SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Heelwat te sÍ oor literatuur

Jaco Fouchť

Klik en koop!Resensie van Die Afrikaanse Literatuur 1652–2004
deur JC Kannemeyer
Human & Rousseau, 2005
ISBN 0-7981-4473-4
R250
Klik hier om jou eksemplaar van Die Afrikaanse Literatuur 1652–2004 by kalahari.net te koop.

'n Mens se eerste indruk by die aanskou van die boek is dat daar heelwat te sÍ moet wees oor die Afrikaanse literatuur (800 bladsye, of meer as 420 000 woorde, as ek reg uitwerk). En hoewel geen ywerige Afrikaanse leser sal stry dat dit inderdaad die geval is nie, hou 'n mens met Die Afrikaanse Literatuur die versekering daarvan in die hand.

Hier is te lees oor die werke van die verwagte mense soos Schoeman, StockenstrŲm, Brink, Winterbach, Kombuis en Krog. En verder terug is daar MER, Van den Heever, Krige, Van Wyk Louw en Opperman. Aan mense soos hierdie word soms bladsye afgestaan.

Ander mense kry korter passasies, en hier en daar word twee of meer skrywers in een sin genoem. 'n Mens kan maar net wonder of lesers altyd weet hoeveel werk en tyd die skryfambag vereis, selfs wanneer die behendigheid of talent miskien 'n bietjie ontbreek, veral as 'n mens in ag neem dat finansiŽle beloning daarvoor, anders as vir baie ander ekonomiese bedrywighede, meestal maar skraps is. En dan is die kans daar dat jy aan die einde van jou kunstenaarslewe nie veel meer daarvan oorhou as enkele sinne in 'n boek soos hierdie en die vraag of jou entoesiasme die moeite werd was nie. Sulke gevalle is natuurlik glad nie die skrywer van 'n opname soos hierdie se skuld of selfs probleem nie en sy taak is maar net om hulle aan te dui, selfs wanneer hulle nie meer as kuriositeite is nie.

Die eintlike interessantheid van die boek skuil dalk juis hier, in die vermeldings van figure van wie 'n mens nog nooit gehoor het nie - of ten minste nie mťťr hoor nie. Wat sou byvoorbeeld die verhaal wees van Willem Frederik van Rooyen, wat volgens sy datums op veertigjarige ouderdom in 1975 gedebuteer het en later op vyftigjarige ouderdom oorlede is as die skrywer van slegs drie werke? Fuga Burlesque was die titel van sy eerste boek, en hy was glo 'n skrywer wat aangesluit het by "die surreŽle wÍreld van Bosch en Kafka" en 'n "verwantskap met Leroux" getoon het.

Of wat van ene Anton Prinsloo, wat in 1965 twee novelles onder die titel Bloedbitter die lig laat sien het? Sou dit die Anton Prinsloo wees wat ons deesdae as taalekspert ken?

Dan's daar mense soos Margaretha van der Merwe en Andrť Potgieter, albei produkte van DJ Opperman se Letterkundige Laboratorium op Stellenbosch, albei debutante saam met ander mense soos die bekende dramaturg Pieter Fourie en bekende digter Lina Spies in Stiebeuel 2 (1965), 'n versameling gedigte. Wat sou van Van der Merwe en Potgieter geword het? Werk hulle vandag doodgelukkig in lewensversekering of die eiendomsbedryf? Is hulle reeds afgetree en dink hulle nog soms aan hulle jeugwerk, maar skryf lank nie meer nie?

En dan moet 'n mens wonder oor die mense wat glad nie eens 'n sinnetjie gehaal het in die boek nie. Een figuur wat ek mis, is Tinus Horn, wat 'n weerbarstige novelle in die 1990's gepubliseer het en daarna saam met Alastair Findlay die eerste Afrikaanse grafiese roman geproduseer het (Hemel Op Aarde). Die grafiese genre kry andersins tog kortliks aandag - 'n verskynsel wat wel genoem word, is Bitterkomix.

Maar die kollig val natuurlik op die bekende figure. En watter fassinerende stukke is daar nie om te lees nie. Oor Karel Schoeman en Koos Kombuis is daar altyd iets interessants te sÍ, en ek verneem uit hierdie boek oor Wilma StockenstrŲm en die reeds genoemde Lina Spies ook. 'n Mens mis hier en daar meer gegewens oor die skrywers - ek bedoel rondům hulle skeppende werk eerder as net daarůůr - maar dit val waarskynlik buite die omvang van die skrywer se bedoeling. Ek self wonder altyd wat doen skrywers behalwe skryf - hoe verdien hulle hulle brood en botter? En sal hulle bedrywighede eendag ryk beloon word, nie net finansieel nie, maar dalk met 'n viertal bladsye in 'n werk soos hierdie? Dan kan eintlik maar meer gesÍ word. Hoekom, immers, is daar in 2003 vraelyste deur Kannemeyer se uitgewer na skrywers gestuur waarin hulle onder meer moes aandui waar hulle al gewerk en gewoon het? 'n Waarskynlike antwoord op hoekom die inligting nie gebruik is nie: dis 'n ruimteprobleem; hierdie boek is reeds 800 bladsye lank.

So 'n boek onderneem natuurlik, of bevorder ten minste, die proses van kanonisering. Dis bepaald nie die enigste rolspeler in die literÍre wÍreld nie, maar dit dra tog by tot die reputasie en "street cred" van 'n skrywer, en miskien in 'n mate ook sy of haar verkope, as ek 'n banale onderwerp mag aanroer. Hoe word vasgestel watter skrywers verdien twee bladsye bespreking en watter net twee sinne? Dis nie altyd op grond van 'n gunstige indruk nie, soos blyk uit die voorbeeld van Dan Roodt, wat nie uitsonderlik gunstig oorweeg word nie, maar tog so 'n literÍre impak moes gemaak het dat hy wel daardie twee bladsye bespreking kry en nie mee afgereken word in 'n paragrafie nie, soos gebeur met ander figure wat kennelik nie baie indruk maak nie.

'n Interessante kwessie wat al geopper is oor die werk, is of dit werklik, soos die kopie op die agterblad beweer, van waarde is vir die universiteitstudent, en natuurlik enigeen wat meer gevorderde ondersoeke na skrywers en boeke wil loods. Moeilik om te sÍ, maar dat hier in elk geval heelwat te lees is, is gewis. Miskien moet 'n mens die boek eerder in 'n inleidende as 'n indiepte-rol sien.

Uiteindelik is Die Afrikaanse Literatuur 'n gawe boek en sy prys van R250 werd. Dis 'n boek om lank mee te sit en mee saam te stem en van te verskil en weer en weer oop te maak en te lees en te lees.



LitNet: 23 Mei 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.