SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Politiek of letterkunde: watter een beteken die meeste?

Danie Goosen

Die Burger-lesingsreeks, KKNK, April 2002

Die vraag watter een van die twee, naamlik die letterkunde of die politiek, die meeste vir Afrikaans beteken, vooronderstel natuurlik ’n spanning tussen hulle. Dit is ’n korrekte vooronderstelling, want daar is altyd weer ’n spanning tussen politiek en letterkunde. Die vraag is gewoon: Wat is die aard van di spanning? Want die aard daarvan verskil dikwels. Soms is die spanning bykans onsigbaar, soms is die spanning dominant, soms is dit ’n kreatiewe spanning, soms destruktief.

Die oogmerk van hierdie lesing is om oor di spanning na te dink. Die uitgangspunt van die lesing is dat die politiek en die letterkunde die meeste vir ’n taal beteken wanneer hulle in ’n kreatiewe spanning staan. Omgekeerd, hulle beteken die minste vir ’n taal wanneer hulle mekaar volledig uitsluit.

Nadat ons di spanning hieronder onder o gekry het, kan ons terugkeer na ons eie historiese situasie. Wat is die aard van die spanning tussen die Afrikaanse politiek en die Afrikaanse letterkunde vandag?

I. Agtergrond
Die spanning tussen letterkunde en politiek het sy oorsprong in ’n oer-oue spanning. Dit is die spanning tussen ons drifte en begeertes enersyds en ons sin vir orde en plek andersyds. Dit is ’n spanning tussen ons begeertes wat wil oopmaak, en ons sin vir orde wat geborgenheid opsoek.

Jan Rabie het ges jy kan di oerspanning in die mensdom met behulp van geografiese metafore verstaan. Volgens Jan Rabie word die spanning tussen begeertes en orde gereflekteer in die spanning tussen see en land, tussen enersyds die ooptes van die wye water waarop vrye teuels aan die begeerte gegee kan word, en andersyds die land wat dmv berge, riviere en woestyne afgrens en so geborgenheid moontlik maak.

Di spanning word egter ook gereflekteer in die spanning tussen letterkunde en politiek. Net soos ons begeertes, wil die letterkunde wrelde verbreed, oopmaak, uitreik anderkant die bekende. ’n Mens sou selfs kon s dat die letterkunde in wese rewolusionr is (of altyd was). Daarom is dit ook nie vreemd nie dat die metafoor van die see binne die rewolusionre tradisie nog altyd ’n belangrike rol speel.

Die politiek daarenteen wil aan ons sin vir orde ’n plek gee. Daarom is die politiek in wese konserwatief. Maar daarom is dit ook nie vreemd nie dat die metafoor van die binneland binne die konserwatiewe tradisie nog altyd ’n belangrike rol speel: “Tafelberg en die Kaap van Storms”, binne die Afrikaanse gees nog altyd verbind met ooptes. “Waterberg en die Diep Noorde”, nog altyd in die Afrikaanse gees verbind met konserwatiewe orde.

Die geheim is om altwee te bedink, die rewolusionre n die konserwatiewe, letterkunde n die politiek, Tafelberg n Waterberg. Vandag is dit di eis waarvoor die Afrikaanse wreld te staan gekom het.

Binne die Westerse wreld word die spanning verteenwoordig deur die verskil tussen twee tydgenote uit die vroe moderne geskiedenis, naamlik Rabelais en Machiavelli. Terwyl Rabelais as skrywer met sy verbeelding die wreld anderkant ons ordes ondersoek het, het Machiavelli daarenteen gevra hoe die prins van die politiek sy orde ten alle koste in beskerming kan neem. Rabelais en Machiavelli, twee name vir twee uiteenlopende kragte wat die mens regeer. Soos in die verlede is die vraag vandag weer: hoe kan ’n Rabelais en ’n Machiavelli saam bedink word?

Maar ons kan selfs verder terug gaan as tot en met die vroe moderne geskiedenis. Reeds die mitologie van die mens getuig van di spanning. Die Griekse mitologie is ’n goeie voorbeeld. Daarbinne kry ons oa die spanning tussen Athena en Poseidon. Di twee gode verteenwoordig volgens die Griekse mitologie twee uiteenlopende wyses waarop ons as mense na die werklikheid kyk, twee botsende perspektiewe op die lewe, ’n Athena-perspektief en ’n Poseidon-perspektief. Dit hou verband met die spanning tussen politiek en letterkunde, land en see, Waterberg en Tafelberg.

