SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bruin mense moet betrokke raak by Afrikaans

Jason Lloyd

Die afgelope paar weke volg ek die debat in en om Afrikaans met ’n diepe belangstelling. Alhoewel die debat hoofsaaklik gaan oor die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van Stellenbosch (US), gaan dit eintlik oor die voortbestaan van diť taal op alle vlakke van die samelewing.

Voor 1994 het Afrikaans die ondersteuning van die apartheidsregering geniet, maar sedert die demokratiese winde die land soos ’n tornado getref het, veg Afrikaans vir sy oorlewing. Dit was te verwagte, want die onregmatige bevoorregting van Afrikaans was vir altyd gegroet. En dit is ook reg so, want elke taal verdien gelyke behandeling. Afrikaans is na my mening glad nie belangriker as enige ander taal in Suid-Afrika nie.

Nou kom die vraag vir alle Afrikaanssprekendes (wit en bruin): Waarheen nou?

Vir my lyk dit of wit mense (Afrikaners) hulle al klaar uitgesort het, maar ook baie verdeeld is oor die taalkwessie.

’n Groot groep “ooms met grys hare” (soos Dan Roodt, Hermann Gilliomee, Koos Malan en kie) in die Afrikaner-geledere het klaar besluit om die regering storm te loop. Om dit te doen het hulle organisasies soos die Groep van 63, Praag en ander gestig.

Hulle vergader gereeld, braai vleis, eet biltong, en drink bier en brandewyn laat dit klap.

Dan is daar die sogenaamde verligte Afrikaners, soos die Afrikaanse skrywer Marlene van Niekerk, wat sÍ: “Ek is fokken gatvol vir praat oor Afrikaans.”

En dan sÍ Peter van Noord (eindredakteur van Insig): “Hands up! Ek is moeg en sat van baklei.”

Aan die kant is daar weer die sogenaamde (jong Afrikaners) Zoid-generasie, bestaande uit Adriaan Basson. Sy groot teenstander is die anti-Zoid-generaal Jaco Kleynhans (glo’n vurige lid van die Groep van 63).

Diť twee het onlangs mekaar lelik in die hare gevlieg. Hoekom? Jaco is ’n groot ondersteuner van die “ooms met grys hare”, terwyl Adriaan glo dit is okay met Afrikaans. Hy sÍ onder meer deur bloot Afrikaans te praat sal dit oorleef.

En wat sÍ die bruin mense van die taal? Tot onlangs was dit net stilswye.

’n Mens kan dit hoeka verstaan, want bruin mense is baie skepties om betrokke te raak by die sogenaamde stryd vir Afrikaans. Hoekom? Want kyk, die Afrikaner het behoorlik kak aangevang (hulle weet dit) in die verlede deur bruin mense tot tweedeklas-sprekers van Afrikaans te reduseer.

Dan is daar ook bruin mense wat meen dat ’n taalstryd ’n poging tot die herstel van ’n ouer orde is, waarvoor hulle nie kans sien nie.

En nou het die werklikheid die Afrikaner getref. Ja, nou is ons bruin mense skielik belangrik om ingespan te word om ’n taalstryd te veg.

Jirre, die voorspelling van Adam Small in een van sy boeke dat die Afrikaner ons (bruin mense) eendag gaan nodig kry, was toe al die tyd in die kol.

Die preek van Leopold Scholtz, ’n adjunkredakteur van Die Burger, vir sy mede-Afrikaners in sy weeklikse rubriek (“Sake van die Dag”) op 5 Julie 2002 in diť koerant moes al lankal hulle (die Afrikaners se) ore bereik het.

So lui Scholtz se preek:

Die Afrikaners sal moet aanvaar dat hulle nie eenvoudig die bruines vir hulle eie saak kan koŲpteer nie. Die dae dat hulle die strategiese beslissings neem en dat die bruines maar daarby moet inval, is verby.

Cool and Funky! So bek verdien jÍm.

Maar waar staan bruin mense wat die posisie van Afrikaans betref? Want kyk, Kader Asmal se taalbeleid, veral by die US, is alles behalwe taalvriendelikheid. Hoekom? Seker omdat die ou geen ander taal as Engels magtig is nie.

Die tyd het aangebreek dat bruin mense moet sÍ waar hulle in die nuwe Suid-Afrika staan. En as daar een ding is waaroor hulle hul sÍ moet sÍ, dan is dit Afrikaans.

Dit maak nie saak of die Afrikaners die taaldebat vir politieke doeleindes wil misbruik nie. Indien dit wel die geval is, gaan hulle in elk geval niks bereik nie. Mense soos Dan Roodt en kie moet maar vir Constand Viljoen en Pieter Mulder (van die Vryheidsfront) vra wat hulle en hul luitenante uitgerig het met hulle Afrikaner-volkstaat-gedagte.

Niks nie, behalwe dat hulle die fools van die ANC is.

Bruin mense moet besef dat die geskiedenis van Afrikaans nog nooit blank was nie. Afrikaans was deur die Afrikaner gekaap om sy politieke doelwit van Afrikaner-nasionalisme te bereik.

In die tagtigerjare het Theo du Plessis, toe nog ’n jong Afrikaner-lektor in Afrikaans aan die Vrystaatse Universiteit, hom soos volg uitgespreek oor sy navorsing oor ’n alternatiewe geskiedenis van Afrikaans:

Die hele Taalmonument-kultuur berus op valse gronde. Afrikaans is nie in die Paarl die eerste keer gepraat nie, maar aan die Kaapse hawe; Afrikaans is nie in die Paarl die eerste keer geskryf nie, maar aan die Oosgrens; Afrikaans is nie aan die Paarl vir die eerste keer gebruik in ’n godsdienstige geskrif nie, maar onder die Moslemgemeenskap aan die Kaap; Afrikaans is nie in die Paarl vir die eerste keer as onderrigtaal gebruik nie, maar in die Moslem Theological School aan die Kaap.

