SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroer vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aanges het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.


Waar?


George Weideman (skrywer)

As opskrif kies ek: “Oor die dilemma van die lemma” of “Kolma s jou ghremma, Emma wil ’n biscuit h.”

Teen hierdie tyd weet almal Boegoeberg se dam is ’n doodlekker dam, waar die meisies hare was en kam — maar almal weet ook dis nie rrig Boegoeberg nie, nog minder is die biscuit ’n biscuit. So waar is nie altyd waar nie.

Meer as ’n eeu gelede was die konteks skreiend anders as vandag.

“Waar ” — so begin CP Hoogenhout sy “Toekomstige volkslied”:

Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal,
Woon een verenig volk, een algemene taal.
’n Volk voorheen misken, ’n taal voorheen gesmoord,
maar nou beroemd, geerd, in oos, wes, suid en noord.

Hy was ’n deurtrapte optimis — di Hoogenhout. Hoor hoe eindig sy gedig:

Gedenk aan volk en land, getroue Hemelheer!
Sien gunstig ook op ons nes op ons vaders neer!
Bekroon ons handewerk en skenk ons U gena!
En sen, liewe Heer, verenig Afrika!

Nouja, Stanley Makgoba sou van hom gehou het.

Vandag klink ons kinders — van Tafelberg tot in die ou Transvaal — se volkslied s:

Waar kom my hulp vandaan
my hulp is van yahoo
waar al my soektogte eindig
in ’n chat room met delta blue

Waar kom my troos vandaan
my troos is van Klipdrif
waar al my worries wegspoel
so chill my bra, live and let live

Waar kom my krag vandaan
my krag l in die backtrack
waar alles recycled word
tot die diepte van die oppervlak

Waar kom k vandaan, my bra
hoe sal ek weet waar sal ek vra
My ma is met die mantras gepla
My pa is ’n boffin op java.

Maar terug tot ons lemma: “waar” is die woord en die woord is waar.

Oor die dilemma van di lemma kan ons ure filosofeer; want “waar” is veelvoudig paradoksaal.

Die eerste “waar” kan ons bykans ignoreer: Dit dui op handelswaar, die hele kaboel — nie net die oortjies van die seekoei nie.

Tweedens s dit iets van plek; hieroor val niks te redeneer: Waar skuil die blrrie Bin Laden, will Bush glo weet.

Derdens dui dit, ietwat ongewoon, op swerf, op dwaal: Bin Laden is iewers gewaar; hy waar daar rond — maar niemand weet met stelligheid.

Dit bring ons by die vierde diagonaal: Osama is ’n feit soos ’n koei. Maar hoe jy ook argumenteer, dt help soveel soos melk die bul. Osama is ni ’n koei nie. Nog minder ’n os.

U sien die geneuk? Die paradoks? Als gerelativeer:

Waar, o waar waar die waarheid, meneer met jou woordgeweer?

* * *

My liewe gehoor, om uit di dikkedensie
te kom, laat ons liefs maak soos digters mk.
Ons vergeet van Osama en sy lensies;
ons stel die waarheidsmouse aan die kaak.
Ons speel ’n spel met “waar” en kyk of ons ’n dieper dimensie
kan ont-waar.
Die waar-sindroom dien hom die beste voor
in die puntdig of die limeriek.
In ’n kuise pleknaam soos Danielskuil
Skuil dikwels ’n sater genaamd ou Niek.
Byvoorbeeld:
Op Lykso woon lang Hester Viljee -
Sy lyk maar so toe, sy’s baie gene!

Hier is nog ’n ligte voorsmaak,
Waarvan ek ’n raaispeletjie maak:

Nou luister mooi, meneer wysgeer,
ons gee jou ’n eerste kans;
Weet jy nie, mag enigeen probeer.

Di dorp was eens ’n raserige plek
Waar treine en trokke stamp en trek.
Ook Koos Kombuis het hier getrek geraak.
Nou l die spore blink langs die braksloot. Onaangeraak.
Waar, o waar waar die waarheid, meneer?
Oor watter dorp word hier gelamenteer?

A! a! Probeer is die beste woordgeweer.
Effens digter — maar dalk ook ligter —
is die volgende stukkie rym. rens in die ou Transvaal
l die raaisel wat plek en sin in ons land bepaal.

Hier kom hy:

Sisiphus en Boetievis is hier geskei —
die vloek: om vir ewig saam en tog apart te bly.
Nou dwing di Siamese tweeling my
om die paradoks van naasbestaan
as ’n ewige soeke na die self te bely.
Waar, o waar, meneer, waar die waarheid
Van jin en jang tot in ewigheid?

* * *

Aldus het ons gereis van De Aar tot Soekmekaar.
So het ons gesien: waar is dikwels dr,
maar daar nie noodwendig waar nie.
Tog haal ons uit die paradoks van ons veelhoek ’n les:
Oos wes Suid-Afrika bes!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.