SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywersberaad-argief

Skrywersberaad




  Jakes Gerwel
is, onder andere, die kanselier van Rhodes Universiteit, die voorsitter van die RGN, die voorsitter van IDASA en die voorsitter van die Nelson Mandela Stigting. In 1979 verwerf hy die graad Doctor Litterarum et Philosophiae (magna cum laude) in Brussel. Hy het ook reeds vyf eredoktorsgrade verwerf, twee in die VSA en drie in Suid-Afrika. Gerwel is ook die ontvanger van die Suiderkruis Orde (goue klas) van president Mandela, die Koning Abdulaziz Lint, ministersklas, van kroonprins Abdallah van Saoedi-ArabiŽ en die Orde van Goeie Dade van kolonel Muammar Qaddafi van LibiŽ.

Die lag van die lumpen-proletariaat as idioom van hibriditeit: hulde aan Adam Small

Op ’n dag iewers in die sewentigerjare toe die Verteenwoordigende Kleurlingraad nog daar langs die Universiteit van Wes-Kaapland gestaan het in ’n poging om die “probleem van die Kleurling” polities te besweer, het ’n interessante gesprek in een van die universiteit se teekamers plaasgevind. ’n Groep “blanke” kollegas het een of ander gedoente wat toe in daardie Raad aan die gang was, bespreek; een van hulle — toevallig ook ’n Afrikaanse romanskrywer — het glo opgemerk: “Die kleurlinge kan van enigiets ’n sirkus maak.”

’n Effens “progressiewer” kollega het die gesprek en spesifiek daardie opmerking met verontwaardiging aan ons “anderskleuriges” kom rapporteer. Hy was uit die veld geslaan en effens teleurgesteld oor ons reaksie. Ons het blykbaar nie sy verontwaardiging genoegsaam gedeel nie, en was meer geamuseerd daaroor. Gedeeltelike rede vir daardie reaksie was seker omdat ons geweet het dat die opmerking ’n mate van geldigheid bevat waardeur daardie selfde spreker alreeds weer ondermyn is en eintlik self die nar geword het, be- en verspotte rolspeler in die sirkus waartoe sy erns-oor-ander gemaak is.

“Ek veronderstel,” het ’n sielkunde-kollega op ’n slag vir my gesÍ met die vrymoedigheid wat net “een van ons” kon hÍ, “dat ons sal moet toegee dat die nimmer-voltrekbare ‘ondergang van die kleurlinge’ , in stygende orde drink, dans en lag is. Maar,” het hy bygevoeg, “helaas dan ook in daardie orde hul behoud, in soverre behoud as begrip hoegenaamd toepaslik is op diť vloeibaarheid.” (“Tot in die hel sal julle nog vir julle eie gat lag,” het my ma dikwels met ysige minagting opgemerk.)

Dis die lag as splytmiddel waarvoor mens hier te staan kom.

Dis hierdie lag wat die pogings om “die kleurling” te definieer en tot vatbare groep te slaan, nog altyd gekelder en verspot gemaak het. En narre maak van die definieerders.

Die omskrywingsmanie, daardie woede om in beskryfbare identiteite vas te vat en te ken, het trouens dikwels al na die lag self gegryp as moontlike uitkenningskriterium. Die “gammatjie-grap”, die literÍre uitbeelding van die verdrietlose “Jollie Hotnot”, die koddigheid in ’n “Capey”-idioom, staan almal in die teken van diť poging tot definisie en kentekening. Die Kaap as lagfabriek, Distrik Ses, die Kaapse Vlakte en die dorpslokasie as arenas van ewige skerts en ligte opgewektheid.

Bly jy op die Kaapse Vlakte, weet jy natuurlik dat dit oorbevolk is met stugge kerk- en moskeegangers, humorlose para-Trotskyiste en doodernstige agnostici wat vir verspotheid en ligsinnigheid in hul lewens weining tyd of geduld het. (Dis een van die ironieŽ dat almal in 1994 met volle sekerheid blyk te “geweet” het dat die rede vir die ANC se nederlaag in die Wes-Kaap te vinde was in die Kaapse Vlakte se afkeer van Allan Boesak se liefde vir die speelse in die lewe.)

Die lag funksioneer hier as ondergrondse aanwesigheid en as herinnering, en nie noodwendig gedurigdeur of meermale as fisiese uiting nie.

