SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die niet in diens van volheid

Louis Gaigher

My lied van die niet
Fransi Phillips
Protea Boekehuis

“His poetic action insistently, spaciously and self-consciously posits in order to deny,” skryf die Kanadese klassikus en digter, Anne Carson oor Simonides van Kleos in Economy of the Unlost. Simonides is ’n Griekse liriese digter uit die Klassieke tyd en dit is kenmerkend van sy poŽsie dat hy positiewe stellings maak deur die dubbele negatief te gebruik. “Haar wange is nie onnat deur trane gelaat nie,” sou ’n vry in Afrikaans vertaalde versreŽl lui. Die verbeelding word opgeroep deur te verwys na dit wat afwesig is, of inderdaad nie gebeur het nie. Rookwolke het nie in die lug gehang toe die stad nie in vlamme opgegaan het tydens die inval nie.

’n Gevolg van hierdie werkswyse is dat daar uit die botsing tussen dit wat teenwoordig is en dit wat afwesig is, ’n meer evokatiewe beeld van die realiteit geskep word as wat bloot ’n positiewe stelwyse sou doen. Die glorierykheid van die stad wat ’n puinhooplot gespaar gebly het, word des te meer duidelik. Die behoud daarvan word ook belangrik, omdat die toehoorder met die moontlike verlies en afwesigheid daarvan gekonfronteer is.

’n Skrywer wat so ’n dubbele negatiewe stelwyse gebruik, voldoen duidelik aan die taak wat die ou Grieke aan die digter opgedra het, naamlik om ons te wys en te onderrig oor die plekke waar ons gewoonlik van uitgesluit is deur ons eie gespesifiseerde ervaringswÍrelde.

In die natuur bestaan daar nie die ontkenning van gebeure of dinge nie. Alles wat daar is, is materie; alles wat plaasvind, gebeur. Negering is in essensie ’n ingryp van die aktiewe verbeelding. Dit vind neerslag in ’n verbale vorm. Wanneer Fransi Phillips ’n gedig skryf oor vier bobbejane in die Outeniekwapas waarvan die digter die eerste nie sien nie, die tweede se voorkoms vergeet, die derde een haar, selfrefleksief en geabstraheerd, aan haar eie gedig herinner en die laaste ’n klip en ’n “stuk onbestaan” is, word die gelyktydige teenwoordigheid en afwesigheid van dinge belig. Die ponering van ervaring met verbeelding skep ’n interessante spanning en verruim die dialektiek van bestaan teenoor onbestaan. Hier word duidelik aan die diktum van Parmenides voldoen dat jy net so stip moet kyk na dit wat afwesig is as na dit wat teenwoordig is as jy op soek is na waarheid en dat die verbeelding dit wat afwesig is, moet vorm gee.

Dieselfde geld vir ’n strofe uit die gedig “Meister Eckhart”:

Wie is dit wat kak praat
van Meister Eckhart
(as dit nie niemand is nie) in my slaap

of “Ontkenning 3”, die slotgedig van die bundel:

Dit was nie ek
wat nie ’n gedig
geskryf het nie.
Dit was die stilte.

Dit was die niet
wat nie ’n gedig
geskryf het
in die stilte nie.

In My lied van die niet word die verbeelding betrek om juis die afwesige of verbygegane op te roep. Die verbeelding staan sentraal in al Phillips se werk en word op verskillende maniere verken, hetsy deur die vrou wat in die teken van Breton aan ’n kat geboorte gee in Sewe & Sewentig Stories oor ’n Clown (1985) of deur ’n meer voorstedelike Maria in My lied van die niet, wie se baba nooit Maria se baba sal word nie, “maar altyd Maria se baba [sal] bly”.

Dit is indrukwekkend hoe Phillips se werk voortdurend die verbeelding verken; so ook is die noue samehang wat tussen haar eksperimentele, magies-realistiese en die meer relaasagtige werk soos Herfsverhale en My lied van die niet bestaan. Die verskuiwing sedert Herfsverhale (1992) verteenwoordig nie ’n radikale breuk in Fransi Phillips se skrywerskap of die ontluistering van die verbeelding soos wat sekere kritici aangevoer het nie; dit is asof elke teks onafwendbaar op die vorige volg en terug- en vooruitlesend nog ’n laag tot die gestratifiseerde oeuvre en Fransi Phillips se bemoeienis met die verbeelding voeg.

