SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die radical fur-betoging

Lo-Ammi Truter

Stellenbosch en Kaapstad

In die winter van 1985 is ek en ’n girl genaamd Bettie een laatmiddag saam met ’n klomp activists in ’n Fleetline-kombi deur Kaap toe om saam met die End Conscription Campaign people voor UCT se groot trappe te gaan betoog. Dit was een van daardie laaang watertrekkerige kleurlose Stellenbosch-namiddae wat daar net vlie en boring mense in die Bakoven was.

Ek het pas daar aangekom, vergeefs op soek na Murray of Andre of een van die ander boomstraat-regulars, en wou net weer loop, toe die aktivisbus daar aandoen om volunteers te recruit vir hulle affre, en so gebeur dit dat ek my dienste aanbied. En Bettie, wie ek slegs geken het van enkele kere se saam zolrook by gemeenskaplike vriende, join ook. Die gebeure van die betrokke dag was natuurlik vr die tyd wat wit activists die opwindende toyi-toyi by die comrades afgecopy het, toe die betogings van die bleeksiele nog maar vinnig hulle energy verloor het, soos ek en Bettie toe ook aanstons uitgevind het.

Ewenwel. Staan ons die dag nog so onderaan die historiese trappe en luister na ’n hangkuif met vuil jeans se ellelange megaphone-relaas, toe kom daar ’n rumoererige spul lette en housewifes van die Animal Anti-cruelty League verby gebetoogdraf (westerling se toyi-toyi). Hulle lawaai so dat die hangkuif sy storie tydelik moet laat vaar tot hulle pad-af is. Nee wat, s ek toe vir Bettie, hlle oproer lyk vir my baie meer exciting as ons s’n. En net dr versaak ons die cause en hardloop agter die loud vrouens aan, wat ons susterlik verwelkom en so in die draf gou hulle s-ding vir ons leer. Dit blyk toe die animal-tannies is op pad na ’n saal waar die Kaap se regular society-pagers, social lizards en assorted hoogdrawendheidsbeklers daai aand om een of ander rede ’n cocktail-affre het, en waar die TV-nuus se kameras dalk sal wees. Die vrouens hoop om genoeg moles te maak dat hulle cause die nuus sal haal.

Wel, soos dit toe was, is almal se wildste drome en meer bewaarheid. Nie net was die TV daar nie, as bonus klim ’n plooierige kugel toe met ’n genuine honesttogod egte mink uit een van die limo’s uit. Ek, opgefire deur die oproerige vroumense en ’n kombinasie van Amstel en aaptwak, storm tot in die kugel se gesig en deliver my line: “It takes forty dumb animals to make a fur  and one to wear it!” Ha! Vatso, antie!

Toe breek alle hel los. “Arthur! Arthur!” gil die kugel. My medepligtiges beur vorentoe, swaai plakkate en skrou abuse wat ’n lynch mob kypie-viswywe sou laat bloos. Banale tale word gewissel, want die tuxes vloek terug. Refinement on the whole is aan beide kante na sy maai toe. Ons gaan soos beserkers tekere namate taboes hoe later hoe kwater uitrafel en in die kaapse skemerte verdamp.

Hoe lank dit aangegaan het, weet ek nie, maar toe ons ons o uitvee, kom die blou boys om die hoek gestorm en l knuppel in. Vrouens gil. Polieshonde blaf. Almal vertrap mekaar van probeer weghardloop. Waar kom die donners so uit die bloute vandaan? “Kry die belhamels!” gil die kaptein. Ek val, bly l om onder die knuppels uit te bly en asem te skep. ’n Meter van my af probeer twee van ons lette en ’n jong poliesklong skellend op mekaar ’n outofcontrol hond van ’n ronde mosbol van ’n antie aftrek. “Wat de fok is verkeerd met jou,” skreeu een, “dat jy met jou bruin gevreet in di tye vir die regime werk?” Die poliesman kry nie kans om te antwoord nie. Hy’s te besig om die hond te bewerk en terselletyd die antie se suspenders en goeters met die geskeurde rok te probeer toemaak.

Ek l nog en dink sy ma het hom darem ordentlik grootgemaak as hy in de deurmekaarspul nog worry oor die opposisie se dameskap en als, toe gryp een my. Ek dink nie eers nie, sit tande in en byt om bloed te trek. Bitch! Hy lig sy knuppel, maar Bettie en een van die ander vrouens kry hom van agter beet en trek hom plat. Lig in die broek kaapknaap! Ons vrouens veg soos tierkatte, maar dit help min, want toe pak hulle almal vir ons klompie “belhamels”. Ek, Bettie, die suspender-antie en haar twee krygers en nog ’n paar ander word agter in die vangwa gesmyt en vort gaan ons met loeiende sirens tot by Seepunt-polisiestasie se charge office.

