SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Ope brief aan Annesu

Beste Annesu

Jou brief van 7 Maart (op SNet) verwoord sekere kwellinge waaraan ek self al gedink het en die vrae wat jy oor my persoonlike rol in hierdie hele besigheid stel, vind ek insgelyks kommerwekkend en nie maklik om op te antwoord nie. As ek so na die briewe op SNet kyk, dan wil dit voorkom asof ons almal besig is om die epistolre genre te herontdek, ongeveer drie eeue n Mme de Svign dit in die sewentiende eeu bedryf het.

Sedert ek vir die eerste keer ’n paar jaar gelede myself begin uitlaat het oor die taal- en identiteitskwessies, het ek die indruk dat ek ten spyte van myself hierby betrokke raak. ’n Mens kyk die heeltyd oor jou skouer of daar nie iemand anders is wat dit beter kan doen nie, of ’n meer geskikte persoonlikheid is, maar helaas. Ek bevind my in die voorste linie van hierdie laaste, byna desperate poging om iets van die Afrikaanse tradisie te red, eer dit vergaan soos soveel ander dinge in Suid-Afrika. Ek besit ’n foto van ’n gebou in Joubertpark in Johannesburg wat ek geneem het omstreeks 1982. In daardie stadium was dit ’n stylvolle art dco-woonstelblok wat ek in swart-en-wit kon vasl, met glasdeure vir ’n ingang waaragter ’n mens dalk misterieus iemand kon bespeur, ’n inwoner of besoeker aan di voortreflike stuk argitektuur. Vandag is daardie gebou vervalle en het die glasdeure plek gemaak vir kru ysterhekke, byna soos ’n tuisgemaakte tronk. Die mure is vol krake en vuil. Vir my is hierdie gebou ’n metafoor vir dit wat besig is om te gebeur, ook met Afrikaans, met ons geskiedenis, met die paaie, met die waardestelsels van hierdie land. ’n Mens het konstant die gevoel van “red wat daar te redde is”.

Die gebrek aan leierskap onder Afrikaners word allerwe erken. Ek veronderstel enigeen van ons kan opstaan en ’n oranje vlag begin swaai — dit lyk asof di kleur in die mode raak as die simbool van verset — en hoop dat ’n paar middeljariges of oues of enkele verdwaalde jongelinge dalk sou volg. My of jou of enigiemand anders se kanse is ten minste ewe goed as die welbekende partypotentate en oud-Broeders wat soos fluitspelers van Hamelin met stukkende fluite nog blaas-blaas sonder effek.

Jy vra my wat ’n Afrikaner is en wat jy nou met so ’n nuwe speelding moet maak. Is dit ’n skaakstel of ’n vliegtuig? Ek wens ek kon jou ’n helder antwoord gee. Die vliegtuig gaan waarskynlik nie opstyg nie en die skaakstel makeer enkele stukke, veral die broodnodige koningin wat iewers in ’n onnadenkende skuif gesneuwel het. In hierdie spel speel ons natuurlik die ongewilde wit, terwyl swart ’n reputasie het as wenner. Ons het tydens die opening probeer aanval, maar het stukke afgestaan en word nou meedonloos teruggedryf. Behoort ons sommer nou die handdoek in te gooi en sodoende die eerbare ding te doen, of kan ons hoop op ’n wonderbaarlike ommekeer van sake? Miskien is ons ’n fatalistiese volk, of miskien weet ons instinktief dat elke ondergang deurweek is van tragedie en indien ons soos voyeurs talm by die ongelukstoneel, kan ons dalk die pyn en lyding omvorm tot iets soos ’n kunswerk. Bittereinders maak goeie digters, of so iets.

Deurpriemende frases kom soms tot ’n mens op die mees onverwagte plekke. In ’n kroeg in ’n Johannesburgse hotel kom ek juis iemand te wat saam met my op skool was, hoewel ek ’n jaar voor hom was en hy vertel my van hul onlangse renie. “Hulle is net ’n klomp ouens wat nou verstrooid oor die wreld woon. Maar hulle onthou. Hulle onthou.”

