SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




Foto: Philip de Vos
  Antjie Krog
is gebore op 23 Oktober 1952 in Kroonstad in die Vrystaat. Sy het al verskeie bundels poësie en prosa gepubliseer waarvoor sy verskeie literêre toekennings ontvang het. Sy is ook bekend as joernalis, veral vir haar dekking van die WVK. Haar mees onlangse boek is Country of My Skull wat uitgegee word deur Random House. Kleur kom nooit alleen nie, haar nuutste digbundel, verskyn in Oktober by Kwela.

Interessantheidshalwe

U kan die onderstaande deurlees en interessantheidshalwe die vrae wat daarop volg, beantwoord:

Jaar Letterkundepryse Geskiedkundig
1960 Hertzogprys: N P van Wyk Louw — Germanicus
Scheepersprys (jeugboeke): Sita — al haar jeugverhale, o m Bennie-boet
Sharpeville-polisie skiet op skare — 69 mense sterf
Sobukwe gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf
Noodtoestand afgekondig, begin van die Pondoland-opstande
Verbod op ANC en PAC
Mislukte sluipmoordaanval op Verwoerd
Blanke kiesers stem in guns van republiekwording
1961 Hertzogprys: F A Venter — Swart pelgrim / Geknelde land
Eugène Marais-prys: Audrey Blignault — In klein maat / Die vrolike lied / Die dammetjie
CNA-prys: Chris Barnard — Bekende Onrus
Scheepersprys (jeugboeke): MER — Die tweeling trek saam
Hoogverraadverhoor van 156 eindig met onskuldigbevinding
Albert Luthuli ontvang Nobel-Vredesprys
ANC verbind homself tot gewapende stryd
Umkhonto weSizwe (MK) gestig — begin van sabotasieveldtog
NP wen verkiesing
1962 Hertzogprys: Ernst van Heerden — Die Klop
CNA-prys: N P van Wyk Louw — Tristia
Scheepersprys (jeugboeke): I D du Plessis — al sy jeugboeke, o m Die skat van Robbeneiland / Die Springbok / Die silwervaring
Mandela gearresteer en tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis
Verenigde Nasies stem vir ekonomiese en diplomatieke sanksies teen Suid-Afrika
Wet op Sabotasie tree in werking
Verdere uitbreiding van staat se “uitsluitings-magte”
1963 Hertzogprys: geen toekenning vir poësie
Eugène Marais-prys: André P Brink — Caesar
CNA-prys: D J Opperman — Dolosse
W A Hofmeyr-prys: H W D Manson — The magnolia tree
Scheepersprys (jeugboeke): P H Nortje — Pennie se vuur / Die groen ghoen
Algemene Wysigingswet maak voorsiening vir 90-dae-aanhouding sonder verhoor
Looksmart Ngudle is die eerste slagoffer wat sterf in aanhouding
Beyers Naudé stig “Christian Institute”
MK-bevelvoerders word gearresteer by Liliesleaf-plaas, Rivonia
Begin van Rivonia-verhoor
Transkei ontvang selfregering
1964 Hertzogprys: Etienne Leroux — Sewe dae by die Silbersteins
Eugène Marais-prys: Elsa Joubert — Ons wag op die kaptein; Dolf van Niekerk — Skepsels
CNA-prys: Etienne Leroux — Een vir Azazel
Scheepersprys (jeugboeke): G J Joubert — Oupa Landman se viool
Krygkor word gestig
Agt Rivonia-beskuldigdes waaronder Mandela kry lewenslange gevangenisstraf
Bomontploffing by Johannesburg Stasie
Verskeie sabotasie- en politieke verhore
1965 Hertzogprys: N P van Wyk Louw — Tristia
Eugène Marais-prys: George Louw — Koggelstok
W A Hofmeyr-prys: Audrey Blignault — Met ligter tred
CNA-prys: André P Brink — Olé