Dieselfde tyd as ons het ’n ander vangwa vol Loopstraat-hoere en dronk derelicks ook daar aangekom. Hulle wou vir hulle vrek lag toe hulle ons sien. “Oe, djirre gott!” skrou een met ’n blink miniskirt, “vannag slaap ons wie’ sammitte klomp suburb radicals!” Ons enigste bruin kameraad, not quite from the township, bevlieg haar net daar, vuis reg om te slaan. “Ek donner vir jou huurmeid, fokof!” “Now dear, now dear, paai die mosbol, I’ll phone the uncle and soon we can all go to my house and have some tea.”

Maar daardie nag het ons na niemand se huis toe gegaan nie. Hulle wou nie dat sy die uncle phone nie, want saam met die law en order het die basic human rights ook by die deur uitgevlieg toe PW se noodmaatrels ingekom het. Ons s’n was ’n illegal gathering en daarom kon ons ingevolge die noodwet aangehou word, indefinitely en sonder die right to remain silent f die phone call.

Die klagskrywery het soos ’n ewigheid gevoel en ek het ’n al groter nood begin kry van die bier wat ons op pad Kaap toe in die Fleetline gedrink het. O ja, die hangkuif en sy manne. Ons het skoon van hulle vergeet. Hulle was seker klaar geprotesteer en long gone terug Stellenbosch toe. Ek het begin moeg raak vir die affre en begin verlang na my ou kamertjie daar in boomstraat. En ek wou pie. Die mosbol-antie het langs my gesit, pimpel en pers aan flenters, maar vol vuur nog vir die cause van die vellerige vossies. “Well done, man. Do you think we made the TV?” “Ek weetie antie,” seg ek, “dis die minste van my probleme. Weet jy dalk waar ’n pieplek is?” Nee, s sy. Dis haar eerste keer. Sy’s van Constantia. Ek moenie worry nie, die uncle is ’n belangrike man. Hy sort hierdie little misunderstanding gou-gou uit en they’ll all be very sorry. Vir haar is dit nog steeds die avontuur van haar lewe. #147;Thanks antie,” s ek toe maar.

Toe hulle ure en ure en ure later vir ons saam met die hoere in ’n sel inprop waar daar reeds ’n paar ander van dieselfde professie ingeboek was, het sy eers begin besef waarin sy haar bevind. Die lang waggery het ook sy deel gedoen. Sy was doodstil en skielik oud. Ouer as wat ek haar vroer geskat het.

Die twee groepe hoere het op mekaar begin vloek. Die klomp wat voor ons daar was, was van Roma’s by Night se girls, wat hulleself hor as die straatrawe geag het, omdat hulle onder beskerming van die city bowl se taxi-ryers uit Roma’s uit gewerk het, en nie op die straathoeke gestaan het nie en ook nie pimps gehad het wat die liewe lewe elke dag uit hulle uit gebliksem het nie. Die skel gevloek van die hoervrouens het deur die selblok weergalm en die mans in die ander selle opgecharge dat hulle met ’n oorverdowende commotion van hulle eie begin het.

Toe ons bruin suster wat vroer vuis wou inl, weer moerig begin raak, het een van ons lette ingegryp en ons klomp eenkant toe beduie. Ek het op die selpot gaan sit en saliglik gepie soos ’n langpadryer by ’n kleindorp-vulstasie. Toe het ek my groep in die hoek gejoin om die gemors rondom ons gade te slaan.

Nie een van ons het enigiets te s gehad nie. Almal se praat was op. Ek het aan die gebeure van die dag begin herkou. Ons gesuip in die Fleetline, die opwinding asof ons op pad was na ’n paartie. Die ogiesmakery van die male activists vir mekaar en vir ons. Die simplistiese retoriek. Die verveling wat onderliggend aan alles was. Die anties wat meer geworry het oor ’n klomp jakkalse in Siberi as oor die godskreiende gemors in die lokasies enkele kilometers van hulle af. Ek het verskriklik na Andre verlang en die vertroosting van ons koffiedrinkery. Na hoe hy die affre in enkele woorde in die onbenullige konteks sou plaas waarin dit hoort. Die hele dag het vir my begin voel soos ’n scene wat Felini sou geskiet het as hy ’n fliek oor decadence hier en nou sou kom maak het. Ek het sit en tob oor of daar dan ook sprake van satiricon sou kon wees. En wie sou die innocent in hierdie dag speel? Ek kon nie besluit nie. Maybe die hoere, wat uit desperation hier beland het en nie uit ’n soeke na iets om hulle verveling mee te besweer nie. Of die inborstige cop wat soveel meer kon gewees het as dit nie vir die sondes van sy vader was nie. Maybe was daar net geen innocents in die 80’s nie. Dalk sou dit maar net ’n documentary met ’n fancy title moes wees. Iets soos: Urban decay and the clash of the modern decadent variants: two worlds meet.

