SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa

Eben Venter

Daar word beweer dat daar 'n storieboek in elkeen van ons steek.

Op 'n dag, die dag toe jy jou verstand kry, trek jy 'n laai oop en daar is jou storie in al sy gedaantes en skakerings, aanwesig in 'n veelheid van fasette in tientalle vakkies en afskortinkies. In een van die vakkies, 'n boks. Jy maak die boks oop en daar ontdek jy jou vertellerstem. Skamerig en effe teruggetrokke, di stem, sodat hy van die lig wegskarrel nes jy die deksel van die boks lig en agter 'n verdere, kleinere boksie binnekant die laai probeer wegkruip.

Teen di tyd hou jy asem op en 'n fyn waas van angs verskyn op jou voorhoof. Vinnig en sonder om een keer te dink maak jy die tweede, kleinste boksie oop: daar is die muse wat jou vertellerstem moet stuur en lei. Die muse, nogal ook skamerig, trek haar manteltjie weg en wys haar naakte waarheid. Jy erken die naaktheid oombliklik: dit is j naakte waarheid.

Die waarheid het slegs die een, volslae ontblote voorkoms. Dit is die waarheid van jou eie, mees private seksuele geskiedenis: die eerste ervaring van die hand op jou dy, die eerste, aardse ekstase, die eerste plek of ruimte waar dit alles begin het, die verlangens en fantasie wat jou te binne skiet voor en gedurende en na die liefdesdaad; die verbale uitinge, die onbegrip van hoe dit alles werk en inwerk en as geaksentueerde herinnering terugkeer; die verlatenheid na die seksdaad; die verwondering oor die niksheid, die volslae lediging van alle rede onderwyl die liefdesdaad geskied.

Moontlik bevat jou private geskiedenis, hemele behoede, verbode dinge, byvoorbeeld die hunkering na een van jou familielede. Of die afskrikwekkende kennis van die hunkering van een van jou familielede na jou. Moontlik onthou jy die dag of die uur of die oomblik van misbruik in jou privaat geskiedenis; of vernedering en die onherroeplike uitwerking wat die vernedering op jou toekomstige seksuele belewenisse gehad het; of die wyse waarop die eerste seksuele ervaring vir ewig jou beeld van die teenoorgestelde geslag bepaal het.

Die woorde om die naakte waarheid te beskryf, mag en wil jy nooit op jou tong neem nie. Nie so, soos dit werklik geskied het nie.

Jy spring vinnig agteruit, klap die dekseltjie van die eerste boksie toe, klap die deksel van die tweede groter boks toe, skuif die bokse tot in die agterste, donkerste vakkie van die laai en skuif ook die laai vinnig toe en gaan sit en skryf. Jy het skielik ouer geword, en wys en onwys. Geskok en met skok belaai ervaar jy 'n opwelling van skryfenergie; jy is vervaard en sweet liggies.

Edwin Mortier, Marcel en meer
Erwin Mortier, die 39-jarige Belg, skryf sy outobiografiese debuutroman Marcel in 1999 en gebruik daarvoor die eerstepersoonsverteller. En hy gaan verhul terwyl hy vertel, hy gaan op 'n bepaalde manir verhul, hy kan nie anders nie.

So open hy sy roman:

Het huis leek op alle andere in de straat: ietwat scheefgezakt na twee eeuwen bewoning, stormwind en oorlog.

In hierdie aanvangsin is skeefgezakt en oorlog betekenisvol. Want die jongeling (so verwys ek na Mortier se hoofkarakter) is nou maar eenmaal net nie soos die ander kinders in sy skoolklas nie, en hoe naak kan en wil jy so 'n rare maar liewe jongelingskarakter uittrek, uitmergel, wil ek byna s? Bowenal bevat di familiegeskiedenis 'n skande wat liefs verhul moet word.

Wanneer die juffrou 'n skoolprojek aankondig waar almal een of ander sonderlinge dier- of volsoort klas toe moet bring, val die jongeling se keuse op 'n brief van sy grootoom Marcel. Die brief is gedurende die Tweede Wreldoorlog aan sy ouma gestuur en dra die tjap van die adelaar. Die pote van die adelaar dra 'n voorwerp wat vir die jongeling op 'n wekker lyk.