Ek onthou, jy onthou, ons onthou. Afrikaanse werkwoorde vervoeg nie. Onlangs is ek gevra om op televisie te verskyn in ’n program oor “waarheid en geskiedenis” en instinktief het ek die volgende woorde van Proust wou aanhaal (ken jy dit, die beroemde passasie oor die madeleine-koekie?)

    “En meteens het die herinnering in my opgewel. Dit was die smaak van die klein stukkie madeleine-koekie wat my Tant Leonie my altyd Sondagmre op Combray aangebied het (want op di dag het ek nooit uitgegaan voor die misuur nie) as ek vir haar gaan mre-s het in haar kamer, n sy dit in haar tee of haar kruie-drankie gedoop het. Die koekie op sigself kon my niks in my gedagtes laat oproep nie; miskien omdat ek sedertdien vele raakgesien het op die skinkborde van koekverkopers, is hul ewebeeld deur die dae op Combray versaak om verstrengel te raak met ander, meer onlangses; miskien omdat hierdie herinneringe wat so lankal agterwe gebly het buite die geheue, niks meer van oorgebly het nie, alles uitmekaar geraak het; die vorme — en ook di van die klein skulpvormige gebak , so botterig sensueel, onder sy streng en toegewyde kartelinge — het verdwene geraak, of, sluimerend, die uitsettingskrag verloor wat hul sou toelaat om die bewussyn te bereik. Maar, wanneer daar van ’n verre verlede niks meer oorbly nie, n die dood van lewende wesens, n die vernietiging van dinge, bly daar vir ’n lang tyd nog die reuk en die smaak, broser maar lewenskragtiger, minder stoflik, hardnekkiger, getrouer, soos siele, wat onthou, wat wag, wat hoop, bo-op die runes van die res, wat dra sonder klagte, op hul byna ontasbare druppeltjie, die ontsaglike bouwerk van herinnering.

    En net toe ek die smaak herken van die stukkie in die kruietee-gedoopte madeleine-koekie wat my tante my altyd gegee het (alhoewel ek nog nie wis waarom en tot baie later moes wag om uit te vind waarom hierdie herinnering my so gelukkig maak nie), het die ou grys huis in die straat, daar waar haar slaapkamer was, soos ’n teaterdekor kom vassit aan die kothuisie, met sy uitsig op die tuin, wat vir my ouers laat bou is aan die agterkant daarvan (net di stuk onvoltooide muur wat ek tot op di stadium kon sien); en saam met die huis, die dorp, van die mre tot die aand en in wind en weer, die dorpsplein waarheen ek gestuur is voor middagete, die strate waarin ek inkopies gaan doen het, die voetpaaie wat ons geneem het as dit ’n mooi dag was. En soos di spel waarmee die Japannese hulself vermaak deur klein stukkies voorheen ononderskeibare papier in ’n porseleinbak vol water te doop wat, skaars n hul ingegooi is, uitswel, om mekaar draai, verkleur, van mekaar skei, blomme word en huise, vaste en herkenbare figure, op dieselfde manier het die blomme van ons tuin en di van Meneer Swann se park en die waterlelies van Vivonne en die gewone mense van die dorp en hul klein woonplekke en die kerk en die hele Combray en omgewing, dit alles het nou vorm aangeneem, asook gestalte en het te voorskyn gekom, dorp en tuine, uit my koppie tee.” (Proust, Marcel. A la recherche du temps perdu, band I. Parys: Gallimard/Pliade, 1987, bll. 46-47.)

Herinnering is waaroor dit gaan, die druppel versoete kruietee wat onder aan die koekie hang voordat jy dit op jou tong gaan proe. Die ontsaglike bouwerk van herinnering. Watter betowerende frase! ’n Hele konstruksie wat verrys as jy iets uit jou kinderdae proe of ruik. Ek weet dit is veels te Frans om werklik inslag te vind, maar dit kan maklik aangepas word tot ’n meer aardse metafoor, iets soos boerbeskuit in koffie. As jy die beskuit in jou koffie doop, kom jou wreld te voorskyn, die huis uit jou kinderdae, die strate waarin ons gery het op ons fietse toe dit nog veilig was, die kleurbaadjies wat ons gedra het, die skoolbus, Somer deur C.M. van den Heever wat jou voorgeskrewe boek was, die gay taalonderwyser wat iets van die misterie van die lewe voor jou laat oopgaan het met sy terloopse ironie. Dit was alles so onbenullig, maar dit was ons lewens.

