SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Resensie van Herman Charles Bosman - Between the lines deur Valerie Rosenberg

Jaco Fouchť

Herman Charles Bosman - Between the lines
Valerie Rosenberg
Struik Uitgewers
2005
264 bladsye
R149.95
Klik op voorblad en koop Herman Charles Bosman - Between the lines

Dit moet dalk kommerwekkend wees hoeveel mense nie net daaraan dink om hulle op die een of ander manier aan ‘n kunsvorm toe te wy nie, maar inderdaad tot die stap oorgaan en die wilde en gekke ding doen – die woonstel verkoop, die kar inruil op ‘n ouer model, die wye wêreld aandurf in die hardkoppige geloof dat die boheemse leefwyse sy eie beloning is en dat die opofferinge nie hóéf te lei tot grootsheid en aansien en geld in die bank nie. Sekerlik is menige hart al gebreek deur die obsessionele gesukkel van ‘n geliefde om aan die kloue van toewyding, matrimonie en burgerlikheid te ontkom, net om tog maar afhanklik (en nie net finansieel nie) te bly van wat daardie burgerlikheid bied – sekuriteit, geldelike ondersteuning, selfs net ‘n gehoor.

Want dis die kunssinnige burgerlikheid wat die kunswaansinniges onderhou, maak nie ‘n fout nie. En die kunswaansinniges sal dalk ‘n tikkie verstandigheid openbaar deur op goeie voet met hulle publiek te bly. Bosman het nie altyd nie, en Valerie Rosenberg se boek is nie net ‘n storie van moord, prisonierskap, aborsie en verguising nie, maar ook van verwaandheid (Bosman het George Bernard Shaw as ‘n “intellectual poseur” afgemaak, en van Roy Campbell se “sterile wit” gepraat) en ‘n meestal onwrikbare geloof in die “life of the poet” (“I can’t speak as a man in the street. I can speak only as an artist”).

Die storie sal sekerlik goed aan sommiges bekend wees, ook omdat Rosenberg self al oor Bosman geskryf het, maar vir mense wat nog moet hoor van die moord op Bosman se stiefbroer (hy het hom doodgeskiet), tronkstraf en verblyf in Groot Marico en die tyd in Europa, asook Bosman se liefdesverhoudings, is hier heelwat intrigerende materiaal.

Een van hierdie liefdesverhoudings was met Helena Stegmann, ‘n onderwyseres wat Bosman, wat toe met ‘n ander vrou getroud was, ontmoet het toe hy in Pietersburg gewerk het. Daar was die verwagte vonke. Daar was gevolge. Stappe moes gedoen word met betrekking tot ongewenste lewe. Bosman het ‘n plan gemaak en Helena het in die sorg beland van ‘n distriksgeneesheer wat ‘n wrok teen Bosman gehad het en hom aanspreeklik wou hou. Aanvanklik het sy haar minnaar beskerm, maar die feite het uitgekom en Bosman moes uiteindelik sy werk as redakteur agterlaat en teruggaan Johannesburg toe, hoewel hy darem weldra Helena sy vrou kon noem.

Daar was ook vriendskappe. Bosman was Lionel Abrahams, vir wie hy agtien maande lank as privaat onderwyser klas gegee het, se mentor. Oor kuns het Bosman een keer in Abrahams se teenwoordigheid gekonstateer: “We don’t want to be judged on merit. We want to be judged on genius.” Hy het aan Abrahams gesê dat dit noodsaaklik is om slegs dit te skryf wat ‘n mens vir seker wéét van die lewe. Maar tesame met ‘n realistiese benadering tot die lewe het hy natuurlik ook gewys op die belangrikheid van humor in ‘n stuk werk. Abrahams het later sy skuld betaal deur literêre eksekuteur en eerste postume redakteur van Bosman te wees, asook sekerlik deur die blote feit dat hy self ‘n skrywer geword het.

Gordon Vorster was ‘n ander student, en gou groot vriend en drinkebroer. Rosenberg haal hom aan: “… we hated each other as well, because I was brash and he had the wisdom of many disillusionments. I believed in people and with some reservations, had stars in my eyes about them; he accepted people unreservedly, with all the muck.”

Bosman het die lewe van ‘n boheem geleef, of dan die naaste ding daaraan. Daar was verskeie werke en soms onwyse besluite, soos om in die veertigerjare Kaapstad toe te trek waar hy klassieke literêre werk vir ‘n onderneming met die naam Die Afrikaanse Kulturele Leserskring sou vertaal en verkoop, maar gou was die problematiek van die stap duidelik en was sy en Helena se posisie benard. Hy het darem so ver gekom om Omar Khayyam in Afrikaans te vertaal, maar daar was geen vooruitsigte in en vir die onderneming nie. Nadat hy op die koop toe sy eerste hartaanval beleef het, is hulle terug Johannesburg toe.

‘n Mens lees van karton wat hy gebruik het om sy skoensole langer te laat hou, van swaarkry in Londen, van uitsetting en skrynende oordeel – en gedurig die finansiële probleme by die ander krisisse. Tog was sy gesindheid, soos hy aan Helena in Pietersburg verduidelik het, dat ‘n ander deur vir ‘n mens oopgaan sodra jy een toemaak.

Die laaste deur om vir Bosman toe te gaan, het so gemaak toe hy 46 was. Wat kon hy wys vir daardie vier dekades en ‘n bietjie? Drie vroue, van wie Helena miskien die groot liefde was, en die drie boeke wat in sy leeftyd gepubliseer is (die eerste toe hy 42 was), en natuurlik die nalatenskap van die romans en karakters soos oom Schalk Lourens.

Maar die man was dalk groter as sy werk, of is ten minste ononderskeibaar daarvan. “A poet is no small thing,” het hy geskryf, maar bygevoeg: “Before embarking on what sounds like the start of a fanfare, I should like to point out that a poet is also a fool.”

Dis ‘n boek vir aficionado’s en belangstellendes, maar ook kunsdissipels, wannabe’s en has-beens kan maar kennis neem van hierdie leesbare lewensbeskrywing.

Nadat Mafeking Road verskyn het, het die Sunday Times-resensent haar soos volg uitgelaat oor die boek en Bosman: “ … after reading a few of the stories in bed that night, I felt a strange elation. Here, I realised, was no amateur author but a writer of genius.”




LitNet: 07 Februarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.