SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Moltrein - Enkele notas

Danie Goosen

Voordat Moltrein bekendgestel is, het die werk reeds die status van "polemies" verwerf. En soos enige ander polemiek gaan di polemiek reeds met die nodige venyn, rugstekery, beledigings en natuurlik ook met intense genot en opwinding gepaard.

My bedoeling is allesbehalwe om beterweterig oor die gevare en moontlikhede van die polemiese gesprek rondom Moltrein te wees. Die Afrikaanse lewe word die laaste jare so dikwels deur versmoring onder die oorweldigende gewig van die gemeenplasige gekenmerk dat 'n mens smag na die goeie polemiek wat dit alles in die afgrond kan laat wegtuimel. Om meer spesifiek te wees, 'n mens smag na die een energiek-polemiese oomblik wat ons kan bevry van die ganse kasarm van Afrikaanse skroomvalligheid en selfveragting wat in die laaste jare vanaf mode tot dogma uitgegroei het. Moltrein beskik oor al die kwaliteite om so 'n polemiek onder ons los te breek. Dit is onbeskroomd en word deur 'n stemming van selfbevestiging onderl.

Nogtans kan 'n mens nie anders as om rondom Moltrein te wys op die grense van die polemiese gesprek nie. Die polemiek werk altyd aan die hand van die logika van die telbord. In die polemiek word punte aangeteken en diegene met die meeste punte wen die literre of filosofiese beker. Die polemiek rondom Moltrein is reeds 'n voorbeeld hiervan. Andr P Brink se resensie van Moltrein in Sondag se Rapport (6 Junie) is sekerlik een van die venynigste pogings tot prestasie op die telbord wat in die jongste tyd gepubliseer is. Die kritieke vraag is of hy met sy opmerkinge die wese van wat in Moltrein op die spel is, aan die woord gestel het. Of is Brink deur sy eie moralistiese vooroordele verplig om kortpaaie deur die teks te kies, alles met die oog daarop om die telbord van die polemiek lewend te hou?

Brink se onwilligheid om na die wese van Moltrein te vra l saamgepers in sy beskuldiging dat Moltrein polities gesproke 'n naewe werk is. In polemiese gesprekke is die politieke opponent natuurlik altyd "polities naef". Di beskuldiging is deel van die politieke arsenaal van die polemiese gesprek. Die belangrike is egter dat Brink homself van die kultuur-politieke vraagstelling in Moltrein verskoon presies op die punt waar hy met sy arsenaal van moralistiese wysheid vir Dan Roodt van politieke nawiteit beskuldig. Waarom sal hy aan sy opponent die nodige ruimte wy waarbinne sogenaamde wesenlike kultuur-politieke dinge ter sprake gebring word as laasgenoemde polities naef is?

My punt is nie dat ons moet poog om die polemiese gesprek te ontsnap nie. 'n Polemiekvrye wreld is 'n liberale illusie. Die punt is eerder dat die polemiese gesprek beskerm moet word teen 'n moontlikheid wat in homself vervat l, naamlik om wesenlike vrae te verdring. Wesenlike vrae kan onder die dwingende gelui van die telbord nie gehoor word nie. Ons vra nie vir 'n polemiekvrye lewe nie, maar veel eerder vir 'n lewe gekenmerk deur behoorlike polemiek. Die erkenning wat deur 'n polemiese stryd tussen adolessente verwerf word, laat immers geringe merke op 'n kultuurgemeenskap se kollektiewe bewussyn, terwyl die erkenning wat spruit uit 'n behoorlike geveg tussen titane, onuitwisbare indrukke oor geslagte nalaat.

Moltrein is 'n veelkantige werk wat 'n titaniese polemiek verdien. Verskillende energieke spoedlyne loop deur Moltrein. Nie net die erotiese energie wat met die lyne van moltreine, snel-, spoor- en ski-we vervleg is nie, maar ook die verskillende kultuur-politieke lyne wat na analogie daarvan deur die werk vleg en wat die leser dwing om die teks te konfronteer.

Ek verwys na slegs n so 'n tema in Moltrein. Dit hou verband met die vraag van die moderne wreld. Die skrywer is by monde van sy hoofkarakter, Anton du Preez, deurgaans met di vraag in gesprek. Hy bring dit reeds met die titel van die werk, en onmiddellik daarna met aanhalings uit die werk van Proust en die bioloog Jacques Monod ter sprake. In elkeen van die drie dele van die werk l dieselfde vraag breed uitgespel. Dit is 'n vraag wat ons as taal- en historiese gemeenskap ten nouste raak. Wat is di vraag?

