SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Resepmatigheid en komplekse ideŽ stol nie tot enkele beeld

Willem Anker

Ateljee van Glas Skrywer: Marlise Joubert
Uitgegee deur: Protea Boekhuis
ISBN: 1-86919-0949-1Bladsye: 163

Marlise Joubert se nuutste roman, Ateljee van glas, is 'n liriese beskrywing van 'n verwikkelde liefdesverhouding. 'n Vrou gaan swem, sy verloor haar bewussyn en geheue op die rotse, word gered deur 'n aantreklike beeldhouer en word deur hom versorg, verbeeld, herskep, herdoop, emosioneel en fisies gevange gehou. 'n Liefdesverhouding ontstaan tussen model en beeldhouer, tussen die vrou sonder verlede of identiteit en die kunstenaar wat haar 'n naam gee, tussen gevangene en bewaarder.

Dit dan die sentrale gegewe van die roman - en miskien die grootste slaggat. Om 'n roman wat komplekse kwessies soos mag, identiteit en kolonialisme wil aanspreek, op sulke melodramatiese gegewe te bou kan uiters problematies wees. Onmiddellik is daar 'n splyting in die teks, tussen die stroperige sekstonele en hartstogtelike beskrywings van die beeldhouer se sterk hande en ander liggaamsdele en die skrywerlike besinning rondom die magspele en kolonisasie wat besig is om binne die verhouding plaas te vind.

Die verhaal is geskryf in 'n uiters liriese styl, miskien te woordryk. Beeldspraak kom by tye geforseerd en selfs clichťmatig voor, byvoorbeeld waar stewels die "kleur van ryp Merlot in die son" het (11), waar 'n nakende lyf as "afgeskil soos 'n appel" beskryf word (14), of waar Milla wens dat sy so vry soos 'n wit skoenlapper was (92). Veral by die liefdestonele word die teks baie stroperig en moeilik om te sluk: "Sy voel hom soos 'n beitel teen sagte klip stamp." 'n Meer gestroopte, forser dog steeds poŽtiese styl sorg gewoonlik vir 'n sterker teks as waar 'n oordondering van beelde van wisselende gehalte die leser verveeld laat.

Aspekte van die verhaallyn bly ongeloofwaardig en ongemotiveerd, in besonder die feit dat Milla so lank by Ruben bly sonder om ooit enige daadwerklike stappe te doen om te probeer uitvind wie sy werklik is. Blote onsekerheid of kwesbaarheid as gevolg van die geheueverlies bied nie genoegsame motivering nie. 'n Sterk vermoede groei by die leser dat Milla (of dan Camille, soos Ruben haar doop) se gevangenskap as deus ex machina deur die outeur gebruik word om sekere filosofiese kwessies aan te spreek. Milla/Camille kan nie een koherente sin, naamlik "Ek het geheueverlies, help my", aan die polisie of enige ander persoon verbaliseer nie. Dit lyk of sy haarself nie kan bevry nie bloot omdat die outeur dit nie toelaat nie; sy word slegs benodig as identiteitslose gevangene. Sy en haar beeldhouer, skepper en minnaar word selde meer as blote funksies in die teks: die karakters beskik nie oor veel lewe nie, maar bly twee reekse karaktereienskappe waarvan nooit afgewyk word nie. Die dialoog tussen hulle, en ook met of tussen ander randkarakters, wat soms eerder na voorbereide monoloŽ of kunsteoretiese lesings as na werklike gesprekke klink, is heel moontlik 'n gevolg daarvan dat die outeur haar karakters soms as spreekbuise, en nie as individue nie, opstel. Die komplekse psigologie rondom identiteitsformasie en die radikale invloed van geheueverlies daarop kon veel meer ontgin word en sou die teks, asook Milla as karakter, meer interessant maak.

Terwyl Ruben vir Milla keer op keer herskep in sy beelde, wend Milla haar tot kralewerk. Milla se krale word uitgebou tot sentrale simbool in die roman en word opgestel teenoor die beeldhoukuns van Ruben. Ruben koloniseer Milla in sy kuns en binne hulle verhouding, en die kralewerk moet gelees word as die kunsvorm van die gekoloniseerdes. Krale word geassosieer met die sosiopolitiese geskiedenis van Afrika, maar ook die geskiedenis van vroue - die kolonisering van 'n vasteland en 'n geslag. Die ondermyning van identiteit as die belangrikste wapen van die koloniseerder word hier sterk gesuggereer. Milla sien haarself as "ontheemde" (110), ontneem van identiteit en tuiste en op verskillende vlakke geobjektiveer deur Ruben. Die roman spreek sigself uit teen veral twee vorme van kolonisering: die objektivering binne 'n liefdesverhouding, asook die paternalistiese, soms selfs chauvinistiese, intellektualiteit en kunsfilosofie. Wanneer Milla oplaas, tydens sy uitstalling, nakend binne-in Ruben se marmer-kraalbeeld klim, vind die simboliese klimaks van die verhaal plaas, en word 'n huweliksverhouding moontlik wat, volgens die teks, volgens die logika van Milla, hierdie eensydige oorheersing sal ophef.

Binne die teks vind die leser verskeie intertekste, onder andere die liefdespoŽsie van Yehuda Amichai, die verhoudings van Rodin en sy model Camille Claudel en diť van Diego Rivera en Frida Kahlo. Ook is daar die verwysings na kolonialisme en verskeie kunsteoretiese en filosofiese argumente. Wat die teks verhinder om hierdie temas, die karakters en gebeure te versoen tot 'n enkele, eenvoudige marmerbeeld, is die feit dat die melodramatiese verhaalgegewe, wat herinner aan 'n tipe Mills & Boon-resep:

1 heldin met geheueverlies
1 kunssinnige, aantreklike en misterieuse redder
Maak dik aan

sonder die nodige ironie hanteer word.

Die teks is duidelik gemik op 'n breŽ lesersmark, en dit veroorsaak onvermydelik dat die komplekse temas wat die teks probeer aanspreek, ůf nie diep genoeg ontgin word nie, ůf te ooglopend en eenduidig uitgestal word sonder die nodige omsigtigheid en ambivalensie waarmee hierdie temas gehanteer behoort te word.


Willem Anker is besig met sy doktorsgraad in Afrikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy skryf gereeld vir Die Burger se boeke-bylae.



LitNet: 08 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.