Scheepersprys (jeugboeke): Alba Bouwer — Katrientjie van Keerweder / Stories van Ruyswyck / Stories van Bergplaas
SAKP-lede word in die tronk gegooi
180-dae-aanhouding sonder verhoor word ingestel
Bram Fischer gaan ondergronds — word gevange geneem na 10 maande
Gewelddadige onderdrukking van ANC ondergrondse strukture in die Oos-Kaap
1966 Hertzogprys: geen toekenning vir drama
Eugène Marais-prys: Henriette Grové — Al haar werke o m vir Halte 49 / Die goeie jaar
W A Hofmeyr-prys: D J Opperman — Dolosse
CNA-prys: Henriette Grove — Jaarringe
Scheepersprys (jeugboeke): H J Vermaas — al sy jeugverhale
Eerste skermutseling tussen SWAPO en SA Polisie in Ovamboland wat die begin inlui vir optredes oor SA se offisiële grense
Instelling deur Algemene Wysigingswet vir die aanhouding van vermeende terroriste vir 14 dae
Dmitri Tsafendas vermoor H F Verwoerd
B J Vorster word Eerste Minister
Distrik Ses word as blanke gebied verklaar
Lesotho verkry onafhanklikheid
1967 Hertzogprys: geen toekenning vir prosa
Eugène Marais-prys: Abraham H de Vries — Al sy prosawerke o m Dubbeldoor / Twee maal om die son / Vliegoog
W A Hofmeyr-prys: Henriette Grové — Jaarringe
CNA-prys: Breyten Breytenbach — Huis van die Dowe; Henriette Grové — Jaarringe
Scheepersprys (jeugboeke): P J Schoeman — al sy jeugboeke, o m “Inspring, kêrels!’’ / Kampvure wat nie uitbrand nie
Wet op Terrorisme maak voorsiening vir onbepaalde aanhouding, sonder verhoor, soos bepaal deur gewone polisielede
SA Polisie opereer binne Rhodesië
Dood van Albert Luthuli
Diplomatieke bande word aangeknoop met Malawi onder Banda-bewind
1968 Hertzogprys: Boerneef (postuum) — Al sy digbundels
Eugène Marais-prys: M M Walters — Cabala
CNA-prys: Chris Barnard — Duiwel-in-die-bos
Scheepersprys (jeugboeke): Anna M Louw — Die voortreflike familie Smit
Engelse kriekettoer word afgelas weens die Basil D’Oliveira-debakel
Verbod op Politieke Inmenging verbied nie-rassige politieke partye — Progressiewe Party word ’n Blanke party
Liberale Party ontbind
Kleurling verteenwoordigers in die parlement word afgeskaf
PAC stig sy gewapende vleuel APLA
1969 Hertzogprys: D J Opperman — Voëlvry
W A Hofmeyr-prys: M M Walters — Cabala
CNA-prys: Breyten Breytenbach — Kouevuur
Scheepersprys (jeugboeke): Ben Venter — Waterbobbejaan: ’n legende uit die Bosveld van Marico
Totstandkoming van die Buro vir Staatsveiligheid wat verantwoording doen aan die Eerste Minister
ANC hou eerste kongres sedert hulle verbied is, aanvaar die “Strategy and Tactics”- program en aanvaar blanke lidmaatskap
Steve Biko stig die “South African Students’ Organization”
Albert Hertzog stig die Herstigte Nasionale Party
1970 Hertzogprys: Karel Schoeman — By fakkellig / ’n Lug vol helder wolke / Spiraal
Eugène Marais-prys: P G Hendriks — Die weg van ’n man
W A Hofmeyr-prys: George Louw — ’n Skip is ons beloof; P G du Plessis — Die nag van Legio
CNA-prys: Breyten Breytenbach — Lotus
Scheepersprys (jeugboeke): Karl Kielblock — Rebel
Wet op Tuisland Burgerskap — Connie Mulder van die NP verklaar die doel van hierdie wetgewing as die voorkoming van enige swart Suid-Afrikaanse burger
