SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie is Jackie Nagtegaal

Jackie Nagtegaal is die skrywer van Daar’s vis in die punch, wat in 2003 met die MER-prys vir Jeugletterkunde bekroon is. Sy studeer BA Regte aan die Universiteit van Stellenbosch.

Foto deur Naomi Kranholdt

Ge-

Jackie Nagtegaal

(Hierdie bydrae is vroer vanjaar gelewer tydens die Woordfees se gewilde Filosofiekafee in die Dorpstraat Teater Caf.)

Jackie Nagtegaal

Om enigsins by die betekenis of die nut van ge- uit te kom, kan ’n mens tog nie anders as om te begin by die oorsprong daarvan nie. En so moet ons vir ge- gaan haal daar waar dit geskape is. Way, way back.

Nou selfs dit is nie so maklik nie, want die voorvoegsel ge- bestaan uit ’n konsonant EN ’n vokaal. En dit is waar die probleem l. Die diepe studie van woorde en klanke en oorsprong van alle dinge spel dit duidelik uit dat sulke 50/50-scenario’s nie maklik is om te dissekteer nie. In die eerste plek beteken dit dat ge- halfpad deur God en halfpad deur die mens geskep is.

Ek is nie besig met ’n filosofiese gegorrel nie, dis fite hierdie. Geskiedkundige, deurleefde, opgetekende feite. Alles staan net so in een van die mees gerespekteerde en oudste geskrifte van die Jode, ouer nog as die Bybel, so oud soos die skepping van die eerste Adam. Ek praat van die SEFER Jetzirah. Die naam beteken “die boek van die skepping”. Die boek bestaan uit 25 folio’s geskryf met konsonante omdat God vir Abraham ges het dat alle konsonante aan God behoort en dat hy die ganse skepping met klank van 22 konsonante gemaak het.

Hy het ges “Laat daar lig wees” en daar was lig, “laat daar vols wees”, “laat daar mense wees”. Konsonante is suiwer wetenskap. En toe het God die klinkers vir die mens gegee om sy eie werklikheid daarmee te skep. Klinkers is suiwer emosie. Nou volgens die boek kom G, oftewel Gimel, direk uit die sagte verhemelte en word gevorm deur die kleintongetjie teen die groot tong te laat vibreer en dan asem daardeur te pers. Dis die klank waarmee God die son en die nag geskape het. Met ander woorde, die mens se enigste aanduiding van tyd. Die e-vokaal is weer deur die mens geskape om versugting en verlies mee aan te dui. e (sug), soos n (snak) word net met die lippe gevorm en die lug sug uit die longe. Soos in “e dis verby”; “e” — soos in “onherroeplik”.

Wow! Wetenskap en emosie saam en jy maak woorde swanger. So nou weet ons al dat ge- dui op goddelike tyd en die mens se versugting weens die verlies daaraan. Die mens betreur op lange laas alles wat kousaal buite sy beheer met mekaar verband hou. GGGG vir tyd en e (sug) vir die verloop daarvan. Maar in die teenwoordige tyd terwyl iets gebeur, is daar geen versugting of verdoemende aanduidings dat dit verbygaan nie. Hier staan ek nou voor julle as ’n spesifieke voorbeeld van die uitkoms van ge-. Ek ry lekker in my karretjie. [Wys met hande jy bestuur en hou ’n kamtige sigaret vas.] Dis ’n paar weke terug. Die son bak heerlik en die musiek klink vrolik. Ek en ’n vriendin gesels en ons lag en ons rook en ons hoor ’n slag en ons sien ’n muur. Tyd tree in en ge- kom by. Te vinnig gery. ’n Muur getref. Gecrash. Kar afgeskryf. My rug gebreek. Gehospitaliseer. Morfien gekry. Karloos gestrand. My hart gebreek, en my voete geswel van al die gestap. En nou, ladies en gents, is ek gestut hier voor julle. Dis Ge! (Sien woordeboek, dit beteken ook “twak”, “onsin”.)

En sou ek genoeg mag gehad het, kon ek vir purposes van vanaand, ge- ge-delete het. Right click. Cut. En met die een click word gister en die oomblik wat so pas gepass het, weg. Sou ek dan natuurlik vir julle kon illustreer dat ge- die kern van ons taal is. Ons goddelikheid. Ons verlede. Sonder ge kon julle nie hierheen gery het nie. Sonder ge- kon ek nie ja ges het om hier te praat nie. Geskiedenis is dus ge-gone En partykeer (soos nou, hier op die verhoog, fantasise ek erg oor daai delete-knoppie vir ge-; hierdie gebeur nie).

Dan het ons net n — wel sonder geloof en geboortes en geaardhede en gewoontes en gebrekke en genoegsaamheid en geware en gemors. Net n, en maybe more, alhoewel dit nooit gaan kom nie, want dit kan nie gebeur nie. Want ons kan dit nie geskape kry nie. Dus is dit regtig maar net nou, sonder gebeure, en ons sal nie een gelukkig kan wees nie, want geluk sal weg wees. Genugtig! Nie een gelukkig nie en gestrand sonder geregtigheid. Sonder genade. Sonder gedigte; gesigte; gewig; geraas; gesag. Sonder om iets te gebruik. Sonder geleenthede, sonder geselsies. Nie eens sal ons gedrink kan wees nie.

En nooit ooit sal ons gereed wees nie, want sonder ge- is jy lost, Baby. In ’n kas met niks. Nie eens geraamtes nie. Want ge- is ons link. Link met geskiedenis. Ons link met geskapenheid.



LitNet: 20 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.