SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Hiperteks of hipermark? LitNet en die www

Etienne van Heerden

Lesing gelewer op 23 Oktober 2001 te die Colloquium Suid-Afrikaanse literatuur, Konservatorium van Musiek, Universiteit van Stellenbosch


Op soek na ’n naam

Bill Gates se brawe uitspraak lui: “Die Web verander alles.”

Sedert hierdie stelling legendaries geword het, is ons steeds op soek na taal waarmee ons die Web kan beskryf. Soos die geval is met alle verbeelde ruimtes, is die wyse waarop die mens aan die Internet en die www — wat ek hier tesame die Web sal noem[1] — taal gee, van groot belang. Die Web gaan die name wat ons munt, najaag, en ons verbeeldingsvlugte oor sy moontlikhede en sy invloed op ons lewens waar maak (Gunkel en Gunkel, aangehaal in Herman en Sloop 2000:95). Daarom moet ons ook — terwyl ons probeer benoem — vra watter versweŽ aannames ons taalgebruik oor die Web onderlÍ (Swiss en Horner 2000:2).

Aanvanklik het die mens, geboei deur vergesigte van vooruitgang, hom op bekende weŽ beroep en het metafore uit die eeu van die motor gedomineer — vandaar Al Gore se “information superhighway” (Dean 2000:67) en beskrywings van soekenjins as toegangsroetes tot ’n wÍreldwye inligtingsrevolusie (Swiss en Horner 2000:1).

Dit het egter gou geblyk dat metafore wat op snelweŽ en roetes staat maak, te lineÍr is vir die hiperteks, wat as kennelik postmodernistiese data-omgewing (Chesher, aangehaal in Shields 2000:147) eerder labirint is as snelweg. Die vele vertakkinge of afdraaimoontlikhede via skakels omskep die Web in ’n draaiende, onpeilbare interteks.

In ’n verdere poging om huisvesting te vind in die kuberruim, gryp ons na metafore uit ’n wÍreld van bekende dimensies. ’n Woord soos webwerf wil kaart en transport gee aan ’n hoekie in die flikkerende heelal; ’n “kletskamer” is ’n stasie in die niet, bewoonbaar gemaak deur bekende taal. Omdat die outeurs van portale besef dat die mens voor iets te staan kom waarvoor taal nog nie bestaan nie, skep hulle bewustelik die gevoel by gebruikers dat die portaal ’n toegangspoort is na ’n landskap wat voor hulle sal oopgaan en eintlik maar net op hul instruksies wag (Shields 2000:148).

En tog is dit verkeerd om aan ’n spesifieke webbladsy — byvoorbeeld LitNet se tuisblad — te dink as iets fisiek en staties. Elke webbladsy is weens die aanwesigheid van wegglipkanse vol sinkgate — skakels wat uitlei, teruglei, heenlei, verlei; van ’n enkele bladsy durf jy nie praat nie, omdat elke leser by wyse van sy wegglip-opsies en terugkeerroetes tydens elke LitNet-besoek sy eie tuisblad skep.

Hieruit lei u reeds af dat ons ons omsigtig sal moet uitlaat oor die grammatika van die hiperteks (De Kerckhove 1998:87). Dit is al byvoorbeeld gesÍ dat die versugting oor hoe groot die Web tans is, soortgelyk is aan die Middeleeuse strikvraag na hoeveel engele op die punt van ’n naald kan dans.

Die Web is geen geografiese ruimte nie; dis eerder digitale domein; dit kan slegs in terme van hipertekstuele spronge — as beweging en vloei — begryp word (Shields 2000:159).

Nog ’n gewilde metafoor vir ’n teenwoordigheid op die Web is die begrip virtuele gemeenskap. Terwyl diť begrip aanvanklik die kuberdrome van ’n kontrakultuur vergestalt het, het die bou van lojale en interaktiewe kubergemeenskappe waar mense met mekaar gesels en waar produkte verkoop kan word, later ’n ideaal geword van besighede wat hulself bedien het met uitsprake soos “Speed is God and time is the devil”, asook “The race belongs to the swift” (Hagel en Armstrong 1997:7). Hierdie horlosie-angs kan vergelyk word met ’n bekende slagspreuk uit die frenetiese reklamebedryf van die vorige eeu, naamlik “Clock-watching is the biggest sin.”

In tye waarin hoog gebie word, wend sommige kenners hulle na ’n Šnder moontlikheid — biologiese terminologie. Hulle skep tegno-evolusionÍre retoriek. Die elektronika en biologiese evolusie word saamgetrek tot een begrip en ons word na ’n nuwe wÍreld gelei (Berland 2000:236). Tegnologie vou hiermee as natuur om ons heen; die mens moet vinnig aanpas by hierdie nuwe habitat; bio-evolusionÍre beginsels van aanpassing en oorlewing beteken dat net die sterkstes sal oorleef (Berland 2000:246).

Gou is ons by tegnologie as protese van die menslike liggaam, kommunikasiesisteme as uitbreidings van ons senustelsels (Berland 2000:249) en, uiteindelik, gerugte oor die verplasing van die menslike liggaam (Berland 2000:250).

Om die gesprek terug na Moeder Aarde te bring: daar is ook siniese akademici wat — in ’n tyd dat dosente in die Lettere dit maar broekskeur het met studentegetalle — aanvoer dat die Web as nuwe studiegebied die belangrikste ontwikkeling vir die akademiese lewe beteken sedert die blink idee van die interbiblioteeklening (Moulthrop 2000:270).

Dit verhoed ons nie om hoog te vlieg nie. Ruimtemetafore word dikwels ingespan om die kuberruim mee te beskryf:

    With the exponential force of its own big bang, cyberspace is exploding into being before our very eyes. Just as cosmologists tell us that the physical space of our universe burst into being out of nothing some fifteen billion years ago (Wertheim 2000:221).

Daar is dan ook diegene wat sÍ dat kaptein James Kirk verkeerd was toe hy gepraat het van “space, the final frontier” (Dean 2000:61).

Hoe dit ook al sy, taalregisters rondom die Web gedy: daar is byna daagliks nuwe registers wat om aandag en mag meeding (Swiss en Horner 2000:3).

Hier ter lande is meeste uitings oor die Web haastige, joernalistieke veralgemenings of tegniese en finansiŽle ontledings oor die IT-goudstormloop en die swik van gierige enkels. Daar word nie juis kultuurteoreties nagedink oor die Web as komplekse amalgaam ekonomiese, sosiale, politieke en estetiese kragte nie (Swiss en Herman 2000:1).

Ons moet dus op soek gaan na verhoudinge tussen die mens en mediategnologie en uit die oogpunt van die geesteswetenskappe vrae vra oor die effek van nuwe tegnologieŽ op die mens en sy kultuuruitinge. En ook — veral vir ons van belang — hoe die Web gebruik kan word as virtuele tuiste vir kultuurgemeenskappe.

Voordat ons dit onderneem, moet ons kennis neem van ’n kritikus wat die ontluikende diskoers rondom die Web vergelyk het met die taalgebruik in Christopher Columbus se joernaal toe diť ontdekkingsreisiger met die “Nuwe WÍreld” gekonfronteer is. Diť navorser vind baie ooreenkomste: die nuwe wÍreld gaan gebuk onder die konsepsuele dominasie van die oue (Gunkel, aangehaal in Herman en Sloop 2000:85). Ons is nog vasgevang binne die alfabet van die bekende, en ons naamgee van ’n nuwe, onbekende ruimte gaan gebuk onder beperkinge van die oue. Ons is, meen diť navorser, nog te betrokke by die probleme van ons tyd, by die stameltaal van die hede — dit terwyl ’n nuwe taal en nuwe visie nog buite ons tongval lÍ.

