SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ek, Suid-Afrikaner

Theuns Eloff

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002

  1. Die begrip “Suid-Afrikaner” is ’n komplekse een. Voor 1994 was dit vir my (bloot) ’n staatkundige en geografiese begrip — die plek waar “ons” bly. (Ek onthou in die Afrikaanse Studentebond-dae van die 70’s die lang debatte oor wat eerste kom en wat die belangrikste is: Afrikaner of Suid-Afrikaner? En my antwoord toe al dat dit twee verskillende maar aanvullende goed is )

  2. Tydens my inhuldiging as rektor vroer vanjaar het ek myself (in spesifieke volgorde) beskryf as “Christen, Afrikaan, Suid-Afrikaner, Afrikaner en oud-Puk”. En daarmee het ek al laat blyk dat di dinge aanvullende en selfs oorvleuelende begrippe is — konsentriese sirkels wat soos elektrone om ’n molekuul sirkel, en wat elkeen die molekuul beskryf en benvloed  want daar is ook ander dinge wat daar kan bykom: man (wit!), eggenoot, pa, broer, kind, perderuiter, ens.

  3. Die vraag is: wat maak my ’n “Suid-Afrikaner”? En kan dit per definisie ’n ander antwoord wees as wat Satish Roopa, Christa van Louw, Denis Beckett en Sandile Dikeni gee? Maak die feit dat ek ’n Christen is, of dat ek Afrikaans is, ’n verskil aan my Suid-Afrikanerskap?

  4. Terwyl ekself oor hierdie vrae nagedink het, het ek tot die belangrike besef gekom dat dit nie my Christenskap is wat my in Suid-Afrika hou nie  ’n mens kan Christen op enige plek in die wreld wees; dat dit nie my Afrikaansheid is wat my hier hou nie  ’n mens kan Afrikaans wees en praat (in elk geval vir ’n ruk) op enige plek in die wreld  (dit het sommige van ons nou al bewys in Australi, Nieu Seeland en Kanada).

  5. En ek het besef dat my Suid-Afrikanerskap onlosmaaklik verbonde is aan, gedefinieer word deur, die plek Suid-Afrika:
  • die geografiese plek — met berge en woude en Karoo en hoveld en stede en diere
  • die spesifieke mense — die wittes, die swartes, die bruines, die mooies, die lelikes, di wie se taal ek verstaan en di wie se taal ek nie verstaan nie, maar kan herken (selfs in Londen)
  • die spesifieke geskiedenis — ou geskiedenis van swart-wit-oorlo, boer-brit-oorlo, apartheid, afsonderlike ontwikkeling, parallelle ontwikkeling, struggle, die 1994-verkiesing, die RDP/HOP (en huise wat uit die lug val en oorspanne verwagtings van wit en swart), en sosio-ekonomiese ontwikkeling en ekonomiese groei
  • die mense se humorsin (ons maak oor al ons seerkry en skaamkry grappe), hulle swaarkry (armoede en Vigs) en hulle seerkry (kindermolesterings en verkragtings)

    kortom: die geskiedenis, uitdagings, probleme van hierdie land en hierdie mense.

    1. En ek het besef dat dit hierdie dinge is wat my hier hou ... en van my “Suid-Afrikaner” maak. Jy kan nie in Sydney of Toronto sit en “Suid-Afrikaner” wees nie, want jy is nie meer op die plek, in die land, tussen die mense nie, gekonfronteer met die probleme en deel van die oplossings nie.

    2. My pad na di besef het geloop:
  • vanaf die plotte buite Potchefstroom 
  • deur Mooirivier en Gimmies en die Voortrekkers en motorfietse en rugby 
  • deur die PUK en die SR en die Afrikaanse Studentebond en gesprekke met Nusas en die Students Christian Movement 
  • deur die Koinonia-verklaring en Polstu en die Ruiterwag 
  • deur die lugmag (as kapelaan) en ’n Tukkie-studentegemeente 
  • deur Dakar en die kerkraad en aanklagte en gevegte en verdagmakery 
  • deur die Consultative Business Movement en die vredesproses en die grondwetlike onderhandelings — berge en dale 
  • en uiteindelik deur die 1994-verkiesing en die euforie en die hard-neerkom-aarde-toe-realisme 
  • deur die RDP/HOP en die Nasionale Besigheidsinisiatief se dapper en suksesvolle pogings om sosio-ekonomiese ontwikkeling aan te help 

    tot by rektor van die PUK en debatte oor visies en name en taal en etos en “mergers”  My pad lyk anders as elke ander Suid-Afrikaner s’n en omgekeerd ... maar ons is almal deel van hierdie plek en hierdie mense ...