Sy juffrou laat hom egter duidelik verstaan dat dit geen onskuldige roofvol is nie, maar die simbool van die Derde Ryk, en in sy pote dra die vol niks minder as die swastika nie.

En nou word dit duidelik waarom die jongeling en sy grootouers saam met wie hy woon, soveel jare na die afloop van die oorlog nog steeds met venyn aangekyk word. Grootoom Marcel was SS-grenadier en het saam met die Duitsers op die oosgrens geveg om, soos sy ouma graag daarna verwys, die Belge van die Bolsjewisme te red.

Marcel het op die Duitse oosgrens gesterf, en sy enigste materile erfenis is die trommel op die solder. Hier gaan snuffel die jongeling gereeld - die solder behoort aan hom en sy grootoom Marcel. Hier leef Marcel nog voort. In hierdie ruimte verbeel hy hom, nee, oortuig hy homself, dat die gestorwe Marcel selfs op hom, die jongeling wat nes hy lyk, jaloers is. In die ontginning van die jongeling se verhouding met di Marcel is daar selfs sprake van liefde en intimiteit

Verhulling in die outobiografie geskied deur die skep van die skadufiguur van Marcel n deur die reekse beeldskone sensuele vergrype van die jongeling.

Heerlik bekyk die leser "glinsterende enkels en bleekwitte kuiten". Ons lees: " uit de korte mouwen van haar groene zomerjurk zag ik in de spiegel een vleug van haar okselhaar opkruipen. De zilte geur sloeg me in de neus."

En so praat die jongeling van die voet van sy juffrou terwyl dit uit haar skoentjie glip: "die zuigend geluid haar voet uit zijn gevangenis". Sy juffrou wat 'n stuk koek proe en uitroep: "'t Is de Hemel en 't is God."

Die sensuele lading wat Mortier aan sy roman verleen, laat jou na asem snak. En by die lading bly dit. Dit is die primre leefkonteks van die hoofkarakter.

Wanneer daar wel 'n eksplisiet seksuele toneel beskryf word ('n tiener druk die jongeling vas en oefen sy nuutgevonde tongsoen-metode op sy lippe), vind die jongeling dat hy daardeur gebelg en gewalg is. Sy erotiese dimensie l elders. Dit l op die solder in die trommel van sy gestorwe grootoom Marcel; dit l in die onmiskenbare gelykenis tussen hom en Marcel; dit l in die brief van Marcel met die adelaar-tjap wat die jongeling hom voorstel sy juffrou weggesteek het "achter het elastiek van haar parelmoeren panty's, dichter bij de geheime haren in het dal van haar dijen dan een lenvende ooit zal komen. Of hoger nog." Miskien seil die adelaar rakelings by haar naeltjie verby en dan die wens van die jongeling: "als hij", die brief, en Marcel "maar niet in haar boezem sliep". Hierdie is 'n hartstogtelike wens, want eintlik behoort Marcel aan hom, hy wat die jongeling is, en niemand anders nie. Hier nestel die jongeling se erotiese dimensie.

En as laaste voorbeeld van sy verhulde erotiese dimensie: die ontroerend-komiese anekdote van hoe die jongeling en sy juffrou altwee op hulle eie toilet sit met net 'n papierdun muurtjie om hom van al die lyflike geluide en geure van die ouer vrou te skei:

Het duurde een eeuwigheid, maar toen kwam het los, eindelijk. Een breed, moederlijk gestrol leek uit een rotswand weg te sijpelen en stroomden gul neer in de pot, even koerend als haar lachjes. Nu mocht de wereld vergaan. De warme pijn in mijn liezen werd een draaikolk

Een druppel van mij. Een druppel van haar.

Volgens klanke en pas en gevoel eggo hierdie intieme ervaring van die jongeling met sy piepiende juffrou die seksdaad self, soos hy dit wil en terseldertyd nie wil nie, want "nu mocht de wereld vergaan".

Algaande word die talle sensuele beskrywings, die ruimtes waarin die jongeling homself bevind, maar veral die verhulde karakter van Marcel, immer teenwoordig soos die negatief van 'n foto, aanwysings vir die leser: so moet jy die erotiese beeld van die hoofkarakter boetseer.

So skryf n verhul Erwin Mortier om via verhulling die ware beeld, die biografie, die lewensgeskrif van die jongeling vir die leser te vorm.