’n Mens moet dus ook nie te braaf aandoen nie, want enige poging om die Web in taal vas te vang is so tevergeefs as die poging om ’n bewegende roller-coaster te verf — die kobra van die www kronkel binne ’n Ratanga Junction van blitssnelle ontwikkelinge waar nuwe tegnologieŽ mekaar voortdurend doodbie en die een “killer application” na die ander Monomotapa najaag.

Vanaand se bespiegelinge oor die Web sal aanstons klink soos iemand wat die wondere van die mauser en die Lee-Metford bespreek terwyl die VSA vanuit klankdigte kontrolekamers missiele oor duisende kilometers heen afvuur.

Wanneer die bandwydte van die Web verbeter tot die spoed van lig en ons toegang kry tot hoŽspoed-webinhoud teen die snelheid waarteen ons tans TV-beelde ontvang, en wanneer rekenaars, televisiestelle en selfone een groot kommunikasiemasjien vorm (McChesney 2000:16), gaan wat ek vanaand sÍ, maar erg muf ruik. Die Internet is nog in die Steentydperk, merk een kommentator tereg op (Tedesco, aangehaal in McChesney 2000:33).

Dit is binne hierdie Steentydperk — of dalk moet ons van die “VroeŽ Vonktydperk” praat — dat LitNet as vorm van “kulturele tegnologie” (Swiss en Herman 2000:1) ontstaan en gegroei het in die naamloosheid wat gerieflikheidshalwe die kuberruim genoem is.

Die Internet en die www is nie vooraf deur kenners in dinkskrums bedink en deur versigtig-beplande ontwikkelingskanale gestuur nie. In hierdie Wilde Weste het die cowboys vooruitgery, en die “tenderfeet” — die bekommerde regsgeleerdes, die bewakers van kopiereg, die hoeders van goeie sedes en die prinse van handelslisensies (die beskawingsorde, dus) — kom agterna, nadat baie bloed reeds in Dodge City gevloei het.

En selfs ’n piepklein onderneminkie soos LitNet bevind sigself sedert daardie eerste saamskommel — in velskoene en met een los skoenveter — in die IT-goudstormloop — in ’n ruimte waar verskillende ekonomiese, kulturele en ideologiese kragte toutrek in wat genoem kan word die territorialisering van die kuberruim.

LitNet moet op sy voete dink, en vanaand wil ek iets weergee van die ervaring van — by gebrek aan beter metaforiek — so ’n webwerf. En ek doen dit met ’n kritikus se uitspraak in gedagte:

    As social critics, it is imperative that we join in the discursive struggle over what the Web will be, to make visible that which slides away imperceptibly through the utopian discourse of cyberspace (Herman en Sloop 2000:96).


Die postmodernisme as manier van kyk

Veral diegene van ons wat ’n belang het by die wyse waarop die literatuurteorie naam gee aan verskynsels, is gelukkig in die sin dat die afgelope dekades se gesprekke oor die postmodernisme as manier van kyk ons ’n woordeskat gegee het waarmee ons die Web as verskynsel kan nader.

Die problematiek van die Web — kwessies soos die problematisering van waarheid, die inkalwing van hiŽrargieŽ, die versplintering van outeurskap, die eklektiese polivalensie, die afbreek van grense, die problematisering van gehalte — is kwessies wat met die probleemtaal van die postmodernisme beskryf word.

Hier is enkele voorbeelde uit die taalwÍreld van die postmodernisme:

    Cyberspace is the “new home of the Mind”, where all the embodied striations of difference are put under erasure (Robbins, aangehaal in Herman en Sloop 2000:82).

Of:

    The realm of cyberspace is a realm of limitless movement and freedom (Herman en Sloop 2000:82).

Daar word ook byvoorbeeld aangedui dat die establishment versigtig is vir die

    Ö ludic, heterogeneous and chaotic “global conversation of bits” (Herman en Sloop 2000:82).

Boonop is die intuimeling van grense — geografies, maar ook tussen mens en masjien (Berland 2000:236) — tekenend van postmodernistiese prosesmatigheid. Ons hoor verder verwysings na nomadiese beweging en vloeibare subjektiwiteit wat kontrasteer met die logosentriese beperkthede en stabiliteite van die sogenaamde “meatscape”-realiteit aan die menslike — ůns — kant van die rekenaarskerm (Herman en Sloop 2000:81).

Daar is vir heelwat van ons wat op skool en universiteit was in die tydperk tot hier in die vroeŽ jare negentig — mense wat in wisselende grade van tegnofobie verkeer en dus in die kategorie val wat sommige Amerikaners verminderend “paper-based academics” noem (Moulthrop 2000:263) — nogals iets vertroostends daaraan om ’n woordeskat ter hand te hÍ waarmee ons die ontwikkelinge van ons tyd kan beskryf.

’n Beskouing van die Web as hiperteks illustreer hoe nuttig hierdie taalregister kan wees. Die ontologie of bestaanswyse van die Web is, soos reeds aangedui, meer as bloot kamers, werwe of bladsye — dit gaan eerder oor skakels en beweging of vloei (Shields 2000:145).

Wanneer ek nou voortgaan om die wese van die hiperteks te beskryf, moet u in gedagte hou dat ek ook LitNet as verskynsel in gedagte het. In wese is LitNet hiperteks, en baie van die eienskappe van die hiperteks kan metafories op LitNet se aard en werking toegepas word. Wat ons oor een webbladsy sÍ, kan dus ook op LitNet as projek van toepassing gemaak word.

’n Webbladsy word onder meer gekonstrueer deur die versigtige inbou van skakels. So ’n skakel is bloot ’n snapsie kode wat ’n sagtewareprogram opdrag gee om op ’n bepaalde manier op te tree. Die skakel word deur ’n ikoon — ’n sogenaamde “hot button” — sigbaar gemaak. Die gebruiker laat rus sy wyser (“loper”) op die ikoon, kliek met sy muis en gee sů opdrag aan die sagteware (Kaplan 2000:222).

Die webbladsy, wat hierdie ikone dra met onder hulle die onsigbare skakels as sinkgate, skep ’n stabiele indruk. Dit vertoon as eenheid op die rekenaarskerm (Shields 2000:145). Maar ikone, of “hot words”, is al beskryf as “woorde wat meegee” (Joyce, aangehaal in Kaplan 2000:223). Die keurige plasing van skakels op grond van estetiese en funksionele oorwegings wil die leser as verbruiker in staat stel om ’n sinvolle ervaring van die webwerf te hÍ (Kaplan 2000:225). Hierdie verbruikersgerigtheid is egter oŽverblindery: die stabiliteit is slegs oŽnskynlik (Shields 2000:145).

Hierdie klein sinkgate — as “rhetoricals of arrivals and departures” (Kaplan 2000:226) — ondermyn die outeurskontrole oor die teks (Shields 2000:145), want die leser wat voor skakels te staan kom, word bevry tot keuses. Die ontwerper of outeur van die webbladsy is nie meer die enigste besluitnemer nie. Ons is terug by die postmodernistiese problematisering van outeurskap, die beroemde slagspreuk “the death of the author”, en die appŤl aan die leser om mee te skryf en nie bloot passiewe verbruiker te wees nie (sien Van Heerden 1997).

