SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Oor die wegbly van die jollie bobbejaan: Wie is dit wat regtig treur?

Anton van Niekerk

is Professor in Filosofie en Direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is die skrywer van talle boeke, sowel as vakwetenskaplike en populre artikels. Hy is 'n lid van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch en ook Voorsitter van die Taalkomitee van die Universiteit van Stellenbosch. Hy dien in talle etiese komitees en is die Voorsitter van die Direksie van die Ethics Institute of South Africa.

Johann Rossouw se analise van die "keuses vir Afrikaners", sy beoordeling van Marlene van Niekerk se Agaat as 'n "regse roman" en sy weeklag oor die feit dat die "Suid-Afrika waarvan vrye Afrikane droom" nie aanbreek nie, kan nie onbeantwoord gelaat word nie (vgl Johann Rossouw: "O moenie huil nie, o moenie treur nie, die jollie bobbejaan kom weer: oor Marlene van Niekerk se Agaat", Vrye Afrikaan).

Eers iets oor sy "politieke lesing" van Agaat. Dat 'n politieke lesing moontlik is, betwis ek nie. Of dit die primre vlak is waarop hierdie tegelyk verbluffende en onthutsende roman gelees moet word, is ek egter nie so seker nie. Handel Agaat primr oor die geskiedenis van die Afrikaner en die politieke keuses wat tans vir die Afrikaner beskikbaar is? En is Van Niekerk aan die kant van die "selfopheffing van die Afrikaner" en dus "regs" - in die sin, soos Rossouw dit verduidelik, dat sy "die bestaande wreld (van die 'nuwe Suid-Afrika') onkrities aanvaar en wil los soos dit is"? Ek wonder darem.

Verre sy dit van my om te beweer dat ek Agaat ten volle verstaan; ek is nog besig om te herstel van die aanslag wat die boek gemaak het op sensitiwiteite in my waarvan ek self nie eers bewus was nie. Maar wat vir my voorop staan in Agaat, is nie politiek en Afrikanerskap nie, maar eerder 'n vlymskerpe nasporing en analise van die kompleksiteit van (veral intieme) individuele menseverhoudinge. Dis 'n analise waarin aan die lig kom hoe verweefd goed en sleg, die bose en die beste, in hierdie verhoudinge is. In Milla se belewing van haar versorging deur Agaat het ek iets gehoor van die spektrum of kompleks van emosies en ervarings, positief en negatief, gedrenk in 'n veelbewo persoonlike geskiedenis, waarin gees en grond verweef is, waardeur hierdie karakter gaan in die poging om iets goeds tot stand te bring - die versorging van 'n hulpelose, tot die dood toe. Dis 'n verhaal van die omkering van rolle, die ironisering van die idee van beheer, mag en ouerskap - en vele meer. Hoe dit ook al sy: terwyl 'n politieke lesing van die boek sekerlik ook moontlik is, meen ek, in beskeidenheid, dat dit 'n verskraling van die betekenis en trefwydte van Agaat is om dit bloot as 'n simboliese geskiedenis van die Afrikaner te lees!

Ek wil egter niks meer s oor die interpretasie van Agaat nie; daarvoor, erken ek ruiterlik, is my interpretasievaardighede te onontwikkeld. Wat my eerder interesseer, is Rossouw se eie agenda vir die "Nuwe Afrikaners" - 'n agenda wat, ten spyte van sy baie waardering vir Van Niekerk se boek, tog skromelik deur sy politieke lesing van Agaat gefrustreer word.

Rossouw wil die debat oor die (keuses vir) Afrikaners binne 'n globale debat plaas. Hy skryf:

Diegene wat dink Afrikaners se heil l in 'n opheffing van Afrikaneridentiteit sluit breedweg aan by die globale posisie waarvolgens politieke heil in aansluiting by die groter magsblok [in ons geval: die "nuwe Suid-Afrika", oorheers deur die ANC, met sy besonder negatiewe lesing van die geskiedenis van die Afrikaners] l, terwyl die nasionaliste of diegene wat soek na 'n nuwe of ander Afrikaneridentiteit breedweg aansluit by die globale posisie waarvolgens politieke heil in die kleiner gemeenskap l ... Waar die nasionalisme harde grense wil trek, wil selfopheffing alle grense ophef.