  • Athena
    As beskermvrou van die stadstaat, die polis, is Athena by uitstek die godin van die politiek. Hoe kyk haar volgelinge na die dinge?

    Iemand wat op ’n Athena-manier na dinge kyk, strewe na stabiliteit en orde. Daarom trek sy grense n bewaar sy di grense. Maar dit is ook tipies van die politieke kyk na dinge, ook vandag nog. Die politiek strewe na stabiliteit en orde. Daarom trek dit ook grense rondom dinge en onderwerp dit ons begeertes aan allerlei beperkinge. Dat sy in die proses ook wanorde kan veroorsaak, verander niks aan haar diepste impuls nie, naamlik orde.

    Wat is die voordeel van ’n Athena-perspektief? Om op ’n Athena-manier te doen en te dink, beteken om ons integriteit as kultuur-politieke gemeenskap te beskerm; om sekerheid en geborgenheid te skep; om ons wreld in stand te hou. Wanneer di dinge ontbreek, rafel ons wreld uiteen en verval dit. En wanneer dit gebeur, onttrek ons uit ons wreld, raak ons wreldvreemd, emigreer ons. Vandag emigreer Afrikaners omdat ons wreld — dit is die sinvolle geheel van verwysings waarbinne ons onsself kan tuismaak — ontbreek. Afrikaners emigreer omdat ons voel daar is nie meer geborgenheid waarbinne ’n Afrikaanse wreld moontlik is nie. Daarom is dit ook nie vreemd nie dat ’n onlangse magisterstudie bevind het dat meer as 80 persent van alle Afrikaners hulleself tans as vervreemd ervaar. Hoeveel van ons sit nie vandag hier omdat ons in Oudtshoorn geborgenheid kom opsoek het nie?

    Wat is die nadeel van die Athena-perspektief? Hulle wat slegs met ’n Athena-bril na dinge kyk, kan die grense rondom ons te nou trek. Hulle kan geborgenheid laat omslaan in benoudheid. Hulle kan ons wreld juis toemaak. In die strewe na orde kan die orde juis omslaan in wanorde. Maar dan emigreer ons ook, soos so baie van ons, veral ons bruin taalgenote, in die verlede gedoen het.

    Kan ons ’n sin vir geborgenheid behou sonder om in benoudheid te verval?

  • Poseidon
    Poseidon is die god van die see in al sy gedaantes — stil en gelate, maar ook oorweldigend, woes en ontembaar in ’n onstuitbare beweeglikheid. Daarom is hy ook die god van die lettere. Want is dit nie hoe die lettere is nie? Soms bykans onhoorbaar stil, soms woes en ontembaar. Soms kom die letterkunde so sag soos met die “voete van ’n duif” (soos Nietzsche dit gestel het), maar dikwels ook met ’n oordadige tuimel, ’n onstuitbare beweeglikheid van woorde.

    Om deur ’n Poseidon-bril na dinge te kyk, is om eindelose verandering, die ewige vloei van dinge te verwelkom. Mense wat die dinge Poseidonies sien, neem daarom ook dikwels diegene in beskerming wat buite die grense van politieke ordes is, buite die grense van die sogenaamde beskaafde wreld. Poseidon knoop altyd weer vriendskappe aan met die buitestaanders, met die verworpenes, met die monsters wat nie in die stad bly nie, maar daar buite, anderkant die stadsmure, in die grotte, op die rante van die beskawing.

    As ons die oogmerke van die letterkunde (die moderne letterkunde) in een sin kan saamvat, kan ons s dat dit niks anders doen nie as om met ’n Poseidon-bril na ons werklikheid te kyk. Want dit wil altyd weer beweeglikheid skep, altyd weer oopmaak, altyd weer nuwe wrelde ontdek, voorspraak maak vir die buitestaander. In kort: Dit wil vrye teuels gee aan ons begeerte.