Skakels lÍ dus die gekonstrueerde aard van die hiperteks bloot — dit stel ’n soort blootgelegde vertelling daar, soortgelyk aan die selfbewustheid van die metafiksionele teks wat altyd na eie nawel staar. Om diť rede word opgemerk dat die hiperteks tegelykertyd sigbaar ťn onsigbaar is. Ons het daaraan die klaarblyklike en die onsienlike; dit is eg ťn hipoteties (Moulthrop 2000:262).

Hierdie huiwering op die rand van aktualisering wat die wesenskenmerk van die hiperteks is, beteken dat die hiperteks meer potensiaal is as wat dit fisieke vorm het; dis ’n spyskaart van alternatiewe roetes en valluike en cul de sacs en sirkelweŽ; dis ’n struktuur van dit wat nog nie bestaan nie (Kaplan 2000:227).

Omdat daar dus soveel verskillende wyses is waarop ’n hiperteks gelees kan word, is daar geen eenduidige opeenvolging van bladsye nie (Kaplan 2000:220); die leesproses word voortdurend ondermyn en onderbreek; die leser word elders heen gelei (Kaplan 2000:220). Daar is talle weerstande in die konsumpsieproses ingebou, en daarom kla sommige lesers van wat ons die “onderbroke bladspieŽl” kan noem en die versteuring van die beswyming wat aandagtig lees kenmerk (Kaplan 2000:227).

Die skakels op ’n webwerf draai daardie gegewe werf ook na ander webwerwe en ’n spesifieke werf ontleen sy identiteit onder meer aan die ander bladsye waarmee dit skakel. Die identiteit van ’n werf berus op verwantskap (Shields 2000:150): elke teks is ingebed in ’n groter ruimte van intertekstualiteit, en die outeur of bouer van daardie webwerf maak sekere keuses wanneer hy sy werf intertekstueel inbind. Hierdie keuses is dikwels van ideologiese aard en die dialogiese potensiaal van enige werf binne die palimpses van die www is iets wat met vrug ondersoek kan word.

Die hiperskakel word deur een kritikus aangemerk as “the first significant new form of punctuation to emerge in centuries” (Shields 2000:152)

Beweging — “the movement of browsing” (Shields 2000:156) — is die eintlike onderskeidende kenmerk van die Web, sÍ sommiges: webbladsye word — op sy heel eenvoudigste — nie staties as ruimte gelees nie, maar jy rol (“scroll”) op en af (Shields 2000:146). Die mooi Afrikaanse woorde vir diť beweging is “glylees” of “gliplees”. Die Web is dus — soos hierbo gesÍ is — dinamiese digitale domein; ons moet nie in konvensionele terme ruimtelik — “cyberspatial” — dink nie (Shields 2000:146).

Die Web-leser is ingestel op beweging, op die moontlikhede van verglyding, en op afwagting en openbaring (Shields 2000:159). Dit is ’n leser wat aan verveeldheid ly, onrustig, immer soekend; altyd op die rand van ’n volgende verleiding.

Hierdie proses is by geleentheid in erotiese terme gesien, en daar is gewag gemaak van die estetika van vertraging (Shields 2000:157) — daardie oomblikke dat jy talmend, selfs smagtend, voor jou rekenaar sit en wag nadat jy op ’n “hot button” gekliek het. Met diť erotiese afwagting in gedagte kan skakels as skalkse beloners beskryf word wat nuuskierigheid en begeerte bevredig. Rekenaars is nie altyd die tegnologie van snelheid nie, en selfs in die tekortkominge van tegnologie — die stadige aflaai van webinligting (Shields 157) — sien kuberentoesiaste iets boeiends.

Soos ’n mens sou kon voorspel, is daar webwerwe wat skakels op allerlei ironiese maniere aanwend, spesifiek om lesers te fnuik of te irriteer — ’n werkwyse wat aan die vertelstrategieŽ van sommige postmodernistiese prosatekste herinner.

Dit moet ook bygesÍ word dat die hiperteks na ’n papier-stamboom herlei kan word. ’n Mens sou kon verwys na Jorge Luis Borges se bekende verhaal uit 1941, “The Garden of Forking Paths”, wat alternatiewe slotbewegings aanbied; of Laurence Sterne se 18de-eeuse roman Tristram Shandy, wat enkellynigheid in die roman onluister, of selfs die Talmud, wat uit ’n sisteem kruisverwysings en annotasies bestaan wat tot in die 5de eeu na Christus terugdateer en deur tallose generasies rabbi’s aangevul is (Kirschenbaum 2000:122).


Tussen utopie en distopie

Soos postmodernistiese taalgebruik sy eie gevare het, so word ook die Web as kuberutopie dikwels in hiperboliese terme gesien. Daar is, natuurlik, ook diegene wat sinies is oor die Web, en daarom sou ons kon praat van opvattinge oor die Web wat hinkepink tussen utopie en distopie.

Die distopiese sienings van die Web beskryf dit as hipermark, as verstrooiing, ’n te veel, ’n ongeordende baaierd waaruit geen blom gepluk kan word nie. Dit is ’n tuin van onkruid en porno, en die aanhangers daarvan kom — asof hulle verkoopsmanne is — met naÔewe slagspreuke soos “die dood van afstand” en “die einde van geografie”.

Dit gaan uiteraard ook maar oor persoonlike ingesteldheid. Terwyl die een persoon tegnologie ervaar as “extension of man”, sien ’n ander dit as “expulsions of man” (Herman en Sloop 2000:84).

Daar is tans tekens dat die vroeŽ viering van die Web begin wyk voor groter omsigtigheid (Herman en Sloop 2000:97). Twyfelaars wys sinies op die retorika van verheerliking:

    (T)he “rhetoric of the technological sublime” involves hymns to progress that rise “like froth on a tide of exuberant self-regard sweeping away all misgivings, problems, and contradictions” (Nye en Marx, aangehaal in Mosco 2000:38-39).


Dit was William Gibson wat die term cyberspace gemunt het in Neuromancer (1984) en die kuberruim as “instemmende hallusinasie” beskryf het (Herman en Sloop 2000:81). Dit het die sein gegee vir ’n woordeskat oor die “reenchantment of the world” (Swiss en Herman 2000:2) wat by wyse van magiese tegnologie teweeg gebring sou word. Ons het gehoor dat nuwe tegnologie sou wegdoen met die mens se liggaam en afreken met subjektiwiteit. Nuwe wÍrelde sou geskep word en die politieke en ekonomiese toekoms van die mensdom sou verander en lei na ’n bestaansorde wat verby die mens soos ons hom ken, reik; ’n bestaansorde wat dalk selfs verby die mens streef (Berland 2000:239).

Mark Dery eien in hierdie manier van dink wat hy “escape velocity” noem. Dit is die snelheid waarteen een liggaam van die swaartekrag van ’n ander liggaam wegbeur. In die hiperboliese taalgebruik sien hy die bowesinnelike fantasieŽ van mense wat aan alle fisieke en metafisiese grense wil ontkom (Dery, aangehaal in Herman en Sloop 2000:81).

