SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Kuberbriewe nou ryklik geskakeerde boek

Hein Viljoen

Briewe deur die lug
Die LitNet/Taalsekretariaat-skrywersberaad 2000 byeengebring deur Etienne van Heerden

Tafelberg
(sagteband)
R195ISBN 0-642-04067-4


In Briewe deur die lug is feitlik al die bydraes tot die unieke LitNet-skrywersberaad van 2000 byeengebring. Feitlik almal, want Breyten Breytenbach het syne onttrek nŠ MC Botha se skerp aanval op hom. Wat die beraad so uniek maak, is dat dit elektronies plaasgevind het, in die kuberruim, maar ook dat dit ’n ryk verskeidenheid bydraes in uiteenlopende style opgelewer het.

Die boek bevat 40 bydraes deur bekende en minder bekende skrywers van verskillende generasies, rasse en seksuele oriŽntasies. Dit is verdeel in vier afdelings waarin skrywers worstel met kwelvrae van vandag.

“Erfgoed” worstel met die verlede, die erfenis van apartheid, skuld, maar ook met die orale tradisie, die taalgeskiedenis. Die tweede afdeling, “Die vaders, die moeders”, worstel veral met die tweeledige probleem van vaderland en moedertaal. “Hibriditeit” is die kernvraag van die derde afdeling en die besinning hieroor, oor die beperkings of die lewenskragtigheid van basterskap is vir my losweg die interessantste deel van die boek.

Natuurlik spoel die kwelvrae oor die grense van die afdelings heen. Skuld is nie tot “Erfgoed” beperk nie, en die ander groot vraag die vraag na identiteit nie tot die vierde afdeling, “Afrikaans-wees in Afrika en die wÍreld”, nie. Die probleem van die taal en van wie ek nou eintlik is, wie Afrikaners is, of Afrikane kom oral ter sprake.

“Hefaan”, die vyfde afdeling, stel die toekoms (veral van Afrikaans) as ’n taai bult voor wat gelukkig darem, in Andrť van der Walt se beeld, ’n paar vasstrapplekke bied. Die slotafdeling, “Disgrace oftewel renaissance: bly of gly”, konfronteer jou as leser met die vraag waar jy nou jou gewig gaan ingooi.

Sekere beelde, frases uit hierdie 40 briewe bly my by. Dalk eerder die stories en die beelde as die betoŽ. ’n Klompie Afrikaners op ’n soutpan in die Kalahari. Wildvang in kleur en geur en drie tale. Die taal as ruimte van exile en vreemdelingskap. ’n Skaapboud as teken van skuld. Kirby van der Merwe se beeld van die god met die gewonde knie. Marlene van Niekerk se meesterlike opstuur van JM Coetzee se idees oor die eenstemmigheid en beperktheid van Afrikaans.

Maar watter ruimtes open hierdie beraad vir die toekoms van skryf in Suid-Afrika? Meestal bly dit maar by mompel en mor oor hierdie kwelvrae, maar tussendeur word tog ’n paar rigtings vir die toekoms aangedui. Ook hier loop die menings uiteen: van Jaco Botha se hardegat sinisme tot by die heerlike, mooi ideale van inklusiwiteit en hibriditeit. Sowel na binne toe as na die nuwe kubergemeenskap is daar ruimte vir Dan Roodt se nuwe apatriotisme, vir ander stemme, vir ware versoening. Bowenal is die ruimte van exile en vreemdelingskap ’n kreatiewe ruimte waarin gewone mense hulle ding kan doen. Die klem op die gewone is verfrissend.

En verontrustend, want daar is een gees wat rusteloos deur die bundel wandel, of hy nou Amos met die klein mondjie, Japie Bikeur of kind van Gam heet. En dit is die arm bruin mens, onderbetaal, misken en geminag, wat nie kan lees nie, nie boeke kan koop nie, wie se stem nie gehoor word nie, maar wat die Afrikaner se skuldgevoel aanwakker met die lag van die lumpenproletariaat.

Die bundel bevat uitstekende bydraes elkeen op die skrywer se eie manier aangepak. Boetman is steeds woedend, maar Hennie Aucamp verskyn in die gedaante van ’n versetskrywer.

Daar is ’n wyehoekblik uit die vreemde, maar ook ’n irriterend-didaktiese voorskrif uit Kanada. Johan Degenaar gee ’n deeglike filosofiese begronding van inklusiwiteit en van identiteit as werkwoord, as proses.

’n Ryk geskakeerde beeld ontwikkel gaandeweg oor hoe daar in en oor Afrikaans gedink en geskryf word op die oorgang na die nuwe millennium toe. Die boek gee pitkos vir nadink, stem tot selfondersoek en skuldgevoel, vryf ongemaklike waarhede weer in, maar open ook nuwe vergesigte. Daarom wil ek dit haas vir elke Suid-Afrikaner voorskryf.

Die kuberformaat het die skrywers gedwing om te doen wat hulle goed doen, en dit is skryf. Die resultaat daarvan is hierdie ryklik geskakeerde boek soveel konkreter as die resultaat van ander skrywersberade waarvan, deur ’n waas van woorde en wyn, dikwels net enkele flardes gedagtes oorbly.

Daar sit natuurlik ook ironie in hierdie boek: dat die woorde uit die lug, die vonkpos uit die fantastiese efemere medium van die internet, nou op papier meer permanente gestalte kry. Die era van die boek is nog nie verby nie.


Prof. Hein Viljoen is voorsitter van die vakgroep Afrikaans en Nederlands aan die Potchefstroomse Universiteit. afnhmv@puknet.puk.ac.za

Hierdie resensie het in Boeke-Beeld van 14 Januarie 2002 verskyn

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.