Vandag, natuurlik, rus die verlede swaar op ons. Ons het steeds ons herinneringe, maar op ’n manier is hulle geskaad, soos jou gunstelingtrui wat, as jy dit op die eerste koue herfsdag uithaal, jy ontdek vol gate gevreet is deur vismotte. Die verlede, ons geheuens, het ’n slagveld geword; waar eens kinderstemme iets gesing het soos “al die veld is vrolik”, hoor ons nou net die geronk van tenks en ons sien infanterie met staalhelms rondstrompel soos in ’n surrele oorlogsfliek.

Wat is ’n Afrikaner? Inderdaad. Vergewe my al die literre verwysings, maar miskien is dit omdat ek self nie oor die nodige woorde beskik nie; laat my NP van Wyk Louw aanhaal:

“O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n ho blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;

eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van di wat om ’n ander diens
soos knegte jou verlaat.”

Ek word geraak deur die sinsnede, “...val soos korrels saad”. ’n Saadkorrel is iets wat potensieel vrugbaar is, maar as dit val, kan dit ook opgevat word in die sin van “sneuwel”, van “een vir een doodgaan”.

Ek sou dus genoemde vraag kon begin antwoord deur te s: ’n Afrikaner is iemand wat moet sneuwel voor hy vrug kon dra.

’n Boek wat jy mt lees, is WA de Klerk se The puritans in Africa. Dit sal al jou historiese vrae beantwoord, maar ongelukkig hou dit op rondom 1970. Daarna is jy op jou eie. Ek wil dit nie romantiseer nie, maar stel jou voor ’n groep mense wat uiters talentvol is, komende uit die rykste land ter wreld in hul tyd, Nederland, waar die gemiddelde inkomste per kop vier keer hor was as in enige ander land. Hierby word gevoeg ’n ander groep met Franse vanne, afkomstig uit die rykste en welvarendste deel van Frankryk, die supermoondheid van die sewentiende eeu toe die Lodewyks die Westerse wreld oorheers het. Die Protestante van La Rochelle en omgewing was nie net ’n godsdienstige bedreiging vir die Franse koningshuis nie, hulle was ook ’n ekonomiese gevaar, vanwe hul hardwerkendheid en sukses. Hulle beland hier as gevolg van die godsdiensoorlo in Europa, skiet wortel en net as hulle begin om hul eie, nuwe indentiteit te vind so 150 jaar later, word hulle gekoloniseer deur die Britte. So begin hulle lang peregrinasie die binneland in en word hulle weer eens vlugtelinge. Tragedie volg op tragedie. Daar is Bloukrans en Weenen en later die vernederende neerlaag teen Kitchener. Maar net baie onlangs, na jare van armoede en agtergesteldheid, vind hierdie mense iets van hul vroere welvarendheid en wellewendheid terug. Met die Sestigerbeweging kan Afrikaners oplaas asemhaal, die grense van hul benouende oorlewingswreld versit en hulself oorgee aan hul estetiese versugtinge. Natuurlik is daar ook baie parvenu’s in di tyd, vrouens met eienaardige haarstyle, mans met grys skoene, veiligheidspolisiemanne ens., maar in die bre is daar ’n ongekende terugkeer na ’n vergange glorie toe hul voorouers tot die wreld se beste behoort het, connoisseurs en denkers  ... Dit was die tyd toe ons grootgeword het, Annesu, ons goue dekade of twee. Dit was die tyd van Sewe dae by die Silbersteins en Andr Brink se Ambassadeur en Ingrid Jonker en Breytenbach en ander. Brink se ambassadeur staan afsydig teenoor die volkse en is ’n fynbesnaarde individualis; wat hy egter nie besef nie, is dat sy individualisme die luukse is van iemand wat tot ’n polities dominante groep behoort.

Soos altyd het die politiek ons ingehaal en die res is geskiedenis. Hier is my tweede definisie van ’n Afrikaner: dit is iemand wat die verkeerde godsdiens op die verkeerde tyd aanhang. Drie- tot vierhonderd jaar gelede was dit Calvinisme en Protestantisme. Vandag is dit iets anders. Miskien sal “selfbeskikking” en “veelvolkigheid” oor vyftig jaar trs la mode wees; twintig jaar gelede was dit nie. Noem dit unzeitgemss of wat jy wil, maar hierdie hebbelikheid loop soos ’n goue draad deur die Afrikanergeskiedenis. Dit mag ’n teken van genialiteit wees, of van wanaangepastheid.

