SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Abraham H de Vries
is gebore op Ladismith in die Klein Karoo, die dorp wat hom tot hul eerste ereburger verkies het. Hy het gestudeer aan die Universiteite van Stellenbosch en Amsterdam, Nederland. De Vries is die skrywer van sestien bundels kortverhale, waarvan Skaduwees tussen skaduwees en Plaaswinkel naby oral die jongstes is. Hy is ook die skrywer van ’n novelle, reisverhale oor Amsterdam, Griekeland en Israel, twee spioenasieverhale en ’n hele klomp televisiedokumentres, waaronder die bekroonde reeks oor die Klein Karoo en videoportrette van Adam Small en Abraham Phillips. Hy is ook die samesteller van die bundels Eeu en Uit die kontreie vandaan, wat by Human en Rousseau verskyn het. Op een tak van sy familiestamboom sit ’n vorige rektor van die Universiteit van Stellenbosch en op ’n ander ’n komediant.

Van mense en muise

Dis die storie hierdie van ’n taxi en ’n hamburger. Van die toekoms is dit ’n storie, want daar is geen einde in sig nie. Jare gelede was dit ons eie maaksels.

Uit die kontreie vandaan
Vliegoog
Skaduwees tussen skaduwees
Kort Keur
Die uur van idiote
Die Afrikaanse kortverhaalboek
Nag van die clown
Eeu
Nou te koop
Maar nou is dit oor ek en jy (makers, vertellers, eenlinge, arme drommels) se verlore stryd teen Sisteme. Sisteme — ekonomies, polities, plaaslik, mondiaal — het baie name. En baie vorme. Veral die politieke variante is soos primadonnas en soos politici se vrouens wat by Woolworths koop. Dis nie dikwels wat ’n mens hulle saam sien optree om hulle ooreenkomste te kan vergelyk nie. Dus kon dieselfde manne hier by ons wat wette gemaak het om die Politieke Sisteem inspraak te gee in almal se lewens, van eerste skreeu tot laaste rus, Kommunisme veroordeel omdat “daar” alles deur die Staat gerel word, van die eerste skeeu af, ens. En almal dog ons verskil van hulle.

En van ’n “pakket-toer”, byna vergeet ek; van ’n taxi en ’n hamburger en ’n pakket-toer is di storie. Dis al wat jy nodig het om te weet: daar waad weer ’n spook deur die Groter Europa. Op soek na munte. Want spoke lyk baie eenders as hulle eers spoke is.

Volent is ’n soort parasiet, ’n rankplant wat ’n boom volrank en uitspattig groei terwyl die gasheer soetjies en ongemerk uitgesuig en doodgewurg word. Die eertydse oosbloklande is vol oorversigtige, banggewurgde, brandarm, inisiatieflose spoke, wat probeer opstaan uit ’n dooie Sisteem. Die Sisteem wat vir alles — sels, huwelike, werk, begraafplase en vermaak — gesorg het, dood. Elkeen moet nou sy eie heil uitwerk. Teen ongekende vorms van lusteloosheid in.

“Meneer, kan u vir my s waar is die naaste poskantoor?”

“Daar.”

En hy wys kop onderstebo in die besigste straat van Boedapest af. Die poskantoor sit drie blokke verder in die teenoorgestelde rigting. Van die Amsterdamse: “Lyn 5 tot by die laaste stop in die Beethovenstraat, dan stap u aan die regterkant af tot by ’n fietswinkel; daar regs, derde deur links. Sukses!” is daar in Hongarye weinig merkbaar.

Die terneergedruktes het moer geword, die goeies mensliker. Andras Nagay, ’n bekende Hongaarse romanskrywer, kom twee uur ver uit sy werkplek op die platteland, waar hy ’n manuskrip sit en voltooi, om seker te maak dat ons goed ingeburger is in die gastehuis van die Ministerie van Kultuur, waar hy vir ons blyplek gekry het. Hoe s mens dankie? Hy lag. “In Hongarye”, s hy, “het die oumense ’n mooi spreuk: ‘’n Kuiergas is god-in-huis.’” ( ’n Skrywer in Hongarye is bly as sy uitgewer ’n borg kry vir die publikasie van ’n boek; hulle kry geen honorarium nie. Behalwe Peter Nadas, maar Peter Nadas is ’n totaal ander storie.)

