SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hierdie bydrae is gelewer in die gewilde Filosofiekafee wat vroer vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas oor die volgende paar weke die bydraes van twaalf skrywers en filosowe wat mekaar die stryd aanges het oor die woorde “Wie?”, “Wat?”, “Waar?”, “Waarom?”, “Hoe?” en “Watter?”.


Waar?

Gerrit Brand (filosoof)

“Waar wat? Waarheid? Waar is God?”

So, s die Duitse teoloog Eberhard Jngel, lui ’n toereikende formulering van die Godsvraag in ons tyd. En daarmee gee hy ook treffend die filosofiese rykdom van die vraagwoordjie “Waar?” aan — ’n rykdom wat onder meer in dubbelsinnigheid gele is. En in die feit dat die twee bene van di dubbele sin of betekenis miskien meer met mekaar te doen het as wat aanvanklik “waar-skynlik” mag lyk .

“Waar?” kan dui op waarheid of die afwesigheid daarvan, soos in “raar of waar?” Maar dit kan ook ’n ruimtelike konnotasie h, soos in “waar, o waar ?” Waarheid en ruimte — twee begrippe wat filosowe al vir eeue besighou.

Laat ons met laasgenoemde begin. ’n Mens mag aanvanklik dalk vermoed dat die begrip “ruimte” beter in die fisika as in die filosofie tuishoort. Tog was dit al aanleiding tot baie kwelvrae en verwarring onder die geestelike nasate van Sokrates.

Godsdiensfilosowe — christelik en voor-christelik — het byvoorbeeld in die klassieke era reeds Jngel se vraag gestel: “Waar is God?” Omdat hulle hul elders bevind het — in ’n ander wreld as Jngel — het die vraag egter ’n ander strekking gehad. Dit het onder meer te doen gehad met die betekenis en implikasies van God se alomteenwoordigheid: Wat is God se verhouding tot die ruimte? Is God nieruimtelik, soos Augustinus betoog het? (Dan is die “waar”-vraag eintlik ’n war-vraag.) Of is God sy eie, geestelike ruimte, soos Johannes Damascenus dit wou h? Maar hoe is God dan in ns ruimte — en beteken God se teenwoordigheid in ons ruimte dat Hy deelbaar, eindig en ongelyk versprei is? Of, nog ’n keer: Word ons driedimensionele ruimte dalk omsluit deur die meerdimensionele ruimte van God? Sou mens kon s dat die wreld God se liggaam is?

Nou verwant hiermee is die legendariese Middeleeuse debat oor hoeveel engele op die punt van ’n speld kan pas. Of waar die tuin van Eden is — of die hemel, terwyl ons nou so deurvra.

Veranderings in mense se leefwreld het hierdie soort vrae mettertyd op die agtergrond gedruk — ten minste in die hoofstroomfilosofie. Tog het moderne denkers nie minder vreemde “waar”-vrae gestel nie. Dit begin reeds met Descartes wat gewonder het waar die siel is — en toe stellig die vraag beantwoord het: in die pineale klier, in die middel van die brein.

Vir sommige filosowe — die idealiste — is ruimte nie iets wat werklik bestaan nie. Dit is ’n ordening wat die menslike verstand op die dinge projekteer. (Dit is nou as ons nie die dinge self ook projekteer nie!)

Vir ander — die realiste — is ruimte werklik, onafhanklik van ons waarnemings. Saam met Newton glo hulle dat daar so iets soos ’n absolute posisie in die ruimte is. Hierop is mens geneig om te reageer met die vraag: As die ruimte rrig “daar” is, waar is dit dan?

Die mees suksesvolle teorie (wat toevallig ook deur fisici verkies word) is dat ruimte nie ’n “ding” is nie, maar ’n verhouding tussen dinge. Dit kan nie losgedink word van die dinge “waartussen” dit staan nie. Ruimte is dus “relatief” — dit dui ’n relasie aan.

Hierdie relatiwiteit spring nog meer in die oog as ons die aandag van “ruimte” na “plek” verskuif. Met “waar?” kan ons nie net na ’n posisie in die ruimte vra nie, maar ook na ’n “plek” in die ryker betekenis van die woord.