Openingstoneel in die etterwerf van ons sel. Dan deurmekaargeklitste flashes van vroer die dag: ek en Bettie in die Bakoven, later die rit Kaap toe, middelklas overgrown teenagers wat kan bekostig om vir ’n paar jaar lost soul te speel omdat hulle f ryk pa’s f beurse van die goewerment het. Die hoere wat voor gekraakte spiels in muwwerige dumps in Soutrivier en verwoerdkaias op die Kaapse vlakte uitdos vir die aand, en dan op pad stasie toe in die straat hulle vuil deurmekaarkop-kinders huis toe vloek. Die jong bruin poeliesman wat sy enkelouer-ma en vyf jonger siblings groet en petopsittend deur toe loop om die breyanibrood te gaan verdien in die SAP, goeie career choice vir ’n kindman wat oornag huishoof geword het toe sy kaksleg buttonhead pa uiteindelik gefokkof het, want daar is darem benefits vir sy ma as hy in die line-of-duty sou val; meer as wat die local gangs kan bied. Die diervrouens wat in hulle buurte in hulle motors klim en ry na die bymekaarkompunt by Jameson Hall. Die res kan ou Frederik maar skiet soos wat dit gebeur het. Teen daai tyd sal die fliek so deurmekaar wees dat niemand meer ’n clue sal h wat aangaan nie, al sal hulle n die tyd diepe besprekings hou oor die simboliek, die parallelle, die paradokse, ironie, subtekste, intertekste, kontekste en sommer nog probeer om vir ou Jung en Freud en al daai kak ook by te sleep.

Dit was vieslik koud.

Later in die nag het dit nog kouer geword. Die hoere het uiteindelik bedaar en in hulle groepe ingesettle. Die tannie van Constantia het tussen ons op die vloer aan die slaap geraak. Ons leier het haar baadjie uitgetrek en oor die ou dame gegooi. Ek het haar ongemerk dopgehou. Donker hare en ’n sterk profiel, soos de van ’n aantreklike jongman voor die diknekkerigheid intree wat baie mans kry as hulle dertig se kant toe staan. Sy’t my oog gevang en gesmile. ’n Innerlike tipe glimlag. ’n Vlugge oomblik van saam menswees, soos wat vreemdelinge soms oor ’n afstand deel as hulle o toevallig ontmoet. Met fyn plooitjies wat uit die hoek van elke oog oor haar slape tot in die lyn van haar hare geloop het. Sy’t donker o gehad, vol kennis, die o van iemand wat baie lees. Goeie boeke met Bach se barok in die agtergrond, soms dalk Mozart of Vivaldi, miskien ffenbach of selfs Ravel. Op die swart dae Edgar Allan Poe of St Saens. Ek het prente van haar lewe in my kop geskilder. Professionele vrou, haar woonplek waarskynlik donkerhoutmeubels met los matte uit die midde-ooste op die vloer. ’n Groot antieke sideboard met handgeverfde versamelporselein binne-in. Collectibles van baie reise. Skilderye. Goeie kristal, gerfde eetware van ’n ouma uit die familie. Olyfolie, knoffel en songedroogde tamaties in haar kombuis. Vars kruie en tofu. Kleurryke mediterreense kos wat sy self voorberei wanneer mense uit haar vriendekring by haar kom eet. Gekultiveerde mense, medeprofessionals, kunstenaars, meeste ook homoseksuele couples in hulle dertigs en veertigs in gevestigde verhoudings. Gemansipeerde geselskap en kerslig aan tafel. Slim humor, lewendige gesprekke oor teater, kunsflieks, beleggings en boeke. Interessanthede oor ver lande se plekke waar hulle was. Bird se sax in die agtergrond. Bird? Ja, seker maar. Dis anyway hoe ek dit gepicture het. Na tiramisu gaan almal sitkamer toe om rustig in die diepbruin leersofas te dommel met klavier en konjak.

Ek het opgestaan om vir ons een van die grys komberse aan die hoere se kant van die sel te loop haal. “Don’t touch it! Lice,” het sy ges en beduie ek moet tussen haar en Bettie kom inkruip vir ’n bietjie warmte. Dit was befok koud. Soos die nag gevorder het, het ons klompie al nader aan mekaar geskuif agter die kosbare hitte van mekaar se lywe aan. In die vroe oggendure het ek eers aan die slaap geraak.

Haar naam was Kaye. Ek het haar lank na daardie nag in Seepunt se sel nog geken. Sy’t vir my The Children of Gebelaawi van Naguib Mahfouz vir my een-en-twintigste verjaardag later daardie jaar persent gegee. Ek was oor net twee goed van haar lewenswreld heeltemal verkeerd: sy kon Ravel en Edgar Allan Poe nie verdra nie.

Sesuur die volgende oggend het die invloedryke uncle gekom. Gehawend van heelnag soek na sy vrou, maar met darem genoeg authority om te sorg dat daar geen charges teen ons was nie. Ons het in sunny Constantia gaan tee drink uit duitse porselein met blou blommetjies op die kant en goud om die rand. Toe het Kaye en haar vriendin vir my en Bettie huis toe gevat. Al die pad boomstraat toe.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.