NP wen verkiesing
1971 Hertzogprys: Elisabeth Eybers — Onderdak
Eugène Marais-prys: Sheila Cussons — Plektrum
W A Hofmeyr-prys: Anna M Louw — Die groot gryse
CNA-prys: P G du Plessis — Siener in die suburbs; Elsa Joubert — Bonga
Scheepersprys (jeugboeke): Rykie van Reenen — Heldin uit die vreemde: die verhaal van Emily Hobhouse
Ahmed Timol pleeg volgens die polisie selfmoord deur by die venster uit te spring
’n Internasionale hof beslis dat die Suid- Afrikaanse besetting van Namibië onwettig is
Sedert 1960 tot 1994 is ongeveer 80 000 mense sonder verhoor aangehou, waarvan 10 000 vroue was en 15 000 kinders onder agtien
Bram Fischer word toestemming geweier om sy enigste seun se begrafnis by te woon
1972 Hertzogprys: P G du Plessis — Siener in die suburbs / Die nag van Legio
Eugène Marais-prys: Lina Spies — Digby vergenoeg
W A Hofmeyr-prys: Sheila Cussons — Plektrum
CNA-prys: Karel Schoeman — Na die geliefde land
Scheepersprys (jeugboeke): Anna Rothmann — Klaasneus-hulle
“Black People’s Convention” word gestig om die aanhangers van “Black Consciousness” te koördineer
Ontstaan van die Staatsveiligheidsraad
Swartmense in stedelike gebiede kom onder beheer van Bantoe-Sake Administrasie
1973 Hertzogprys: Chris Barnard — Mahala / Duiwel-in-die-bos
Eugène Marais-prys: Antjie Krog — Januarie-suite
W A Hofmeyr-prys: P G du Plessis — Siener in die Suburbs / Plaston: DNS-kind
CNA-prys: Elisabeth Eybers — Kruis of Munt
Herlewing van onafhanklike vakbondwese en ’n vlaag van stakings weens lae lone -
61 000 swart werkers staak in Durban-Pinetown-omgewing
Stigting van Afrikaner Weerstandsbeweging
SA Weermag neem oor by SA Polisie in die noorde van Namibië
1974 Hertzogprys: Uys Krige — Uys Krige: ’n keur uit sy gedigte
Eugène Marais-prys: Leon Strydom — Geleentheidsverse
W A Hofmeyr-prys: Hennie Aucamp — Hongerblom / Wolwedans; Chris Barnard — Mahala
CNA-prys: Leon Rousseau — Die groot verlange
Scheepersprys (jeugboeke): Freda Linde — Die singende gras
Nuwe wetgewing verbied sekere organisasies om fondse vanaf die buiteland te ontvang
Bram Fischer gediagnoseer met kanker
Verbod op Andre P Brink se boek Kennis van die Aand — hierna word gereeld verskeie literêre romans, digbundels en tydskrifte verbied onder meer werke van Etienne Leroux, John Miles, Breyten Breytenbach, Welma Odendaal, André le Roux en Dan Roodt
1975 Hertzogprys: geen toekenning vir drama
Eugène Marais-prys: P J Haasbroek — Heupvuur
W A Hofmeyr-prys: Ernst van Heerden — Teenstrydige liedere
CNA-prys: Anna M Louw — Kroniek van Perdepoort
SA Weermag val Angola binne — SA troepe naby Luanda kry weerstand van Kubaanse troepe.
Televisie bekendgestel in SA
Inkatha-beweging word in die lewe geroep
Bram Fischer oorlede
Breyten Breytenbach gevonnis tot 9 jaar tronkstraf weens terrorisme
M C Botha, Minister van Bantoe Opvoeding, behou Afrikaans as medium van onderrig in swart skole
1976 Hertzogprys: Anna M Louw — Kroniek van Perdepoort
Eugène Marais-prys: J C Steyn — Die grammatika van liefhê
W A Hofmeyr-prys: Freda Linde — Die singende gras
CNA-prys: Etienne Leroux — Magersfontein, O Magersfontein!