Ek spreek die hoop uit dat tekste wat ten dele gepubliseer is, of nog glad nie, soos Die Kersheks, Couto se reŽn, die verhale oor Sarina en Simon, Verhale uit die afgrond en ’n manuskrip oor die vorm van ’n skaduwee wat die vrou wat herfsverhale skryf, opdiep uit ’n laai, gepubliseer sal word, maar besef dat hierdie tekste juis dit is wat Fransi Phillips “offers aan die niet” sou noem. Dit maak juis in hul onvoltooidheid, voorlopigheid en afwesigheid deel uit van ’n ryk, Borgesagtige verbeeldingsbiblioteek.

Deurdat teenwoordigheid en afwesigheid gesamentlik in die tyd voorkom, en so ook herinnering teenoor verbeelde werklikheid en ervaring, word daar in hierdie bundel met tyd gegoŽl. Die lied van die niet word voltrek teen die prosesse van tydsverloop en tydsverlies en dit wat daarmee verband hou, soos herinnering, afwagting, verwagting en verveling. Die selfrefleksiwiteit en bewustheid van die skryfhandeling laat die spokies in die kinderherinneringe-afdeling weer verskyn. Die optekening van die drie sekondes wat volgens Miroslav Holub die presiese hede uitmaak, is bewus, soos byvoorbeeld in die gedig “Oomblik”. Die tydsbelewing is akuut van die oomblik waarop die skrywer se oŽ oopgaan terwyl sy reis en sy vier swart mans in ’n staat van stasis onder ’n boom sien staan, en ook ’n voŽl sien opvlieg uit ’n bos, selfs al is die presiese plek onseker (“By die treinspoor/naby Schweizer-Reneke of Delarey”).


Ek wag vir die takke

In die winter
wag ek vir die blaarlose takke
om met sonsopkoms
in die vorm van skaduwees
teen die muur te kom staan

ek wag nie
vir ’n boodskap nie
ek wag nie
vir die liefde nie
ek wag nie
vir die wederkoms nie

ek wag vir die takke
teen die ylblou middaglug
wat in die nag
die uitsig versper na die maan.

Carson herinner ons in haar bespreking van Simonides se digterskap dat die digter die mag het om die negerende werking van die dood op haar beurt te negeer deur die verhouding tussen afwesigheid en teenwoordigheid van binne af uit te keer. Die negatiewe stelwyse is juis ook instrumenteel in hierdie proses. Phillips skryf dan ook in “Ontkenning 1”, ’n gedig met die ondertitel “By die dood van my Bulgaarse buurman”, soos volg:

die dood is in elk geval nie
die dood nie
dis net ’n ontkenning van
die lewe wat dit nie is nie.

In Fransi Phillips se lied besweer die niet die dood. Die niet is ’n black hole. Dit is ’n verdigting van materie waartoe alles se bestaan teruggevoer kan word en waarin alles verdwyn, insluitend die dood. ’n Bemoeienis met en erkenning van die niet onderlÍ poŽsie, elke gedig stort op sigself in en is rondom ’n punt van verdwyning opgestel. Elke gedig is, soos die motto van die bundel lui, “an experience of nothingness, which is suchness”.
As jy dood sou gaan
sou ek die mees niksseggende
gedig kon skryf
oor jou bestaan:

’n gedig wat
oor niks sou gaan
’n gedig oor onbestaan
wat ophou bestaan
’n gedig
wat ophou bestaan.

as jy weg sou gaan
as jy stil sou word
en dood sou gaan.

Die dubbele negering het nie net die gevolg dat die verbeelding ingespan word om dit wat afwesig is, op te roep en te betrek nie. Anne Carson skryf oor Simonides: “To read him is a repeated experience of loss, absence, or deprivation for the reader who watches one statement or substantive after the other snatched away by a negative adverb, pronoun or subordinate clause.” Grade van verlies en afwesigheid word deel van hierdie lied van verlies en afwesigheid: die minnaar was hierdie jaar nog minder daar as die toegespoelde wrak wat die vorige jaar nog wel daar was.

Op ’n vraag of dit ’n verskil aan haar lewe gemaak het om die film To forget Venice te sien, antwoord die vrou wat herfsverhale skryf instemmend en voeg by: “Maar as ek dit nie gesien het nie, sou dit ’n verskil aan my lewe gemaak het dat ek dit nie gesien het nie.”

My lied van die niet wys op die selfdigtendheid van Fransi Phillips se oeuvre en op ’n intrigerende skrywerskap en sensibiliteit wat getrou aan sigself bly. Ek dink dat My lied van die niet met die verloop van tyd dit gaan word wat Herfsverhale ook is: ’n boek wat as rite gelees gaan word en stil, dog onlosmaaklik, deel word van die ligval op strak winterstakke of van motorligte teen die wande van afgronde, ligte wat skyn op klippe of relings wat dalk nie daar is nie.


Hierdie resensie is ’n uitgebreide weergawe van ’n korter bespreking wat in Rapport verskyn het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.