Die distopies-ingesteldes wys op wat hulle sien as die gevare van gekonnekteerdheid. Hulle wys daarop dat die Heaven’s Gate-massaselfmoord, toe ’n groep kultuslede hul eie lewens geneem het, en waarby die Web betrokke was, ’n letterlike uitlewing van die fantasie van “escape velocity” was.

Diť hinkepink rondom die Web is iets wat ons nog lank besig sal hou, maar dit is ’n noodsaaklike debat wat ook ’n klein webwerf soos LitNet raak.

Laat my ’n paar voorbeelde noem, en in die proses ook my eie projek krities ondervra:

  • Wat is die voordele van so ’n vrye kulturele ruimte en die afbreek van hierargieŽ wanneer Johan Degenaar van Stellenbosch se filosofiese teks in LitNet se SeminaarKamer maar slegs ’n enkele “hot button” of wat verwyder is van Sister Innocentia van die Klooster van die Holey (sic) Veil se erotiese brief op SÍNet? Is die implikasie dat hulle as denkers ewe bekwaam is?

  • Nog ’n voorbeeld: Skrywers op LitNet is geweldig besitlik oor wat hulle as hul vryheid van spraak sien; hulle eien hul kennelik groter vryhede toe as wat normaalweg in die papiermedia toegelaat word. Wanneer ek — as outeur van LitNet — wil uitvee of herskryf, dawer die uitroepe van sensuur op SÍNet. MC Botha se brief, wat ’n besonder venynige aanval was op Breyten Breytenbach nŠ Breytenbach se openingsrede op die LitNet-skrywersberaad, is ’n kwessie wat ons nog lank sal bybly. In watter mate is LitNet die bemagtiger van alle stemme — ťnige stem — en in watter mate moet die webmeesters ’n behoedende hand daaroor hou? Wanneer swig idealisme voor goeie smaak?

  • ’n Verdere tameletjie: LitNet gee voor dat dit stem wil gee aan iedereen en speelruimte vir ’n veeltalige spektrum skeppende geeste wil wees; maar hoe versoen hy sy posisie binne die “walled garden” van M-Web, waar nie-intekenare uitgesluit is van sy aanbod? Wat is die kompromieŽ wat hier aangegaan word, en watter implikasies het dit vir, byvoorbeeld, die kommodifisering van denke en die literatuur? Of is dit ’n vraag wat uit ’n vergane paradigma voortspruit?

    In hierdie paar voorbeelde is die toutrekkery rondom die Web af te lees. Elkeen van hierdie debatspunte sou die koorspennetjie onder die tong warm laat gloei — veral wanneer in ag geneem word dat LitNet nie ’n gemeenskap modelstoomtrein-entoesiaste bedien nie, maar onrustige mense wat — heel tereg — kritiese vrae stel. Ons moet hierdie vrae probeer beantwoord, maar terselfdertyd onsself weer daaraan herinner dat ons in die VroeŽ Vonktydperk leef en dat ons betrokke is by ’n medium en tegnologie wat sy eie kragte en sy eie swakhede nog nie na waarde kan skat nie. Om hierdie rede kan LitNet as toetssteen vir die Web se skades en skandes, maar ook sy geweldige voordele en wonderbaarlikhede, dien.

    Die onderwerpe waaroor die utopiese en die distopiese span tans swetsend en swetend toutrek, is veral:

    - die probleem van afstand
    - die probleem van waarheid
    - die probleem van gehalte
    - die probleem van outeurskap
    - die probleem van privaatheid
    - die probleem van ideologie
    - die probleem van beheer en toegang.


  • Die probleem van afstand

    Soos u weet, staan www vir “wÍreldwye web”. Ons in Afrika weet egter dat die Web nie so wÍreldwyd span as wat hierdie brawe afkorting voorgee nie. Die sogenaamde “digital divide” noop sommige mense om nie meer te praat van ’n Eerste en Derde wÍreld nie, maar eerder van ’n gekonnekteerde en niegekonnekteerde wÍreld.

    Daar is diegene wat voel dat die “dood van afstand”- of die “einde van geografie”-stellings totale overstatements is: die dood van afstand word al sedert die koms van die spoorweg en die telegraaf aangevoer, toe ook byvoorbeeld voorspel is dat die telegraaf klasse- en rasseverskille sou uitskakel (Mosco 2000:38).

    Die LitNet-skrywersberaad, waarvan die referate vanaand hier in boekvorm bekendgestel word (Van Heerden 2001), het egter skrywers soos Eben Venter uit AustraliŽ, Marita van der Vyver uit Frankryk, Breyten Breytenbach, op daardie stadium in die VSA, en Annesu de Vos uit Kanada, tesame met skrywers in byvoorbeeld Kaapstad en Pretoria binne dieselfde virtuele seminaarkamer byeengebring. Die gehoor was wÍreldwyd en mense kon hul opinies in SÍNet lug en boeke wat deur die “sprekers” geskryf is, by die virtuele boekuitstalling deur Kalahari.net, die elektroniese boekwinkel, koop.

    Dit was weliswaar nie ’n egte beraad soos diť by Broederstroom, Gordonsbaai of Paternoster met intense laataand-gesprekke in die kroeg nie, maar dit was ’n koste-effektiewe bymekaarbring van skrywers en ’n e-posium wat deur duisende mense bygewoon is wat andersins nooit betrokke sou kon raak by so ’n gesprek nie.

    Jy kan dus, al woon jy in verre streke, ’n tuiste in eie taal oopskrop. Diegene wat geliefdes in verre lande het, sal weet wat die dood van afstand beteken.


  • Die probleem van waarheid

    Die probleem van waarheid — of wat genoem word “the undecidability of truth claims” (Dean 2000:66) op die Web stem baie mense nukkerig. Een kritikus beskryf die Web as ’n ruimte waar

      every unchecked “fact” is all too available, every opinion equal. The nifty Web page of the Holocaust-denier can seem just as convincing as the rerun of Schindler’s List (Fineman, aangehaal in Dean 2000:62).

    Dis waarom daar soms, in ’n vervorming van Al Gore se uitspraak, gepraat word van die “misinformation superhighway” (Cubitt 2000:130).

    ’n Ander kritikus, ’n vryer gees, merk oor die botsing van diskoerse wat kenmerkend van die Web is, op dat vele webwerwe huiwer in die skemerwÍreld tussen fiksie en feit. Waarskynlikheid heers, eerder as waarheid. Hierdie webwerwe nooi spekulasie uit, omdat die Web as skindertuin in die buurt tussen feit en verbeelding lÍ (Cubitt 2000:128).

    Ons is erg ingestel op die hierargieŽ van hardeband en sagteband; op legitimerende grade en akademiese titels; op die rituele van verwysings of voetnote (Jones 2000:177). Daarom voer sommiges aan dat die verbreding van moontlikhede wat die Web bied, lei tot die “destabilisering van die hede” (Jones 2000:177). Dit gaan oor die Web-besoeker se gevoel van onrustigheid, selfs angs; die verbystering in die aangesig van oormaat; die agterdog oor grafika en foefies; die aanwesigheid van onvoorspelbare skakels (Dean 2000:63).

    Vir diegene bring die oormaat van die Web ’n uitwis van grense tussen hoog en laag teweeg, tussen die amptelike en die ondermynende, tussen vakkundige en dilettant, tussen huldiging en ontluistering. Kortom, dit bedreig redelikheid en stabiliteit (Dean 2000:63).

