SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Van die kantlyn tot binne in die skrum

Clinton du Plessis

(Ghoema & langarm & boeremusiek)

Hoe suider mens reis hoe armer word die boere,
in dorpe kyk kind en kraai jou aan — hierdie mense,
suidermense, bruin, kleurlingbruin —

Ek taxi op ’n wolkerige Vrydag Oudtshoorn binne, net een van twee passasiers, ’n wit drywer. Die swart vrou saam met my praat ’n aksentlose, suiwer Afrikaans.

Vir die eerste keer voel ek soos ’n witte wat tydens die Kersvakansie in Hartenbos aankom — een wat weet hier het ons vir ’n wyle meerderheidsbesetting.

Die plakkate teen die pale lyk minder as die vorige keer.

Ek hou nie juis van feeste nie — het verlede jaar vir die eerste keer by die Grahamstad-fees gaan inloer (ook net omdat ek genooi is). Net soos in 1998 is ek weer hier op uitnodiging om deel te neem aan Verslantern; hierdie keer lees ek voor saam met literÍre swaargewigte soos Henning Pieterse en die formidabele Joan Hambidge  ...

Ek slaap oor by ’n ou skoolvriend van Cradock. Later daag een van sy vriende op; ons drink koffie op die stoep. Terwyl die reŽn neermis, draai die gesprek af na die fees.

Ek’t eintlik ’n probleem met die fees, merk die besoeker op. Wat presies? wil ek weet. Hy kan nie sommer sy vinger op die probleem lÍ nie, maar noem onder ondere dat die Voorbrandfees van die armer gemeenskappe verwag om sale gratis beskikbaar te stel; dat kuns na die mense geneem word, maar dat daar geen sinvolle ekonomiese voordeel vir hulle daaruit vloei nie — anders as in Oudtshoorn, waar een van die bruin skole, wat voorheen bykans geen kontantvloei gehad het nie, nou ’n kosstalletjie suksesvol bedryf en blykbaar die vorige jaar ’n omset van oor die R400 000 gehad het. So koop die gemeenskap in die fees in. Talle gastehuise spring op in die woonbuurte. Gee ons deel van die koek en ons baklei ons arms ook stompies vir die taal.

Ons versit na die kosstalletjie langs die CP Nel-museum. Koop wors, roosterbrood, hoendersosaties, stomende koffie.Ons soek skuiling teen die reŽn onder die RSG-sambrele, op die lusernbale. Twee besoekende dames van Kimberley vra of hulle tussen ons kan inskuif om weg te kom van die druppels. Theuns Jordaan sing roerende covers van die twee Kose, Kramer en Valiant Swart. Sy weergawe van “Kytie, jy was nie net ’n meid nie, jy was ’n ma vir my” dwing een van die dames tot trane — hulle het ook ’n Kytie gehad, sÍ sy. My vriend se vriend, die een wat skepties was oor die fees, begin saamneurie met die musiek en tydhou op sy bobeen. In die donker geniet van die felste kritici die fees, want niemand kan jou sien nie. Of miskien is dit die dy van die fris vlees van die besoekende dame van Kimberley teen sy been wat sy vrees vir die fees besweer.

Ons pret word bederf deur die enigste rassis wat ek tydens die fees raakloop.Hy walm vanuit nÍrens voor ons in en het duidelik nog nie gehoor van Shield of Ego nie. Sy reuk laat my my eetlus verloor.

“Julle is gelukkig om vir Mandela te hÍ; ons in NamibiŽ het ’n ongeleerde k....r wat net standerd vier het; hy dra strepe op sy skouer maar was nog nooit eens in die weermag nie  ...”, laat hy ongevraagd sy bier-opinie hoor. Later by die kosstalletjie vra hy ’n Moslemvrou om haar doek af te haal , omdat net lede van Pagad doeke dra! En — diť rassis is nie wit nie, maar ’n gekleurde! Nog later gooi hy tiekiedraaie voor die verhoog op maat van die polsende voetkloppende fusion van saksofoon-langarm en konsertina deur ’n Kaapse orkes, Distrik Sewe.