Anders as ’n ruimte, het ’n plek nie net matematiese eienskappe nie, maar ook tekstuur, betekenis en geskiedenis. Ons praat van die colour locale, die “kleur” van ’n plek. ’n Plek is nie ’n gegewe, soos ruimte, nie, maar kom tot stand in mense se interaksie — hul verhouding — met hul ruimtes. ’n Plek kan nie gedink word sonder die mense wie se plek dit is en was nie. Deur ons ruimte te benoem, herinneringe en assosiasies daaraan te verbind en betekenis daaraan te heg, maak ons dit tot ’n plek. Daarin l miskien die sleutel tot verskynsels wat ons, by wyse van spreke, nie kan “plaas” nie, soos “heilige plekke” of plekke waar daar spoke is

Ook die verskynsel van “kultuurskok” hou hiermee verband — dit is die ervaring van ’n ruimte wat ek nie as plek kan beleef nie. Die balling en die immigrant staan voor die noodsaak om van voor af ’n ruimte in ’n plek te omskep. Maar, vra Koos du Plessis, “Wie sou die ware swerwer wees?” Ons hoef nie ons land, ons streek of ons dorp te verlaat om te ervaar dat dit nie meer ’n plek is nie. Onlangs verwys Johann Rossouw in hierdie verband na die San-digter wat ges het, “Hierdie plek is nie meer ’n plek nie” — en wat daarmee die verhaal van kolonialisme vanuit sy staanplek vertel.

In tye van vinnige sosiale verandering kan dit gebeur dat ons uit ons plek verplaas word, ook al bly ons in dieselfde ruimte draal. Wat meer is, verskillende mense kan dieselfde ruimte deel en hulle tog in radikaal verskillende plekke bevind — “the universe next door”, het iemand in di verband opgemerk.

Omdat mense plekke tot plekke maak — en dit altyd weer van voor af oor moet maak — ontstaan daar maklik konflikte oor die soort plek waarin ons meen ons wil woon. Want as jou plek nie met myne versoen kan word nie, word dit moeilik om in vrede dieselfde ruimte te deel. Dit is in hierdie konteks dat ook die ander betekenis van “waar?” met dringendheid ter sprake kom. Want wat ek raar vind, vind jy dalk waar, en wat ek waar vind, vind jy dalk raar.

Is waarheid ook relatief, soos ruimte en plek? Kan dit los gedink word van my en jou opvattings oor wat raar en wat waar is? Daar is nou ’n vraag wat filosowe tot vandag toe hoofbrekens besorg! Wat in elk geval duidelik is, is dat jou waarheid en my waarheid nie altyd ooreenkom nie en dat di verskillende waarhede alles te doen het met jou en my plek in die wreld: wat waar en wat raar is, hang af van wie waar is.

Sou dit verskil maak as daar ook nog “’n waarheid” of “die waarheid” rens was? Dit sou in elk geval niks verander aan die feit dat mense in verskillende plekke — ook binne dieselfde ruimte — die waarheid verskillend sien en beleef nie. En as die plek waar ons woon, ons eie skepping is, is die waarheid daaroor dit nie eweseer nie? Waarheid en opinie, aletheia en doxa, is miskien nie een, soos die Wes-Afrikaanse filosoof Wiredu beweer nie, maar feit bly: die doxa het ons, terwyl aletheia ons ontwyk. Miskien is daar ’n waarheid wat waar is, onafhanklik van wat ek en jy daaroor dink. Ek sou net wou weet waar di vermeende waarheid dan is, sodat ek jou waarheid en my waarheid daaraan kan gaan meet

Ten minste in di sin is waarheid relatief: dit druk ’n relasie uit wat in die “my” van “my waarheid” opgesluit l. Dit stempel ook my relasie met die ander — en die “ander waarheid”. En dit is ’n funksie van my relasie met die ruimte en met my plek.

Kortom, “waar?” en “waar?”, “raar of waar?”, “waar, o waar?” — ruimte, plek en waarheid — het, aanvanklike vermoedens ten spyt, alles met mekaar te doen.

By die Woordfees is dit miskien paslik om op te merk dat di insig genspireer is deur ’n toevallige woordooreenkoms wat net in Afrikaans en verwante tale voorkom. Die waarheid, s Heidegger, ontbloot en versluier haarself tegelyk. Di sluier, het ons nou gesien, is die taal — die taal wat ons toevallig op hierdie of daardie plek praat: die taal wat ons op die spoor van idees bring, wat verbande en gedagtelyne sigbaar maak. Maar ook die taal wat ander denkmoontlikhede versluier en verberg. Immers, het ons vanaand in ’n Afrikataal gepraat, het ons waarskynlik gewonder oor die feit dat die vraag “Waar is jy?” ook “Hoe gaan dit?” kan beteken 

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.