SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

’n Merkwaardige debuutroman

Henning Snyman

Francois Loots
NagvoŽls
Homeros 2001
300 pp

NagvoŽlsDie feit dat dit uitgegee is onder die vaandel van Homeros laat ’n mens verwag dat NagvoŽls gay literatuur sal wees. Spoedig ontdek die leser egter dat die boek sekerlik nie die subkultuur verteenwoordig nie (hoewel daar elemente daarvan voorkom), maar dat die boek ’n veel breŽr spektrum betrek. Dit is gay literatuur in die sin van David Leavitt en Edmund White, om net twee voorbeelde te noem — waarmee ek nie beweer dat Loots in hierdie stadium reeds met Leavitt en White gelyk gestel kan word nie.

Dit is ’n speurverhaal wat op drie vlakke nagespeur word: die ware speurtog na die reeksmoordenaar wat seuns en jong mans vermoor; ’n psigiese speurtog; en ’n ondersoek na intermenslike verhoudinge. Die karakters vorm ’n interessante mosaÔek: speurder Els, die versteurde onderwyser Maikie, Alwyn uit die Karoo wat sy verlede wil agterlaat, en in ’n mindere maar tog belangrike mate, die speurder Heinie. In ’n patroon gelees, vorm hulle ’n paradigma van alter ego’s.

Die uiterlike indeling van die boek volg ’n baie moeilike metode. Daar is ’n kort afdeling oor Maikie se verlede en daarna, in die afdeling “Die Hede” (die res van die boek), word die verhaal ontvou deur die perspektiewe van Els, Alwyn en Maikie. Anders gestel: die kollig verskuif telkens na hierdie karakters. Dit is ’n uitdagende skryfwyse, omdat die hibridiese aard van diť metode konstant in ewewig en samehang gehou moet word.

Saam met die verskillende temas is die skrywer in diť geval beslis ’n “komponis” en “dirigent”. Alhoewel ’n boeiende benadering, is dit miskien oor-ambisieus vir ’n eerste roman. Tog slaag dit goed genoeg om van NagvoŽls ’n baie goeie roman te maak en het ons hier te make met ’n uiters belowende skrywer en een wat wel as ’n ware “nuwe stem” kan geld.

Maikie se verlede is die van die vernederde jong kind wat soek na ’n groot Openbaring. Dit is redelik gou duidelik dat hy die moordenaar is, iemand wie se optrede tegelyk impulsief en berekend is. By hom is ’n graad van waansin, en daarom is die moord op die seuns ’n soort bevrydende ritueel. Om hierdie rede word sy slagoffers gesodomiseer, vermoor en dan in ’n biddende posisie teen die berg geplaas.

Alwyn, met sy hallusinasies van internet liggaamlike verrotting, vlug ook van ’n verlede. Soos Maikie herken ook hy nie in alle opsigte die grense van realiteit nie; maar in teenstelling met Maikie soek hy na ’n beskermende verhouding wat stabiliteit sal bring. Teenoor die bose waansin van Maikie is Alwyn die onskuld. In diť opsig korrespondeer hy met die vermoorde jongelinge, en het Maikie beplan om hom die finale slagoffer te maak.

Els sukkel met persoonlike verhoudings, en teenoor die gay karakters is hy die beeld van kragdaad, maar ook iemand met sy eie onsekere psige. Met Maikie as die religieus-waansinnige moordenaar en Alwyn as die onskuldige soeker na stabiliteit, is Els die rasionele figuur wat in sy werk feitlik ’n fanatiese ontvlugting vind.

Heinie, die jonger polisieman, verenig die wÍreld van Els en die gay wÍreld. Anders as Maikie wat feitlik ’n Dahmer-figuur word en Alwyn wat ’n verhouding soek, is Heinie diť een wat stoombaddens besoek en eintlik die dualisme van ordentlikheid en promiskuÔteit verbind.

Saamgelees word hierdie vier karakters ’n interessante paradigma van die gay psige, maar sekerlik nie ’n veralgemeende een nie. Els sÍ by geleentheid dat hy dink dat hy ’n man sal toelaat om “dit” met hom te doen, wat die gay instink van die mens verteenwoordig. Maikie verteenwoordig die rituele konsep, Alwyn die jong man wat manlike sekuriteit soek en dit vind by Tony, en Heinie die man wat sy gay fantasieŽ wil bewaarheid. Tog kan dit alles ook gesÍ word van elke mens, al sou dit binne ’n ander paradigma ressorteer.

In sy gedig oor Jeffrey Dahmer skryf Johann de Lange:

      So gruwelik
      Het ek jou lief,
      Ek steel jou
      Soos ’n dief:

      Uit liefde wou ek jou
      Opvreet: ’n reet
      Uit jou bo-arm sout
      Met jou doodsweet.

      Ek wou iets van jou
      Bly behou, verhoed
      Dat jy my ook verlaat;
      Deel maak van my bloed.

      Maar jou vrees was
      Walglik soet.
      (Wat sag is vergaan)

Hierdie gedig, gebaseer op die afgryslike verhaal van Dahmer, sluit aan by Maikie se waansin. Wanneer hy in die taak gekonfronteer word met die foto’s van sy slagoffers, sien hy diť foto’s as diť van sy geliefdes:

      En omdat die bitter beker van die laaste stasie van sy kruistog hom moontlik gespaar kan word, klop sy hart opeens stadiger, verminder die afskeiding van sweet, vernou sy pupille en skei sy traankliere onwillekeurig water af.

      Hy knik sy kop instemmend en kyk met vogtige oŽ op na die man toe. “Ek doen dit omdat ek vir hulle omgee,” beaam hy (p 293).

Met ’n kort resensie is dit moeilik om reg te laat geskied aan die talle, miskien te veel, fasette wat hierdie roman betrek. Dit bly egter ’n merkwaardige debuutroman wat belofte inhou van groot skryfkuns. In sigself is dit ’n baie goeie boek en stel dit aan die Afrikaanse letterkunde ’n jong skrywer van formaat voor.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.