Die Kaapse Vlakte weerklink nie met ’n gedurige gedreun van humor en lag nie. (Daar is baie mense wat sou sÍ die kenmerkendste geluide is waarskynlik die bevreesde gil, die bloeddorstige uitdaging, die bedwelmde uitroep, die mosterd-na-die-maal sirene, die moedelose gesug, die troostelose geween van die wind, die swaarmoedige gelui van die kerkklok en die weemoedige geroep van die bielal.)

Die lag is herinnerde idioom, uitdrukking van ’n versplintering en splyting met wortels diep in ’n ou klasse-verlede.

Wat hier tot groep gevoeg wil word, spruit uit ’n magdom strome en stroompies wat plek-plek langs mekaar, bo-op mekaar en na-aan mekaar hier in die geskiedenis uitgemond het. Twee hoofstrome sou wees die versplinterde Khoi en die ontwortelde slawebevolking uit die koloniale periode.

Die geskiedenis van die Khoi nŠ die blanke nedersetting is diť van groepe mense wat deur die geleidelike onteiening van hul grond en die verwoestende aanslae van ’n reeks epidemies tot ’n besitlose proletariaat en landvolk gemaak is, swerwers en landlopers wat materiŽle en kulturele heenkome onder die heersers moes vind. Die plek van die slawebevolking binne hierdie skema van versplintering is voor die hand liggend: mense losgeruk uit verskeie wÍrelddele en uiteindelik “vrygelaat” in hierdie vreemde.

Die “gelykstelling” van die Khoi deur Ordonnansie 50 van 1828 en die “emansipasie” van die slawe in 1834-1838, het die grap as historiese stylgreep gevestig.

Teoretiese gelyk- en vrystelling was terselfdertyd die finale afbreek van wat nog oorgebly het van die tradisionele gemeenskap en afskeid van die perverse geborgenheid wat slaafbesittende samelewings wel gebied het. Die afkondiging van “vryheid” en “gelykheid” was die laaste hupstoot vir enorme demografiese en sosiale ontwrigting, met ’n versplintering en verstrooiing waarvan die effekte nog weerklink, naleef en saamlag. Die basis vir toekomstige demografiese patrone is daardeur gelÍ, want die toelopers na die koloniale dorpe en omliggende plase sou die kern gaan vorm van die hedendaagse proletariaat en hul half-verburgerlikte familie.

Die finale ont-binding, verstrooiing en afbreuk deur die verklaring van vryheid-en-gelykheid het ’n lumpen-proletariaat tot gevolg gehad in ’n ekonomie wat beswaarlik al ’n werkersklas kon dra. Die lag oor die vryheid-en-gelykheidsgrap het hiťr ontspring en in die herinnering gaan vassteek. Dit is hierdie ůķ trillinge van die lag-van-die-onderklasse wat, hoe ligweg soms net ook, meespeel in die geheue. Meespeel nie as samebinder nie, maar as gemene destruktureerder, verdeler, splyter: idioom van die hibriede.

Diť lag het geen respek. Sy integriteit lÍ in die volgehoue bevordering van disintegrasie: afbreker van die serieuse, die pompeuse, die belangrike. In die ondermyning van die Leier, die bespotting van die Groep, die grinnik oor die Ideaal.

Daardie lumpen-verlede het die ontstigtende gewoonte om soos ’n spook wat nie wil verdwyn of loop rus nie, sy opwagting te bly maak. ’n Koggelspook wat bly spot met die waan van die monolitiese en die netjiese gevoegdheid in menslike dinge. Telkens, net wanneer “die groep” wil wortelskiet, slaan diť herinnerde splytswam uit die ver verlede op die worteltjies uit met ’n versplintering van die verbeelde gemeenskapsin.

In ’n Protestants-gekoloniseerde samelewing waar omskryfbare groepsuiwerheid en -essensie obsessies geword het, het diť uitgroeisels van daardie lumpen-verlede die onthutsende en ontstigtende uitdrukking van die hibriede gebly.

In een van sy romans maak Etienne Leroux gewag van “oorlee Oupa se huis waar wit en swart die goeie en die bose was, en die halfnaatjie ’n weerspieŽling was van die onsekerheid in die sekerheid van diť jare.” Waarop hy hier slaan, miskien onbedoeld, is dat die hibriede ’n vorm van uitdrukking, ’n kenwyse, ’n ingesteldheid, ’n idioom is, veel eerder as ’n synstelling, ’n beskrywing van identiteit. Mense is nie hibridies nie; sommige lewe hibridies, en hul idioom van lewe word hibridies ervaar deur die afbrekende en versplinterende effek wat dit op sekerhede het.

