SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Skokfoto's: dis die konteks wat tel

Joan Hambidge

Toe ek Herman Wasserman, 'n mediakundige en dosent in die joernalistiek, se goed-beredeneerde bydrae lees, besluit ek om my reaksie op die gewraakte voorbladfoto weer te bekyk:

By oopmaak nee, eerder optel van Die Burger op 18 April 2006 word die leser herinner aan 'n ander voorblad-debakel: op Woensdag 29 Desember 2004 verskyn daar 'n foto van naakte lyke, slagoffers van die tsoenami-ramp. My gevoel oor Die Burger se gebruik van hierdie foto destyds was kortliks soos volg: die feit dat die mense onherkenbaar was - daar was onder andere duidelike verskille oor die geslag van die mense - teenoor die jongste foto, waar 'n vermoorde man herkenbaar uitgestal l langs 'n ander, bleker lyk, het 'n verskillende betekenis vir ons. Juis die feit dat lesers verskil het oor onder andere die geslag van die mense, en omdat die koerant die impak van so 'n ramp wou vasvang, het die plasing regverdigbaar gemaak.

Roland Barthes het in sy Camera lucida geskryf oor die punt (pinctum) wat 'n foto maak. Watter punt maak die voorblad van Die Burger nou?

Die opskrif sinjaleer alreeds die waansin van ons tyd ("Crazy"-moorde) en die sketse Crazy monkey. Inderdaad 'n slim toespeling, weliswaar op Engels.

Hoe sou 'n mens reageer indien dit 'n herkenbare persoon was, iemand uit jou kenniskring? Indien dit my vermoorde kollega op die voorblad was, hoe sou ek "gevoel" het?

Herkenbare persone word deur Esa Alexander as 't ware vanaf 'n afstand afgeneem, betree - met die polisie se toestemming, glo. Wat is die verskil tussen 'n foto neem van jou geliefde in 'n kis en 'n foto neem van 'n mens wat dan op die voorblad van 'n koerant geplaas word? Die een is vir jou private besit en diskresie - om die oomblik te stol; die ander is 'n onmenslike, kliniese binnedringing van 'n herkenbare lyk se laaste oomblik.

Volgens Die Tibetaanse Boek van Lewe en Dood het alle mense die reg op 'n private dood. In die moderne lewe en samelewing word hierdie reg daagliks geskend. Binne ons samelewing het doodslag 'n nuwe diskoers geword.

Trouens, hoe sou Esa Alexander se familie voel indien Esa op die voorblad beland?

Na die tsoenami-ramp het Die Burger se ombudsman, George Claassen, tereg geskryf: "Media moet liewer inlig as om lesers te beskerm" (30 Desember 2004), en argumenteer hy verder: "Die instink om lesers en kykers te beskerm mag nooit sterker wees as die instink om in te lig nie. Mense hou nie net vakansie op strande nie. Hulle sterf ook ongelukkig daar."

Is hierdie punt steeds geldig? Of is daar 'n verskil tussen 'n foto van 'n ramp en hierdie foto?

Regarding the Pain of Others (2003) heet die titel van Susan Sontag se laaste studie. In On Photography skryf sy oor die betekenis van foto's en "the image world that bids to outlast us all". In welke mate vertolk hierdie foto presies waar ons gemeenskap nou is? Met ander woorde, as dit 'n presiese en noodsaaklike sein is om uit te stuur, dan moet ons dit weet.

Tog begin ander vrae te broei in die gemoed: Sou hierdie foto opgeneem word indien die persone nie gay was nie? Sou dit geplaas word indien die persone nie bekend was nie? Is hierdie foto, soos George Claassen destyds opgemerk het, 'n snelskrif van presies waardeur ons nou gaan?

'n Foto is vir Sontag 'n internasionale taal wat deur almal begryp kan word, het ek destyds geargumenteer. En 'n foto het 'n grammatika wat die onheil en onregverdigheid van die lewe kan vasvang, skryf sy ook: "To photograph is to confer importance," is Sontag se woorde. Die sentimentele en implisiet magiese aard van foto's word ook deur haar beklemtoon: 'n foto is altyd 'n poging om 'n ander werklikheid te probeer vasvang.

Hierom dat mense die genoemde foto op verskillende maniere sal interpreteer selfs 'n natuurramp mag lees as die hand van God.

Roland Barthes meen in sy genoemde Camera lucida dat foto's ons kan uitbring by dit wat ons nie onder woorde kan bring nie. En presies wt is dit wat ons nie nou onder woorde kan bring nie? Dat ons in 'n gemeenskap leef waar daar geen respek vir lewe bestaan nie. Geweld het ons alledaagse werklikheid geword en elke mens ken iemand, of weet van iemand, wat vermoor is.

Die vraag is: Wie is volgende in 'n gemeenskap waar daar geen respek vir lewe of waardigheid bestaan nie? In wat vir 'n land woon 'n mens as jy die besonderhede weet van n gewese presidentsvrou se dood? Of die naakte lywe van 'n akteur kan besigtig? Die eintlike vraag is: H kry ons dit reg om aan te hou leef in hierdie land, waar neobarbarisme hoogty vier?

Boonop het ek eers die aand laat die implikasies van die foto beginne vertolk; waarskynlik omdat die oggendkoerant alte dikwels ontstel met moord en doodslag, bendegeweld ...

Wasserman het absoluut gelyk: dis die konteks wat tel. Waarskynlik moet ons dalk die stadslegende in gedagte hou: terwyl die hele wreld kon sien hoe mense uit die Tweelingtorings spring, is New Yorkers in die dae van die ramp die "footage" gespaar. Dit was immers hul geliefdes en vriende wat na die dood spring.

Bibliografie

Barthes, Roland. Camera Lucida. Reflections on Photography. Hill and Wang, New York. 1981.
Hambidge, Joan. "Desperately seeking Susan Sontag". http://www.litnet.co.za/seminaar/jhsont.asp. 2004
Sontag, Susan. On Photography. Penguin, Londen. 1977.
Regarding the Pain of Others. Farrar, Straus & Giroux, New York. 2003.


LitNet: 26 April 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.