Weet jy wat is vir my, afgesien van die WAT en Etienne Leroux en ’n paar ander dinge een van die wonderlikste Afrikaner-onderskeidings? Dit mag jou skok in polities-korrekte Kanada, maar dit was die atoombom wat hulle (of ons, ek en jy en almal saam) by Pelindaba gemaak het. Onlangs het ek ’n paar goed oor Einstein gelees en die Manhattan Project en het nou ’n vae idee wat dit behels om ’n atoombom te maak, veral as die res van die wreld sanksies teen jou toepas en hul tegnologie van jou weerhou. Afrikanerwetenskaplikes het dit gedoen, Annesu, net soos die Europese Jode met behulp van Amerikaanse geld in die veertigerjare. Anders as hulle, het ons dit nooit gebruik nie. Ons het dit vir ’n speelding gehou en agterna het jou ANC dit vernietig en al die apparaat verniet weggegee vir die Chinese. Sover ek verneem, het hulle wonderlike dinge met lasers ook reggekry wat, wie weet, hierdie land ’n voorloper in daardie tegnologie kon gemaak het. Sover ek verstaan, het jou ANC dit ook weggesmyt omdat hulle geen nut daarin kon sien nie. Die base gaan nou blykbaar kerntegnologie invoer vir die kragsentrales, want as dit van die buiteland kom, is dit beter, die ou koloniale slagspreuk.

Dit mag jou ook interesseer dat ek onlangs verneem het van ’n ontvangsdamepos by ’n mediese spreekkamer wat geadverteer is teen ’n baie lae besoldiging. Blykbaar was daar 400 aansoekers, waaronder ’n vroulike fisikus. Lees daardie ou biografie van skrywers net n die Anglo-Boereoorlog. Toe was daar ook Afrikaners met doktorsgrade wat as bodes gewerk het.

Hier is my derde definisie van ’n Afrikaner: ’n slim persoon wat as ’n bode of ’n veiligheidswag moet werk. Soos Jode, heg ons waarde aan geleerdheid, aan kultuur. Die wreld is egter ongenaakbaar teenoor sulke mense; die wreld is ons woning nie, onthou jy nog jou Totius-lesse op skool?

Ek het ook ’n vierde: die Afrikaner is die anti-held van die geskiedenis. Jare gelede het ek dit as student by Wits ges, dog my interlokuteur, om nou ’n Hein Willemse-term te gebruik, het bloot gevra: “wat is ’n anti-held?” Hy was ’n mediese student en soos die meeste medici, nie besonder gekultiveerd nie.

Ek lei af uit jou brief dat jy dink dat daar iewers individue of instansies bestaan wat sal bepaal wie ’n Afrikaner mag wees en wie nie. Op daardie punt moet ek jou ongelukkig ontnugter. Dieselfde mense wat eers as hekwagters by die Afrikanerkraal opgetree het, die sedebewakers en Broeders en toepassers van die potloodtoets behoort meesal deesdae aan jou ANC. Hulle hou daarvan om iewers in te pas, sien. Dit is nogal ’n ironie van die onlangse geskiedenis, dat die Afrikaners wat ander uitgesluit het van daardie verhewe status, deesdae geen erg daaraan het nie. Van ons bekende persgroepe wat eertyds uit die pennies van die volk opgerig is, stel deesdae meer belang om Chinese internetmaatskappye teen ’n verlies te bedryf as om ’n Afrikaanse digbundel uit te gee en gelyk te breek.

Dit lei tot my vyfde definisie: ’n Afrikaner is lank nie meer ’n Broeder nie.

Ek veronderstel dat daar ’n minder aangename aspek van die Afrikanergeskiedenis is en dit is die feit dat ons meesal verloor het. In ’n sekere sin is ons losers. In weerwil van al ons talent en werkywer en geleerdheid, het ons nog altyd as ’n groep verloor. Daar was Majuba en Bloedrivier, maar in die groter prentjie was dit nie so belangrik nie. Dit is waarom ons nog altyd opgeindig het as vlugtelinge of emigrante of Voortrekkers. Ons swerf nie uit Wanderlust nie, maar omdat ons mt.