Chemiese teorie leer dat hibridisering nie ’n fisiese gebeurtenis is nie, maar eerder ’n hipotetiese proses, en dis hieruit liewer as uit biologiese analogieŽ wat daar te lere is oor hibriditeit in die sfeer van menslike gedrag en denke.

Die Kaapse lag — vermoed eerder as ervaar, herinnering eerder as daad, reaksie van die hoorder eerder as uiting van die spreker — is die steurende destruktureerder in ’n denkewÍreld wat sekerhede soek deur suiwerhede in sy sosiale groepe te verbeel.

*

As daar in die Suid-Afrikaanse intellektuele geskiedenis ’n soektog moes wees na ťťn denkende-lewe- en uitlewing-van-die-hibriede, sou dit nie veel verder as diť van Adam Small hoef of kon gaan nie. Sy literÍre en wysgerige oeuvre, maar ook sy lewe-as-mens, sal bly om gelees te word as steurende herinnering aan diť wat nie inpas, in wil pas of ingepas kan word nie.

Nadine Gordimer het in haar destydse studie oor swart Suid-Afrikaanse skrywers nie Small se werk in haar besprekings betrek nie, maar in ’n prominente verduidelikende nota opgemerk dat hy vanweŽ sy uitsonderlike posisie ’n hoofstuk van sy eie verdien. Haar studie het, soos gebruik geword het in die kulturele kringe van waaruit sy skryf, onder “Suid-Afrikaanse skrywers” bedoel en verstaan: diť wat in Engels skryf. Die (hoofsaaklik) Afrikaansskrywende Small het kennelik daarin geslaag om selfs hierdie onnadenkende selfingenomendheid te versteur en ’n weifeling teweeg te bring in die sekerheid oor hoe die land geken behoort te word. Gordimer moes erken dat Adam Small nie so klinkklaar geken en as verteenwoordigend herken kon word nie. As daar deurlopenheid in sy lewe en werk was, is dit in hierdie ontwrigting van kenwyse en ondermyning van kennis as sekerheid.

Met die luisterryke Sestiger-byeenkoms van 1973, het Small weer eens daarin geslaag om die self-felisiterende gees te bederf deur die self-voldane en vierende “buitestaanderskap” van die Sestigers te relativeer. Skrynend veral was sy gesprek met Breyten: Small dwing diť se “blik van buite”, soos hy sy toespraak tipeer het, om wel ook as van “binne” verstaan te word, deur met daardie bekende irriterende voorlopigheid sy eie as “’n blik van buite, van binne” aan te bied. Waar buitestaanderskap dreig om ’n konseptuele heenkome, ’n skuiling teen die stigma van die verwantskapgroep te word, splits en breek Small ook weer daardie ontwikkelende sekerheid oop en af. Waar die toon vloeiend en kameraadskaplik is, is Small die pretbederwer met sy hortende en knaende aanslag.

Dis hierdie onvermoŽ om te rus of die rus toe te laat wat Small se dolende gees gerig en gekenmerk het. Die spreker in “HÍppie Niewedjaar!” uit Kitaar my kruis sÍ dit al: “en ’n gawete, Ö hy kannie rus nie / nai / hy roer / hy roer / hy speel op sy kitaar / en hy speel op sy banjo / hy speel op alles wat ’n mens kan speel / hy lat die hel in alles vaar / nai, vagiet daa’van, hulle kan nie rus nie”.

Daar kan hoogstens van deurlopenheid in die werk en lewe van Small gepraat word; nooit in enige statiese sin van die tipiese of standhoudende nie. As dosent in die geskiedenis van die wysbegeerte het Small sy jong voorgraadse studente meegevoer met sy geesdrif oor Herakleitos, en terselfdertyd soekend gelaat met die vermoede dat niks is nie, maar dat alles in wording verkeer. Daardie Heraklitiese beeld van die vloeiende rivier wat skynbaar dieselfde is, maar elke sekonde anders is, het weerklank gevind in alles wat Small gedink en gedoen het. (Dis, op die heel anekdotiese vlak, diť dat hy in die middel van ’n kursus eendag in die klas sou opdaag en alles van voor af begin met ’n nuwe en anderse soektog na daardie ontwykende insig.)

Adam Small se genie lÍ daarin dat hy inderdaad van enigiets ’n sirkus kon maak, dat daardie dinamiese vloei van sy gees die skynsekerheid en die dodelike erns kon om- en wegspoel om skielik stroom-af op te duik as hul eie ridikule teenhangers. Die ludieke as erns, ook deur die doodernstige tot ridikule te slaan, vind by hom ’n ongeŽwenaarde hoogtepunt.