SA Weermag onttrek uit Angola
Begin van Soweto-opstande
Polisie skiet op skoolkinders wat deelneem aan optog teen Afrikaans na Orlando-Wes Sekondêre Skool — Hector Petersen-voorval
Wydverspreide weerstand volg waarin honderde sterf of landuit vlug
Transkei word onafhanklik verklaar
MK hervat operasies binne SA
1977 Hertzogprys: Wilma Stockenström — Van vergetelheid en van glans
W A Hofmeyr-prys: Anna M Louw — Kroniek van Perdepoort
CNA-prys: Elisabeth Eybers -Einder
Scheepersprys (jeugboeke): Jan Rabie — Seeboek van die Sonderkossers
Volgehoue protes, wegbly-aksies en skool-boikotte — 700 sterf in hierdie periode
Plakkerskampe in Kaapstad word vernietig
Elf aangehoudenes, die hoogste getal ooit, sterf in aanhouding — een van hulle is Steve Biko
17 Organisasies en 3 koerante word verbied
VN verklaar wapen-embargo teen SA
Bophuthatswana word onafhanklik
Verenigde Party ontbind
1978 Hertzogprys: Bartho Smit — Putsonderwater / Moeder Hanna / Christine / Die verminktes
Eugène Marais-prys: Marlene van Niekerk — Sprokkelster
W A Hofmeyr-prys: Elisabeth Eybers — Einder
CNA-prys: Elsa Joubert — Die swerfjare van Poppie Nongena
SA Weermag val Cassinga in Angola aan — 600 mense, waaronder vrouens en kinders, word gedood
Inligtingskandaal
Vorster bedank, PW Botha volg hom op
Robert Sobukwe oorlede — by sy begrafnis in Graaff-Reinet word Buthelezi aangeval deur jeugdiges
1979 Hertzogprys: Etienne Leroux — Magersfontein, O Magersfontein!
Eugène Marais-prys: Eveleen Castelyn — Tussen hemel en aarde
W A Hofmeyr-prys: Elsa Joubert — Die swerfjare van Poppie Nongena
CNA-prys: D J Opperman — Komas uit ’n bamboesstok
Totstandkoming van vakbond-federasies, “civic organisations”, studente- en jeug- organisasies
P W Botha besoek Soweto
Venda word onafhanklik verklaar
Swart vakbonde word offisieel erken
Ontmoeting tussen ANC en Inkatha in Londen eindig vyandig
Solomon Mahlangu tereggestel
Verbod op Andre P Brink se ’n Droë Wit Seisoen en Etienne Leroux se Magersfontein, O Magersfontein!. ’n Paar maande daarna kry laasgenoemde boek die Hertzogprys
1980 Hertzogprys: D J Opperman — Komas uit ’n bamboesstok
Eugène Marais-prys: Petra Müller — Patria
W A Hofmeyr-prys: D J Opperman — Komas uit ’n bamboesstok
Scheepersprys (jeugboeke): Rona Rupert — Wegloopwinter / Woorde is soos wors
Goudprys skiet die hoogte in
“Release Mandela Campaign” van stapel gestuur
Skool- en verbruikersboikotte
Bomontploffings by Sasol-raffinadery te Sasolburg en Secunda deur MK
Om ’n volgende Biko-geval te vermy, word aktiviste soos Stanza Bopape, Abraham Tiro ea in die volgende dekade buite die tronke uit die weg geruim.