Wanneer deel twee van die outobiografiese roman enkele jare later verskyn, kom die subtiele, onder-die-teks-liggende eksplorasie van erotiek aan die leser bekend voor, en die leser kan nou met genoe voortboetseer aan die tiener wat in Mijn tweede huid verhul en verklap word.

JM Coetzee, Boyhood en verder
Nes Mortier open ook JM Coetzee die eerste deel van sy outobiografiese siklus, Boyhood, met 'n ruimtelike beskrywing. Hy skryf:

They live on a housing estate outside the town of Worcester, between the railway line and the National Road. The streets of the estate have tree-names but no trees yet. Their address is No. 12 Poplar Avenue.

Reeds in die openingsparagraaf is daar drie afwesighede aanwesig wat soos die geur van skoenpolitoer dwarsdeur die roman trek.

Daar is die aanwesigheid van die "housing estate"; tussen di en die grens bly die jong John. Belangrike grense wat dwarsdeur sy lewe bepalend blyk te wees. Want John leef en speel waar vryheid van beweging afwesig is; na gees en veral na liggaam is hy beperk, self-ingeperk.

Dan is daar die fisiese afwesigheid van populierbome in sy straat, ofskoon die straat Poplar Avenue gedoop is. 'n Ironie wat in verskeie gedaantes weer die weg van die jong John gaan kruis.

En derdens is daar die aanwesige afwesigheid van die persoon op wie die roman gebaseer is, want die vertellerstem wat Coetzee kies, is di van die derde persoon.

Deur hierdie drie aanwesige afwesighede, of vorme van verhulling, soos ek dit graag wil plooi, moet die leser self die karakter van die jong John Coetzee ver-beeld. Nes Mortier het ook Coetzee die gegewe van 'n uitsonderlike en 'n pynlik-private hoofkarakter, maar Coetzee verkies om op 'n ander manier te verhul. By Mortier het ons te make met verhulling as sensualiteit, by Coetzee het ons te make met verhulling as afwesigheid.

Waar die jongeling in Marcel hom oorgee aan sensuele verlekkering, is die jong John in Boyhood 'n serebrale, skugtere seun wat dikwels die prooi van vernedering en selfvernedering word.

He has a sense that he is damaged that something is slowly tearing him all the time.

Elders s hy ook:

From that day on he knows there is something special about him.

Verhulling as afwesigheid bied Coetzee die mees draaglike en waarskynlik mees leesbare manier om n die skrywe van Boyhood nog saam met sy geskepte karakter te leef.

Vanuit die afstandelike, afwesige perspektief van die derde persoon word die karakter van John uit gelig, een keer selfs uit sy skoene. En die dag toe sy sagte wit voete uit sy skoene moet kom en hy homself blase brand op die warm teerblad, sal hom dan ook altyd bybly.

Die John van Boyhood is die seun wat ons van die openingsparagraaf af al behoort te vermoed: ingeperk deur afwesighede eerder as oorgawe aan die sensuele wreld wat om hom aanwesig is. Sy konfrontasie met aardse geure soos di van 'n puttoilet is vir hom te walglik en hy hou sy ontlasting binne; modder wat teen sy tone wurm, vind hy afstootlik; sy vroegste herinnering aan sy moeder word nie oorheers deur haar borste as sensuele begeerlikhede nie, maar deur die selfopgelegde, pynlike gedagte dat hy hulle met sy vuisies gemoker het, dat hy hr pyn aangedoen het.

Met afsku onthou hy hoe hy eenkeer nie anders kon as om na sy vader se penis te kyk nie, "his father's most clearly of all, pale and white". Hy haat sy vader se liggaamsgeure; sy vader is ook di persoon wat dwarsdeur hom kan sien, en tog niks daaraan doen nie. Selfs die afwesigheid van iets soos lyfstraf, wat alle kinders normaalweg laat ril, maak dat hy vreeslik ly. Nee, die jong John wens dat sy vader hom moet slaan, sodat hy normaal kan word; terselfdertyd weet hy dat hy heeltemaal mal sal word as sy vader hom wel te lyf gaan, mal soos 'n rot in 'n hoek.

John dryf homself in 'n hoek:

Best of all he loves the honey-tan legs of boys with blond hair. The most beautiful boys, he is surprised to find, are in the Afrikaans classes.