    Wat is sy voordeel? Poseidon skep altyd weer beweeglikheid, hy het ’n openheid vir diegene buite die stadsmure. G’n wonder nie dat ons groot Jan Rabie so lief vir die see was. Sy werk het beweeglikheid geskep. Sy werk het ’n openheid vir die buitestaander moontlik gemaak. Sonder ’n openheid vir die buitestaander word die lewe benoud en versmoor die binnestaander.

    Wat is sy nadeel? Wanneer ons net beweeglikheid en nie ook eilande van stabiliteit het nie, verval ons wreld ook. En dan kan ons — ironies genoeg — ook nie ’n egte ontmoeting met die vreemdeling, die monster buite die stadsmure h nie. Want ’n egte ontmoeting met andere vooronderstel immers ’n eie wreld, dit is ’n eie wreld wat vir ’n ander wreld kan oopgaan. Sonder die eie geen egte ontmoeting met die ander nie. In sy sin vir beweeglikheid vergeet Poseidon die noodsaak vir die eie. Daarmee gaan juis dit verlore waarvoor hy staan, naamlik openheid vir die buitestander.

    In kort: Om oop te kan maak, het die letterkunde ook stabiliteit nodig.

    II. Politiek en letterkunde
    Wat s dit alles vir die spanning tussen letterkunde en politiek? Drie dinge is ter sake. Ons verwys eerstens na di verhouding in die vroe Afrikaanse taalbewegings. Daarna verwys ons na die era waarin letterkunde en politiek mekaar uitgesluit het. En derdens verwys ons na vandag en die nuwe Afrikaanse beweging.

    1. Die vroe Afrikaanse taalbewegings was bewegings waarin daar ’n kreatiewe spanning tussen die letterkunde en die politiek was. Athena en Poseidon het — meestal — hande gevat. Tydens di tydperk het die twee perspektiewe saamgespeel.

    Om die waarheid te s, die verhouding tussen politiek en letterkunde was in di bewegings van so ’n aard dat hulle mekaar eerder wedersyds vooronderstel as uitgesluit het. Juis daarin was hul sukses gele. Juis omdat die taalbewegings tegelyk politieke bewegings was en die politieke bewegings tegelyk taalbewegings, was hulle jonk, energiek, skeppend, idealisties — en ongewenaard suksesvol. Volgens talle skrywers selfs een van die suksesvolste taalbewegings in die moderne geskiedenis. Deur hul politieke energie het Afrikaans nie net sy kombuistaal-status afgeskud nie, maar juis ’n skool-, ’n akademiese en ’n openbare taal geword. En deur hul literre energie het hul gesorg dat die politiek oop en opwindend bly. So kreatief was die spanning dat dit eintlik verkeerd is om te praat van die vroe taalbewegings. Hulle was veel eerder taal-politieke bewegings. En juis dit was die voorwaarde vir hulle reuse-sukses.

    Tydens die vroe Afrikaanse taalbewegings het orde en beweging, Athena en Poseidon mekaar omhels.

    2. Vanaf die vyftiger- en sestigerjare van die 20ste eeu is di omhelsing verbreek. Die wedersydse samewerking het omgeslaan in openlike vyandigheid. Skrywers en politici het hulself in twee wrelde bevind. Athena en Poseidon het oorlog verklaar. Maar met watter gevolge?

    1. Die politiek het in di tyd al hoe meer in geslote ordes teruggetrek. Die politiek het sy literre en potiese gevoeligheid afgesterf. Daarom het die politiek ook vergeet om na die andere buite die stad uit te reik, en die teendeel was trouens waar: die politiek het eerder sy orde met burokrasie en militre magsmiddele in beskerming geneem — tot die dood toe. Die bre Afrikaanse wreld het hieronder gely. Afrikaans as “wreld”, Afrikaans as die geheel van sinvolle verwysings waarbinne ons geborge kan wees, is ernstig benadeel.

    2. Die letterkunde, daarenteen, het teen die ordes geskop. Onder Afrikaners was die skrywers se weerstand teen die orde dan ook die enigste betekenisvolle weerstand. Maar die skrywers het — ironies genoeg — ’n bloeitydperk betree. Hulle het immers ’n orde gehad om teen te veg. Hoe meer hulle deur die ordes gesensureer is, hoe meer is hulle — veral buite die Afrikaanse ordes en wreldwyd — geroem en gelees. ’n Brink en ’n Breytenbach het wreldwyd huishoudelike name geword.