Die vraag van die moderniteit hou verband met die moderne ervaring van die werklikheid self as ten diepste gemerk deur 'n radikale afgrondelikheid. Die moderne rewolusie kondig 'n radikale breuk aan met die Klassieke en Middeleeuse ervaring van die dinge as wesenlik deel van 'n groter samehangende geheel, 'n metafisiese gemeenskap. Die moderniteit lewer ons in sy rewolusionre breuk met die tradisie uit aan, of bevry ons vir, di ervaring wat telkens in Moltrein ter sprake gebring word, naamlik die ervaring wat s die werklikheid is die gevolg van blinde toeval. Nie 'n samehangende kosmiese gemeenskap nie, maar blinde toeval regeer. Daarom word Monod ook as modernis aangehaal: "Ons nommer is getrek tydens die spel in Monte Carlo."

"Moltrein" is di metafoor waarmee die hoofkarakter die eg modernistiese ervaring met die werklikheid as die afgrondelike spel van die toeval verwoord: soos moltreine 'n sin vir toevalligheid aanwakker, so doen die moderne beeld op die kosmos dit ook. Hy s:

My reise in die moltreinstelsels van Parys, die duisende kilometers wat ek jaar na jaar ondergronds afgel het, het my insgelyks attent gemaak op die rol van die toeval in die lewe van die mens. As mens die evolusionre biologie kan glo, is die bestaan van die menslike spesie self, asook alle lewe op aarde, min of meer te wyte aan 'n ongeluk, 'n chemiese ongeluk om presies te wees. In die moltrein kon mens per ongeluk dieselfde vreemde persoon oor en oor tussen die menigtes raakloop, heel toevallig (p 67) ... Ons is maar deeltjies in die groot heelal wat doelloos rondswerf (p 68).

Wanneer die hoofkarakter as "student van die kans" in die tweede deel van die werk uit die labirintiese moltrein die bogrond betree, word hy nie deur die daglig van die ondergrondse en "aaklige Hades" bevry nie. Ook bogronds regeer die toeval. In plaas van die moltrein is dit egter ander tegniese dinge, naamlik die snel- en spoorwe van Europa, wat nou die sin vir toeval aanwakker. "Die snelweg," s die hoofkarakter, "was die bogrondse ekwivalent van die moltrein, behalwe dat jy kon kies in watter voertuig jy die tog aanpak, en in wie se geselskap" (p 96). Soos in die moltrein is ook die spoor- en snelwe di plekke waar mens onder meer "teen 300 kilometer per uur (kon) voortsnel sodat die landskap n aan die trein as't ware vloeibaar word soos groen see waarop jy vaar." Met ander woorde, rondom die trein bied die landskap nie aanhaakplekke vir gemeenskap nie, maar - modernisties - eerder 'n vloeibare see.

Maar wat is die vraag van die moderniteit? Die vraag van die moderniteit is hoe 'n sinvolle gemeenskap met die werklikheid moontlik is as die religieuse en metafisiese tradisies van die ou wreld hul krag verloor het. Volgens di tradisies is die kosmiese geheel van dinge self 'n gemeenskap, 'n erotiese kosmos volgens Sokrates van die Phaedrus. Dit wil s 'n kosmos waarin die geheel en die dele aan mekaar by wyse van eros deelgeneem het. Na analogie hiervan het ook die kleiner gemeenskap sin gemaak. Laasgenoemde was analo afskaduwinge van die groter geheel. Maar wat gemaak as die groter gemeenskap skielik in die moderniteit wegval en alles in die spel van toeval ingetrek word? Word die grondslag onder die kleiner gemeenskappe nie ook daarmee weggeslaan nie? Die sterker tendens in die moderniteit is om hierop bevestigend te antwoord: vanwe die verlies aan 'n potiese kosmologie waarbinne alles met alles eroties knoop, is die moderniteit eerder daartoe geneig om mense vanuit hul gemeenskappe te isoleer en in die postmoderniteit tot verbruikers te reduseer.

Moltrein kan verstaan word as 'n soektog na wat dit beteken om gemeenskap te h te midde van 'n moderne werklikheid wat radikaal onverskillig teenoor gemeenskap staan. Een van die deurlopende vrae in Moltrein, naamlik wat dit beteken om Afrikaans te praat en vandag Afrikaner te wees, moet teen di agtergrond verstaan en beoordeel word. Is ons Afrikaans-wees byvoorbeeld iets wat ons teen die radikale onverskilligheid van die kosmos afskerm? 'n Plek waar ons gemeenskap kan ervaar?

