SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad





Foto: Tafelberg-Uitgewers
  Marita van der Vyver
is gebore in Kaapstad. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het al gewerk as kopieskrywer, verslaggewer en artikelskrywer. Sy woon tans in die suide van Frankryk. Haar mees onlangse roman is Wegkomkans.

’n Wyehoekblik op die geliefde land

Waarom skryf jy in Afrikaans?

En:

Gaan jy aanhou om in Afrikaans te skryf — en oor Afrikaanse karakters te skryf — noudat jy in die buiteland woon?

Childish Things
Van jou jas
Griet skryf 'n sprokie
Wegkomkans
Breathing Space
Nou te koop
As Afrikaanse skrywer wat al amper twee jaar in Frankryk woon, het ek geleer om hierdie twee vrae te verwag elke keer wanneer ek oor my werk praat, of dit nou in ’n formele onderhoud of ’n informele gesprek is. Die eerste vraag is die moeilikste — as jy dit kan antwoord, op ’n rasionele manier, vloei die tweede antwoord byna vanselfsprekend uit dieselfde kruik — maar dis moeilik juis omdat die antwoord nie bloot rasioneel is nie. En tog is dit ook nie s moeilik nie, want dis ’n vraag wat ek moes leer antwoord lank voordat ek in ’n ander land gaan woon het. Dis ’n vraag wat alle Afrikaanse skrywers die een of ander tyd moet antwoord. As niemand dit nog vir jou gevra het nie, moes jy dit tog al vir jouself gevra het.

My antwoord het nog altyd uit my hart eerder as my verstand gekom. Dis die taal wat my ma met my gepraat het, dis die taal waarin ek droom, wat anders kan ek doen? ’n Paar jaar gelede moes ek egter ’n meer akademiese argument uitwerk, as lid van ’n paneel skrywers op ’n konferensie wat gerel is deur die International Writing Program van die Universiteit van Iowa in die VSA. Saam met my op die paneel was skrywers van onder meer Malawi, Uganda en Singapoer, wat almal verkies om in Engels eerder as hulle moedertaal te skryf. Trouens, die titel van die paneelbespreking was “Choosing The Other Tongue” en ek was die enigste lid wat my keuse van my moedertaal as skryftaal moes verdedig. Dit sou in elk geval nie ’n maklike taak wees nie — maar dis aansienlik moeiliker gemaak deur die feit dat my geliefde moedertaal wreldwyd berug geword het omdat dit ’n woord soos “apartheid” aan die mensdom geskenk het.

Ek het verduidelik, of probeer verduidelik, dat daar vir my nie werklik sprake is van “choosing” nie — nie as dit by fiksie kom nie. Ek is opgelei as joernalis, en wanneer ek as joernalis skryf, of dit nou ’n onderhoud of ’n reisverslag of ’n essay is, kan ek dit moeiteloos in Engels doen. Dikwels verkies ek selfs om dit in Engels te doen, omdat Engels my ’n groter keuse van woorde en uitdrukkings bied — of dalk net omdat my rekenaar enige Engelse spelfoute outomaties korrigeer — maar fiksie is ’n perd van ’n ander kleur. Of miskien moet ek s joernalistiek is ’n “gewone” perd — of dit nou ’n glansende stoethings of ’n hardwerkende plaasperd is, dit bly ’n perd van vlees en bloed — terwyl fiksie meer soos ’n mitologiese perd is. Soos Pegasus, gevleuelde perd van die muses, inspirasie vir die digkuns.

Ek wil nie my werk as romanskrywer onnodig romantiseer nie, want vir my bly dit bowenal ’n werk, so veeleisend en so uitputtend en dikwels so vervelig soos enige ander werk. Dis ’n manier om aan die lewe te bly, nie net figuurlik nie maar ook letterlik. Fiksie help my om sin te maak van alles wat om my gebeur, maar dit help my ook om my daaglikse brood te verdien.

En tog is daar ’n besliste verskil tussen my werk as romanskrywer en my werk as joernalis. Joernalistiek is iets wat ek hoofsaaklik met my kop doen, maar fiksie kom uit ’n ander deel van my lyf. Heelwat laer as my kop, selfs laer as my hart, iewers in die omgewing van my maag. Ek sou dit seker my binnegoed kon noem — ek hou van die suggestie van geheime, donker dinge wat hierdie woord oproep — maar ek verkies die Engelse woord “guts”. Omdat dit benewens die letterlike betekenis ook ’n metaforiese betekenis van moed of dapperheid het.