Derdemag-aktiwiteite lei tot wat beskryf word as ’n “low intensity civil war” wat verskerpte “swart op swart”-geweld veroorsaak in die middel-tagtigs
1981 Hertzogprys: Henriette Grové — Ontmoeting by Dwaaldrif en al haar ander dramatiese werk
Eugène Marais-prys: Annesu de Vos — Gebed van ’n groen perske en ander verse
W A Hofmeyr-prys: T T Cloete — Angelliera
CNA-prys: Sheila Cussons — Die woedende brood
SA Weermag val Matola, buite Maputo aan, 14 mense sterf
Operasie Protea geloods teen SWAPO in Angola
Vlakplaas “hit squad” vermoor Griffiths Mxenge, verbrand Sizwe Kondile en begin eksperimenteer met giftoedienings
Ciskei onafhanklik verklaar
MK loods aanval op die militêre hoofkwartiere te Voortrekkerhoogte
1982 Hertzogprys: Hennie Aucamp — Al sy prosawerk
Eugène Marais-prys: Louis Krüger — Die skerpskutter
W A Hofmeyr-prys: Sheila Cussons — Die woedende brood
CNA-prys: Elisabeth Eybers — Bestand
Vakbondaktivis Neil Agget sterf in aanhouding te John Vorster Plein
Konserwatiewe Party word gestig
Goudprys val, ekonomie in resessie
Driekamer-Grondwet word voorgestel
Ruth First vermoor in Maputo
Siphiwe Mthimkulu en Topsy Madaka word ontvoer deur die veiligheidspolisie
SA Weermaginval in Maseru — 14 sterf
Koeberg-kernkragaanleg gesaboteer
1983 Hertzogprys: Sheila Cussons — Al haar digbundels
Eugène Marais-prys: E Kotze — Halfkrone vir die Nagmaal
W A Hofmeyr-prys: Elisabeth Eybers — Bestand
CNA-prys Breyten Breytenbach — Yk ; Henriette Grove — Die Kêrel van die Pêrel
Scheepersprys (jeugboeke): Freda Linde — ’n Tuiste vir Bitis
Motorbom in Kerkstraat, Pretoria — 19 sterf
Vergeldingsaanval in Maputo — 5 Mosambiekse burgers sterf
Inhuldiging van die United Democratic Front en National Forum
Referendum onder blankes lei tot die goedkeuring van die Driekamer-Grondwet
SA Weermag loods Operasie Askari in Angola
1984 Hertzogprys: Henriette Grové — Die kêrel van die Pêrel (Breyten Breytenbach wys die prys vir sy bundel Yk van die hand)
Eugène Marais-prys: Etienne van Heerden — My Kubaan
W A Hofmeyr-prys: Henriette Grové — Die kêrel van die Pêrel
CNA-prys: Wilma Stockenström — Monsterverse
Gesamentlike Militêre Kommissie word in die lewe geroep om onttrekking van SA Weermag uit Angola te monitor
Nkomati Verdrag word deur P W Botha en Samora Machel onderteken
Swart polisieman se huis in Sharpeville word met ’n petrolbom aangeval — begin van opstande in die townships van Vaaldriehoek; kring gou uit na Oos-Rand en Soweto
P W Botha ingehuldig as Staatspresident
Desmond Tutu ontvang die Nobel-Vredesprys
1985 Hertzogprys: Uys Krige — Al sy werke
Eugène Marais-prys: Alexander Strachan — ’n Wêreld sonder grense
CNA-prys: T T Cloete — Allotroop
Rapport-prys: Breyten Breytenbach — Yk
ATKV-prys: Dalene Matthee — Kringe in ’n bos
W A Hofmeyr-prys: Karel Schoeman — ’n Ander land
Mandela weier voorwaardelike vrylating Polisie vuur op Sharpeville-herdenkings-optog buite Uitenhage
13 sterf in SA Weermagklopjag in Gaborone, Botswana
Veiligheidspolisie vermoor Cradock Vier, Pebco Drie en Victoria Mxenge
Gedeeltelike Noodtoestand in 36 distrikte
Magte van die Polisie en Minister van Wet en Orde uitgebrei en ’n rekordgetal persone sterf aan die hand van die polisie in politieke geweld. Trewits gestig om aktiviste te identifiseer vir eliminering
P W Botha ontlok vertrouenskrisis deur nie verwagte hervormings aan te kondig in sy Rubicon-toespraak nie