    In papiermedia se berigte nŠ die Heaven’s Gate-massaselfmoord is die vinger na die Web gewys. Die verband tussen die kultus en die Web is gelÍ — hulle het naamlik ’n webtuiste gehad — en die vrese is geopper dat soortgelyke kultusse die Web kan misbruik om mense te beÔnvloed (Herman en Sloop 2000:78). Time het byvoorbeeld ’n opskrif gedra: “Inside the Web of death”, en gevra of die Web die sondebok is (Herman en Sloop 2000:78). Diť massaselfmoord is die eerste Web-tragedie gedoop en mense het gewys op die klaarblyklike aanklank wat die Heaven’s Gate-lede se smagting na transendentale ontsnapping uit die lyf gevind het met die utopiese retoriek van die ontliggaamde mens as burger van die kuberruim (Herman en Sloop 2000:80).

    Kuberentoesiaste het egter gou daarop gewys dat die Internet en www as tegnologie nie as “sleg” gebrandmerk moet word nie: dit gaan hier oor menslike keuses en nie eienskappe wat inherent aan die tegnologie is nie (Herman en Sloop 2000:81).

    ’n Mens sou ook binne die bestek van ’n oggend, by die lees van ’n paar koerante en tydskrifte, ’n besoek aan ’n boekwinkel of rolprentteater, die inskakeling op ’n radiostasie, en ’n draai by die naaste Adult Warehouse sekerlik ook met oormaat en verstrooiing gekonfronteer word.

    Mettertyd sal ons ook — nes in die daaglikse lewe — weet watter waarhede waar op die Web verkondig word. Sekere webwerwe sal, nes sekere TV-programme of boeke, hul spore verdien as gehaltetuistes; na ander sal ons gaan as ons laere drifte ons dryf, as ons behoefte het aan skinder of sensasie, of wanneer ons nuuskierig is oor die mens en sy skaduwees.

    Dit is die mens, eerder as elektronika, wat die boggel dra.


  • Die probleem van gehalte

    Die probleem van waarheid vloei oor in die probleem van gewaarmerkte gehalte op wat deur sommiges ’n “shopping mall of notions” (Solomon, aangehaal in McChesney 2000:28) genoem word. Daar is weer eens distopiese stemme, onder meer hierdie een oor aanlyn-joernalistiek:

      There is little reason to expect a journalistic renaissance online. At present the trend for online journalism is to accentuate the worst synergistic and profit-hungry attributes of commercial journalism, with its emphasis on trivia, celebrities, and consumer news (McChesney 2000:28).

    LitNet probeer die kritiek ondervang deur heel openlik ’n huis met baie wonings te skep.

    Onder streng toesig van ervare ruimteredakteurs word voorleggings aan byvoorbeeld PoŽsieNet en NetFiksie gekeur. Boonop word bydraes (ondanks kritiek daaroor van vele kuberlibertyne) in verskillende rubrieke geplaas: “Gepubliseerd” en “Ongepubliseerd”. Die name in ruimtes soos SeminaarKamer, Rubrieke, TaalDebat en Geestelike Boeke sluit van ons land se voorste skrywers en koggelaars in.

    Wat nuwe skrywers betref, is die moontlikhede wat voor hulle oopgaan, bemoedigend. ’n Paar jaar gelede nog het ’n bydraer tot selfs twaalf maande gewag dat Standpunte of Tydskrif vir Letterkunde ’n gedig wat aanvaar is, plaas. Die nuwe stemme van vandag moet egter ook die gevare wat aan spoed van enige aard verbonde is, verreken. Daar is veel te sÍ vir versperrings; vir frustrasie; vir hekwagte; vir suurdeeg. Maar daar is ook voordele in groter demokrasie en uitdagings aan die kanon.

    Wat ander ruimtes, soos ons erotiese ruimte, LÍNet, en ons brieweblad, SÍNet, betref, gee ons ons oor aan die ongeskiktheid. Alhoewel LÍNet op skroomvallige wyse maar suinig is met plasings, toon elektroniese statistiek, wat daagliks beskikbaar is en verkeersvloei op LitNet se onderskeie ruimtes meet, hoedat lesers soos driftige bye om die heuningkoek van die erotiek neersak sodra daar maar ’n stoutigheidjie gepleeg word. Geen redakteur kan dusdanige aktiwiteit afwys nie, en ek pleit skuldig.

    Met ’n verwante projek, Die Rooi Roman (Botha en Van Heerden 1999), die aanlyn-roman wat ek en Jaco Botha met die hulp van verskillende skrywers geskep het ten einde die konsep van versplinterde outeurskap te toets, is die knie ten slotte tog gebuig voor papier toe Human en Rousseau die roman in boekvorm gepubliseer het. En met die aanbring van net twee redakteursname op die boek se voorblad is ook teruggedeins van die moontlikhede van polivalensie.

    Miskien is dit ’n aanduiding dat die Web vir lank nog speelplek sal wees, maar dat jy in papier arriveer, en dat jy daar as skrywer, as enkele naam, aankom.


  • Die probleem van outeurskap

    Die kwessie van outeurskap op die Web is ’n vrugbare navorsingsveld. Met die dood van die outeur in gedagte vra Russel Potter:

      So is the Author still absent? Can we gaze now more fully into the impact crater of her or his disappearance? Perhaps it would be more accurate to say that the Author has been scattered rather than obliterated, released into any number of unknown future assemblages and configurations ... bits of textual DNA in the countless petri dishes of the Web (Potter 2000:160).

    Diegene van ons wat daagliks LitNet-materiaal hanteer, weet watter oormoed die elektroniese skuilnaam aan ’n skrywer gee. Selfs diegene wat onder hul doopname skrywe, kry dikwels ’n roekeloosheid wanneer hulle e-pos stuur. Daar is iets gevaarliks aan die blitsigheid van vonkpos: die alte gedienstige onmiddellikheid van die medium.

    Oor die mynveld van ’n achroniese aanlyn-brieweblad (in teenstelling met ’n sinchroniese kletskamer) is Naomi Maartens, wat SÍNet op LitNet hanteer, tans besig om ’n minitesis ter voldoening van die vereistes vir die magistergraad aan die Universiteit van Kaapstad te voltooi (Maartens 2001).

    Die braafheid van Web-skrywers word as “performance” uitgeleef, en dit is dan ook een van die interessantste studiemoontlikhede van die Web — vir gedragswetenskaplikes, sielkundiges; ook vir mense wat in narratief geÔnteresseerd is; en selfs vir taalkundiges wat belangstel in taalhandelinge — wanneer jy byvoorbeeld ’n rekenaar se funksies benut, is jy alreeds besig om jouself in ’n taal uit te druk.

    Die virtuele self in die wÍreld van hardeware en sagteware is dikwels iets anders as die “meatware” self, die egte jy. Dit het vroeg reeds geblyk, want in 1985 publiseer die tydskrif Ms ’n artikel wat waarsku teen aanlyn-misleiding. Onder die opskrif “The Strange Case of the Electronic Lover” word die trauma beskryf van destydse CompuServe-intekenare wat oor ’n lang tydperk intieme aanlyn-gesprekke met ene “Joan” gehad het. Die arme Joan was nŠ ’n motorongeluk erg gestrem, maar haar mededoŽ en geduld het van haar ’n gewilde gespreksgenoot gemaak. Sy het selfs sommige van haar aanlyn-genote aangemoedig om seksueel met haar te verkeer. Uiteindelik is “Joan” ontmasker as ’n fris, gesonde en manlike New Yorkse psigiater met die naam Alex. Baie van die vroue wat aanlyn met “Joan” doenig was, het erg getraumatiseerd gevoel (Dean 2000:11).