Agaat (die boek, nie die karakter nie!) is "regs" omdat dit "die bestaande wreld aanvaar nes dit is" en dus agiteer vir die selfopheffing van die Afrikaner op grond van sy onvergeefbare historiese skuld aan apartheid; vandaar Jakkie (Milla se seun) se keuse om te emigreer en die plaas te bemaak aan Agaat, die bruin vrou wat, as simbool van die nuwe orde in Suid-Afrika, uiteindelik oor alles en almal triomfeer.

Sowel "selfopheffing" as "nasionalisme" is "regs"; terwyl eersgenoemde die "buitewreld" (dws die wreld buite eie gemeenskap) as die "norm" neem, neem laasgenoemde die eie gemeenskap as norm en wil dit hierdie wreld ten alle koste bly bestendig. (Wat presies het Rossouw hier in gedagte? Die Orania-opsie of die DP-opsie? Is albei "nasionalisties"?) Teenoor hierdie twee moontlikhede wil Rossouw dan pleit vir 'n "ander Suid-Afrika", een wat ruimte maak vir die "nuwe/vrye Afrikaners". 'n Mens hou asem op by die verwagting dat hier 'n alternatief aan bod sal kom wat mense opgewonde kan maak, 'n "jollie bobbejaan" wat kan kom as troos vir die nasionaliste en "selfopheffers" wat huil en treur oor hul verlore paradys.

Tog, sodra Rossouw voor die taak staan om 'n bietjie inhoud aan sy mooi ideaal te gee, ontaard sy artikel in 'n groot teleurstelling. Al wat ons van hierdie "derde weg" hoor, is dat die begrip Afrikaner daarvoor behoue moet bly, dat die Afrikaanse taal belangrik is, dat vanuit hierdie geledere die "koloniale staat, vanaf Van Riebeeck tot by Mbeki", die "eintlike probleem" is, dat dit oor mense gaan wat "ng onderhorig aan, ng baasspelerig oor Afrika [is], ng vlugtend na ander lande, ng knielend voor die nuwe Afrikanasionaliste of korporatief snuiwend aan hul trog; n met 'n Afrika van selfrespekterende gemeenskappe, oplaas werklik vry van kolonialisme ..."

Die berg het hier werklik 'n muis gebaar. Rossouw se betoog herinner my sterk aan di van 'n hele aantal kontemporre denkers - Richard Rorty sing voor in hierdie koor - wat met meesleurende retoriek dualismes formuleer ten opsigte waarvan hulle die bevrydende "derde moontlikheid" (na analogie van Nietzsche se "jenseits von Gut und Bse") wil ontwikkel, net om ontmasker te word as steeds behorende tot die een pool van die dualisme.

Waarmee Rossouw moeilikheid het, is die nuwe Suid-Afrika. En die onus l sterk op hom en sy geesgenote om ons te oortuig dat hul sogenaamde "derde weg" enigiets anders is as juis 'n teruggryp op die "nasionalisme" waarvan hy hom retories probeer afgrens. Laat ons dit trompop vra: As Rossouw regtig 'n keer inhoud wil gee aan sy "derde weg", waarop gaan dit, ideaal gesproke, inhoudelik anders neerkom as op 'n pleidooi vir 'n Afrikaner-tuisland of, as laasgenoemde misluk, 'n teruggryp op die apartheidstaat se "eie sake"-model waarin alles, vanaf universiteite tot skoolkadette (onthou ons dit nog?!) gesegregeer moet word, weliswaar miskien nie meer langs rasselyne nie, maar nou langs taallyne? Wat gaan hierdie "derde opsie" anders wees as pleidooie vir eksklusiewe woonbuurte en 'n perpetuering van die bestaande verdeling van landbougrond?

Ek twyfel baie sterk of Rossouw se "jollie bobbejaan" ooit gaan opdaag. Trouens, ek behoort tot 'n segment van die Suid-Afrikaanse bevolking wat anders oor sake dink. Ek is onbeskaamd Afrikaans en trots daarop. Op 'n tyd het my selfs ook 'n Afrikaner genoem. Maar ek onthou ook apartheid en ek bely dat, hoewel ek op 'n beskeie skaal soms probeer het, ek nie naastenby genoeg gedoen het om apartheid te beindig nie. Ek erken die historiese en simboliese verweefdheid van apartheid en Afrikaans, en verstaan daarom dat my mede-Suid-Afrikaners nie oornag die goeie bedoelinge aanvaar van diegene wat tans vir Afrikaans ruimte wil skep nie - al is daar merkwaardige getuienis daarvan dat dit soms wel gebeur.

