SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Maar as jy wil kom - ons hou jou plek oop - laat weet net

Dorothea van Zyl

is die Woordfeesdirekteur en 'n akademikus aan die Universiteit Stellenbosch.

Beste Max

Jammer ek kon weens werkdrukte nie onmiddellik antwoord nie. Dankie dat jy die Woordfees 'n wonderlike projek noem en die hoop uitspreek dat dit sal groei - ons waardeer dit werklik. Dankie verder vir jou aanvanklike geesdrif oor die Woordfees.

Dit is nogal jammer dat jy jou brief aan my terselfdertyd openbare besit gemaak het, want ek vermoed dat hier sprake is van misverstande. Dit bots ook in 'n mate met die vriendelike toon en die telefoonnommer. Was die brief werklik vir my bedoel?

Wat my die meeste teleurstel van jou reaksie, is dat ek jou nog altyd as 'n onafhanklike, kritiese denker beskou het en omdat ek het steeds 'n groot bewondering het vir wat in die tagtigerjare met Vrye Weekblad beoog en bereik is. Wat het dan nou gebeur? Die aanspraak dat jy "lank en ernstig daaroor nagedink het" voor jy onttrek het, lyk in konflik daarmee dat jou argumente 'n eggo is van die aanvanklike beswaarmakers s'n.

Interessantheidshalwe: Roodt het nie sy perke oorskry met 'n vorige besoek aan die Woordfees in 2001 nie. Hy het toe opgetree in 'n debat oor "Omgaan met die verlede", wat destyds soos volg geadverteer is: "Voorlesings deur die skrywers EKM Dido, Rayda Jacobs, Eben Venter en Kader Abdolah word gevolg deur 'n kort standpuntinname en debat oor maniere om die verlede te hanteer, deur vooraanstaande figure soos Carl Niehaus, Dan Roodt, Neville Alexander en Jannie Gagiano."

Daar was toe nooit enige sprake daarvan dat Carl Niehaus of Neville Alexander wou onttrek nie. Veral Niehaus het nogal redelik sterk die vloer gevee met Roodt, na wie se teenwoordigheid toe geen haan gekraai het nie. Tog was Dan Roodt destyds reeds bekend vir kontensieuse uitsprake.

Het ons denke dan sedertdien meer beperk geraak? Is ons samelewing besig om al hoe minder oop te raak? Is 'n klein, benoude wêreldjie die erfenis wat Vrye Weekblad destyds beoog het? En hiermee impliseer ek allermins dat Dan Roodt se standpunte oop sou wees - dalk is dit 'n tendens by sommige voorvegters uit die Tagtigertyd om die "awe" van "aweregs" te verloor?

Die grootste misverstand, maar ook verskil in benadering tussen ons, is miskien dat jy die politiek as uitgangspunt gebruik by jou besluit om te onttrek. Dit is jou goeie reg, maar dit mag myns insiens nie geld vir 'n fees wat skrywers en boeke sentraal stel nie. Ons uitgangspunt en grondbeginsel as 'n literêre fees moet die literatuur wees (hoewel die politiek uiteraard dikwels in die verlengde lê van die literatuur, in sommige tekste meer as in ander). Die letterkunde besit immers 'n durendheid wat uitstyg bo die eietydse en polemiese.

Daarom is daar geen sprake dat die Woordfees aan Roodt 'n forum wil verleen vir rassisme of haatspraak nie - die gesprek oor Moltrein (wat moeilik as rassisties bestempel sou kon word en waarvoor slegs 'n halfuur opsygesit is) laat ook min ruimte vir so iets.

Daar is ewe min sprake dat ons as Woordfees legitimiteit sal (of kan) verleen aan Roodt se polemiese standpunte buite sy boeke. Dit is nie waarom dit hier gaan nie.

En eintlik vind ek dit 'n nogal ietwat elitistiese benadering dat Roodt se stem elders mag opklink, maar net nie by die Woordfees nie. Juis van hierdie ivoortoringbenadering wil die Woordfees wegkom en eerder 'n Hyde Park word, waar almal met hulle storie kan kom. Om 'n podium vir 'n groot verskeidenheid stemme beskikbaar te stel beteken tog sekerlik nie dat een stem bo die ander uitgesonder word nie?

Dit sal jou ook moontlik verbaas om te hoor hoeveel skrywers nie saam met dié of dáái by die Woordfees wil optree nie. En ons ou literêre wêreldjie ís dan al so klein - Jaws speel in 'n poeletjie, het ek dit onlangs toevallig genoem. Met talle onderstrominge ...

Maar dit is sekerlik ook jou goeie reg om nie aan 'n fees deel te neem nie en ons respekteer dit.

Max, ek neem aan dat jy nie nou meer jou besluit sal kan heroorweeg nie? Dit laat 'n gaping in ons program en stel baie mense teleur wat na jou wou kom luister. Ons hoop wel van harte dat jy 'n volgende keer aan 'n ander Woordfees sal kom deelneem (ongeag wie anders kom). Maar as jy wil kom - ons hou jou plek oop - laat weet net.

Vriendelike groete

Dorothea van Zyl



LitNet: 25 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.