SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hoekom ek myself “Coloured” noem

Roslyn Baatjies

“Hoekom noem jy jouself ‘Coloured’”, vra my Karibies-gebore Amerikaanse vriend vir my per e-pos. “Word alle nieblankes nie maar óf swart óf kleurling genoem nie?” is sy volgende vraag.

Ek weet nie of hy my verduideliking van die Suid-Afrikaanse geskiedenis verstaan het nie. Dalk sal hy verstaan as hy saam en tussen ons leef.

Op 27 April 1994 word beelde van mense — ook kleurlinge — in lang toue by stempunte landswyd die wêreld ingestuur. In Amerika, volgens my vriend, word Suid-Afrika as voorbeeld voorgehou van hoe belangrik stemgeregtigde landsburgers ’n verkiesing moet beskou. Dit was ’n nuwe dag vol belofte en hoop.

Die son het egter kort daarna stadig begin sak op die hoop vir ’n beter lewe vir almal.

In dieselfde lang toue het bruin mense gestaan wat nie vir die ANC gestem het nie. Hul stem het gesê, “Ek het nie vertroue in die ANC nie.” Hulle het bly vaskleef aan dit waaraan hulle vir jare gewoond was en het nie gedink aan die ongelykhede en onderdrukking van die verlede nie.

Waar laat dit vandag die bruin man en vrou; ongeag vir wie hulle gestem het in 1994? Starry-eyed and blushing? Nee, miskien is “ontnugter” en “mislei” eerder die regte woorde om hulle te beskryf.

Die bruin debat is absoluut nodig. Ons voer debat oor bruin issues by sosiale geleenthede en in die gange by die werk en ons kom selfs op met oplossings. Hoewel ons die issues met erns bejeën, los ons dit by die braaivleisvuur. Ons kan saam ’n stem in die wildernis wees en verandering bring. Ons kan egter nie net praat ter wille van praat en omdat ons eie stemme goed klink nie. Ons sal moet praat om mense te mobilise en wakker te skud oor die ware toedrag van sake.

Die bruin man en vrou soek ’n leier waarmee hulle kan identifiseer. Iemand wat die issues verstaan en die mense se taal praat.

In die Baai is daar ’n bruin man wat hom nog altyd beywer het vir die bruin mens en sy saak. Iemand wat weet hoe dit voel om in ’n plakkershuis te bly, omdat hy die uitdaging aanvaar het om dit saam met die mense te beleef. Iemand wat in die oë kyk van ’n ma of pa wie se kind verstandelik erg gestremd is en wie se maandelikse toelae om een of ander slim rede nie uitbetaal word nie, en iets daaraan doen om te sorg dat die kind en sy versorger (ma/pa) iets kry om kos mee te koop.

So ’n politikus was Christian Martin. Tot onlangs toe nog ’n UDM-LW en nou ANC-LW. ’n Mens lees maar min van hom deesdae in die plaaslike koerante. Wonder waarvoor hy hom deesdae beywer. Ek meen as hy nou iets sonder veel inspanning vir ons wil regkry, dan is hy op die regte plek.

Daar word gereeld kospakkies ens in die arm dele van die Nelson Mandela Metropool deur die ANC se amptelike opposisie in die Raad uitgedeel. Wie verskyn op die foto in die koerante? Nie die bruin raadslede nie. Indien hulle op die foto’s is, is dit ver op die agtergrond. Die wit vroulike leier van die DA is elke keer op die voorgrond. Is sy dan meer bewus van die nood en issues as ons eie mense? Kan nie wees nie!

Die bruin mens het baie om op trots te wees. In ons gemeenskappe is daar mense wat die hoogste sport op verskillende terreine bereik het ten spyte van onderdrukking en ander maatskaplike probleme. Dit is egter selde dat die suksesvolles indringend kyk na dit wat die gewone bruin man en vrou raak.

Vir die gewone bruin man en vrou is al die intellektuele en politieke debatte nie dit wat regtig saak maak nie. Wat ek gereeld by mense hoor is: “Dit praat, praat en praat net, maar niks raak beter nie. Waarheen kan die bruin man gaan met sy probleme, want aandag word net geskenk aan die van die swart massas.”

Wat belangrik is, is die brood-en-botter-kwessies. Dié kwessies is legio onder bruin mense. Wat belangrik is, is hoe ons kan verseker dat ons kinders ’n beter lewe kan hê, dat ons ’n huis het wat ons ons eie noem, kos op die tafel het en dat ek môre kan opstaan en werk toe kan gaan.

Die toenemende werkloosheid en te min werkskeppingsgeleenthede is ’n probleem. Hul beste pogings om self werk te skep, kry nie eers die steun van ander bruin broers en susters nie, wat nog van iemand anders?

Die feit dat bruin gegradueerdes (soms het hulle meer as een kwalifikasie) sukkel om werk te kry, laat ’n bitter smaak in die mond.

Wat van die bendeprobleem? Dit lyk asof dit nie ’n regeringsprobleem is nie, maar ’n probleem waarvoor die bruin mens ’n oplossing moet vind. Dit is immers hulle wat hierdeur geraak word.

Die bruin man en vrou het ’n sterk leier nodig. Die gemeenskappe se kwelpunte en die kwessies wat hulle na aan die hart lê, moet by die regte ore uitkom. Maar meer nog, oplossings moet gevind word en iets moet gedoen word.

Hoekom noem ek myself “Coloured”? Dit het met meer te doen as dat ek bruin ouers het en dat hul ouers en grootouers ook bruin was. Dit het te doen met ’n kulturele identiteit.

Daar word gedurig gevra wat is die bruin mens se kultuur. Die wittes het sekere tradisies en goed waarmee hulle identifiseer en wat deel is van hul kultuur en die verskillende swart stamme het dit waarmee hulle identifiseer.

Die kulturele identiteit van die kleurling is baie meer kompleks as ons voorkoms, tradisies en dinge om mee te identifiseer — dit lê in die manier hoe ons lewe.

Roslyn Baatjies is gebore in en het grootgeword in Port Elizabeth se noordelike gebiede. Sy is tans kommunikasiebeampte by die Universiteit van Port Elizabeth. Sy was voorheen vir vyf jaar lank ’n verslaggewer by Die Burger in die Baai en in haar beriggewing het sy gefokus op kwessies oor onderwys en welsyn in die Oos-Kaap.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.