Die suiwerheid van die Afrikaanse taal — en besonderlik literÍre taal — was een van die hoofskywe van Small se geniale karnavaliseringsvermoŽ. Daardie lumpen-spook uit die verre klasse-verlede het in die werk van Small op sy mees ondermynende en destrukturerende uitgeslaan. Die “skollie”-spreker in Small se poŽsie en drama hibridiseer die taal, ontluister en ontmasker deur die herinnerde idioom van die lag. Daar is inderdaad weinig lag, en weinig om oor te lag, in die wÍreld van Small se sprekers. Die eggo’s van die lag klink op uit die reaksie van die hoorders eerder as die uitinge van die sprekers.

Die hibriditeit wat Small verteenwoordig in sy leef- en denkwyse, en woorde en idioom voor vind, is nie pose of aangenome serebrale standpunt nie. Dit ontspring aan en setel in ’n eksistensiŽle en sosiale buitestaanderskap wat nie willekeurig gekies of gesoek is nie.

Adam Small het stil gaan word. Die lag as splytmiddel, as idioom van hibriditeit, het daarmee uit die Afrikaanse gesprek begin verdwyn. Saam daarmee het die anargistiese hibridiserende lumpen-herinnering skynbaar ook begin vervaag sodat daar selfs op die Kaapse Vlakte nou met dodelike erns na die waan van monolitiese identiteite gereik word.

Small begin sy lesing by die Sestiger-beraad van 1973 deur aan te haal uit Van Wyk Louw se “Inferno” met sy verwysings na sterre wat wegvlug “uit hierdie soet geselligheid” na “koue hoeke uit die baan” en “elkeen in sy eie grou gebied”. Small sÍ dan: “Niemand kan hierdie uitwyking van die sterre, hierdie uitwyking van die sterre na ’n koue eensaamheid van donkerte meer vrees as ek nie.”

Soos George Steiner (aan wie se werk Small my amper veertig jaar gelede voorgestel het) in ’n aangrypende artikel oor Georg LukŠcs geskryf het: “We touch here on matters of a personal nature. (They) are of obvious historical interest. But they contain an element of private agony to which an outsider has little accessÖ Such questions cannot be urged very far without impertinence.”

Ons verneem dat Adam Small in diepe neerslagtigheid verkeer. Het hierdie voerder-van-’n-lewe-van-hibriditeit se integriteit hom tot daardie toestand gebring? Het hy wat nooit in kon pas, al sou hy ook wou, by die “soet geselligheid” van die groep, so daardie koue eensaamheid van donkerte wat hy gevrees het, bereik? Hy het die koue eensaamheid gevrees, maar die buitestaanderskap was syne sonder keuse. Die hibridiserende denkwyse wat immer aan die splyte was, het hoegenaamd nie die veiligheid van “die groep” as moontlikheid gebied nie.

*

Wat dan as hibriditeit gesanksioneer gaan word, deel gaan word van die gesogte? As dit opgeneem word in hoofstroom-diskoerse? Wat sou Adam Small sÍ en hoe sou die herinnerde lumpen-lag in sy skryf en sy praat klink?

Ons het een terloopse aanduiding van wat hy mag gedink het. In 1973 het Breyten, soos altyd die vernuwende voorloper, half-skellend na Afrikaners as basters verwys. “In hierdie land,” het Small later in sy lesing gesÍ, “bestek en konteks, dan, is my blik op sake waarby mense van Wit Suid-Afrika, witmense van Suid-Afrika, betrokke is (of hulle, soos Breyten hulle nou die aand genoem het, nou ook al basters is of nie) eweseer ’n “blik van buite” soos Breyten syne genoem het nou die aand.”

Dit is duidelik hieruit dat basterskap as ’n stelling oor rasse-identiteit nie vir Small ’n saak van groot belang of erns is nie. Hibriditeit soos hy dit uitgeleef en stem gegee het, was ’n manier van dink en van kennis neem. As dit in die “nuwe Suid-Afrika” ’n mode-houding sou word, sou die “skollie”-spreker van Small, die destrukturerende lag-van-die-onderklasse, seker wel deeglik iets daaroor te sÍ hÍ. Hulle kan immers van enigiets ’n sirkus maak!

Jakes Gerwel
Julie 2000

LitNet-leser: Wat dink jy van hierdie bydrae? Twee pryse van R1000 elk word toegeken aan die interessantste reaksies op referate. Stuur jou opinie aan SÍNet by redlitnet@mweb.co.za

Besoek die beraad se virtuele boekuitstallings en ondersteun ons skrywers deur hul boeke via LitNet te bestel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.