Daar was die Dorslandtrek en die Trichardtgeselskap se rampspoedige trek na die destydse Loureno Marques. Het jy al ooit die kortverhaal van Charles Herman Bosman gelees, ironies genaamd “The Rooinek”? Dit gaan oor die Dorslandtrek. Lees dit, as jy kans sien en hou ’n paar sakdoeke of snesies byderhand.

Die jongste definisie van ’n Afrikaner, ten minste as mens verlede Sondag se Rapport kan glo, is: “’n bruin man”. As ons almal genoeg tyd in die son deurbring, word ons almal “bruin manne en vroue”. Ek weet nie of ek dit moet insluit as my sesde definisie van ’n Afrikaner nie, want oor die algemeen vind ek Rapport ’n swak aanwyser as dit by enigiets kom, selfs rugby of seks. Miskien kan ek dit effens aanpas en dit soos volg stel.

Sesde definisie: ’n Afrikaner is iemand wat ’n hoed dra. Hierdie insig het ek te danke aan een van ons plaaslike Engelstalige skrywers wat in hul angsvallige onmag om hul geboorteland te beskryf, gewoonlik terugval op een of ander flou stereotipe. In hierdie geval het een so ’n vergeetlike skrywer in ’n vergeetlike roman wat genadiglik jare reeds uit druk is, die onvergeetlike vraag gevra: “Why do Afrikaners wear hats?”

Waarskynlik gaan hy nie hierdie brief lees nie, maar die antwoord is eenvoudig: vanwe die son, ou boet. Vir my is die hoed ’n simbool van “immigrant-wees-in-Afrika” en ongeag jou ras of velkleur, dra die meeste Afrikaners hoedens. Het jy al ooit die karretjiesmense in die Karoo op hul donkiekarre gesien? Hulle is meesal behoed. Op al die foto’s van Eugne Marais wat ek al gesien het, dra hy ’n hoed. My ouma het nooit in die son uitgegaan sonder ’n hoed nie. Tot onlangs het vrouens hoedens kerk toe opgesit, ’n gebruik wat ongelukkig in onbruik verval het. Waarom glo mense nog in Jesus en nie in hoedens nie?

Ek droom daarvan dat ons almal in die komende optogte en betogings waarsonder ons nie ons regte opgeis gaan kry nie, ook hoedens gaan dra, om iets van ons andersheid aan die wreld oor te dra. In my rebelse dae op universiteit kan ek onthou dat ek ’n groen strooihoed gedra het. Daar was ’n foto van my in Wits Student die studentekoerant met my hoed op. Ek het ’n broertjie dood aan konseptuele kuns, maar as daar een konseptuele kunstenaar is vir wie ek nog tyd het, is dit Joseph Beuys. Hy het konstant hoed gedra. So ook Gilles Deleuze. Mense wat hulself in die verkeerde temperatuursones bevind in die wreld, het hoofbedekkings nodig. Ook diegene wat koud kry in hierdie lewe. Ons is te delikaat vir Afrika, ons velle is te lig, ons kruip weg agter donkerbrille want die lig is te skerp vir ons o. Ek stel my voor dat jy ook in Kanada ’n hoofbedekking van ’n ander tipe in die winter moet dra.

Jy vra of ons jou nodig het, Annesu. Hierop kan ek sonder aarseling net “ja” antwoord. Ons is min, Annesu. Ons kan nie bekostig om enigiemand weg te wys nie. Dit sou ek as rede kon aanvoer teenoor enigiemand wat sou wou beweer, soos iemand onlangs teenoor jou gedoen het, dat jy “geen Afrikaner” is nie. Dog dit het niks met ideologie of waardes of selfs voorkoms te make nie. Dit is iets soos ’n biologiese feit. Ons is min. Miskien het Afrikaners op alle gebiede sukses behaal, ekonomies, intellektueel, wetenskaplik, literr, sportief ens., maar ons het biologies gefaal. Ons het nie genoeg voortgeplant nie. In Nietzscheaanse terme het ons ons verstand en ons gees ontwikkel, maar nie ons liggame nie. Daar is nie genoeg Afrikaanse lywe in hierdie land nie en dit is ’n fundamentele probleem. In die tyd van Lodewyk XIV was daar net vier miljoen Engelse en vandag is daar honderde miljoene. Daar is niks so fataal soos demografie nie. Beskawings het al uitgesterf as gevolg daarvan en ander het hul plek geneem om dieselfde rede. Het jy al ooit ’n roman gelees van Gnter Grass met die titel “Kopfgeburten”? Kopgeboortes. Dit is die verhaal van twee Duitsers, ’n man en ’n vrou wat wonder of hulle ’n kind moet h of nie. Soos Duitsers, het ons geboorte gegee aan abstrakte begrippe waarvan Afrikanerskap ook een is.

