SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad





Foto: Tafelberg-Uitgewers
  Elsa Joubert
is in die Paarl gebore en sy studeer aan die universiteite van Stellenbosch en Kaapstad. Na twee jaar as redaksielid by Die Huisgenoot begin sy voltyds skryf. Sy het al verskeie bekroonde reisverhale en romans geskryf en haar mees onlangse roman is Die reise van Isobelle (1998).

Afrikaans in Afrika en globaal

Toe ek hierdie woorde lees, kom dit vir my ’n bietjie baie bekend voor. Ek blaai deur my leggers en kom af op ’n toespraak wat ek in 1979 voor ’n gehoor aan die Universiteit van Stellenbosch gehou het.

Die indrukwekkende titel was (dit het my destyds beÔndruk en beÔndruk my nog steeds): Afrikaans in Afrika: vanselfsprekend of selfweersprekend?

Melk
Die Wahlerburg
Die swerfjare van Poppie Nongena
Die vier vriende en ander vriende
Ons wag op die kaptein
Die laaste Sondag
Nou te koop
(Let wel, vir daardie monolities beheerde jare was dit nogal ’n gevaarlike onderwerp om oor te besin. Die verhouding: wit Afrikaner / swart Afrika was al prekÍr genoeg, maar om nog die allerheiligste, die taal, daarby te betrek kon maklik ysingwekkende gevolge meebring. Soos telefoon-afluistering en dergelike ongelukkighede.)

En ek vra die gehoor in my destydse toespraak af: Is Afrikaans in ons verbintenis met Afrika ons Achilleshak, en moet ons dit maar liewer uitlos? Of is dit ’n krag wat ons bind aan Afrika en waarmee ons Afrika verryk?

Anders gestel: Gee die taal vir ons aan Afrika, of weerhou dit ons van Afrika?

(Destyds was “globaal” nog nie ’n begrip waarmee ons gesukkel het nie, ons was nog in ’n staat van skok, bykans beswyming, oor berigte van kaste Afrikaanse boeke wat in Amsterdam in gragte gedompel word en nog veel meer onheilsberigte.)

Nou lyk dit vir my, twee dekades later, asof ons nog nie geestesvrede gekry het oor ons taal nie.

Pla dit ons nog so baie? Soos dit gepla het toe ek destys so innig bekommerd verkondig het: “Die begrip Afrika, die benaming Afrikaner, Suid-Afrikaner, Afrikaan (en voeg deesdae by, Afrikaanse) is iets baie vloeibaars op die oomblik, ook plofbaars. Ons is, in ons eie gemoed, waar dit werklik van belang is, op die snykant van die lem.”

Ons vel moet taai wees, soos diť van die slak in die advertensie, want snykant van die lem of te nie, ons hou nog steeds uit.

Net die handelsnaam van die lem het verander.

Maar gevoelig is ons nog.

Ek vra my af: Is die argumente wat destyds so hewig in my kop heen en weer, kruis en dwars geslinger is, onbewus gebruik om op diť manier die besef van die verdoemende bybetekenis van Afrikaans af te weer? (Afrikaans is die taal van die boelie, sÍ Jan Rabie op ’n Skrywersgildeberaad. You agonize too much, sÍ Richard Rive. Self praat hy nie Afrikaans nie. Hy verkies om nie sy Distrik Ses-aksent te verraai nie, sÍ Marjorie.)

Of het daar tog selfs toe al Írens in die toekoms die moontlikheid van ’n nuwe groeipunt opgedoem? Na die ommekeer wat ons wis sou kom?

En is die groeipunt nou aan die bot? In Afrika en globaal?

Waarom pla dit ons so baie?

Afrikaans in Afrika? Sou daar mense in ander dele van Afrika woon — die ou vryheidsvegters, die nuwe verhuisende boere — wat met Afrikaans grootgeword het en dit nog graag praat, sal hulle voortgaan om dit te praat? Hulle kinders? Miskien nie.

In ’n land soos NamibiŽ praat skares mense Afrikaans, en sal voortgaan om dit te praat, hoewel die beleid van Engels op skool en Engels as amptelike regeringstaal ’n gatslag was. Miskien neem die Rehoboth-mense ons daar geleidelik deur die drif.

Afrikaans globaal? Die koerante vertel van mense oraloor, in Kanada, AustraliŽ, Nieu-Seeland, selfs die VSA wat nou eers, noudat hulle daar veilig weg is, uitvind dat hulle geheg is aan die “taal” en dit onderling praat.

Ek sou nie veel op hierdie nostalgiese praat reken nie.

In Commodore Rivadavia het ons Afrikaners ontmoet wat byna ’n eeu daar woon en graag nog Afrikaans onder mekaar praat. Net die ou mense. Hulle praat gemaklik en gewillig Spaans met hulle skoondogters en skoonseuns en kleinkinders en agterkleinkinders. “Maar wat my seermaak,” sÍ ’n afgetrede boer, ’n baie ou man, “is om te hoor hoe my drie seuns, as ek en my vrou nie by is nie, verkies om Spaans met mekaar te praat.”

Weldra is daar niemand meer oor wat eers die klank van die taal onthou nie.

Globaal, dink ek, sal die “sprekers” uitsterf.