Enige romanskrywer weet dat dit moed verg om jouself op papier te ontbloot — sommige mense meen selfs dit grens aan ’n soort masochisme — om jou gedagtes en emosies oop te vlek sodat enige kritikus met ’n giftige pen daarin kan rondkrap. Waarmee ek natuurlik nie wil s dat joernaliste lafaards is en romanskrywers danig dapper nie. As ons van fisieke moed praat, van werk in gevaarlike omstandighede, van verslag lewer terwyl koels om jou kop fluit of bomme om jou ontplof, is enige groep joernaliste waarskynlik beter toegerus as enige groep romanskrywers. Maar fiksie vra ’n soort geestelike moed wat joernalistiek nie noodwendig vereis nie. Dis wat ek bedoel wanneer ek s dat ek fiksie met my “guts” skryf.

Binnegoed. Die fiksie wat ek geniet, wat ek graag sou wou skryf, het meer te doen met wat in karakters se binneste gebeur as wat buite om hulle aangaan. Dit word op ’n meer intutiewe, minder rasionele manier voortgebring as nie-fiksie. Dit probeer s wat nie ges kan word nie. En as jy die onverwoordbare probeer verwoord, kan jy dit slegs in die taal van jou drome doen. My drome was nog altyd Afrikaans, is steeds Afrikaans, sal altyd Afrikaans bly.

Aangesien die grootste gedeelte van die gehoor by hierdie paneelbespreking in Iowa City nog nooit enige Afrikaanse klanke gehoor het nie, behalwe miskien die oordrewe aksente van Amerikaanse akteurs wat Afrikaanse skurke in rolprente vertolk (en hulle is altyd skurke, is hulle nie?), wou ek my praatjie met ’n stukkie Afrikaans afsluit. Eers gedog ek sou ’n gedig van Breyten Breytenbach lees, maar ek was bang dat my voordragvermo nie opgewasse sou wees teen die taak nie. Ek wou hulle laat hoor hoe soepel my ma se tong kan rondrol in die mond, hoe speels en melodieus die taal kon wees. Vir di doel, het ek besluit, sou ’n lied dalk meer geskik wees.

Die enigste Afrikaanse musiek wat ek op kort kennisgewing doer in die hartland van Amerika in die hande kon kry, was Johannes Kerkorrel se weergawe van die tradisionele liedjie “Al l die berge nog so blou”. Dit het die ding gedoen. Die gehoor is oorrompel. Amper van hulle stoele afgeval soos hulle hande geklap het.

Wat vir my veel meer beteken het as die applous, was die erkentenis van ’n Mosambiekse skrywer, Lilia Momple, wat na afloop van die bespreking vir my kom s het dat Afrikaans vir haar nog altyd ’n veragtelike taal was. Dit was die taal wat die vyand in die vryheidstryd van Mosambiek en Angola gepraat het, die taal waarin Suid-Afrikaanse soldate gevloek en geskel het. Sy sou nooit kon droom dat Afrikaans ook sag en soet kan klink nie — tot sy na hierdie liedjie geluister het.

Dis waarom ek in Afrikaans skryf, het ek vir haar ges.

Dis waarom ek my nie kan voorstel dat ek sal ophou om in Afrikaans te skryf nie. Waar ek ook al in die wreld woon.

Toegegee, dis maklik om so ’n stelling te maak n jy ’n jaar of twee in die buiteland gewoon het — maar wat gebeur n ’n dekade of twee? Raak jou moedertaal nie verroes of ouderwets nie? Verloor jy nie kontak met die ervaringsveld van jou Afrikaanse lesers nie?

Sulke vrae kan ek natuurlik nie uit eie ervaring antwoord nie, maar daar is tog talle voorbeelde van skrywers wat hulle geboorteland verlaat het, om watter redes ook al, en lewenslank aangehou het om in hulle geboortetaal te skryf. Trouens, skrywers wat wel suksesvol in ’n ander taal begin skryf het n hulle in ’n ander land gaan woon het, bly rare en briljante uitsonderinge. Die een naam wat onwillekeurig opduik, is die verstommendeVladimir Nabokov wat reeds middeljarig was toe hy van Russies oorgeslaan het na Engels. Maar ons weet ook ons kan nie almal Nabokovs wees nie.

’n Volgende vraag, wat gewoonlik nie so reguit gestel word aan skrywers wat hulle geboorteland verlaat het nie, maar wat almal van ons aan onsself moet stel, is waarom ons verkies om in ’n ander land te woon. In my eie geval was dit hoofsaaklik redes van die hart wat my twee jaar gelede op ’n taamlik voorlopige basis na Frankryk gelok het. Intussen het hierdie redes heelwat meer tasbaar geword, soos ’n babadogter wat hier gebore is en ’n seun wat hier begin skoolgaan het en teen hierdie tyd beter lees en skryf in Frans as in enige ander taal. My voorlopige verblyf begin by die dag minder voorlopig lyk.