Moltrein weier deurgaans om 'n niemoderne of tradisionele antwoord op die moderne vraag te gee. In sy antwoord bly hy by uitstek modern. Maar daarmee verseker die skrywer dat sy werk deur 'n dieperliggende spanning gekenmerk word. As die kosmos immers self 'n spel van toeval is en as sodanig geen spore van gemeenskap nalaat nie, waarom sal ons na analogie daarvan nog hoegenaamd poog om gemeenskap met andere op te soek? As die moderne kosmos ons eerder op ons eie subjektiewe reserwes terugwerp en individualiseer, waarom nog hoegenaamd gemeenskap met byvoorbeeld taalgenote opsoek? Niks in die kosmos self suggereer immers die sin daarvan nie.

Die dwingendste wyse waarop die skrywer in 'n toevallige kosmos gemeenskap opsoek, is by wyse van die erotiese verhouding. In die erotiese gemeenskap tussen Anton en Erika word die kilheid van die moderne toeval tydelik oorkom. Dit is asof die erotiese vonk die donker spel van toeval vir een helder oomblik verdryf. In die erotiese opwinding, skryf die hoofkarakter, kom die bemindes "in een kosmiese oomblik sm" (p 93). Vir een moment word die leegheid oorwin.

Die erotiese antwoord op 'n sinlose kosmos is ten nouste met die vraag van Afrikaans-wees vervleg. Die erotiese verlange na die beminde beweeg op dieselfde emosionele register as die verlange om n met die verre taalgemeenskap te wees. Daarom is dit ook nie vreemd dat die erotiese verhouding tussen die Afrikaners Anton en Erika afspeel nie. Erotiek en Afrikaans-wees word een en dieselfde ding. Die erotiese gemeenskap word ook 'n gemeenskap met die eie taalgemeenskap. Soos die hoofkarakter dit tydens die reeds befaamde klaviertoneel beskryf:

Die sensualiteit van 'n Afrikaanse vrou, 'n Boeremeisie, wat my so lank onts is hier in die vreemde, tussen die Franse, die Engelse, die Russe, die Amerikanerinne met hul sleperige tongval en pretensie. Daar was meer Seks en Kultuur in haar voete as in al die peep-shows van die rue St.-Denis en Notre Dame de Paris saam (p 90).

In kort: met die erotiese taalgemeenskap word 'n antwoord gebied op die moderne vraag. Bo-op die afgrond van toeval wat die werklikheid geword het, is gemeenskap nog moontlik - nie meer met die kosmiese geheel van dinge soos in die verlede nie, maar met diegene met wie ons 'n eroties-kulturele lewe deel.

Alle dinge in die moderne toevalskosmos word egter deur tydelikheid en 'n radikale voorlopigheid gemerk. Daarom is ook die erotiese verhouding gedoem om te misluk. Nie net die erotiese verhouding nie, maar ook die eie taalgemeenskap. Die toeval weerhou Anton om sy verlange na sy taalgemeenskap konkrete inhoud te gee. Maar di mislukte verlange is reeds vooraf en vanwe die toevalskosmos 'n gegewe feit. Anton se mislukking is reeds vooraf in die sterre geskryf. Daarom skryf hy ook uit Genve: "selfs 'n nasionaliteit soos di van 'Afrikaner' was maar insgelyks 'n reeks toevallighede, tensy 'n mens hier in die stad wat Calvyn so lank regeer het, saamgaan met sy gedagte dat alles gepredestineer is" (p 150). Erotiek en die eie taal is slegs 'n kortstondige opflikkering van sin in 'n sinlose wreld.

Ek sluit met 'n vraag. Die skrywer bly konsekwent binne die modernistiese toevalsdenke met al die spanning daaraan verbonde, soos die spanning tussen enersyds 'n onerotiese kosmos, 'n afgrond sonder libido, en andersyds die soeke na die erotiese taalgemeenskap. En tog is van die treffendste gedeeltes uit Moltrein juis di gedeeltes wat die moderne wreld aan 'n ander moontlikheid herinner en so in twyfel trek. Dit is di gedeeltes waar - al is dit ook hoe voorlopig - iets van die ou wreld, iets van die ou Middeleeuse Europa deurskemer. Dit is asof die skrywer in die kortstondige herinneringe daaraan iets laat aanvoel van 'n steeds lewende maar intussen ondergeduikte tradisie.