Maar wag, ek het ’n ander groeipunt vergeet. Daar heers nou, volgens berigte, ’n splinternuwe geesdrif oorsee, nie onder sprekers nie, maar onder die “studeerders” van Afrikaans.

Ons stamland het opeens, die datum kan ek nie onthou nie, wakker geskrik. (Miskien het die bedreiging van die Europese Unie iets hiermee te doen.) Hulle het nou wel nie die Afrikaanse boeke uit die gragte gaan uitvis nie, maar hulle stel nuwes saam. Gedigte, romans, kortverhale. Vertaal die prosa, lees die gedigte in die oorspronklike taal. Tienduisend eksemplare van ’n bloemlesing Afrikaanse gedigte binne etlike weke uitverkoop!

(En dit ten spyte daarvan dat ’n Nederlandse digteres hier op besoek aan my te sÍ had: Ons voel daar is nog steeds ’n slegte reukie aan die taal. Ek sÍ toe vir haar: Soos met Nederlands in IndonesiŽ? Sy haal haar skouers op.)

Hierdie verkope kan ons hulle nie hier in Suid-Afrika nadoen nie. Plaaslik sÍ ontmoedigde uitgewers: skrywers is volop, boekkopers en lesers is skaars soos hoendertande.

Die Nederlandse groeipunt is tog wonderbaarlik. Die uitruil van studente en veral dosente is insgelyks wonderbaarlik. So ’n inspuiting was nodig, veral noudat, ironies, Afrikaanse departemente aan plaaslike universiteite, een reeds, ander moontlik, gesluit word.

Vir almal wat mismoedig word oor die taal, is dit wonderbaarlik dat Afrikaans gedoseer word in Germaanse departemente oral rond in Europa. Dit kan ons net verryk.

Akademies gedy ons dus oorsee. Al sÍ skeptici: Sterf die taal uit in Afrika, aan die universiteite in Europa sal hy steeds voortleef, as kuriositeit. Soos Kelties, Gaelies, Wallies? As laatlammetjie van die moedertaal? Eina.

Toegegee: nie net vir ons akademici ’n nuwe kim wat in Europa oopgaan nie, ook vir ons skrywers kom daar ’n nuwe uitdaging en ’n nuwe beloning — weer ironies, want plaaslik kwyn ons boekemark. Boodskap is: skryf sů goed dat hulle die boeke můťt wil vertaal en lees! Ons Afrika-hoek is ’n aanwins, hulle kwyl oorsee oor ons vreemde, donker belewenis.

Maar hoor ek ’n eggo van my bekommernisse uit die sewentigerjare? Is Afrikaans in Afrika selfweersprekend? Is ons tog maar gebonde aan ons stamland vir stimulus, vir voeding?

Nou in die maer jare?

Dit bring my terug na die Rehoboth-mense.

In al my kwellinge van die sewentigs oor ons “liefste taal, ons soetste taal” — ek praat nou van myself as lid van die wit Afrikaanssprekendes wat so graag daai lied gesing het — het ek op die een of ander onbegryplike, sotte manier die werklike vraag misgekyk. Afrikaans is nie dit of dat nie, het nie ’n Achilleshak of groeipunt, ’n van-Afrika of van-die-Weste nie. Dit is net.

Dis in ons en om ons en in ons medemense en om ons medemense. En Goddank, ons begin dit raaksien — ook nie eens raaksien nie, dis nie buite ons dat ons dit kan raaksien nie, dit is net eenvoudig ons. En ons begin leer van ons medemense omdat hulle in Afrikaans hulle gedagtes en gevoelens begin neerskryf — hoe lank het ons nie daaraan mank gegaan nie dat ons selektief gelees en geskryf en gepubliseer het.

Hierdie groeipunt van Afrikaans is hier uit ons eie bodem.

Nou die dag lui die telefoon. ’n Jong meisie wat skamerig praat. Is u die mevrou wat skrywe? Ek sÍ: ja. Sy wil so graag oor haar oupa en oor haar kleintyd met haar oupa op die plaas ’n storie skryf. Haar mevrou het gesÍ sy kan my maar bel. Mag sy maar vir my haar oefeningboek met die stuk wat sy sover geskryf het, stuur? Sal ek haar help? Is daar nie Írens waar sy in ’n klas kan leer hoe om ’n storie te skrywe nie?

Ek ontvang haar oefeningboek met piŽteit. Ek sÍ vir haar, ja, ek kan haar help om by ’n moontlike skryfkursus aan te sluit. Sy werk inslaap, sÍ sy, maar haar mevrou sal haar afgee.

Elias Nel, voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging help; hy sal haar skakel en haar laat weet wanneer en waar die kursus begin, sal haar selfs oplaai.

Sy bel my weer om te vertel en haar jong stem bewe van opwinding.

Dit is vir my die groeipunt wat ons aan die lewe sal hou.

As ons dan ’n groeipunt wil hÍ. En daarby gesÍ as ons ons mense sou kon oorreed om eerder ’n boek te koop as om die blou noot so gereeld op nietighede te verspil. En verder daarby gesÍ: as hulle hulleself sover sou kon bring om te gaan sit en die boek te lees.

Ons heil lÍ in ons eie voorhuis eerder as in die res van Afrika of globaal.

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.