En tog is daar ook ander redes. Dit was James Joyce wat ges het ’n skrywer het drie dinge nodig: geslepenheid (“cunning”), stilte (“silence”) en bannelingskap (“exile”). Dis ’n bitter gevaarlike stelling om te maak, want dit sluit dadelik die meeste skrywers in die wreld uit, al die uitstekende skrywers wat uitstekende werk in hulle eie land lewer. Maar ek dink “exile” kan ’n veel brer betekenis h as blote fisieke bannelingskap. Die meeste skrywers is waarskynlik buitestaanders, “outsiders”, in die hart van hulle eie gemeenskap. Hoe anders kan jy daardie broodnodige stilte en geslepenheid kweek? En hierdie “buitestaanderskap” behels altyd ’n soort geestelike bannelingskap.

Nou moet ek net eers byvoeg dat ek nooit na myself verwys as “’n skrywer in bannelingskap” nie — hoofsaaklik uit respek vir al die skrywers in die geskiedenis, van watter nasionaliteit ook al, wat hulle om politieke redes in ware bannelingskap bevind het. Soms waag ek dit wel om te praat van “kulturele bannelingskap”, so in aanhalingstekens, om my fisieke omstandighede te verduidelik en terselfdertyd van politieke bannelingskap te onderskei. Maar selfs hierdie kwalifikasie het effens onsinnig geword, hier op die drumpel van die 21ste eeu, waar ek op ’n Franse plattelandse dorpie kan sit en elke dag, met behulp van ’n rekenaar en internet, ’n Afrikaanse koerant kan lees of kan vasstel hoe die weer in Kaapstad lyk. Of my Afrikaanse vriende in die kuberruimte kan ontmoet.

Ek twyfel of ’n mens nog, in hierdie era van blitsige kommunikasiemiddels, van “ware bannelingskap” kan praat. Die wreld het eenvoudig te klein gekrimp. So klein soos my rekenaarskerm, sou ek seker kon s .

Toe ek twee dekades gelede ’n jaar in Europa deurgebring het, het daar soms weke verbygegaan voordat ek iewers in ’n Europese koerant ’n stukkie nuus oor Suid-Afrika opgepik het. Kommunikasie met Afrikaanse vriende was beperk tot briewe wat weke gevat het om my te bereik. Daardie jaar het ek inderdaad soos ’n kulturele banneling gevoel.

Nou sit ek hier in die hart van Europa, dalk vir die res van my lewe, maar ek voel hoegenaamd nie afgesonder van enigiets wat in Suid-Afrika gebeur nie. Toe die onlangse Boetman-vete tussen Louw en De Klerk losbars, het ek binne die eerste dag ’n volledige weergawe van Chris Louw se openbare brief gelees. (’n Vriend wat in Amerika woon, het dit deur die internet by iemand in Suid-Afrika gekry en na my e-posadres in Frankryk gestuur — ’n goeie voorbeeld van die spoed van internasionale kommunikasie in die jaar 2000.) Daarna het Suid-Afrikaanse vriende my op ’n byna daaglikse basis op die hoogte (en soms die laagte) van sake gehou.

Dit behoort teen di tyd duidelik te wees dat ek nie soos ’n banneling voel nie.

En tog glo ek dat dit goed is vir enige skrywer om weg te kom uit sy of haar dorp, streek of land — al is dit net vir ’n kort tydperk, al is dit net ’n reis eerder as ’n bannelingskap — om bekende dinge uit ’n nuwe hoek te bekyk. Alles lyk anders van ’n afstand af. Nie mooier of leliker, beter of slegter nie, maar anders. Wanneer jy deur ’n digte bos dwaal, sien jy die ho bome van onder af; jy struikel oor die wortels en jy bewonder die tekstuur van die stamme. As jy die kans sou kry om in ’n lugballon oor dieselfde bos te skuur, sou jy ’n groen tapyt onder jou sien, met kleurskakerings en ’n patroon wat jy nooit van onder af vermoed het nie.

Frankryk is my lugballon. Van hier af kyk ek deur ’n wyehoeklens na die geliefde land. En alles wat ek sien, word gefilter deur alles wat ek hier belewe. Dit bied my ’n blik op my land wat soms nogal skerp verskil van die teleskopiese prentjie waarna ek kyk wanneer ek in die land is.

Dis wat my verblyf in ’n ander land vir my as Afrikaanse skrywer beteken. My blik bly gefokus op die plek wat ek die beste ken, die land waar ek grootgeword het en die mense tussen wie ek grootgeword het. Dis waarom ek sal aanhou om oor Afrikaanse karakters te skryf. Dit sluit natuurlik nie anderstalige karakters uit nie. In die roman waaraan ek op die oomblik werk, is een van die hoofkarakters ’n Italianer. Dele daarvan speel af in Europa en Amerika. Maar dit bly ’n Afrikaanse roman, deur ’n Afrikaanse skrywer — wat toevallig in ’n ander land woon.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.