Vooraanstaande sakelui ontmoet ANC in Zambië
COSATU word gestig
9 sterf in SA Weermag oorgrensoptrede in Lesotho
1986 Hertzogprys: Karel Schoeman — ’n Ander land
Eugène Marais-prys: Freek Swart — Spinola se rooi angelier
W A Hofmeyr-prys: T T Cloete — Allotroop
CNA-prys: Etienne van Heerden — Toorberg
ATKV-prys: Dalene Matthee — Fiela se kind
Scheepersprys (jeugboeke): Dolf van Niekerk — Die haasvanger
SA Weermag voer oorgrensoptrede uit in Botswana, Zambië en Zimbabwe
Witdoeke, gerugsteun deur polisie, breek Kaapse Vlakte-plakkerskampe af
Landswye Noodtoestand word aangekondig
Wet op Openbare Veiligheid verbied verslaggewing van polisie-optrede of “onrus- insidente”, duisende word aangehou
Paswette en Instromingsbeheer afgeskaf
Polisie vernietig hoofkantore van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in bomontploffing
President Machel van Mosambiek en alle ander insittendes sterf in “vliegongeluk”
Regering vestig opleidingskamp vir 200 Inkatha-lede in Caprivi
1987 Hertzogprys: T T Cloete — Idiolek / Allotroop — sy ander werke, Jukstaposisie en Angelliera, is eervol vermeld
Eugène Marais-prys: Deon Opperman — Môre is ’n lang dag / Die teken; Joan Hambidge — Bitterlemoene
W A Hofmeyr-prys: Etienne van Heerden — Toorberg
CNA-prys: Ernst van Heerden — Amulet teen die vuur
Rapport-prys: Antjie Krog — Jerusalemgangers
ATKV-prys: Etienne van Heerden — Toorberg
12 mense sterf in ’n aanval op ’n huis in KwaMakhutha in Natal
Die KP vervang die PFP as opposisie-party
Noodtoestand hernu
61 Afrikaners ontmoet ANC in Dakar, Senegal
Wynand du Toit word vrygelaat tydens ’n krygsgevangene-uitruiling in Maputo
Govan Mbeki word onvoorwaardelik vrygelaat en bevestig sy trou aan die ANC en SAKP
Ashley Kriel doodgeskiet in Athlone
1988 Hertzogprys: geen toekenning vir drama
Eugène Marais-prys: P C Haarhoff — Uit ’n ander wêreld
W A Hofmeyr-prys: Ernst van Heerden — Amulet teen die vuur
ATKV-prys: Dalene Matthee — Moerbeibos
ANC verklaar 1988 as die jaar van “united action for people’s power”
Beperkende maatreëls word ingestel teen 18 organisasies, o a die UDF en COSATU
Bom by Ellispark Stadion laat twee dood
Alle rasse neem vir die eerste keer deel aan plaaslike verkiesings
Barend Strydom brand los op swartmense in Pretoria
1989 Hertzogprys: Etienne van Heerden — Toorberg
Eugène Marais-prys: Philip de Vos — Daar’s bitterals in die heuningwals
W A Hofmeyr-prys: Elsa Joubert — Missionaris
CNA-prys: Etienne van Heerden — Liegfabriek
ATKV-prys: Etienne van Heerden — Liegfabriek
Scheepersprys (jeugboeke): Chris Barnard — Voetpad na Vergelegen
P W Botha kry ’n beroerte-aanval, bedank as NP-leier, F W de Klerk volg hom op
Demokratiese Party word gestig
P W Botha en Nelson Mandela ontmoet mekaar by Tuynhuis — Mandela verbind homself tot vrede
David Webster vermoor; Anton Fransch doodgeskiet in ’n ses uur lange skietgeveg in Athlone
ANC se Harare-deklarasie stel voorwaardes vir onderhandeling
Botha bedank, De Klerk neem by hom oor
Blanke verkiesing ontlok wydverspreide protes, gewelddadige polisiereaksie, veral Wes-Kaap
Lede van Nasionale Intelligensiediens ontmoet ANC in Switserland
Nasionale Sekuriteit Bestuursisteem ontbind
Die laaste SADF-troepe in Namibië keer terug na Suid-Afrika
De Klerk ontmoet Mandela vir die eerste keer
Afrikaanse skrywersberaad saam met ANC by Victoria-waterval
1990 Hertzogprys: Antjie Krog — Lady Anne
Eugène Marais-prys: Henning Pieterse — Alruin