    Watter regsremedies partye in sodanige situasies van eksperimentering met aanlyn-identiteit tot hul beskikking het, is ook ’n interessante studieveld, asook ander regsvrae rondom die onderwerp, soos diť rondom byvoorbeeld rekenaarmisdaad in die algemeen, jurisdiksie, privaatskending en haatspraak (sien Buys 2000). Inderdaad is Frances Cairncross korrek wanneer sy in haar boek The Death of Distance opmerk: “A borderless world is bad news for governments” (Cairncross 2001:214).


  • Die probleem van privaatheid

    Verskuiling agter doeblerende name is die een dansmaat in die spel van anonimiteit en ontbloting. Sean Cubitt skryf:

      As the personal becomes the political, the private becomes public, and the Web takes its place in the process as a device for pushing the process even further, publicizing the intimate (Cubitt 2000:141).

    Dit lyk asof ons — by wyse van byvoorbeeld die Big Brother-fenomeen, sekuriteitskameras in ons stede, inligtingstelsels waartoe verskeie partye toegang kan hÍ, die outobiografiese kode in fiksie en “webcams” in slaapsale wat vier en twintig uur per dag op die Web uitsaai, en so meer — ’n era binnegaan waartydens privaatheid toenemend geproblematiseer gaan word. Kortom: die intieme is geld werd.

    Wanneer ons deur die Web beweeg, vleg oŽ met ons saam van skakel na skakel. ’n Sogenaamde koekie (“cookie”) is ’n kode wat op ons rekenaars gelaat word wanneer ons webruimtes besoek: dit is die vingerafdrukke wat ons op die deurkosyne — alweer ’n ruimtelik-georiŽnteerde beeld — van die kuberruim laat; ons is vasgevang in ’n forensiese spel wat ander in staat stel om presies na te gaan watter werwe ons besoek, en om daaruit af te lei wat ons belangstellings, ons voorliefdes, ons vrese en begeertes is (Dean 2000:5). Ons onderhandel dophou sonder ons medewete:

      You can have access to our information, as long as you don’t mind giving us access to the internal workings of your computer (Tetzlaff 2000:124).


    Dis inligting wat goud werd is vir bemarkers: moenie verras wees as jy as gereelde besoeker aan sportwebwerwe gemorspos oor sportprodukte in jou “meatscape”-posbus ontvang nie! Sommige mense is hieroor baie bekommerd en voer aan dat ’n lewe sonder geheime, ’n lewe onderhewig aan voortdurende publisiteit, vir ons voorlÍ (Cubitt 2000:142). Nie net grootgeld stel belang nie — wees ook maar bewus van die belange van politici en nasiestate: Big Brother is in ’n tyd van politieke onstabiliteit die grootste voyeur van almal; ons beleef wat genoem word “the deepening of the surveillance society” (Mosco 2000:59).

    Gordon Graham merk op:

      (T)he Internet could become an instrument of government more powerful and intrusive than any yet encountered. In this scenario it is not the future of government and politics that is called into question, but the privacy of the individual (Graham 2001:19).


    Ook die LitNet-gemeenskap is ’n gemeenskap van oŽ — die onmiddellikheid van die elektroniese medium dra by tot die verbreking van die privaatheid waarin kunstenaarskap dikwels in die verlede gehul is; hier is ’n ontbloting van die outeur as mens en ’n uitstalling van kunstenaarshebbelikhede soos nooit tevore nie. ’n Mens sou verder kon gaan, en aanvoer dat die privaatwÍreld van die literatuur, as besit van die ingewydes, hier binne ’n groter kultuuromgewing getoets word.


  • Die probleem van ideologie

    Die gesprek oor die Web is ideologies van aard, en bring ons by besit van die Web, of die territorialisering van die kuberruim. Sů ’n gesprek oor regulering moet die tegnologiese ťn die hiperreŽle in ag neem — dit gaan oor die infrastruktuur van drade en kabels, satelliete, diensverskaffers en rekenaars wat netwerke onderlÍ, maar ook oor die hiperreŽle wÍreld wat deur hierdie tegnologie geskep word (Luke 2000:76).

    As vertrekpunt neem ons John Perry Barlow, stigter van die Electronic Frontier Foundation, se Onafhanklikheidsverklaring van die Kuberruim:

      Governments of the Industrial World, you weary giants of flesh and steel, I come from Cyberspace, the new home of the Mind. On behalf of the future, I ask of you of the past to leave us alone. You are not welcome among us. You have no sovereignty where we gather ... We are creating a world that all may enter without privilege or prejudice accorded by race, economic power, military force, or station of birth ... We are creating a world where anyone, anywhere may express his or her beliefs ... without fear of being coerced into silence or conformity ... Your legal concepts of property, expression, identity, movement and context do not apply to us. They are based on matter. There is no matter here ... We will create a civilization of the Mind in Cyberspace. May it be more humane and fair than the world your governments have made before (Herman en Sloop 2000:82).

    Die romantiese individualisme van ’n opvatting oor die kuberruim as utopiese “dreamscape” bots met ’n kultuur van kapitaal (Herman en Sloop 2000:82-83). En dan is ons by die partisane op die Web: ek verwys na die sogenaamde “computer underground” — die kuberkrakers en pirate en warez-elite (Tetzlaff 2000:106). Hul verwyt is dat die kuberruim ingepalm word deur die keisers van grootkapitaal (Herman en Sloop 2000:86) en dat die droom van die Web as ruimte onbelas deur servituut of akte van besit daarmee heen is.

    Hierdie denkskool wys — by wyse van voorbeeld — daarop dat ons as webgebruikers nie vrye toegang tot die Web het nie: daar is ’n breuk tussen sagteware wat inligting stoor en sagteware wat inligting tentoonstel. Ons moet byvoorbeeld ’n soekenjin gebruik wanneer ons die kuberruim besoek (Elmer 2000:164).

    Dit lei tot kommodifisering van inligting op die Web; tot kommersialisering en monopolie (Elmer 2000:164); tot bepaalde tendense in die soek-en-indeks-industrie (Elmer 2000:165) wat ideologies ondersoek moet word.

    Die partisane voel dat die groot spelers ten slotte besluit hoe die Web gaan lyk (McChesney 2000:14). Dit is hierdie mediamaatskappye wat tans verbete op die rug van die tier bly sit, vasbeslote om die grootste speler binne hul omgewing te bly — als in afwagting op die ontwikkeling van die Web in ’n betalende medium, of — en dit lyk meer prakties — die ontwikkeling van slim strategieŽ om sinergie met ander mediavorme te smee. “Losses appear to be the key to the future,” merk een kommentator (McChesney 2000:25) op.

    Binne hierdie situasie is warez-rowers of “warez-hobbyists” (Tetzlaff 2000:103) die interessantste kommando. Warez is sleng vir gegapste sagteware, en hierdie operateurs is eerder versamelaars as wat hulle rowers met die oog op geldgewin is. Hul trots is daarin geleŽ om sagteware sonder betaling in die hande te kry en te berg, eerder as om dit te verkoop.