Toe die reŽn bedaar, verlaat ons die skuiling en loop vas in Loit Sols (die ghoema-ghoeroe). Hy’s hier om te busk — betaal meer as om gedigte op ’n stage te kom lees. Loit het onlangs op Pasella opgemerk dat hy nie meer ’n huis het nie, maar op die straat slaap (“dis ’n colonial ding die dat jy moet pay om te slaap”). Hy’t pas sy nuutste bundel Serious kakpraat self uitgegee.

Ons gaan sit in die opelug by ’n kroeg genaamd Die Oog. Opvallend baie bruines hier. Later kom loer die digter/sanger/koskenner — hy wat volgens Krit tussen wakkerword en sy eerste koffie ses keer deur die engel van die dood kom haal was, maar hom teŽgesit het — in en dwaal weer weg.

Loit het ’n interessante vriendin — weird, sÍ my vriend later, maar lekker intellectual. Sy skok hulle met haar “In watter taal kan jy so lekker dinge sÍ soos poes en naai?” Sy wei lank uit oor ghoema, maar ek weet nog nie lekker wat dit is nie  ... “Ghoema is a state of mind,” beŽindig Loit die gesprek.

Madiba, the albino terrorist en die vrou met die rooi roos

Net die hoop dan, barse broer, dat jy wat te klein was
om op te neem
tog iewers in ons groot land nog opneembaar is

Ons wag op die kaptein  ...

Die deelname van die skoolkinders aan die optog lyk vir my teleurstellend — seker weer een of ander interne politiekery (eendag moet ’n Bruin Boetman nog sy moer afblaas oor die rol wat die onderwysers gespeel het om kinders te manipileer en te misbruik vir eie politieke gewin ). Ek sit in die tweede ry op die pawiljoen. ’n Wit vrou in swart geklee kom sit voor my; sy plaas versigtig ’n rooi roos langs haar neer en toets-flits haar kamera na die verhoog. Die digter loop verby ons, met geel hemp vol swart spikkels. “Hallo Breyten!” roep sy opgewonde uit; hy mompel iets maar bly anderpad kyk. “Haai, ek het nie geweet hy is so nie,” merk sy teleurgesteld op.

Min swartes in die gehoor. Uiteindelik kom hy, maar bly vir ’n paar minute in die motor rus — mens vergeet soms hy is ’n ou man, moeg op die laaste reis, iemand wat nou tuis moes bly om met sy kleinkinders te speel, tuin te maak.

Hy praat lank in Afrikaans — “Tokkelos-Afrikaans” noem hy dit — en hy word kort-kort deur staande applous onderbreek. Toe hy klaar is, staan ek vir die eerste keer in my lewe op vir ’n leier (nie politikus nie) en klap met oorgawe hande. Voor my flits die vrou se kamera onophoudelik. Die mense begin loop, sy weifel vir ’n oomblik met die roos, daar is geen manier dat sy by hom sal kom nie. Miskien ’n volgende keer, troos ek haar. Miskien, antwoord sy. Die stadion loop vinnig leeg. Sy vliegtuig se enjins luier reeds op die aanloopbaan  ...

Sondag met Hambidge, Djollie Hotnots Inc

Wat bly van jou konstruksies oor?
jou onverdraagsame Kerk, of jou kerke met die vlerke
wyd van blinde voŽls,

Ek en Peter Snyders oornag ten duurste by die Holiday Inn (met komplimente van die KKNK natuurlik). Sondagoggend betree ons die hyser, wit T-shirts, voorop “Djollie Hotnots Inc.”, agter “Iets hiep toe bie Afriekaans”. ’n Boer staan tru om vir ons plek te maak.