So, hoekom die blerrie stilswye van bruin mense oor Afrikaans? Die tyd het aangebreek dat ons vir Asmal sÍ dat Afrikaans vir ons baie belangrik is. Ons moet vir hom vra hoekom hy nie sulke taal-eise aan Engelse universiteite stel nie.

VroeŽr vanjaar het ek ’n gedigte-aand by ’n tradisionele Khoi-restaurant, Namapotjie, by Saldanha aan die Weskus bygewoon. Diť aand het my herinner aan die bundel kortverhale met die titel, Die Stukke wat Ons Sny, wat deur Hein Willemse saamgestel is. In diť bundel is daar kraakvars twintig Afrikaanse kortverhale, deur gesoute Afrikaanse bruin skrywers.

Namapotjie was vir jou ’n lekke’ jol. Want kyk, doerie mense kan nou vir jou stuksny in Afrikaans. Vir my was daar ’n aanduiding hier gebeur iets in Afrikaans. En die belangrikste: van die mense wat hulle gedigte voorgelees het, was blote tjinners.

Dit het my so ’n lekke’ Afrikaanse gevoel gegee. En as jong bruin digters hulle staal in Afrikaans op so manier kan wys, het ek hoeka gedink, dan lÍ die toekoms vir Afrikaans mos oop.

Maar dan kry jy die slimbekke, soos Willemse, in die bruin gemeenskap wat meen bruin mense moet liewer stilbly oor Afrikaans.

Wie het hoeka hierdie slimbekke die outoriteit gegee om namens bruin mense te praat? Sover ek weet, het niemand nie.

Net nou die dag sÍ Willemse aan Rapport dat die taaldebat die intellektuele sy van die bruin mense vervreem. En dan lui die berig verder: “Ö sÍ akademici uit die gemeenskap”.

Laat ek eerlik wees en sÍ dat ek nie belangstel om saam met Dan Roodt aan ’n taalstryd deel te neem nie, maar dat daar oor Afrikaans se posisie gepraat moet word, is baie nodig.

Dit hoort mos so in ’n demokrasie, of hoe, Willemse? Of verstaan jy nie hoe ’n demokrasie werk nie?

So, nou, omdat bruin academici kamtig nie oor Afrikaans wil praat nie, moet alle bruin mense daarby inval. Nee broer, nie ek nie.

Jou houding stuur ’n verkeerde boodskap uit — dat bruin mense apaties is teenoor Afrikaans. En jy weet hulle is nie.

Gaan kyk op die Kaapse Vlakte, Suid-Kaap, die Karoo, Boland, die Baai se noordelike gebiede, Die Oos-Kaapse platteland, die Namakwaland, die Noord-Kaap, die Vrystaat en die bruin buurte van Johannesburg. Almal onse mense praat Afrikaans met ’n passie.

Willemse praat ook net van die “intellektuele sy” van die bruin mense, asof hulle views alleenlik belangrik is. Beteken dit dat as jy bruin is en nie ’n doktersgraad of ’n M-graad het nie, jou views nie belangrik is nie?

Beteken dit dat Ivor Price se weeklikse bydrae tot die rubriek “Van Alle Kante” in Die Burger nie belangrik is nie, net omdat hy nie in jou liga van “intellektuele sy” val nie?

Ja-nee wat, akademiese kwalifikasies het nog nooit ’n persoon se wysheid bepaal nie. Vra maar vir ons adjunkpresident, Jacob Zuma, wat geen graad agter sy naam het nie. En ook vir ons minister van finansies, Trevor Manuel, wat nog nooit ekonomiese wetenskappe geswot het nie.

Willemse noem ook dat “stedelike middelklas- en aspirerende middelklasmense jare gelede na Engels gemigreer” het.

Hy weet net so goed soos ek dat dit ’n leuen is. Miskien praat hy maar seker van homself?

Willemse sÍ onder meer ook dat “Afrikaans die taal van die platteland en armer dele van ons stede en dorpe is”. So, die bruin mense op die platteland is nou kwansuis stupid? Daarom kan hulle views nie gehoor word nie?

Nee wat, mense soos Willemse en kie moet liewer plek maak vir ’n jonger geslag bruin mense. Die Willemses is duidelik uit voeling met die gewone bruin mense, omdat hulle “gemigreer” het na die middelklas.

’n Vriend van my noem hulle sommer die swaeltjies wat gedurig in die lug rondsweef — totaal uit voeling met die werklikhede.

Dis tyd dat bruin mense moet ophou om te kla en iets vir hulleself moet doen. Hou ook op om gentleman te speel wat op niemand se tone wil trap nie.

Bruin mense moet, sonder die Dan Roodt-houding, vir die regering laat weet dat Afrikaans ook vir hulle belangrik is, want “gekleurdes is die mees inheemse, die mees Afrikaanse element van Afrikaans,” het wyle Jan Rabie op ’n keer opgemerk.

Dit staan soos ’n paal bo water: die toekoms van Afrikaans lÍ by die bruin mense, want die Afrikaners het diť taal reeds lankal opgefok.

Jason Lloyd is ’n student, vryskutjoernalis en ’n kortverhaalskrywer. Sy e-pos is toeka22@yahoo.com

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.