W A Hofmeyr-prys: T T Cloete — Driepas
CNA-prys: Henriette Grové — In die kamer was ’n kas
ATKV-prys: Jan van Tonder — Die kind
De Klerk open parlement en ontban die ANC, SAKP en ander opposisie-organisasies
Mandela word vrygelaat
Voorlopige samesprekings tussen die Regering en die ANC — word opgeskort ná Sebokeng-moorde deur die polisie
ANC en Regering onmoet by Groote Schuur
Noodtoestand opgehef, behalwe in Natal
ANC-Inkatha-geweld sprei vanaf Natal na Rand — honderde sterf, treingeweld neem toe
ANC hef die gewapende stryd op
Harms-kommissie spreek Sekuriteitspolisie vry van Vlakplaas-aktiwiteite, ontbloot Burgerlike Samewerkingsburo
1991 Hertzogprys: Chris Barnard — Totale oeuvre
Eugène Marais-prys: Pieter Stoffberg — Die hart van ’n hond
W A Hofmeyr-prys: Sheila Cussons — Die knetterende woord
CNA-prys: Jeanne Goosen — Ons is nie almal so nie
Rapport-prys: Johann de Lange — Wordende naak; Jeanne Goosen — Ons is nie almal so nie; C F J Muller — Sonop in die Suide
ATKV-prys: Riana Scheepers — Die ding in die vuur
De Klerk kondig aan dat fundamentele apartheidswetgewing geskrap gaan word
ANC en Regering onderteken die D F Malan Minuut
“Inkathagate”-skandaal ontbloot Regeringsbefondsing van Inkatha en anti-SWAPO-magte
Nasionale Vredesooreenkoms onderteken deur die ANC, Regering, IVP en ander
Goldstone-kommissie ondersoek geweld
19 partye trek saam by KODESA
1992 Hertzogprys: Wilma Stockenström — Abjater wat so lag
Eugène Marais-prys: Riana Scheepers — Dulle Griet
W A Hofmeyr-prys: Wilma Stockenström — Abjater wat so lag
CNA-prys: John Miles — Kroniek uit die doofpot
Rapport-prys: Melanie Grobler — Tye en swye in die lewe van Hester H.; Etienne van Heerden — Casspirs en Campari’s; Reza de Wet — Vrystaat-trilogie; Hans Pienaar — Die derde oorlog teen Mapoch
ATKV-prys: Corlia Fourie — Liefde en geweld
Scheepersprys (jeugboeke): Eleanor Baker — Daar is spore op die maan
Blanke referendum gee De Klerk mandaat om met hervorming voort te gaan
KODESA 2 kom tot stilstand — ANC begin massa-aksie om hervorming te versnel
Boipatong-slagting — 43 sterf
COSATU wegbly-aksie — 4 miljoen staak
Bisho-slagting — 28 sterf
ANC en Regering onderhandel KODESA 2 se dooie punt — verdere vrylating van politieke gevangenes, verbod op dra van gevaarlike wapens, patrollering van hostelle
Amnestie-wetgewing word goedgekeur
ANC stem in tot magsdeling
Goldstone-kommissie ontbloot ’n komplot van ANC-swartsmeerdery deur Regering
De Klerk onthef 23 senior weermagoffisiere van hul poste weens onwettige aktiwiteite
Strawwe droogte en ekonomiese resessie
1993 Hertzogprys: T T Cloete — Met die aarde praat
Eugène Marais-prys: Marita van der Vyver — Griet skryf ’n sprokie
W A Hofmeyr-prys: Chris Barnard — Moerland
CNA-prys: Chris Barnard — Moerland
Rapport-prys: Chris Barnard — Moerland; Jeanne Goosen — Drie eenakters; T T Cloete — Met die aarde praat; W D Beukes (red), J C Steyn — Boekewêreld: die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990
ATKV-prys: Marita van der Vyver — Griet skryf ’n sprokie
Veelparty Onderhandelingsforum bring 26 partye bymekaar, insluitend KP en PAC
De Klerk maak bekend dat 6 kernkragwapens onskadelik gestel is
Onderhandelinge gaan voort by die Wêreldhandelsentrum
Chris Hani word vermoor
Besluit op verkiesingsdatum gee aanleiding dat KP en IVP onderhandelings boikot — stig die Vryheidsalliansie
Gewapende regses bars deur die ruite van die Wêreldhandelsentrum