      Die kritieke vraag in hierdie verband — en ek vra dit bykans met piteit — is waar sommige van hulle vandag is. Het hulle in hulle weerstand teen die ou ordes so hard die droom van die loslopende en vry individu buite die stadsmure en buite die gemeenskap gedroom dat hulle nie vandag in staat is om ook die droom van ’n nuwe gemeenskap, ’n nuwe politiek te droom nie? Droom hulle nog mr as net die droom van, soos ’n grote onder hulle dit stel, die “nomadiese lewe” (wat natuurlik nie verwar moet word met die riskante lewe van die ou nomades in harde woestyne nie, maar eerder verwys na ’n soort permanente toeristiese bestaan in ’n Parys of ’n New York)? Binne di droom is daar ongelukkig weinig sprake van ’n grondige nadenke oor die politiek en in die besonder oor die vraag hoe ’n nuwe politieke lewe moontlik kan wees waarin die Afrikaanse gemeenskap as Afrikaanse gemeenskap volwaardig erkenning kan verwerf. Van die helde uit ons literre verlede loop daarom ook vandag nog rond soos ou bulle, knorrend, briesend, met weinig konstruktief by te dra tot die vraag na ’n nuwe politiek — die politiek wat moet kom.

      Maar dit doen die taal nie goed nie. Want die taal blom as ook sy grootste digters, skrywers en kunstenaars hulself krities, skeppend, rigtinggewend inwerp agter die lotgevalle van hul gemeenskap.

    3. Dit bring ons by vandag, by die nuwe Afrikaanse beweging. Die Afrikaanse wreld staan vandag voor enorme eise, miskien voor die grootste in sy geskiedenis. Ons staan voor die eis van ’n nuwe Afrikaanse beweging. Soos met die vroe taalbewegings sal Afrikaans ’n lewenskragtige taal bly wanneer dit deur so ’n beweging gedra word. As ons vra wie beteken die meeste, dan antwoord ons: wanneer letterkunde en politiek sm deur opwindende taalbewegings gemotiveer word, beteken hulle die meeste. Juis voor di eis staan ons.

    Dit is ’n beweging wat nuut sal moet dink, nuut sal moet doen, nuut sal moet droom. Dit is ’n beweging wat jonk, energiek en idealisties sal moet wees en wat ons met ’n onweerstaanbare magnetisme sal boei.

    Dit sal nie ’n nuwe beweging wees as ons maar net ou en verslete drome gaan afstof nie. Ou drome moet begrawe word. Maar dit sal ook nie ’n nuwe beweging wees as ons nie anderkant die sinisme van die Boetmans, anderkant die resentiment jeens die ou drome gaan kom nie. Kom ons los die ou drome. Kom ons los ook die siniese en adolessente geveg teen die ou drome. Want ng die een ng die ander sal vir ons nuwe dinge bring, ’n nuwe beweging bring, ’n nuwe gemeenskap moontlik maak.

    Die belangrikste voorwaarde vir die nuwe dinge om te kan gebeur, is dat see en land, beweging en orde, die letterkunde en die politiek, weer hande sal vat.

    Wie dink dat ’n nuwe taalbeweging sonder politieke energie suksesvol sal wees, verstaan nie die geskiedenis van taalbewegings nie. Die omgekeerde is ook waar: geen politieke beweging sal suksesvol wees sonder dat dit deur die gees van die letterkunde, die gees van die see, die nuuskierigheid vir die anderkant gedra word nie.

    Maar die nuwe Afrikaanse beweging is reeds aan die gebeur, hier onder ons neuse. Oudtshoorn en die KKNK is sy mees tasbare bewys. Waarskynlik verwoord ons dit nie altyd so nie, maar Oudtshoorn het ’n lewende werklikheid geword omdat dit deur ’n nuwe politieke energie gedra word, deur mense wat ’n plek oopgemaak het waarbinne ons mekaar kan ontmoet en kan tuiskom. Maar dit het ook ’n lewende werklikheid geword omdat dit gedra word deur die gees van die see, die nuuskierigheid vir die anderkant. Oudtshoorn beteken die meeste vir ons taal, omdat sowel die letterkunde as die politiek daarin gelyktydig aanwesig is.


    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.