Dit sou gepas wees om dit tot die sewende definisie van Afrikanerskap te benoem: ’n Afrikaner is iemand wat lief is vir kopgeboortes. Ons verwek net kinders as ons nie anders kan nie. Hierdie brief van my is insgelyks ’n kopgeboorte. Indien ons regte Afrikane was, sou ons ’n punt gemaak het op straat met ons lywe, iets wat toi-toi genoem word. Maar hier is ons, besig om briewe, swaarmoedige kopgeboortes, aan mekaar te skryf.

Ek hou daarvan dat jy vinnig kan tik, Annesu. Ons het vinnige tikkers en tiksters nodiger as generaals of sakemanne. Nie dat laasgenoemde nie ook soms nodig is nie. Maar woorde is “in hierdie stadium van die geveg” — ek hoor meer en meer mense wat hierdie uitdrukking gebruik en dit lyk nie na ’n anglisisme nie, dus voeg ek my by hulle geledere — miskien ons belangrikste wapens. Afrikaanse woorde, mini-kopgeboortes, maar nietemin nodig. Oor die afgelope jaar of so raak ek meer en meer bewus van die krag en mag van woorde. Daarom help dit as jy vinnig kan tik. Ekself werk eweneens aan my tikspoed. My lewe lank het ek met twee vingers getik en dit is werklik baie onnosel; gelukkig het ek ingesien hoe belangrik ’n tikspoed kan wees en het ek binne ’n week of twee geleer om my skootrekenaar met tien vingerpunte te bespeel. Stel jou voor ’n pianis wat met net twee vingers speel. Dit sou nooit deug nie. In hierdie stadium van die geveg is ’n goeie tikspoed met tien vingers van kardinale belang.

Spoed is miskien ook nie alles nie. Hoewel ek ontsettend bendruk is met jou 100 woorde per minuut, byges. Daar l nog oefening vir my voor as ek daar wil uitkom, maar ek sal maar weer my sagteware oplaai vir ’n paar spoedoefensessies. By die spoed moet daar ook iets wees soos, ja, ek weet nie presies wat om dit te noem nie, maar dit het met styl te make en ’n sekere insig, al daardie dinge wat tot indrukwekkende kopgeboortes aanleiding gee.

Ek is soms nie seker of jy miskien t vinnig tik nie, Annesu. Miskien is dit die gevolg van ’n langdurige verblyf in ’n Engelssprekende land, dat jy jou te maklik wend tot ’n soort klaargemaakte diskoers, die fameuse “ready-made” en dat jy nooit ’n bietjie verder inboor in die probleem nie. In ’n dro land is dit belangrik dat jy soms ’n aar moet rkboor sodat daar iets soos water kan uitborrel. Ons het fonteine nodig, noudat alle name wat daarop eindig van ons landkaart gaan verdwyn.

Twee jongerige mense het onlangs teenoor my beken dat hulle Afrikaners is. Die een is ’n Duitser wat reeds ses jaar in die land is; in Duitsland het hy ’n gemis gevoel aan ’n identiteit. Hy pendel tans tussen Johannesburg en Orania en voel dat hy tot iets behoort, ’n sosiale projek, ’n etnos. Nou die dag was daar ’n artikel in Beeld oor ’n Franse student wat navorsing doen oor Afrikaners wat ’n unieke kultuur-in-diaspora het: hulle kom bymekaar in kafees in Londen, op die internet, hou braaivleis in New Jersey. Ek het ’n tweede jonger persoon ontmoet wat dit sien as deel van die noodlot om Afrikaans te wees. Hy skryf aan my dat hy sy lewe nog wag vir iets om sin daaraan te verleen en dat die geveg vir Afrikaans dit skielik aan hom gee. Dit is iets waaroor hy geen keuse het nie, s hy. Ek vind dit alles interessant. Dit kom ooreen met my eie gewaarwordinge, van voorafbepaling en fatalisme.