Belangriker nog: ek behoort tot 'n groep mense in Suid-Afrika wat Afrikaans is, maar wat die begrip Afrikaner, met al sy muwwe historiese bagasie, prysgegee het. Wat gerus "opgehef" kan word, is die begrip Afrikaner; wie gaan by die begrafnis van so 'n historiese las lang trane huil? Daarmee is mense - van alle kleure en geure en gemeenskappe - wat Afrikaans praat en daarvoor lief is, allermins "opgehef". Daarmee is die rol wat hulle kan speel, die bydrae wat hulle kan lewer en die genoegdoening wat hulle kan put uit 'n lewe onder hierdie land se suiderson, allermins op 'n einde. Al wat van hierdie "ons" ges kan word, is dat ons Afrikaans is - wat verbind is tot die Grondwet en die waardes vervat in die Grondwet en wat daarom bereid is om waar moontlik saam te werk om hierdie land te laat werk. Ons is nie meer gepla met "identiteit" nie; ons het verskillende identiteite oor verskillende kwessies, en ons het 'n broertjie daaraan dood dat mense soos Johann Rossouw ons gedurig probeer kaap vir die strak omlynde identiteit wat ons moet aanvaar as hy eendag daarin slaag om inhoud te gee aan sy jollie bobbejaan.

Dit beteken allermins dat ons die "wreld aanvaar nes dit is". As die regering van die dag kleitrap oor VIGS en Zimbabwe, soos hulle dikwels doen, sal hulle van ons hoor. As hulle egter goeie dinge doen wat betref die ekonomie of water- en elektrisiteitsvoorsiening, dan sal ons hulle daarmee gelukwens en, belangriker, met hulle saamwerk om dit nog beter te probeer doen. Rossouw se "beter wreld" klink vir my alte veel na 'n onhaalbare utopie - 'n wreld anderkant die wolke, 'n antikolonialistiese kolonie van "jollie bobbejane" wat geen verband meer het met die wreld waarin ons ons tans bevind nie. Maar om daarna te streef, is nie filosofie nie, dis wensdenkery. Dit wat nuut en anders is, kom nie tot stand sonder verband met die hede nie. Ware innovasie en kreatiwiteit kom eers tot stand op die basis van sowl suggestie as vertroudheid.

Dis tyd dat ons ophou om met eindelose selfbeheptheid ons sorge te maak oor ons identiteit en ons "Afrikanerskap". Daar is 'n wreld daar buite wat oorloop van geleenthede - ook vir die Afrikaanssprekendes onder ons (vra maar die nuwe geslag jong Afrikaanse ondernemers!) - om voluit in Suid-Afrika te werk en te lewe. Natuurlik is Suid-Afrika nie volmaak of sonder foute nie. Maar die wreld word "piecemeal" verander - nie deur lamentasies en jeremiades oor wat alles verkeerd is en wat, in een omvattende visie, ineens behoort te verander nie. Goddank ons is vandag waar ons is in Suid-Afrika en ons sit nie meer in die gemors van 20 jaar gelede nie. Die uitdaging is om oor nog 20 jaar 'n wreld te h wat ook bevry is van vandag se foute en ellendes. Kan ons nie maar eenvoudig as Suid-Afrikaners daaraan begin werk sonder om aanhoudend in die spiel te kyk om te sien wie ons is nie?

Rossouw is verkeerd: diegene wat "huil en treur" is nie (net) die nasionaliste of die "selfopheffers" nie; dis ook, en veral, hyslf. Sy "politieke lesing van Agaat" was 'n klaaglied van 'n "closet"-nasionalis. Diegene wat hand aan die ploeg geslaan het en begin werk het, saam met mede-Suid-Afrikaners, sien miskien nog nie 'n "jollie bobbejaan" nie, maar skrik ook nie meer vir die uitdagings van die berg wat ons, soos die bobbejane, moet klim - of ons daarvan hou of nie.



LitNet: 26 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.