SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wie het die kleurlinge uitgenaai? Was dit die Afrikaner?

Jason Lloyd

’n Brak kak in Waterkloof
Zebulon Dread

Druk van die boek is moontlik gemaak deur die Nederlandse Ambassade, Oktober 2002.
Prys: R50

Die kulturele terroris Zebulon Dread is ’n Fokker, wat altyd daarop uit is om die Afrikaner uit te tart. En wie kan die Afrikaner nou kwalik neem as hulle kwaad word, want hy sÍ altyd: “Ek gaan julle almal swart toor.” En so tussen hakies: ek probeer glad nie hier om vir die Afrikaners as imbongi op te tree nie. Daarvoor is hulle mans genoeg en kan dit self doen.

Dit was by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn waar ek vanjaar vir die eerste keer met Dread kennis gemaak het. Altyd het ek maar net van hierdie opgestoptebondelfiguur met woeste hare en lang toonnaels gelees. By die SANW-videolokaal het hy na afloop van sy komedie Hotnotsgot die gehoor op ’n manier wat eie is aan homself, van sy eerste Afrikaanse boek, ’n Brak kak in Waterkloof, in kennis gestel: “Hei, julle moere, soos julle uitloop, koop gerus my eerste Afrikaanse braaksel.”

En net daar koop ek toe ’n Brak kak in Waterkloof en Memoirs of a closet Querilla vir R50 elk. En iewers op die tafel het daar ook kopieŽ van sy walglike koerantjies Hei Voetsek en POESSS opgestapel gelÍ.

Hierdie boek handel oor ’n familiesage. Sy Edele Hoogheid Abraham Josias Mattheus Greeff is ’n afgetrede regter wat apartheid aanbid het en “ongoddelike kommuniste, terroriste, kaffirs, Jode en alles on-Afrikaans” galg toe gestuur het. En toe kry hy sy Moses: hy word “doodgenaai en dit nogal deur ’n vrou” (bl 15).

In die voorwoord (of soos Dread dit stel: Voorbraaksel) van ’n Brak kak in Waterkloof waarsku Dread: “Ek, Zebulon Dread, kulturele Terroris en anargis sonder weerga, sÍ nou vir julle dat hierdie leesstof nie vir anaal retentiewe of anaal regressiewe kretiene, vasgevang in die wanhoop van geloof, is! Bly weg en hou julle wraaksugtige ‘komplimente en opinies’ vir julle self.” En ook: “Dis Hotnot Afrikaans, so fok weg!! Weg!!”

Die boek is deurspek met seksuele tonele wat beskryf word. En altyd is daar ’n bejaarde persoon wat nog baie skop in hom of haar het.

Maar die Afrikaner word van voor tot agter gelooi. Op bl 5 skryf dread soos volg: “Ö onthou dat die Afrikaner ’n verdwaalde vark was wat alles opgebrou het deur diefstal en christelike waansin Ö” En op die agterblad spog hy omdat hy een van die Afrikaners se “stoere dogters” as ’n vrou het: “Ö’n nooi van die Van Der Walts van Kempton Park, loop en trou en ons het al drie kinders”.

En dan word die skuld vir die miljoene kleurlinge (bruin mense) in die land ook voor die Afrikaner se deur gelÍ: “Jan van Riebeeck en dai klomp donnerse Hollanders het lekker my groot-ouma’s geloop en naai en sodoende klomp kleurlinge gemaak.”

En dan kom ander karakters soos die joernalis Stephanie “Ouwoud” van Beeld ook onder skoot. Hy noem haar ’n “nuuskierige klein agie”. Selfs Pieter Mulder, leier van die “Vryheidskont(front)”, word ook gelooi.

En al is hierdie boek bevuil met seksuele tonele, vuil taal, spelfoute en (plek-plek) sonder die nodige leestekens, bly dit ’n lekkerlees-ervaring.

’n Brak kak in Waterkloof is loshande ’n prikkelende en uitdagende boek wat geen leser louwarm sal laat nie. Check dit gerus uit.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.