Maar om nou met die pakket-toer te begin. Omdat ons oor ’n langnaweek Hongarye toe wou gaan, ’n land wat ons nog nie ken nie, het ek uit Suid-Afrika die reisrelings probeer tref by een van die mondiaalfunksionerende, dus “internasionale” reisburo’s wat oral en in elke landgebied ’n kantoor het en dus ook op die Rokin in Amsterdam. Ek bel en ’n dame met die eg Hollandse naam, Leentje, antwoord: “Hllo,” s sy soos ’n karakter in Hermans se “De Laatste Roker”, “its Leentje speaking, wot can I do for you?” en tersyde: “Go, jo, doe de raam dicht, het tocht!” Sy sou vir my die moontlikhede deurvonk op my pie-cie, maar op die vlugte wat ek per wedervonk aanvra, was daar nie meer plek nie. Amsterdam-Praag-Boedapest-Wenen-Amsterdam kon niet meer, nee. Amsterdam-Boedapest-Amsterdam? Ook niet. Wat jammer! Maar Boedapest l 252 kilometer van Wenen af, dus nog ’n vonkposbrief later: is A’dam-Wenen-Boedapest-A’dam moontlik?

Twee dae geskokte stilte. Ek speel met my muis, maar die skerm bly leeg. Ek bel. Sy’s vriendelik maar ek hoor sy’s gerriteerd of benoud: “Wij hebben geen verbinding Wenen-Boedapest, meneer!”

Ook geen outobusse en treine?

“Ja, meneer,” s sy, “maar dit is mos nie in ons pakket nie!” Boedapest-Wenen kn wel (maar die’s vol); Wenen-Boedapest mg nie! Want kyk, die Pakket is ook ’n Sisteem, die pakket is ’n egos, die sisteem het grootheidswaansin. Die Sisteem redeneer dat ’n mens uit Kaapstad vonk en vloek en bel Amsterdam toe net om ’n pakket te bekom, nie om te hoor hoe om Boedapest toe te reis nie. Vir die Sisteem bestaan ’n reis nie sonder die pakket nie. Vir indiwidue se nonsies het die Sisteem g’n tyd nie.

Sisteme werk oral so. In Kaapstad en in Boedapest. Oral en in elke landgebied. Jy maak geen leeurik-reis van ’n pakket-kiewiet.

Nou die mare van die hamburger. Ek eet elke oggend ontbyt. Maar in Boedapest het ek vir die eerste keer juis daarm ’n soort ongekende vryheid in my voel opbruis toe die Kszpnzfizetsi szamla waar ons tuis was ni ontbyt aanbied nie. Die Thkly tterem (restaurant) op die hoek van die Thkly t was nog toe. Nou ja, iewers in die Vci t (die koopstraat) sal daar wel ’n koffiedrinkplek wees.

Maar Goeie Vrydag is ook vir die winkels en die kafees in die Vci ’n vakansiedag. A, dog ek toe ek genoeg had van my brekfisvryheid, minstens een restaurantgroep maak globaal voorsiening vir mense wat van die rondstap in ’n vreemde stad lus word vir roosterbrood en kaas. En met al my afkeure toe onder die honger stap ek fier af op die McDonalds op die Jszmai Mari tr.

Nee, hulle het ni roosterbrood en kaas nie, jammer, maar kyk tog daar wat ons alles ht! En met die grasie van ’n engel wat trots is op haar nuwe stralekrans, wys sy na die uitvergrote plastiekspyskaart bokant haar kop met McDonalds se pakkette: Kzepes Burgonya kry jy met kaas, met eier, met kaas en eier, met twee frikkadelle, dubbel, selfs driedubbel, burgonyyas is aanpasbaar en het net soveel name soos apartheid destyds, maar burgonyyas bly burgers, ons burgers.

Dis toe wat ek met die verbetenheid wat spruit uit mondiale moedeloosheid besluit om rustig moer te trek. Ek vat ’n spyskaart op die tafel, ek haal my goue Cross demonstratief welvarend uit. En ek kyk die McDonalds-opgeleide dame vas in die o.

Kyk, me, s ek, as ek nou julle Sisteem vergelyk met die Wimpy-Sisteem, is julle agter. By Wimpy’s kry ’n mens, behalwe burgers, ook roosterbrood en kaas! Van die eerste kok wat dit in sy kop gekry het, is daar ’n foto oral in Wimpy’s, ’n vorm van erkenning. The system needs you. Ds soos die vryemark werk, s ek. Me. Hulle het drie dae en drie nagte die insette van belanghebbendes verwerk en toe het hulle hul Missie, Visie en Waardes dienooreenkomstig verander. Alle eters is gelyk, burgereters n roosterbroodeters, s die Geraamde Waardes nou; en aan die Missie is toegevoeg: tosti kaas. (Die tamatie-invoeger is later voorgestel vir ’n Wimpy-Nobel. Ses-snye-broodroosters is aangekoop om hul Missie te help uitvoer. McDonalds mis deursigtigheid, seg ek, julle word te groot om te luister. Julle is nie net ’n homogene kultuur nie, julle is geslote. Afrika gaan julle ontwikkelingshulp binnekort terugstuur. Old McDonalds, you don’t even have a farm.