St James-slagting — 11 kerkgangers sterf in APLA-koeëlreën
Geweldpleging en onrus aan die Oos-Rand
Amy Biehl vermoor in Guguletu
Mandela en De Klerk ontvang gesamentlik die Nobel-Vredesprys
Tussentydse grondwet word geskik
Heidelberg Taverne in Observatory aangeval deur APLA — 4 sterf
1994 Hertzogprys: Reza de Wet — Vrystaat-trilogie / Trits: Mis, Mirakel, Drif
Eugène Marais-prys: Ronel de Goede — Skoop; Mark Behr — Die reuk van appels
W A Hofmeyr-prys: Eben Venter — Foxtrot van die vleiseters
CNA-prys: Karel Schoeman — Hierdie lewe
ATKV-prys: Etienne van Heerden — Die stoetmeester
Oproer in Bophuthatswana — AWB gryp in
Shell House: IVP ondersteuners val ANC-hoofkwartier aan — 50 sterf
Noodtoestand aangekondig in KZN
Eerste Demokratiese Verkiesing
Mandela word ingehuldig as President
Suid-Afrika word weer deel van Statebond
Begin van Heropbou- en Ontwikkelingsprogram en Masakhane-veldtog
1995 Hertzogprys: Karel Schoeman — Hierdie lewe
Eugène Marais-prys: Johan Myburg — Kontrafak
W A Hofmeyr-prys: Alexander Strachan — Die werfbobbejaan
CNA-prys: Marlene van Niekerk — Triomf
ATKV-prys: Johnita le Roux — Die Dagstêrwals
Scheepersprys (jeugboeke): George Weideman — Die optog van die aftjoppers
Dood van Joe Slovo
Doodstraf ongrondwetlik verklaar
Wetgewing vir die ontstaan van die Waarheids- en Versoeningskommissie
Finale wetsontwerp van die Grondwet voorgelê

Deurloop
Country of my skull
Die dye trek die dye aan
Nou te koop

  1. Wie het die Hertzogprys die meeste kere gekry? Wie is die mees bekroonde skrywer tussen 1960 en 1995?
  2. Watter twee skrywers is gesamentlik tweede?
  3. Wie is die mees bekroonde digter?
  4. Watter internasionaal bekende skrywer is die minsbekroonde Sestiger?
  5. Watter tekste uit die linkerkantse kolom toon ’n bewussyn van die regterkantse kolom, en maak dit saak?
  6. Het enige van die werke ’n mens daarvan bewus gemaak dat die man langs jou in die kafee aktiviste martel, of dat jou buurvrou sakke maak vir die veiligheidspolisie se “wet bag”-ondervragingsmetode — m a w gruweldade gepleeg deur gewone, normale Afrikaners? Indien wel / Indien nie — maak dit saak?
  7. Bogenoemde tekste handel hoofsaaklik oor eensame enkelinge in die Suid-Afrikaanse landskap, pater familias op plase, period pieces, vaderopstand, vertraagdes en ander afwykendes en werke waar woorde soos “grens” en “dood” uitsluitlik metafories aangewend word. Het die bekroonde Afrikaanse werke jou in staat gestel om jou omgewing “anders” te sien? Behoort literêre werke dit te doen?
  8. Sou ’n mens oor 35 jaar ’n lys met ’n soortgelyke dinamiek kan opstel? Indien nie, wat het verander — die skrywers, die prystoekenners of die magsposisies?
  9. Dink jy dat die ontkenning en woede oor WVK-verhale en die opvolgende Boetman-debat plaasvind omdat: (a) mense nie lees nie; (b) mense literêre tekste nie noukeurig lees nie; (c) die tekste verbied is; (d) die tekste nie in Afrikaans bestaan nie.
  10. Afrikaans het internasionaal erkende skrywers en digters opgelewer. Dit is dié faset van Afrikaans wat by die ganse Suid-Afrikaanse bevolking bewondering uitlok. Sou ’n mens kon sê dat die Afrikaanse letterkunde, in teenstelling met ons politiek, kultuur en godsdiens, nooit die Afrikaanssprekende in die steek gelaat het nie?

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SêNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.