Maar die skoonheid en begeerte wat hy hier ontdek, pla hom geweldig. Trouens, van al die geheime wat hom 'n randeier maak, is die ontdekking van begeerte die heel ergste. Die pynlike spel tussen aanwesigheid en afwesigheid hou nie op nie.

Tot di mate verlang hy dat die afwesige aanwesig en die aanwesige afwesig word, dat hy vir homself 'n "burden of imposture" skep. En met die gedagte dat hy 'n verneuker is, breek die nimmereindigende, selfopgelegde marteling des te sterker aan.

Hy ontsnap aan die las van sy verneuk-geaardheid slegs deur hom te verplaas na die domein van verbeelding. Hier is dit privaat, selfgereguleerd; hier kan hy op mikrovlak oor selfs die gevoelswaarde van letters dagdroom.

Sy vryheid smaak hy wanneer hy hom privaat en geheimenisvol by die wreld van 'n boek kan inleef - "it is like slipping into a warm bath," s hy wanneer hy begin lees aan The Swiss Family Robinson. Vryheid smaak hy op sy beste op die mensverlate plaas van sy oupa, waar hy kan ronddwaal nes hy lus het:

Through the farms he has substance Farms are places of freedom, of life he has two mothers. Twice-born: born from woman and born from the farm. Two mothers and no father.

John is die teenoorgestelde van die wilde, ongetemde, skone Afrikaanse en kleurlingseuns met hulle pragtige heuningbruin bene en hulle roekelose rondsmytery van die mees ongelooflik obsene woorde: fok en piel en poes.

Die jong John begrens homself van die aardse en die sensuele en die erotiese. Dit is aspekte van sy leefwrld wat aanwesig is, maar wat hy nie anders as pynlik nie ervaar, en daarom verstoot hy die sensualiteite tot die domein van die afwesige.

Verhulling as afwesigheid maak die begrensende karakter van die jong John vir ons duidelik; algaande word hy oop geskrywe en kan die leser 'n beeld vorm van die erotiese dimensie van 'n karakter soos John Coetzee.

Wanneer ons 'n paar jaar later Youth te lese kry, is die ingeperkte, selfgemartelde, maar hunkerende en daarom empatie-wekkende karakter van die student John geen verrassing nie. Die John van Youth was reeds in die teks van Boyhood aanwesig, en deur verhulling is die begrensende erotiek van die karakter vir die leser onthul.

Foxtrot
Die laaste teks waarmee ek verhulling as invalshoek tot die outobiografiese roman wil illustreer, is my eie Foxtrot van die Vleiseters.

In Foxtrot word die eenmaal-van-die-skrywer-verwyderde stem van Petrus Steenekamp ingespan om die outobiografie te vertel, en soos Marcel en Boyhood word ook di roman met 'n ruimtelike vertelling geopen:

In Augustus tydens die jaar van die Noodtoestand hoor ek, Petrus Steenekamp, vir die eerste keer die skreeu. Hier onder die peperboom is ons besig om ons brekfis uit 'n mandjie te pak. Die skreeu skeur oor die veld na ons toe. Sy oorsprong, dit besef ek oombliklik, is op Renosterberg, vier-, vyfhonderd tree van ons piekniekplek af.

Die hoofkarakter eet en slaap, fantaseer en word wakker in 'n land waar daar 'n noodtoestand heers. Reeds in die heel eerste sin van die roman lees ons van die skreeu van 'n gefolterde, so word dit later aan die lser openbaar. Maar Petrus Steenekamp wis egter reeds van die begin af wat die skreeu behels en dat dit van 'n kamp van aanhouding onder die Renosterberg af kom.

Die erotiese beeld van Petrus Steenekamp word verhul n verklap in 'n landskap deurdrenk van die dreigende politieke gebeure van die tagtigerjare. Die verhulling wat hier aangewend word, is ondubbelsinnig polities van aard.

Soos die jongeling-karakter van Mortier leef ook Petrus in 'n ryk van sensuele ervarings, selfs eksplisiet seksuele ervarings, maar altyd binne die sterk-afgetekende konteks van die politiek.

Wonderlike reuke en sappe en visies word vir die leser deur die neus en tong en oog van Petrus Steenekamp ver-beeld. Wanneer die pannekoekbakster op die landboutenstoonstelling haar pan lig en die deeg frisbee hoog gooi, kos dit 'n Petrus Steenekamp om by haar kieliebak in te loer en daar die "haarstoppels onder die vel" te sien, "week soos vlerke van papierlelies" byna verdwene en "net-net sigbaar soos flou, grys verkleinwoordjies".