Aan die einde blyk di punt wanneer Anton 'n seksuele guns aan 'n ou Franse Katolieke vrou uit die semi-adelstand bewys. Asof die ou Europa steeds op di manier haar aanspraak op die moderniteit behou, steeds die begeerte van die moderne mens aktiveer. Dit blyk egter die duidelikste wanneer Erika, ironies genoeg die werklik radikale modernis van die twee, telkens vir Anton teruglok na die ou Gotiese katedrale van Europa. Om wat daar te vind? Anton beskryf dit onder meer so:

In Reims aangekom, parkeer ons die (Ferrari) 328 reg voor die katedraal. Stel jou voor, 'n 1987-Ferrari ontmoet 'n 1240-katedraal. Daar was iets poties daaromtrent ... Die katedraal was vol steierwerk, vir restourasie. Maar ons kon steeds die engel sien. Sy het haar laat-Gotiese glimlag vir ons geglimlag ..." (p 105).

Wat gebeur hier? Waarom die glimlag van die katedraal-engel? Groet sy ons met 'n gelate aanvaarding van die harde feit dat die moderniteit veel magtiger as haar eie ou wreld is? Of glimlag sy juis met 'n meerdere toon omdat die tradisie met sy andersoortige voorstelling van gemeenskap vir haar onmeetlik groter is as die moderniteit met sy kil voorstelling van die kosmos? In kort: Kondig die glimlag van die engel met die 1987-Ferrari in haar blik die finale oorwinning van die modernistiese toevalsdenke oor die tradisie aan? Of kondig die ou wreld hier die onvermo van die modernistiese toevalsdenke aan om vir ons as moderne mense 'n antwoord op die vraag na sin te bied?

As ek Moltrein reg gelees het, word die moontlikheid van 'n "ander moderniteit" anderkant die keuse tussen die tradisie en die moderniteit nie ontgin nie. Moderniteit bly in 'n bepaalde sin vir Moltrein aan sigself gelyk. Daarom draai die kultuur-politieke keuse vir Moltrein rondom f die ou Europa (die Katolieke tradisie) f die moderniteit (die Protestantse modernisme en alles wat daarop gevolg het). Maar word ons nie dalk in die glimlag van die katedraal-engel uitgenooi om ook die moontlikheid van 'n derde keuse anderkant die tradisie n die moderniteit op te soek nie, naamlik die moontlikheid van 'n ander moderniteit? Dit wil s di moderniteit anderkant die keuse tussen tradisie en moderniteit, tussen 1240 en 1987? Die ander moderniteit is di moderniteit wat s dat gemeenskap vandag sinvol is omdat die spore van gemeenskap reeds in die groter erotiese geheel van dinge nagespeur kan word.

Talle van die gesprekke oor die toekoms van Afrikaans draai vandag ook rondom uiteenlopende beskouinge van gemeenskap. Die een beskouing steun op 'n modernistiese apologie vir Afrikaans. Dit s die eie taalgemeenskap is inderdaad iets soos 'n vonk bo-op 'n le kosmiese afgrond. Die tweede standpunt steun miskien op die idee van iets soos 'n ander moderniteit. Laasgenoemde s die eie taalgemeenskap is iets soos 'n vonk binne 'n holistiese geheel. Miskien is die uitdaging van die toekomstige taalgesprek om die uiteenlopende beskouinge van die politiek wat beide moontlikhede onderl, duideliker te verwoord.

'n Mens kan s dat die A wat die Eiffeltoring as letterlike konstruksie spel, vir Moltrein iets soos 'n verwysing is na die A van Afrikaans. Daarop is die begeerte van die skrywer gerig, hy smag vanuit die vreemde na sy verlore taalwreld, maar soos die Eiffeltoring wat hy nie besoek nie, ontwyk di taalwreld hom. Maar die A van die Eiffeltoring is ook 'n verwysing na Afrikaans of die Afrikaner, dit wil s die verdringde Ander van die Paryse en Europese wreld wat nie meer gesien of gehoor word nie. Om die waarheid te s, die Afrikaner is die Ander wat liefs deur Europa verdring en vergeet moet word. Maar, kan 'n mens vra, is di A wat die Eiffeltoring spel, nie ook 'n verwysing na die Ander Moderniteit tussen katedraal en moltrein nie? In kort: Waarom glimlag die engel van die katedraal haar laat-Gotiese glimlag?



LitNet: 29 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.