“Ag nee man,” merk hy moerig op toe hy die T-shirt lees. “Ek moes my plaas se naam verander en kyk wat loop en doen julle twee nou. Dis rassisties.” Ons lag lekker saam. Die T-shirts blyk ’n hit te wees. Klein kinders wys met die vingers vir hul ouers, maar voordat die bloedjies “Hotnot” kan sÍ, word ’n hand polite oor hulle monde gehou. ’n Klein dogtertjie draai my om sodat sy agterop kan lees en merk op “There are lots of spelling mistakes”! Twee ou tannies bied ons R100 aan om die T-shirts van ons lywe te koop, dan kan ons maar “kaal voorlyf” rondloop, sÍ hulle!

In die Boekeparadys wys Carina Diedericks-Hugo vir ons hoe ’n e-boek werk (ons eie Brunch met twee gee sy eersdaags uit). George Weideman hou die (middeljarige) gehoor in die palm van sy hande met van die mooiste liefdesgedigte wat ek in ’n lang tyd gehoor het, ook ’n onstellende gedig oor Joego-SlawiŽ, die sinneloosheid van oorlog. Teen die middag lees almal saam gedigte voor. Ek beland langs Joan Hambidge op die verhoog  ... en Joan is in lewe veel nicer as in resensies!!!

Brekfis by die Queens en die skrywer met die mooi boude

saam gesuiwer in die smeltkroes van die eeue
en die baie nagte se liefdepyne verbaster en gebruin tot hierdie viriele ras

Eet brekfis by die Queens en sien al die bekendes.

Maandagoggend, voor my vertrek, maak ek so. Ons sit by ’n tafel naby ’n venster met ’n uitsig op die stoep. Kry ek toe die ongevraagde bonus. Daar sit sy, en sy versit, en die romp skuif op en oop. Van al die vroueskrywers een van die mooistes, dink ek — mens sal nie sÍ sy is al oor veertig nie.

(Volstruis- & skuinsskoppe & die bont begrafnis)

Ryk was jou verlede van agter hoor
Maar ryker en swarter nog jou toekoms van voor  ...

The way to liberation is easy, if you have no preferences. Ek dink in Zen is daar so ’n spreuk of iets met die strekking.

Ter opsomming:

  • Aan die mense wat so uitloop by Breyten se drama, maak volgende jaar ’n sinvoller statement, moenie ’n kaartjie koop nie — dis stupid om vir 55 minute te sit en dan eers uit te loop.
  • Die Afrikaners skok so maklik — laat ’n oorywerige resensent net iets “omstrede” noem, en almal stroom daarna in dosyne.
  • Vir ’n leek om Breyten se drama te gaan kyk en daarna te kla, is soos vir iemand wat na ’n stripshow toe gaan en ontsteld is as die stripper tiete of haar muis wys.
  • Ek’t die teks van Die toneelstuk gelees — Breyten is ’n moerse digter, maar na my beskeie mening ’n kak dramaturg.
  • Aan Christa van Louw: bly jy het nie opgestaan en uitgeloop nie, bly sit en redeneer met Dan Roodt, nie emosioneel nie, maar as jy kan, weerlÍ sy argumente met feite, hou die debat aan die gang.
  • Boerebasaar, brassery, te veel blank, te min bruin — maak dit werklik saak? Die jonges is hier, nie soseer vir die kuns nie, maar om te party, so what? Laat die suurgatte en intellectuals met die baggage tuis bly.
  • Dowwe Dolla kan doen met ’n boobjob — vir ’n blonde het sy te eina kalbassies.
  • Dit is amptelik: Mandela sÍ die fees is deel van die African Renaissance!
  • Ek sien volstruise langs die pad, die hele lyf swart, met net enkele wit pluime bo teen die boude. As Afrikaans besef dat dit sy toekoms is, nie meer die oorheersende nie, maar tog ’n integrale deel van die groter geheel, dan is daar niks om te vrees nie.
  • Volgende jaar is ek terug, op eie koste, vir die hele week.

    Verwysings:

    Die aanhalings kom uit Breyten Breytenbach se gedig, bruin reisbrief.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.