    Een van diť radikale stippel sy geloofsbelydenis sů uit:

      We are at the dawn of the technology gap. This gap has begun to separate those who can afford technology and those who cannot into two distinct classes. It is the role of pirated software to close this gap — to make the technology and information that will determine the future available to everyone ... I ask you to feed the revolution, free the technology, share the information, and do nothing to support those who would hurt this cause (Tetzlaff 2000:114-115).

    Vir my gaan dit hier nie soseer om die besonderhede van die gesprek oor gratis sagteware nie; eerder oor Warez-optrede as inskerping van die waarskuwing dat handelinge in en rondom die Web nie ideologies onskuldig is nie. As ons ideologie sien as onder meer die proses waardeur kennis van die self en kennis van die wÍreld om ons geskep, in stand gehou en veral bloot as genaturaliseerde gegewe aanvaar word (Herman en Sloop 2000:88), dan is dit klaarblyklik dat alle aktiwiteite op die Web — van ’n brief op SÍNet tot die ontwerp van Yahoo se portaal — uitgetorring kan en moet word ten einde die onderliggende, versweŽ ideologieŽ en magsverhoudings bloot te lÍ.

    Die ontwerper is ook outeur. Outeurskap is nooit ’n onskuldige beroep nie, en dit is waarom daar rondom die outeurskap van sagteware ’n stryd woed wat in webruimtes soos ES Raymond se The Cathedral and the Bazaar uitgepluis word. Die Napster-gebeure het opspraak verwek, waar Napster sagteware is wat mense gratis kan aflaai en wat hulle in staat stel om digitale musieklÍers te ruil met ander wat soortgelyke lÍers in hul rekenaars bÍre. Binne ’n paar maande is 22 miljoen gebruikers soos motte na ’n kers gelok (Wallace 2001:xviii) en het opvattinge oor kopiereg deeglik onder die loep gekom.

    In ’n studie van versweŽ ideologie onderliggend aan die ontwerp van ’n portaal, spesifiek met kwessies van ras in gedagte, waarsku Lisa Nakamura dat groter toegang van minderhede tot die Web moontlik gemaak moet word. Sy wys op voorbeelde van reeds bestaande werwe soos Latino Link en NetNoir wat rasse-identiteit vooropstel en nie ignoreer soos die groot, kommersiŽle werwe nie. Ons moet die vals en sentimenteel-utopiese siening dat die kuberruim rasvry is, teŽwerk, sÍ sy (Nakamura 2000:49).

    Outeurskap van portale is dus belangrik, want die portaal bied ’n bekende “front-end to cyberspace” (Nakamura 39). Die verskeidenheid en chaos van die Web maak van portale ’n noodsaaklikheid. Die gevaar is dat hul so genaturaliseerd raak dat ons selde krities oor hul vooropgesteldhede is. Die wyse waarop portaalouteurs ’n veronderstelde leser projekteer, is iets waarop ons in ’n veeltalige, multikulturele land bedag moet wees. Is die Web-portaal net beskikbaar, vra Thomas Swiss en Andrew Herman, vir die verbruiker van die neoliberale kapitalisme (Swiss en Herman 2000:3)?

    Die wonder van die Web is dat daar plek is vir almal. Die groot spelers nieteenstaande, is daar geen rede waarom die Web nie — wat ander outeurs betref — bemagtigend kan wees soos geen tegnologie daarvůůr nie. Die derduisende persoonlike webwerwe wat rondsweef, is hiervan bewys — ons mag inderdaad praat van ’n

      vibrant, exciting, and important noncommercial citizen sector in cyberspace open to all who veer off the beaten path. For activists of all political stripes, the Web increasingly plays a central role in their organizing and educational activities. But we should not extrapolate from this sector that this is the overriding trajectory of cyberspace; it isn’t. The capacity to establish websites is not the same as the capacity to dominate a culture or a society (McChesney 2000:34).

    Die dominante spelers in die kuberruim skep — omdat hul sakemense is — ’n gedepolitiseerde ruimte (McChesney 2000:34) waarbinne kommersiŽle belange uitspeel en die kuberleser as oppervlakkige verbruiker geprojekteer word. Die taak van niekommersiŽle webaktiwiteite soos LitNet sal dus juis wees om ideologies krities in die wydste sin van die woord te wees: om vrae te opper; om die marginale te vier; om die nuwe en die niebetalende suurstof te gee.

    Ook vir diegene wat in die taleverskeidenheid van die wÍreld belangstel, is die Web ’n toevlugsoord. Statistiek toon dat Engels die dominante taal op die Web is, maar dat ander tale se aandeel op die Web persentasiegewys groei. LitNet, met sy aanbod in Xhosa, Nederlands, Engels en Afrikaans, wil hier ’n bydrae maak.

    In ’n interessante studie oor Trinidad op die Web, The Internet, an Ethnographic Approach, dui navorsers aan met watter sukses die diaspora van Trinidad se mense ingebind word by wyse van webaktiwiteite. Hulle voer aan dat die Web nie ’n monolitiese of pleklose kuberruim is nie, maar bestaan uit tegnologie wat deur die volkereverskeidenheid van die wÍreld gebruik word in uiteenlopende “real-world locations” (Miller en Slater 2000:1).

    John Naughton merk in sy A Brief History of the Future op dat die Web so Amerikaans is soos appelpastei, en dat die waardes wat domineer, steeds Amerikaanse waardes is (Naughton 2000:118). Hierdie uitspraak het dalk iets te sÍ vir die webruimtes wat groot kommersiŽle spelers onderhou, maar dit weerspieŽl nie die groeiende veelstemmigheid en breedsprakigheid op die Web nie.

    Die sein wat die Trinidad-ervaring uitstuur na byvoorbeeld Afrikaanssprekendes, met soveel van ons jongmense wat trekswaels is, is duidelik.

    U lei af dat ek LitNet sien as deel van wat die “burgerband van die Web” genoem kan word: ’n niekommersiŽle buurt van derduisende webwerwe waar veelstemmigheid en vrye meningsuiting praatplek en potensiŽle ore kry soos nog nooit tevore in die geskiedenis van die mensdom nie.

    Die burgerskap wat hier uitgeleef word, is nie die passiewe meelewing van die stereotipe “click potato” nie, maar eerder ’n burgerskap van weetgierigheid en interaktiwiteit. Dis ’n kritiese, onrustige en selfs ondermynende burgerskap.

    Een kritikus merk op — en ek haal hom instemmend aan:

      I feel some comfort in knowing that the Internet still contains communities built from the bottom up, that people have created a space where dangerous information can be freely passed around ... that there is still a forum where locations shift, identities remain unwarranted, and ideas about information and freedom not only circulate but become articulated in awkward practice (Tatzloff 2000:126).


    *

  • Die probleem van toegang

    LitNet het die afgelope tyd as virtuele gemeenskap so gegroei dat ons nou ses dae per week nuwe materiaal laai. Ons bevind ons binne die “walled garden” van M-Web, wat beteken dat net M-Web-intekenare, diegene op korporatiewe netwerke, en buitelanders toegang tot LitNet het. Alhoewel ek dikwels deur lesers gepor word om LitNet uit M-Web weg te neem, is daar groter voordele om ’n biltongwinkeltjie in die Tygervallei-winkellabirint te hÍ as om op Joostenbergvlakte te gaan plak.