    1. Wat s ek? Ses dinge:

    1. Omdat ons hier is en hier bly, deel ek en my gespreksgenote iets baie belangriks: ’n geografiese en politieke en sosiale verbondenheid. Hulle pad mag ander wees as myne, en dit verryk hulle Suid-Afrikanerskap, maar ons deel die toekoms.

    2. Moenie begrippe soos “Suid-Afrikaner” of “Afrikaner” of “Christen” op die spits dryf en mekaar verketter nie  laat ruimte vir verskillende paaie en verskillende belewenisse daarvan. Party Suid-Afrikaners is Christene, ander nie; party praat Afrikaans, ander nie; baie is swart, baie nie; ’n klompie is nog Doppers, ander nie  dis OK, daar is plek vir almal  dis wat die Bybel en die Grondwet (en, as jy wil, die Freedom Charter) s.

    3. En daar is genoeg om te doen vir almal. Daar is verskillende prioriteite, want daar is genoeg uitdagings. Maar ek dink as Suid-Afrikaners is daar vir ons almal een groot “issue”. By al die ander goed wat Bill Clinton gedoen het, het hy een ding in sy eerste verkiesing reggekry: hy het Amerikaners laat besef dit gaan oor die ekonomie. Sy slagspreuk was: “It’s the economy, stupid.” Aangepas vir ons, is dit: “It’s poverty, stupid.” As ons as Suid-Afrikaners nie indiwidueel en kollektief die rug van armoede breek nie, sal ons oor ’n klompie jare nie meer ’n stabiele demokrasie en ’n relatief goeie ekonomie h nie; ons sal nie meer die wonderlike luukse h om Aardklop te hou en rugby te speel en oor Afrikaans te stry nie.

    4. En kort op die hakke van armoede is gelykberegtiging — “redress” in terme van onderwysgeleenthede, infrastruktuur soos water en elektrisiteit en sanitasie, grond en gesondheidsorg.

    5. As ons hierdie issues kan aanvat, sal daar ook plek vir taal en godsdiens en kultuur wees. Ek s nie daar moet nie taalstryders wees nie, daar moet nie “groenes” wees nie, daar moet nie Vigs-aktiviste wees nie. Wat ek wel s, is dat as ons nie deur ons issues sekere sentrale probleme aanpak nie, die luuksheid om issues te h, voor ons o gaan opdroog. Dis nie naef nie, dis realisties; dis nie politieke gedienstigheid nie, dis die oorlewing van ’n hele land met al sy mense.

    6. My pad en die issues waaroor ek sterk voel, maak die belewing van my Suid-Afrikanerskap anders as di van my gespreksgenote, maar verander nie aan die essensie, die kern daarvan nie.

    1. Ten slotte: As Suid-Afrikaner is ek ook per definisie ’n “patriot”, ’n liefhebber van die patria, die vaderland — die hle plek met l sy mense en l hulle dinge:

  • Ek huil as wit en swart saam die nasionale lied uit volle bors sing — soos onlangs op een van die PUK se gradeplegtighede.
  • Ek lag as die grappe oor ons seerkry en swaarkry op die selfoon en die e-pos aankom.
  • Ek leef met vandag se onsekerhede en dubbelsinnighede saam.
  • Ek behou die perspektief dat hierdie land nog di plek is waar van die wreld se grootste probleme opgelos kan en gaan word ... die opwindendste land op die aardbol.
  • Dit, en nog baie ander dinge, maak my “Suid-Afrikaner”!

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.