Agtste definisie van ’n Afrikaner: die eerste post-geografiese etnos. Om ’n Suid-Afrikaner te wees, is slegs ’n geografiese kategorie. Op ’n manier is volstruise of meerkatte ook Suid-Afrikaners, want hulle kom eweneens hier voor. “Afrikaner” het ’n heel ander betekenis, dit is ’n soort reisende figuur wat steeds sy plek soek in die wreld en bewus is van sy lotsverbondenheid met ander wat sy kultuur en taal deel. In ’n sekere sin is ons nog altyd ter see, soos die Vliende Hollander. (Ken jy die Wagner-opera? Mooi, n?)

Ook in hierdie sin is jy ’n tipiese Afrikaner, Annesu. Reisend, peripateties en nou steeds meer bewus van jou lotsverbondenheid wat jy probeer uitdruk en uitleef met jou fenomenale tikspoed.

Jou opmerkings oor die ANC vind ek ietwat naef. Die ANC is ’n oorblyfsel uit die Koue Oorlog en moes saam met die NP ondergegaan het. Vanwe die onnoselheid van die NP, wat die mag op ’n skinkbord oorhandig het en as’t ware die geleentheid vir die ANC gegun het om hom te ent op die SA staat, sit ons vandag met hierdie argaese verskynsel wat ideologies ’n kruis is tussen Kwame Nkrumah en Koningin Elizabeth II van Engeland. Dit is Afrika-fundamentalisme gemeng met Britse populisme en nostalgie vir die Empaaier.

Jy vra wie sou welkom wees in ’n afgesonderde gebied vir Afrikaners. Uiteraard sou dit elkeen wees wat Afrikaans praat. Of selfs nie Afrikaans praat nie, maar bereid is om hul kinders na ’n Afrikaanse skool te stuur. Ek dink dat ons moet begin rekruteer in Oos-Europa, veral onder die Russe. Rusland is een van die min lande ter wreld waar Afrikaans ernstig bestudeer word. Vyf persent van die Afrikaanse bevolking behoort uit immigrante te bestaan.

Vir die oomblik is ’n afsonderlike gebied, volkstaat, taalstaat, noem dit wat jy wil, nie vir my ’n uitgemaakte saak nie. Ek kan egter sien hoe ons vorentoe gedwing mag word om in hierdie rigting te beweeg. Jou ANC, wat hopelik nie te lank meer jou misplaaste lojaliteit gaan opeis nie, is so onnosel dat hulle nie besef dat die verwerping van Afrikaans en gepoogde onderdrukking daarvan — soos nou aan die universiteite — die heel beste argument vir separatisme is nie. Hoe meer afsydig hierdie regering staan teenoor Afrikaans, hoe groter die sentripitale krag wat dit loslaat en wat ons almal druk in die rigting van ’n “territoriale oplossing”, ’n Qubec, dus.

Ek dink ons verhouding tot Vlaandere en Qubec is belangrik, want beide verteenwoordig presedente van ’n taalstryd wat uitloop op een of ander vorm van gebiedskeiding. Vanwe ons ekonomiese integrasie, gaan so-iets veel moeiliker wees hier by ons. Dit sal moet neerkom op ’n kombinasie van gebiedskeiding in een deel van die land (waarskynlik langs die Weskus en in die Suid-Kaap) en kulturele outonomie wat ons beheer gee oor universiteite, skole, kunsterade ens. Ek is bevrees Afrikanisme is ’n sterk sentralistiese ideologie en is moeilik versoenbaar met federalisme of enige idee van kulturele outonomie. Met dien verstande dat ons aanhou tik en klop aan die deur, is dit egter nie iets wat vir altyd van ons weerhou sal kan word nie.

Dat ons daarom groot behoefte aan vinnige tiksters het, is gewis.

Dan Roodt

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.