SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gaan Suid-Afrika se demokrasie oorleef?

Erns Grundling

“Suid-Afrika se demokrasie moet streef na ’n eiesoortige handelsmerk.” So het Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate, gister tydens die laaste Sol Plaatje-Diskoersgesprek by vanjaar se Aardklop-fees gesÍ.

Sy het saam met dr Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront, en dr Chris Landsberg, politieke kenner by die Sentrum vir Beleidstudies, in die kristalbal gekyk om te sien hoe Suid-Afrika se demokrasie oor ’n dekade sal lyk.

Al drie sprekers was dit eens dat die demokrasie behoort te oorleef, maar dat Suid-Afrika vele uitdagings in die gesig staar, waarvan armoede, werkloosheid en Vigs verreweg die grootste is.

Volgens De Lille is die Grondwet die beginpunt van Suid-Afrika se demokratiese ontwikkeling. Sy het uitgevaar teen die regering se hantering van die Grondwet. “In meer as 80 persent van die sake wat voor die Grondwetlike Hof verskyn, blyk dit dat die regering nie ons eie Grondwet erken nie.”

Sy het ook harde woorde gehad vir die minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, se hantering van die Vigs-probleem. Sy het haar “’n skande vir vroue in die land” genoem.

De Lille het kiesers aangemoedig om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem. “Dit gaan absoluut niks help om kwaad te wees en by die huis te bly nie. Mense moet die waarde van stemme besef,” het sy gesÍ.

Landsberg het die hoop uitgespreek dat Suid-Afrika se genoegsame demokratiese instellings die voortsetting van demokrasie sal verseker. “Suid-Afrika is saam met BrasiliŽ die mees verdeelde samelewing ter wÍreld, wat die ongelykhede betref,” het hy gesÍ.

Volgens Landsberg bied die twee ekonomieŽ — tussen ’n arm en ryk middelklas — reuse-uitdagings wat ons demokrasie die hoof sal moet bied. Hy het ook gewys dat daar heelwat spanninge binne ANC-geledere is omdat die daadwerklike oorgang van ’n vryheidsbeweging na ’n politieke party nog nie verwesenlik is nie.

Mulder het die “siekte in ons samelewing van oordrewe politieke korrektheid” as ’n frustrasie uitgesonder, veral wat die regering se hantering van die Zimbabwe-kwessie betref.

Hy meen ook die ware toets vir Suid-Afrika se demokrasie sal wees wanneer die regerende party die mag moet afstaan na ’n verkiesing. Hy het verskeie rooiligte geÔdentifiseer, wat die dun skeidslyn tussen die regering en die ANC, en die gebrek aan doeltreffende demokratiese instrumente vir die opposisie insluit.

Die vinnige nuwe middelklas wat die armes se griewe versterk en die toenemende polarisasie is verdere probleme wat hy aangeraak het.

Volgens Mulder kan die Afrikaner se ideale en toekoms in Suid-Afrika nooit op ’n rassistiese benadering gebou word nie. “Om jouself te wees en op jou regte te staan het niks met rassisme te doen nie. Dit erken slegs die werklikhede van etnokulturele diversiteit in Suid-Afrika,” het hy gesÍ.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.