni of Alice Walker moontlik gemaak om hul as uitstaande skrywers te vestig. Simone de Beauvoir, Germaine Greer, Isabel Allende, Audre Lorde of Ama Ata Aidoo sou sonder die rugsteun van feminisme moeiliker hul potensiaal kon bereik.

    Nader tuis: die geskiedenisse van Suid-Afrikaanse letterkundes sedert die begin van die vorige eeu het dikwels in die branding van sosiale stryd gestaan. Die belangrikste ontwikkelinge in Engelse Suid-Afrikaanse letterkunde word gekenmerk deur die rol wat apartheid, en veral teenapartheidsaksies, gespeel het in die werk van Alan Paton, Mafika Gwala, Miriam Tladi, Nadine Gordimer en JM Coetzee, of die invloed wat ballingskap op Peter Abrahams, Alex la Guma of Es’kia Mphahlele gehad het. Die Afrikaanse letterkunde het sy beslag deur Afrikaner-nasionalisme en ’n vroeŽ teenkoloniale stryd gekry, terwyl die verburgerliking van die Afrikaanse middelklas deur die gebroeders Louw, DJ Opperman en die literÍre reisigers van die vyftiger- en sestigerjare — onder meer Jan Rabie, Andrť P Brink en Elsa Joubert — gekarteer is.

    In die geval van die skrywers wat ek hier bo genoem het, het tydskrifte soos Presence Africaine, Transition, Ms en Freedomways of hier te lande Standpunte, Classic, Die Sestiger of Staffrider ’n deurslaggewende rol gespeel in die vakleerlingskap van nuwe geslagte skrywers. Voorts moet daar uitgewers en mense van oortuiging wees wat bereid is om ongetoetste skrywers te steun, of selfs onaf materiaal te publiseer. Die opbloeiing wat gewoonlik met nuwe skrywersbewegings gepaard gaan, sukkel dikwels om na vore te word en gewoonlik moet die skrywers op eie stoom publiseer. Sedert 1977 het byvoorbeeld meer as veertig swart Afrikaanse skrywers, soos hul Suid-Afrikaanse Engelse eweknieŽ in tydskriffies of hul eie uitgewerye gepubliseer, waarvan Patrick Petersen se Prog-uitgewery die vernaamste was. Sy ontydige dood in 1996 het ’n verskriklik groot leemte in die verdere ontplooiing van die Afrikaanse letterkunde gelaat.

    Naas die aanwesigheid van optimale sosiale faktore, die individuele skrywer se talent en interne dryfvere vir kreatiwiteit, is daar alle aanduidings dat die tyd ryp is vir die oopskryf van die huidige Suid-Afrikaanse realiteit. Die omstandighede vir die ontplooiing van jonger skrywers is optimaal: dit behels die ondersoek van die houdings — voor- of afkeure — ten opsigte van die nuwe Suid-Afrika, die herskikking van mag, die aanpassing in sosiale, ekonomiese en politieke ruimtes, die verwagte ontwikkeling van ’n Afrikaanse diaspora en die ruimer belewing van maatskaplike en persoonlike vryheid. Ek vermoed dat die internettydskrif LitNet ’n deurslaggewende rol gaan speel in die verdere ontwikkeling van eietydse Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde.

    Laat ons nie alte haastig nuwe rigtings en skrywers probeer identifiseer en later met halfgebakte skryfsels sit nie. Die skryf en die skrywers sal kom, want skryf is ook redding, soos die Amerikaanse skrywer Toni Cade Bambara sÍ:

    Stories are important. They keep us alive. In the ships, in the camps, in the quarters, fields, prisons, on the road, on the run, underground, under siege, in the throes, on the verge — the storyteller snatches us back from the edge to hear the next chapter. In which we are the subjects. We, the hero of the tales. Our life preserved. How it was; how it be. Passing it along in the relay. That is what I work to do: to produce stories that save our lives.

    3
    Letterkunde soos ons dit in die algemeen verstaan, was nog altyd ondersteun deur geletterdheid en industriŽle ontwikkelinge en versprei deur die markmeganismes wat stedelike leefwyses moontlik maak. Letterkunde was nog altyd ’n minderheidsbedryf, geskryf deur ’n handjievol talentvolles en gelees deur ’n klein persentasie geletterdes. Ook in diť opsig is die Afrikaanse skrywers in die verlede bederf omdat hulle potensieel meer lesers gehad het as tale met soortgelyke persentasie.

    Die toekoms van letterkunde (in sy breedste sin) hang af van die toegang van ons land se mense tot geletterdheid. Skryf, letterkunde, die kunste kan nie floreer in samelewings wat voortdurend op die rand van oorlog, wanhoop en hongersnood huiwer nie. Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde staan ook in ’n brandpunt. Vier en vyftig persent van alle Afrikaanssprekers in 1996 was swart mense (gebruik in die generiese sin van die woord) — ’n syfer wat oor die volgende dekade dramaties gaan verhoog. Groot dele van die Afrikaanssprekende bevolking word gekenmerk deur uiterste armoede en ongeletterdheid. Die afbreek van ongeletterdheid is van kardinale belang, omdat ook Afrikaans se toekoms en uitbreiding as ’n boektaal daarvan afhang.

    Ek dank u.


    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SÍNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.