Sy verstaan nie Engels of Duits nie. Sy praat net Hongaars, maar vriendelik. Want die klant is koning. Die Sisteem s so. ’n Plastiekclown so groot soos ’n man hou di spreuk vas: ene dene dane das, die klant is koningswild.

Met die geduld van jare se ervaring met studente druk ek met die Cross se punt op die frikkadel in die kaasburger. “Nem,” s ek ter versterking van kleiner tale, “Nee, no, nein, haaikonna, voetsek, ne pas, nie hiervan nie. En ek maak ’n kruisie op die plastiek en vryf op my maag, want donner, soos Natanil sou s, toe’s ek honger.

McDonalds-frikkadelle en my spysvertering versuur die lewe vir mekaar. Natuurlik stem sy kopknikkend saam. Toe verskuif ek die pen versigtig na die kaas toe en ek maak ’n regmerkie. Sy knik weer. Ons het konsensus. Sy kondig oor ’n mikrofoontjie kombuis toe nog ’n verkoopsukses aan. Sy skryf 136 Florinte op ’n kwitansie en ek betaal met die een hand en ontvang na ’n kort wagperiode die papierpakkie. En ’n swart plastiek Kodakkameratjie. Advertensietjie van die maand.

’n Papiersakkie, waarin by nadere ondersoek, ’n doodgewone kaasburger is. Die Sisteem is ystersterk kieskeurig. Niemand by sy volle McDonaldsverstand eet ooit brood en kaas nie. By kaas hoort ’n burgher, burgonya. Van daardie eerste klant af jare gelede wat ’n hamburger gevra het. Hoe het hy die woord geken? Onnosel vraag. Hoe weet ’n mens van Coca Cola? Gesien op advertensies, hoe anders weet enigiemand wat die regte ding is om te doen? Die Sisteem is transkultureel, inklusief, die Sisteem het met Reklame getrou (wat politici aansien vir Propaganda), die Sisteem baar Sisteempies.

So ’n telg is die Hongaarse lughawetaxi. ’n Uitstekende en goedkoop “Airport Minibus”-onderneming se bussies vervoer die reisiger van en na die Ferihegy repltr (lughawe). Om 5h50 die oggend van ons vertrek word ons gehaal by die hotel, betyds vir die MALV-vlug van die Hongaarse lugdiens na Amsterdam. Ons wag ’n paar minute in die byterige vroegoggend. Vanaf die vierde eeu wag die tyd al hir in di stad op di oggend. Daar is iets Kafka-agtig aan so ’n donker ietwat vervalle straat, agter elke fasade sit ’n doolhof.

Die minibusbestuurder is ’n bloedjong Magjar, maar oud genoeg om al oor ’n mikrofoontjie te kan praat. “Airport?” vra-s hy op Internasionale Magjaars, asof dit sommer maar so ’n taal is, asof die hele Romantiek nie nodig was om dit van ondergang te red nie. Ons knik kop. “Come back with me?” vra hy. (Sou Boedapesters di tyd van die oggend gou lughawe toe ry, koffie gaan drink en dan weer terugry? Nee, jammer, ons is op pad weg. Wot a pitty.)

Hy sit ’n rukkie en bestuur, en wakker word. Toe gaan ons by ’n soort mini-supermark verby en dis skynbaar vir hom die teken. Hy ry stadiger en gee vir elkeen ’n voubiljet. Hy skakel ’n flou dakliggie aan, maar in die lughawe kry ons eers kans om dit te lees. Op die pamfletjie staan “Kedves utasunk” (geagte passasier) “as u met die “airport minibus” in albei rigtings ry, is dit goedkoper as net een rigting. Bestel ons bussie nou om u by u hotel te kom haal; ons sal u betyds by die lughawe besorg. Ons wens u ’n aangename verblyf toe in Boedapest.”

Die Sisteem het hom voorges om vir elke passsasier ’n advertensie te gee, maar nie ges op watter kant toe se rit nie. Hy deel dit uit om 6h30 presies. Dan skakel hy die liggie aan vir twee minute. Nie veel het verander nie. Hy ry nog maar met die bussie Boedapest toe en terug.

Hierdie ongelyke stryd tussen Sisteme en die Indiwidu hou ek jare lank al dop, van lank voor Coca Cola en Nike en Levi’s en die Internet en Microsoft. Van die geliefde Daantjie Oosthuizen, professor in Filosofie op Rhodes, se skielike dood af al. Almal in die klein universiteit was platgeslaan, net die Sisteem nie. Die dag van sy begrafnis was daar ook in Daantjie se poshokkie ’n omsendbrief met die relings vir sy begrafnis. Bo-aan het gestaan: For your urgent attention: as hy sy eie begrafnis wou bywoon, moes hy die Vervoersisteem daarvan in kennis stel.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.