    Vir al die libertyne onder u is daar egter goeie nuus. LitNet sal binnekort ook beskikbaar wees, teen ’n baie klein fooi, vir lesers buite hierdie tuinmuur. Ons noem hierdie veldtog van ons, wat ’n nuwe wending aan LitNet gee, die “Slegs vir Almal-veldtog”. Ons sal steeds deel bly van M-Web se aanbod, wat beteken dat M-Web-intekenare steeds, as deel van M-Web se inhoudsverskeidenheid, toegang tot LitNet sal geniet. Ander mense sal egter, as hulle LitNet wil lees, moet help om ons aan die gang te hou. LitNet hoop dat ons ons oorlewing met diť stap kan verseker. Ons kan nie anders nie.

    Die Taalsekretariaat, wat in die persoon van Andrť van der Walt hartlik bedank moet word vir die borgskap wat LitNet se Skrywersberaad moontlik gemaak het, kom nou met ’n verdere mooi gebaar: hulle sal die intekenfooie van die eerste vyftig mense betaal wat vir ’n tydperk van ses maande by LitNet aansluit.

    Ek wil ook graag ons ander borge bedank, by name veral die Nederlandse Taalunie, wat saam met die Taalsekretariaat as hoofborg optree. Ons ander borge is tans die Wes-Kaapse Taalkomitee, die Hiemstra Trust en Kalahari.net, en ons trap daagliks drumpels deur in ’n land waar sportborgskappe hoogty vier en kulturele borgskappe skaars is.

    Ek wil ook graag almal wat by LitNet betrokke was en is — baie van hulle is vanaand hier — asook ons lesers bedank. Dankie ook aan Jakes Gerwel vir sy teenwoordigheid vanaand, aan Riana Barnard van Tafelberg-uitgewers, en aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch vir hierdie geleentheid.

    U kan hopelik nou insien waarom ek die wese van die hiperteks ook as metafoor vir LitNet aangedui het: LitNet se stabiliteit is bloot oŽnskynlik; dis nog bespiegeling en moontlikheid — ons huiwer, nes die ruimte waarbinne ons onsself bevind, op die rand van nuwe taal, nuwe moontlikhede. Ons is in diť sin, hoop ek, ’n hiperskakel na ’n nuwe toekoms vir die skeppende krag van ons skrywers, ons musikante, ons akteurs, ons denkers en ons lesers.



    Bibliografie

    Berland, Jody. 2000. Cultural Technologies and the “Evolution” of Technological Cultures. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York en Londen.

    Botha, Jaco en Etienne van Heerden (reds). 1999. Die Rooi Roman. Human en Rousseau: Kaapstad en Pretoria.

    Buys, Reinhardt (red). 2000. Cyberlaw @ SA — The Law of the Internet in South Africa. Van Schaik: Pretoria.

    Cairncross, Frances. 2001 (1997). The Death of Distance — How the Communications Revolution is Changing our Lives. Harvard Business School Press: Boston.

    Cubitt, Sean. 2000. Shit Happens. Numerology, Destiny, and Control of the Web. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York en Londen.

    Dean, Jodi. 2000. Webs of Conspiracy. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York en Londen.

    De Kerckhove, Derrick. 1998 (1997). Connected Intelligence — The Arrival of the Web Society. Kogan Page: Londen.

    Elmer, Greg. 2000. The Economy of Cyberpromotion. Awards on the World Wide Web. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York en Londen.

    Graham, Gordon. 2001 (1999). The Internet — A Philosophical Inquiry. Routledge: Londen en New York.

    Hagel, John en Arthur Armstrong. 1997. Net Gain — Expanding Markets through Virtual Communities. Harvard Business School Press: Boston.

    Herman, Andrew en Sloop, John. 2000. “Red Alert!” Rhetorics of the World Wide Web and “Friction Free” Capitalism. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Jones, Steven. 2000. The Bias of the Web. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Kaplan, Nancy. 2000. Literacy Beyond Books. Reading when All the World’s a Web. In Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Kirschenbaum, Matthew. 2000. Hypertext. In: Swiss, Thomas (red). Unspun. Key Concepts for Understanding the World Wide Web. New York University Press: New York en Londen.

    Luke, Timothy. 2000. Governance. In: Swiss, Thomas (red). Unspun — Key Concepts for Understanding the World Wide Web. New York University Press: New York en Londen.

    Maartens, Naomi. 2001. LitNet se SÍNet as postmodernistiese, achroniese gespreksruimte. ’n Ontleding. Tans ontwikkelende minitesis ter voldoening van die vereistes van die Magistergraad aan die Universiteit van Kaapstad, onder leiding van Etienne van Heerden, Departement Suider-Afrikaanse Tale.

    McChesney, Robert. 2000. So Much for the Magic of Technology and the Free Market. The World Wide Web and the Corporate Media System. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Miller, Daniel en Slater, Don. 2000. The Internet — An Ethnographic Approach. Berg Publishers: Oxford en New York.

    Mosco, Vincent. 2000. Webs of Myth and Power. Connectivity and the New Computer Technopolis. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Moulthrop, Stuart. 2000. Error 404. Doubting the Web. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Nakamura, Lisa. 2000. Race. In: Swiss, Thomas (red). Unspun — Key Concepts for Understanding the World Wide Web. New York University Press: New York en Londen.

    Naughton, John. 2000 (1999). A Brief History of the Future — The Origins of the Internet. Phoenix: Londen.

    Potter, Russel. 2000. Authorship. In: Swiss, Thomas (red). Unspun — Key Concepts for Understanding the World Wide Web. New York University Press: New York en Londen.

    Shields, Rob. 2000. Hypertext Links. The Ethic of the Index and its Space-Time Effects. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Stefik, Mark. 2000 (1999). The Internet Edge — Social, Technical, and Legal Challenges for a Networked World. The MIT Press: Cambridge, Massachusetts en Londen.

    Swiss, Thomas en Andrew Herman. 2000. The World Wide Web as Magic, Metaphor, and Power. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Swiss, Thomas en Bruce Horner. 2000. Unspun: The Web, Language and Society. In: Swiss, Thomas (red). 2000. Unspun — Key Concepts for Understanding the World Wide Web. New York University Press: New York en Londen.

    Tetzlaff, David. 2000. Yo-Ho-Ho and a Server of Warez. Internet Software Piracy and the New Global Information Economy. In: Herman, Andrew en Thomas Swiss (reds). The World Wide Web and Contemporary Cultural Theory. Routledge: New York.

    Van Heerden, Etienne. 2001. Briewe deur die lug. LitNet/Taalsekretariaat Skrywersberaad 2000. Tafelberg: Kaapstad.

    Van Heerden, Etienne. 1997. Postmodernisme en prosa. VertelstrategieŽ in vyf verhale van Abraham H de Vries. Human en Rousseau: Kaapstad en Pretoria.

    Wallace, Patricia. 2001 (1999). The Psychology of the Internet. Cambridge University Press: Cambridge.

    Wertheim, Margaret. 2000 (1999). The Pearly Gates of Cyberspace. A History of Space from Dante to the Internet. Virago Press: Londen.


    [1] Volgens Gordon Graham (2001:22) is die Internet ’n sisteem wat vir elektroniese kommunikasie daargestel is, terwyl die Web ’n manier is om digitale inligting te verwerk en aan te bied. Die Web het weens die snelle toename in webwerwe die Internet toenemend begin domineer en die voordele van die Internet uit die hande van ’n handvol geesdriftiges na ’n baie groter arena geneem.


    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.