Nes Mortier se jongeling wat na die vleug okselhaar van die mevrou staar, maar in Foxtrot word die sensuele waarneming binne die groter, oordonderende arena van die politiek geplaas, en al wat leef en wit is moet uiteindelik holderstebolder van die skougronde af wegvlug voor die aanstormende jong swart jeugdiges.

Die politiek verhul Petrus se eie erotiese lewe, druk dit op die agtergrond, draai hom daarbinne soos in 'n kokon toe. Petrus kry net kans, en gee homself vrywilliglik net die soort kans, om op perverse manier vanuit sy toegesponne situasie na eweneens perverse dade te loer.

Daar is die stoere, regse, tweede luitenant Ghoen wat op die geilste manier denkbaar die swart gepolitiseerde Buziwe in die stalle beken, en as ultieme voyeur sit Petrus in die aanliggende stal en hoor en ruik en maak alles mee: "Uiteindelik kom hulle geil reuk tesame. Ek hoor die perd digste aan ons insnuif en uitskuim nes ek self."

Die keer in Chili, waar die sniksangeres Bianca probeer om El Submarino- martelmetode uit generaal Konstantyn te mergel, word die seksdaad weer gepleeg binne 'n sinistere politieke konteks.

Dit is asof die karakters seksuele diere word deur die politiek, maar ook die omgekeerde is waar. Die karakters word ook politieke diere deur die seksdaad. En bo- en onderkant, digby en binnekant is die Petrus-karakter immer teenwoordig, maar slgs teenwoordig en niks meer nie. Om te luister en te ruik en te hoor en vinnig op te teken, en dan, by wyse van spreke, uit te trek.

Die naaste wat hy aan 'n eerstehandse lyflike ervaring kom, is in die swembad met die swart meisie Buziwe. Maar ook dan bly die erotiek bepaal en begrens deur die feit dat sy swart en hy wit is en deur die gepaardgaande sosiale en politieke taboe wat die velkleure meebring.

En wat word dan van al di sensuele ervaringe en al Petrus se besonderse aantekeninge? Niks meer as net dat die leser die beeld, en meer spesifiek, die erotiese dimensie van Petrus Steenekamp daaruit moet saamflans.

Verhulling n verklapping as politiek.

Nou het die skrywer daarin geslaag om die laaste, kleinste boksie waarvan ek heel aan die begin gepraat het, te open. Hier l die geheim, die privaatste van die private, en daarom moet jy juis verhul om enigsins jou vertelling voort te stu.

Verhulling geld nou as voorwaarde vir die progressie van die outobiografiese vertelling. Soos die verhulling voltrek en die verhaal na vore gedryf word, word die beeld van die sensuele, seksuele karakter terselfdertyd gebeitel en geboetseer.

Volgens my l die inspirasiepit of -kern van die roman dan by die vorm van verhulling wat jy as skrywer vir jou outobiografie kies. Sensualiteit by Mortier, afwesigheid by Coetzee en politiek in Foxtrot.

Daar is verder selfs 'n bepaalde moraliteit verbonde aan die verhulde aanbieding van outobiografiese gegewens: die privaat lewe en dele van die skrywer word beskerm; dikwels word die familie waaruit die skrywer stam, ook op di manier respekvol behandel.

Daarom trek jy weg met ruimtelike beskrywings, sensuele beskrywings, die konteks rondom die eerste of tweede of hoeveelste sensuele ervaring (wie tel nog?); en stadigaan word die erotiese dimensie van die hoofkarakter belig, verkry die karakter konteks, begin die leser verstaan waarom hy s en nie s verhul word nie.

Vanuit die omstandige relaas kan die leser nou self die verhulde erotiese dimensie aanvul en invul, nes hy wil. En onmiddellik het die outobiografiese skrywer in sy doel geslaag. Sy jeugdige erotiese dimensie, verhuld soos dit aangebied is, word verder deur die leser self ver-beeld. Die leser word medeskrywer en -ver-beelder van die geheime en intieme. Die privaat domein van die erotiese word op sy plek gehou. Waar dit hoort.

Eben Venter
Prince Albert
September 2004



LitNet: 14 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.