SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Lees ook:
Die nuwe skrywers beoefen ’n realistiese, bestaande straatdekadensie
Ons jong skrywers is ’n ankerlose, drywende generasie

Die verraad van geweld

Antonia Steyn

    “‘Geweld,’ het Noag ... ges, terwyl hy verbete met ’n ystersaag aan ’n vaal klont sandsteen saag, ‘geweld verraai soms die mees verrassende dinge.’ En met di was die saaglem dr die klip, en daarbinne, totaal onverwags, die kristalfyn spiraal van ’n gefossileerde skulp.” (Tom Dreyer, Erdvarkfontein 1998:167).

Ten spyte van die talle oorlo wat woed rondom die voortbestaan en die bestaansreg van Afrikaans, bly die letterkunde nie in die slag nie. Sedert 1994 is daar steeds nuwe debutante in die taal, wat lawende water op die vure gooi.

Di groep jong prosaskrywers is ’n diverse klomp. Hulle het nie iemand wat namens hulle praat nie en hou nie simposiums en byeenkomste om hulle idees en doelstellinge uit te ruil nie. Hulle is eerder verteenwoordigend van ’n wreld waarin tegnologie alles vinnig oorneem en elke persoon gedwing word om deur middel van kompers en televisiestelle te kommunikeer — ’n heterogene internet- en televisiegenerasie.

* * *

Naas di diversiteit, is daar tog ’n klein, “kristalfyn spiraal” se drade wat deur almal se werk loop. Soos Noag dan tereg s: “Geweld verraai soms die mees verrassendste dinge.” Geweld veraai dat daar wel ’n kenmerkende gemene deler in hierdie groep skrywers se skryfwerk is. Geweld verraai egter ook dat hulle ’n generasie is wat midde-in die see van massamedia staan.

Maar, getrou aan variasie, wat ’n ander kenmerk van die groep skrywers is, word die geweld nie dieselfde tot uiting gebring nie. Saam vorm di prosaskrywers se verhale ’n collage van die verskillende tipes geweld wat in ons samelewing voorkom.

* * *

Izak de Vries is ’n skrywer wat genteresseerd in die gewelddadigheid van die Afrika tradisie (en die parallele tussen di tradisie en die tradisionele houding van die Afrikaners). As skrywer voel hy hy het ’n sosiale verantwoordelikheid. In sy bundel kortverhale Kom slag ’n bees hanteer hy, onder andere, spesifiek die gewelddadige nagmerrie wat bly voortleef na apartheid. Soos hy self s: “Dit was ’n traumatiese deel van ons ervaring en wat ek probeer doen het, is om mnse voor te stel daarin.” In die verhaal ‘Die blou rok’ word ’n onskuldige dertienjarige dogter byvoorbeeld die slagoffer van seksuele geweld.

* * *

In Die reuk van steenkool word die geweld in die swaarkry van mense se daaglikse bestaan na vore gebring. Hoewel S.P. Benjamin meen dat politiek nie ’n belangrike rol in die roman speel nie, is dit tog duidelik dat politiek, en veral die gewelddadigheid van Suid-Afrika in die laattagtigs, nie deur die roman ontken word nie.

Die geweld wat woed in die land dring saans deur tot in die familie se binnekamer wanneer hulle die televisie aanskakel. Hoewel hulle nie direk daarmee gekonfronteer word nie, spat die gesin uiteindelik uitmekaar wanneer Kasper selfmoord pleeg (juis omdat hy geen vooruitsigte het nie).

Jaco Fouch se roman lewer ook subtiele kommentaar op di gewelddadige samelewing. Soos Benjamin, fokus hy ook op die invloed van geweld op ’n familie en die uitwerking daarvan op ’n seun wat dit probeer ontvlug, maar nooit daarvan kan ontsnap nie.

Soos sy peers, wemel Jaco Botha se verhale ook van geweld. In ’n onderhoud s hy dat di gewelddadigheid spruit uit sy omgewing en die media. Dit is terselfdertyd ook ’n manier om uiting te gee aan die geweld wat binne homself woed. “Om te skryf is sosiaal aanvaarbare patologie. Dis ’n manier om die geweld in jouself deur karakters te laat lewe en so die geweld beter te verstaan.”

In die werk van Sonja Loots staan die tema van geweld nie sentraal nie. Haar terugkeer na die natuur en magiese realisme kan egter gesien word as ’n poging om van die gewelddadige samelewing te ontsnap.

Anoeschka von Meck se geestelike reise en haar soeke na God, is moontlik ook ’n manier om van hierdie harde werklikheid en ’n gewelddadige samelewing te ontsnap. Daar vind sy vir hrself ’n vrede, wat nie deur die realiteit gereflekteer word nie.

Dis tog interessant dat beide laasgenoemde skrywers wat ‘ontsnap’ aan die geweld dan ook vroulik is - wat moontlik kan dui op die feit dat hulle geweld op ’n ander manier moet hanteer en binne hulleself moet verwerk.

Herman Wasserman se kortverhale spreek ook die geweld van die samelewing, die geweld op straatvlak, aan. In ’n onderhoud in Die Burger van 28 Desember 1998, wat Wasserman met Tom Dreyer en Izak de Vries voer, bespreek hulle juis die kwessie van geweld in die laasgenoemde twee skrywers se werk. Beide skrywers voel dat hulle nie kan ontken dat hulle in ’n gewelddadige samelewing lewe nie. Tog hanteer hulle die geweld op geheel verskillende maniere. Daar is reeds na die geweld in De Vries se verhale verwys.

Die geweld in Dreyer se roman, Erdvarkfontein, word op ’n filmiese en humoristiese wyse aangebied. “Ek sal graag wou h lesers moet hulself afvra watter skewe werklikheid dit toelaat dat ’n mens vir geweld kan lag,” s hy dan ook aan Wasserman.

* * *

Dit s inderdaad iets van ’n samelewing as die enigste samebindende faktor van hierdie groep skrywers onder die tema van geweld vasgevat kan word! Nie net oor die gewelddadige samelewing nie, maar ook oor die feit dat niemand werklik daarvan kan ontsnap nie, omdat ons almal deur die media gedwing word om dit te herken.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.